Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Brolloks
Brolloks [boodskap #6421 is 'n antwoord op boodskap #6423] Di, 07 Mei 1996 00:00 na volgende boodskap
Frank Snyckers  is tans af-lyn  Frank Snyckers
Boodskappe: 68
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
Twee dinge wat ek graag wil weet, altwee betreffende dieseldfe onderwerp.
ens kan dit dus beskou as een vraag met twee onderafdelings, of as twee
totaal onafhanlike vrae, wat toevallig dieselfde materiaal dek. Dis nes
mens wil.

Vraag 1 (en ek skaam myself simpel dat ek hierdie vraag moet vra, maar
mens vergeet dinge wat mens liewer nie sou wou vergeet nie, en dan sit
mens sonder dinge waarmee mens eerder nie sonder sou wou sit nie):

Wie het Brolloks en Bittergal geskryf?

Vraag 2 (dis nog jammerder dat ek dit nie kan onthou nie):

Was daar gedeeltes van die storie wat in versvorm geskryf is, of was dit
alles prosa?

Hoe meer ek terugdink aan die storie, hoe meer kan ek sweer dit was
alles prosa, maar hoekom pik-pik daar iets iewers saggies aan my
voorste breinlobbe omtrent versies in Brolloks et al? Miskien is ek nou
met Raueber Hotzenplotz deurmekaar. Dit was alles versies. En Duits. Min
hulp dus wat die Brolloks-geheue betref.

Praat van versies en Duits, ek het onlangs die stelling gemaak dat geen
ander digter nader aan Shakespeare kom wat reine lewende beelde betref as
NP van Wyk Louw nie. Mens moet darem Goethe hier noem. Maar ek moet
toegee, twee faktore bemoeilik die beslissing: die kindergeheue verleen
aan alles en almal ontsaglike beeldende vermo"e, so alle Goethe-versies
wat ek as kind vir die eerste keer leer ken het, tel nie. Dis faktor een.
Faktor twee: Ek het Faust gelees met die ondersteuning van een of ander
koring aquavite, wat ook miskien die beelde meer laat leef as wat hulle
moes. Ek kan dit sterk aanbeveel vir enigiemand wat Faust wil lees.

Wat het nou weer met Brolloks en Bittergal gebeur? (Jammer, dis nou al
drie vrae.) Op een stadium skiet iemand op hulle, of net op een, en word
een van hulle gekwes. Dis omtrent al wat ek van die hele ding kan onthou.
As ek toe maar die aquavite byderhand gehad het, was dit miskien nie
nodig om vandag hierdie vrae te stel nie.

Van digters gepraat (Brolloks en Bittergal het nie gedig nie, sover ek
kan onthou):

Hier volg 'n lys vervoerings-digters. Dis mense wat, meesal in vryvers,
dit regkry om die leser se gees te ontvoer, en iewers op 'n wasige eiland
tussen skimme, wat net te sag fluister vir ordentlik luister, te los. Dis
die onderbewussyn aan die stook. Begrip kom tweede, as dit hoegenaamd tel.

TS Eliot
Louis MacNeice
Dylan Thomas - veral "Fern Hill".

Dit werk natuurlik ook met die goeie ou romantici, maar weer op 'n ander
manier. (Novalis, Coleridge, Shelley, Keats, 'n bietjie Byron.)

Partymaal is die wasige eiland baie gemakliker as die stink-werklikheid.
Daar's iets aan die wasige eiland wat vreeslik seermaak, maar dis deel
van die skoonheid. Ek dink Keats was reg: ons geniet skoonheid en
ondervind plesier weens die sterflikheid wat daaraan klou. Sonder die pyn
van die sterflikheidsbesef is die genot vlak en dierlik. Kyk na sy
"Bright Star" gedig. Het dit nie byderhand nie. Het niks byderhand nie.

Dierlike genot moet natuurlik nooit afgeskryf word nie, maar dan net as
dit na refleksie as ervaring vertaal word, sodat mens dit rasioneel waardeer.

[ Groooot omverskoning. "kop" was "delete"; "stert" was "send". Stert.
Ek het dus nie 'n keuse gehad nie. Ek sou veel eerder, nes julle, wou
"kop" gehad het. ]

Frank
Re: Brolloks [boodskap #6422 is 'n antwoord op boodskap #6421] Di, 07 Mei 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Frank,
Jy moes liewers Cambridge toe gegaan het. Ek dink
in Oxford "addle" hulle jou brein.
Jy se: "...ek het onlangs die stelling gemaak dat geen
ander digter nader aan Shakespeare kom wat reine lewende
beelde betref as NP van Wyk Louw nie. Mens moet darem
Goethe hier noem." Ek sal niks verder se nie. Maar as jy
'n welluidende geskaterlag van oor die Atlantiese oseaan
links van jou hoor, dis ek.
Hoe meer ek die broers Louw lees, hoe meer kom ek tot
die konklusie dat, altans vir my, W.E.G. Louw eintlik 'n beter
digter is as N.P. van Wyk Louw. Ek weet ek praat nou seker
godslastering teen al daardie opinies van kritici wat in die
vyftigerjare en daarna NP op die pedestaal geplaas het en op
W.E.G. neergesien het ( en hulle sluit Opperman self in.)
aar NP van Wyk Louw is in die finale analise tog maar
'n soort formule-digter, en kan glad nie kers vas hou by
werklike goeie digters soos Jan Cilliers, Totius, Eugene
arais, Leipoldt en Opperman nie.

Nog 'n paar vrae:
(1) Hoe kan jy T.S. Eliot beskryf as 'n "vervoeringsdigter..
iemand wat die leser se gees ontvoer.. en iewers op 'n
wasige eiland los." Eliot, die klassieke hoog-Anglikaanse
denker? Ek dink nie ons praat van dieselfde persoon nie.

(2) Versigtig ook om van die "goeie ou romantici" te praat.
Die Romantiese beweging van die vroeg- negentiende
eeu was in essensie 'n amper godsdienstige en definitief
rewolusionere beweging. Nie net in Engeland nie, maar
veral ook op die Europese vasteland - Holderlin, Novalis,
Schiller ens. Lees in "Natural Supernaturalism" van M.H.
Abrams oor "The Politics of Vision," "Apocalypse by
Cognition" "The Theodicy of the Landscape" om net 'n
paar hoofstuktitels te noem. En dink aan die "Declaration
of the Rights of Man" van die Amerikaners as ook 'n
produk van die Romantiese beweging. Hot stuff !

Gloudina Bouwer
Re: Brolloks [boodskap #6423 is 'n antwoord op boodskap #6421] Di, 07 Mei 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Frank Snyckers  is tans af-lyn  Frank Snyckers
Boodskappe: 68
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
Baie dankie Dirk vir die brokkies Brolloks. Dit laat my sommer teruggly
na die dae in die klaskamer toe een of ander onderwyser sy skaarse
uitverkorenheid bewys het deur die storie vir ons stuk vir stuk te lees.

Ek het my kwota sadiste en my kwota juwele as onderwysers gehad.
Onderwysers wat, veral op laerskool, 'n liefde vir letterkunde in kinders
kan laat blom, verdien 'n kleim op Olympus net soveel as wat die sadiste
wat kindersiele verwoes al die Tartarus wat hulle kan kry verdien.

Die Brolloks-onnie was een van die eersgenoemde spesie.

Baai
Frank
Re: Brolloks [boodskap #6427 is 'n antwoord op boodskap #6423] Wo, 08 Mei 1996 00:00 Na vorige boodskap
Steven R.  is tans af-lyn  Steven R.
Boodskappe: 3
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Junior Lid
On Tue, 7 May 1996, Frank Snyckers wrote:

> Ek het my kwota sadiste en my kwota juwele as onderwysers gehad.
> Onderwysers wat, veral op laerskool, 'n liefde vir letterkunde in kinders
> kan laat blom, verdien 'n kleim op Olympus net soveel as wat die sadiste
> wat kindersiele verwoes al die Tartarus wat hulle kan kry verdien.

Ik ben het 100%, en zelfs 200% eens met Frank. Vraag me niet waarom, maar
gedurende de hele tijd dat ik op de middelbare school zat heb ik, zoals
Frank ze noemt, ' sadiste ' als leraars voor FRANS gehad. Dit had voor
gevolg dat ik een totale afkeer ontwikkelde voor de Franse taal, waar ik
nu, bijna 7 jaar nadat ik afgestudeerd ben, veel spijt van heb.
Gedurende de 6 jaren op de middelbare taal kan ik mij 3 leraars
herinneren, en ze waren allemaal even slecht. Ik heb vele lesbeurten en
examens gefaald, omdat ik totaal ongemotiveerd was.
Geloof het of niet, maar het is pas sinds verleden jaar dat ik blijkbaar
over mijn afkeer voor het Frans ben over geraakt. Ik probeer nu terug af
en toe eens een franse roman te lezen en een franse krant te kopen.
Natuurlijk kom ik hier in Engeland ook veel minder in contact met het
Frans als thuis in Belgie.
Nu zie ik ook in dat, met mijn kennis van het Frans ik een enorme troef
bezit ten opzichte van mijn Engelse mede studenten :)
Dit is maar om te zeggen dat het zo vreselijk belangrijk is dat leraars
in het algemeen wat meer hun best moeten doen om hun leerlingen te MOTIVEREN.

Zelf ben ik blij dat ik eindelijk dit 6-jarig TRAUMA van mij heb kunnen
afschudden. Als ik nu in contact kom met het Frans, denk ik niet meer
automatisch aan die slechte leraars van op school...gelukkig maar!

Groeten,

STEVEN.
Vorige onderwerp: Attlee dinge
Volgende onderwerp: afrikaner-stereotipes
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 02:39:34 MGT 2024