Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Die DAVID KRAMER FAN CLUB

Wo, 12 Junie 1996 00:00

Die wonderlike van David Kramer is dat hy 'n snaar van Suid-Afrikaans wees -
en veral Afrikaans wees (al is hy nie Afrikaans nie) aanraak waarmee almal kan
vereenselwig, veral ons wat in die sestigs en sewentigs grootgeword het. Veral
in die Kaap!

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Afrikaans Stereo Naamsverandering

Di, 11 Junie 1996 00:00

Die Burger (11 Junie 1996) op bladsy 3 berig dat Afrikaans Stereo sy naam moet
verander omdat die SABC nie wil hê dat taal- of etniese groepe geïdentifiseer
moet word in die naam van die tien taalgebonde radiostasies nie. Sweerlik kan
daar nie fout wees met etnisiteit of taal as sodanig nie. So wat is dan die
SABC se probleem?

Enige idees?

Die nuwe naam van Afrikaans Stereo gaan blykbaar Radio Sonder Grense wees.
Enige beter name as dit?

Chris

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Soek Eben Venter

Di, 11 Junie 1996 00:00

Het iemand dalk 'n e-pos adres vir Eben Venter in Oz ?

Dankie
Franz
_________________________________
Franz Dullaart (021) 650 3053
j...@its.uct.ac.za
http://www-jfd.its.uct.ac.za/
_________________________________
Snoepie oor sy inkleurboek:
"Ek maak altyd die lug blou"

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nog 'n bobbejaan rympie.......

So, 09 Junie 1996 00:00

Ek het die volgende as kind geleer:

Bobbejaan, bobbejaan, waar kom jy vandaan ?
Bo uit die berge, onder die maan.
Bobbejaan bobbejaan, wat maak julle daar ?
Ons grawe vir uintjies, en stoei met mekaar !

Nou leer ek dit vir my seun. Hier in die buiteland.
Dis mos kultuur. Of is dit net tradisie ?

Groete.

Prosa & poësie | 1 kommentaar

DIE WAARHEIDSKOMMISSIE: vir wie en waarom?

Sa, 08 Junie 1996 00:00

Charl Durand verklaar dat hy sinies is oor die "damaskus-
pad" ondervindinge deesdae. "Wat ons red," se hy, "is die
ongelooflike verdraagsaamheid aan alle kante: Swart se
verdraagsaamheid van die witte... en wit se vertroue dat hy
nie gaan wraak neem nie." Is dit nie alreeds 'n gevolg van
die funksie wat die Waarheids- kommissie vervul nie?

Onthou, ook, daar is swart gewetes wat swaar dra aan dinge
wat gedoen is in die afgelope paar dekades. Soos die mense
wat 'n jong tuinwerker sommer net daar in die tuin doodmaak,
omdat hy werk toe gegaan het en nie aan die optog deur die
strate van Durban deelgeneem het nie, in die vroegsestigerjare,
net na Sharpville. Ek het altyd gewonder: het hierdie jong seun
selfs geweet van die boikot?

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

SUBSCRIBE AFRIKAANS MAIL2NEWS GATEWAY

Sa, 08 Junie 1996 00:00

You have been added to list afri...@unseen.aztec.co.za.
The system has recorded your address as

soc.culture.south...@magus.dgsys.com

and in order for your messages to get posted (if the list accepts postings),
you will have to send them from this address, unless the list does not require
subscription for posting.
If a message is ever rejected, please contact the list's owner: p...@aztec.co.za

For information on this service and how to use it, send the following
request in the body of a mail message to lists...@unseen.aztec.co.za:

HELP

All requests should be addressed to lists...@unseen.aztec.co.za.

Die Afrikaanse poslys is 'n informele forum vir die bespreking in
Afrikaans van die taal, die kultuur, die geskiedenis en die toekoms van
Afrikaans. Besprekings is nie beperk tot Afrikaans of tot in Afrikaans
nie, maar daar moet tog gepoog word om nie te ver daarvan te dwaal nie.

Die lys word ge-administrateur deur Johan Ferreira. Enige probleme of
vrae kan gestuur word aan fe...@beldin.sun.ac.za.

Sou 'n posstuk, wat die poslys aan jou pos, bons, sal jy van die lys
verwyder word. Geen vrae sal gevra word nie en geen waarskuwings word
gegee nie.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

AFRIKANERSKAP: Wat is dit?

Sa, 08 Junie 1996 00:00

Wat is Afrikanerskap?
Charles Durand se die "Afrikaner se nasieskap is op 'n einde,
vrinne." Vir my te pessimisties.
Christo van der Merwe se "burgerskap het niks met Afrikaner-
skap te doen nie." Meer in my kraal.

Vir my sentreer Afrikanerskap definitief op die bestaan van die
taal Afrikaans : 'n geweldige soepel taal. Ek wonder somtyds
of die soepelheid tot 'n groot mate gekom het toe die bruin mense
van die westelike dele van die land begin het om die taal van die
wittes te praat. Dit is daarom dat David Kramer so reg in die
Afrikaner se siel kan inpraat. Hy ken die resep. Daar is dinge waar-
oor gepraat moet word, en net mense soos Kramer en Boerneef
ken die kortpad na die hart.

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Die DAVID KRAMER FAN CLUB

Sa, 08 Junie 1996 00:00

Vandag begin ek 'n DAVD KRAMER fan club hier op die
nuusgroep. ( Hoe se 'n mens "fan club" in Afrikaans?)
Koos het vir ons vertel een van sy oumas was Afrikaans.
Wat weet ons nog van hom? Waar en wanneer is hy gebore.
Het hy 'n gewone fan-klub? Is daar 'n Kramer kuber- fan
club?

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

gunsteling Langenhoven spreuke

Sa, 08 Junie 1996 00:00

Ek wil hoor wat almal se gunsteling Langenhoven spreuke/gedigte is. Ek
het al 'n paar mooies gesien - meestal op die "tekening" van 'n pos.
Hier is 'n paar wat ek nog nie gesien het nie.

Waar is die waarheid. Ja, waar is hy, dis waar. Maar, waar is hy?

En ook:

Dis die smorende vuur wat swaarkry
En tog nie die kos kan gaarkry.
En die vrolike vlam wat klap en krak,
Dis hy wat sy taak tot vermaaklikheid maak,
En sy swaarkry met lekkerkry klaarkry.

Groete,
Darrin

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Feminisme -- wat is dit?

Sa, 08 Junie 1996 00:00

Nog my hele lewe lank is ek deurmekaar oor die
kwessie van Feminisme. Vir my staan enige vrou wat
haar 'n feminis noem, 'n soort apartheid van die
geslagte voor, wat vir my dan minder as 'n man laat
voel, en nie sy gelyke nie. Enige gedagtes oor hierdie
saak? Wat gebeur in Suid-Afrika deesdae op hierdie
front?

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1612  1613  1614  1615  1616  1617  1618  1619  1620  1621  1622  1623  1624  1625  1626  1627    »]
Tyd nou: So Okt 06 23:25:42 MGT 2024