Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die DAVID KRAMER FAN CLUB
Die DAVID KRAMER FAN CLUB [boodskap #6562] Sa, 08 Junie 1996 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Vandag begin ek 'n DAVD KRAMER fan club hier op die
nuusgroep. ( Hoe se 'n mens "fan club" in Afrikaans?)
Koos het vir ons vertel een van sy oumas was Afrikaans.
Wat weet ons nog van hom? Waar en wanneer is hy gebore.
Het hy 'n gewone fan-klub? Is daar 'n Kramer kuber- fan
club?

Gloudina Bouwer
Re: Die DAVID KRAMER FAN CLUB [boodskap #6563 is 'n antwoord op boodskap #6562] Sa, 08 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:
> Vandag begin ek 'n DAVD KRAMER fan club hier op die
> nuusgroep. ( Hoe se 'n mens "fan club" in Afrikaans?)
> Koos het vir ons vertel een van sy oumas was Afrikaans.
> Wat weet ons nog van hom? Waar en wanneer is hy gebore.
> Het hy 'n gewone fan-klub? Is daar 'n Kramer kuber- fan
> club?>>

David het op Worcester groot geword.
'n Joller van Worcester in die 60's en die 70's.
Hy was eintlik 'n tekstiel-ontwerper.
Hy is 'n baie skaam soort ou van die verhoog af.
Hy het aanvanklik gedigte geskryf.
Hy bly in Kaapstad.
Ek dink nie daar is 'n fan club nie.
Re: Die DAVID KRAMER FAN CLUB [boodskap #6577 is 'n antwoord op boodskap #6562] Di, 11 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Wat ek nog altyd so in David Kramer bewonder het,
was die manier waarop hy hele periodes van Suid-
Afrikaanse geskiedenis in 'n lied kon opsom, sonder
om geforseerd en pedanties te klink. In "Koba"
byvoorbeeld praat hy op een plek van die winde wat
waai. Dit roep op Macmillan se bekende toespraak
van die vroeg vyftigerjare, waarin hy waarsku dat
dinge in Afrika gaan verander ( omdat die Engelse
regerings-elite tot daardie besluit gekom het?)

Ek beskou "Koba" as 'n groot stuk letterkunde, en
ook belangrik van 'n musikologiese oogpunt. Om
'n volksdeuntjie te gebruik om so 'n kompleks van
gedagtes en emosies oor 'n geskiedkundige periode
uit te beeld, is nie maklik nie.

Gloudina Bouwer
Re: Die DAVID KRAMER FAN CLUB [boodskap #6591 is 'n antwoord op boodskap #6562] Vr, 14 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Henry Joubert  is tans af-lyn  Henry Joubert
Boodskappe: 5
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Junior Lid
A julle ouens nou 'n David Kramer "fanklub wil stig, wat van 'n Taliep
Petersen "fan-klub" en sommer ook ' Klopse' nuusgroep. Hoesit manne.

Hennie
Vorige onderwerp: Re: Query: Adam Small's "Orange Earth"
Volgende onderwerp: AFRIKANERSKAP: Wat is dit?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 02:10:59 MGT 2024