Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » gee my redes hoekom ek nog hier moet bly.
gee my redes hoekom ek nog hier moet bly. [boodskap #6558] Sa, 08 Junie 1996 00:00 na volgende boodskap
sa...[1]  is tans af-lyn  sa...[1]
Boodskappe: 2
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Junior Lid
My redes is op.Misdaad is genoeg rede om my hier weg te kry,al is ek
maar net 23.Die internet gee my geleenthede vir werk in ander lande
wat my n beter toekoms bied.Sukkel om al die kultuur veranderings te
aanvaar.
Re: gee my redes hoekom ek nog hier moet bly. [boodskap #6576 is 'n antwoord op boodskap #6558] Di, 11 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
In , sa...@mail.global.co.za (user) writes:
> My redes is op.Misdaad is genoeg rede om my hier weg te kry,al is ek
> maar net 23.Die internet gee my geleenthede vir werk in ander lande
> wat my n beter toekoms bied.Sukkel om al die kultuur veranderings te
> aanvaar.
>

Luister ou maat,
die gras lyk groener annerkant die draad !!

Jou sukses om elders te vestig hang af van die redes waarvoor jy
padgee. As jy sukkel om by die nuwe kultuur in SA aan te pas
weet ek nie of jy makliker by kultuur elders sal inpas nie.
Wat werk betref: baie lande slaan munt uit immigrante, en ten
spyte daarvan dat hul gekwalifiseerd is, word hul eintlik maar
as goedkoop arbeid gebruik, en hul bevorderingsmoontlikhede
is beperk. As jou aksent nie reg is nie, is jy 'n "uitlander".
En jy is al te oud om joune af te leer !
Onthou ook net: die lewe bestaan nie net uit brood en botter nie:
As jy nou 'n werk en huis in die buiteland het, wat dan ?
weet jy hoe voel dit om vir jare lank nie jou moedertaal te praat nie ?
Weet jy hoe vervelig ander plekke is waar daar min of geen politieke
of kulturele of geloofskwessies is nie ?
Waar daar geen "diepte" is nie ? Waaroor praat jy ?
Kuns, musiek, kultuur word uit stryd gebore. (lees Nietche)
Ander plekke is maar vervelig in vergelyking met so 'n kulturele
kookpot soos SA. 'n knippie sout bring die smaak uit.
Daar is ook 'n verskil tussen 'n land besoek en na 'n land immigreer.
Skielik is dinge nie so wonderlik nie. Jys nie meer op vakansie nie.

Tel jou seeninge waar jy is. Dink twee keer.
Groete.
Re: gee my redes hoekom ek nog hier moet bly. [boodskap #6581 is 'n antwoord op boodskap #6558] Do, 13 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
gal...@ibm.net wrote:

>

En daar is eindelose blou lug van die Karoo.....
Met die bekende en soet weerklanke wat dit ver in die agterkop
maak....
Re: gee my redes hoekom ek nog hier moet bly. [boodskap #6582 is 'n antwoord op boodskap #6558] Do, 13 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Aliki van Heek[2]  is tans af-lyn  Aliki van Heek[2]
Boodskappe: 11
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article , gal...@ibm.net says:
>
> In , sa...@mail.global.co.za (user) writes:
>> My redes is op.Misdaad is genoeg rede om my hier weg te kry,al is ek
>> maar net 23.Die internet gee my geleenthede vir werk in ander lande
>> wat my n beter toekoms bied.Sukkel om al die kultuur veranderings te
>> aanvaar.
>>
>
> Luister ou maat,
> die gras lyk groener annerkant die draad !!
>
> Jou sukses om elders te vestig hang af van die redes waarvoor jy
> padgee. As jy sukkel om by die nuwe kultuur in SA aan te pas
> weet ek nie of jy makliker by kultuur elders sal inpas nie.
> Wat werk betref: baie lande slaan munt uit immigrante, en ten
> spyte daarvan dat hul gekwalifiseerd is, word hul eintlik maar
> as goedkoop arbeid gebruik, en hul bevorderingsmoontlikhede
> is beperk. As jou aksent nie reg is nie, is jy 'n "uitlander".
> En jy is al te oud om joune af te leer !
> Onthou ook net: die lewe bestaan nie net uit brood en botter nie:
.......

Dit het jy baie goed gese, Galjoen! (Jammer dat jy anoniem geantwoord het,
daarom noem ek jou maar naar jou email-adres.) Ekself byvoorbeeld woon in
Nederland. Ek het 'n aangename werk en die omgewing hier is baie veilig.
Maar tog.. sy die mense hier gelukkiger? Nee, ek dink nie. Mens gaan hier
aan oor "non-problems" en luxe-probleme. Het ek wel genog vakansiedae?
Mens is nie tevree nie. Daar sy ook egte probleme, maar dat sy vaak
probleme tussen mense van verskillende ras of etniese groep, en daar mag
mens nie oor praat nie! Julle gee die goede voorbeeld vir die wereld.
Dis nie gemakkelik nie, maar daar is goeie hoop. (Hoe het Van Riebeeck
die suidkaap van Afrika genoem?)

Ek kan saamstem met wat jy se oor "uitlanders", ek het vyf jaar in die
buiteland gewoon en het dieselfde ervaring.

Groete,

Aliki

************************************************************ ********************
* E-mail: van...@ecn.nl Phone: +31(0)2246 4507 *
* Netherlands Energy Research Foundation ECN Fax : +31(0)2246 3490 *
* Department: NUC P.O. Box 1 NL-1755 ZG Petten The Netherlands *
************************************************************ ********************
Vorige onderwerp: OPROEP AAN LESERS VAN HIERDIE NUUSGROEP
Volgende onderwerp: Feminisme -- wat is dit?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 00:59:00 MGT 2024