Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » AFRIKANERSKAP: Wat is dit?
AFRIKANERSKAP: Wat is dit? [boodskap #6564] Sa, 08 Junie 1996 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Wat is Afrikanerskap?
Charles Durand se die "Afrikaner se nasieskap is op 'n einde,
vrinne." Vir my te pessimisties.
Christo van der Merwe se "burgerskap het niks met Afrikaner-
skap te doen nie." Meer in my kraal.

Vir my sentreer Afrikanerskap definitief op die bestaan van die
taal Afrikaans : 'n geweldige soepel taal. Ek wonder somtyds
of die soepelheid tot 'n groot mate gekom het toe die bruin mense
van die westelike dele van die land begin het om die taal van die
wittes te praat. Dit is daarom dat David Kramer so reg in die
Afrikaner se siel kan inpraat. Hy ken die resep. Daar is dinge waar-
oor gepraat moet word, en net mense soos Kramer en Boerneef
ken die kortpad na die hart.

Gloudina Bouwer
Re: AFRIKANERSKAP: Wat is dit? [boodskap #6565 is 'n antwoord op boodskap #6564] Sa, 08 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:

> Wat is Afrikanerskap?>>

Ek se nog altyd: 'n Afrikaners is iemand wat Afrikaans as sy
moedertaal het en dit as sy moedertaal wil he.
Ek het eers ook bygevoeg "en in SA bly en wil bly" maar die Net net my
geleer dit is nie nodig nie.
Re: AFRIKANERSKAP: Wat is dit? [boodskap #6569 is 'n antwoord op boodskap #6564] So, 09 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico Kock  is tans af-lyn  Nico Kock
Boodskappe: 8
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Junior Lid
Ja veral praat ou David Kramer met die mense van Bloemfontein
en hulle harte!

Nie dat ek saamstem nie!
Re: AFRIKANERSKAP: Wat is dit? [boodskap #6573 is 'n antwoord op boodskap #6564] Ma, 10 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Nico Kock wrote:

> Ja veral praat ou David Kramer met die mense van Bloemfontein
> en hulle harte!

> Nie dat ek saamstem nie!>>

Ek hoor nou die dag die ou taal-broeder van die Paarl 'n eeu
gelede. S.J. du Toit of so iemand het glo op 'n tyd navorsing gedoen
oor die herkoms van Bloemfontein se naam en die eerste ou op wie se
plaas die dorp was, wou dit - volgens Du Toit in 'n brief aan
Huisgenoot in die jare twintig of dertig is aan my gese - glo
Kakfontein noem. Die naam is toe afgekeur.
Wat Kramer van sing is 'n waarde-oordeel totaal en al subjektief.
Dit koppel aan erg persoonlike ervaring.
Ek het nie die voorreg gehad om op Bloemfontein groot te word of daar
te bly nie (dis nie sarkasme die nie, dis die eerlikheid van iemand
wat in sy eie hemel grootgeword het en daarna gehoor het watter
horrible plek dit vir ander was vanwee ander ervarings en plekke en
omstandighede), maar my beperkte ervaring daarvan word verwoord in
Kramer se lied.
Dis net 'n lied, maar vir my een naweek lank gelede was
Bloemfontein 'n kak plek.... sorry....
Re: AFRIKANERSKAP: Wat is dit? [boodskap #6578 is 'n antwoord op boodskap #6564] Di, 11 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , fe...@is.co.za says...
>

Ek het weer so van die idee van Bloemfontein gehou,
daar in die middel van die land, met die Hooggeregs-
hof daar, en die lug se skoon en helder sodat 'n mens
die sterre daar die beste kon bestudeer. Meeste van
die tyd het ek egter in Bloemfontein se stasie deur-
gebring, op pad van Natal na die Noordweste.

Die Hoe Kommissaris van Suid-Afrika in Kanada is
Billy Modise. Hy is 'n Tswana van Bloemfontein.
Ons vra hom 'n jaar of so gelede of hulle Bloemfontein se
naam gaan verander. Hy probeer eers die vraag ontwyk
deur te se dat die swart mense die hele tyd hulle eie naam
vir Bloemfontein gehad het. Ek het die Tswana daarvoor
vergeet, maar dit beteken "die plek van die luiperd."
Uiteindelik se hy toe nee, hulle is nie van plan om Bloem-
fontein te vernoem nie. En dat die provinsie voortaan net
"Vrystaat" gaan heet.

Praat van taalkundige verwarring. Die Modises het 'n jong
dogter. (Mnr. Modise is Tswana, Mev. Modise Xhosa.)
Die dogter is in Zambia gebore, waar sy die lokale swart
taal geleer het. Toe gaan hulle na Swede, waar Mnr. Modise
Sosiologie studeer en later daarin klasgee. Die dogter leer
nou Sweeds en ken ook Engels. Nou kom die Modises terug
na Suid-Afrika 'n paar jaar gelede en die dogter ken geen
Suid-Afrikaanse swart taal nie, net Sweeds en Engels, wat
sy met 'n baie gekultiveerde Engelse aksent praat. Sy vertel
dat dit vir haar baie moeilik was om in Suid-Afrika aan te
pas. Die swart mense veral het haar as 'n frats beskou.

Gloudina Bouwer
Re: AFRIKANERSKAP: Wat is dit? [boodskap #6592 is 'n antwoord op boodskap #6564] Vr, 14 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskap
M.Davies  is tans af-lyn  M.Davies
Boodskappe: 23
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
As ons in Nederland sê, wat flauwekul en boerenlul!

Afrikanerskap, Hollanderskap of Engelskap....dit bestaan eintlik nie! Ons
is almal Suid-Afrikaners met verskeie tale en verskeie erfgoede. As ons
oor "-skap" begin te praat dan dit lyk my dat ons al hoe nasionalisties
word. Ek dink dat jy nie oor 'n bevolkingsskap kan praat nie tensy die
bevolking die meerderheid in hulle land is. Wat ek bedoel hier is dat in
Suid-Afrika woon daar te baie verskillende autogtone bevolkingsgroepe met
elk met hul' eie skap om een bepaalde Afrikanerskap of Zoeloeskap te
beskou, saam maak hulle die Suid-Afrikanerskap. Gee dit nog 400 jaar en
dan sou dit anders word. Nou, elke groep het sy eie kultuur ens, maar
want hulle woon nie in 'n "eie" land nie maar in 'n multikultuur land, is
dit nie toepaslik oor hierde skappies te kan praat nie.

Ek weet dat ek dit nie so uitsekend goed uitleg nie maar ek besef dat
julle my mening begryp.

Groetnis
M.Davies
Vorige onderwerp: Die DAVID KRAMER FAN CLUB
Volgende onderwerp: Query: Adam Small's "Orange Earth"
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 15:28:54 MGT 2024