Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » gunsteling Langenhoven spreuke
gunsteling Langenhoven spreuke [boodskap #6561] Sa, 08 Junie 1996 00:00 na volgende boodskap
Darrin Speegle  is tans af-lyn  Darrin Speegle
Boodskappe: 14
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Junior Lid
Ek wil hoor wat almal se gunsteling Langenhoven spreuke/gedigte is. Ek
het al 'n paar mooies gesien - meestal op die "tekening" van 'n pos.
Hier is 'n paar wat ek nog nie gesien het nie.

Waar is die waarheid. Ja, waar is hy, dis waar. Maar, waar is hy?

En ook:

Dis die smorende vuur wat swaarkry
En tog nie die kos kan gaarkry.
En die vrolike vlam wat klap en krak,
Dis hy wat sy taak tot vermaaklikheid maak,
En sy swaarkry met lekkerkry klaarkry.

Groete,
Darrin
Re: gunsteling Langenhoven spreuke [boodskap #6572 is 'n antwoord op boodskap #6561] Ma, 10 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Darrin Speegle wrote:

> Ek wil hoor wat almal se gunsteling Langenhoven spreuke/gedigte is. >>

Hier is 'n nie-amptelike een:
Ek het op Oudtshoorn grootgeword en was gatvol van al die Langenhoven
wat in my keel afgedruk is - hoofsaaklik in verwysings na hoe slim,
goed, mooi, moreel, sterk en alles wat goed was hy glo was.
Die ergste was die naam van sy huis: Arbeidsgenot. uuuuuuuuuuu......
(Ou Calfyn se spook hang soos 'n dreigende ding bo die dorp. Ek
het nie my huiswerk gedoen nie.... )
siek, siek,......
Toe eendag, toe ek al groot was, toe hoor ek die ware rede vir die
naam.
Hy was mal daaroor om op die stoep te sit. Seker koffie gedrink.
En met latere kennis besef ek toe daar was sekerlik 'n bietjie
brannewyn ook soms in die koffie.
Sy vrou was mal oor in die tuin werk.
Hulle het 'n mooi tuin gehad.
Die stoep het uitgekyk daaroor.
Toe het die ou ballie glo gese hy het die genot en sy het die
arbeid dus is die huis se naam Arbeidsgenot.....
Vorige onderwerp: Andre P Brink, Ettienne le Roux
Volgende onderwerp: Soek Eben Venter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 07:31:52 MGT 2024