Afrikaners het hulle deel van groot leiers in die laaste
honderd jaar gehad. Een van die grootste was Paul Kruger.
Op 28 Maart 1966 staan Bram Fischer voor die hof in Pretoria
en in sy verdediging haal hy die volgende woorde van Paul
Kruger aan:
"Met vertrouwen leggen wy onze saak open voor de
geheele wereld. Het zy wy overwinnen, het zy wy
sterven : de vryheid zal in Afrika ryzen als de zon uit
de morgenwolken."
Paul Kruger het hierdie woorde uitgespreek in Februarie 1881
in die Volksraad van die Oranje Vrystaat. Bram Fischer se in
sy verdediging dat hy deur sy dade, waarvoor hy lewenslange
tronkstraf gekry het, wou verhoed dat daar nog 'n vergeefse
vryheidsstryd op Suid-Afrikaanse bodem gestry sou word.
Bram Fischer, gebore in 1908, was 'n seun van 'n Regter-
president van die O.V.S., kleinseun van 'n eerste minister van
die O.V.S. Hy was 'n Rhodes Scholar. Hy was advokaat in die
Hoogverraadsaak 1956- 1960, en die Rivonia -hofsaak in 1963-
1964. In September 1964 is hy gearresteer omdat hy 'n kommu-
nis was. In sy verdediging voor die hof verduidelik hy hoekom
hy 'n kommunis geword het, en hoekom hy by die vryheidsstryd
aangesluit het. Hy verklaar in Engels: "In ons sense we Afrikaners
were the vanguard of this liberation movement in Africa. Of all
former colonies, we displayed the greatest resistance to imperial
conquest." Hy gaan aan: " I speak as an Afrikaner - something
sinister for the future of my people had happened..."
Bram Fischer het lewenslange gevangenisstraf gekry. In 1974,
toe hy siek was aan kanker, het die regering in Suid-Afrika geweier
om hom los te laat om te sterf by sy familie, ten spyte van versoeke
van oor die hele wereld. Hy het in Mei 1975 gesterf. Die outoriteite
het geweier om sy as aan sy familie te gee.
Dit is hoe die Afrikaner in die laaste deel van die twintigste eeu
somtyds blind was vir hulle ware leiers.
Hierdie naweek is 'n groot naweek in Kanada.
Maandag is dit Canada Day/ Fete du Canada.
Daar is 'n Tuinparty Saterdag by die woning
van die Goewerneur-Generaal. Sy naam is
Romeo Leblanc ( 'n Akadiese Fransman van
New Brunswick.) Hulle het die gewoonte hier
om om die beurt Engelse en Franse Goewerneur-
Generaals aan te stel. Ek wag nog vir die dag dat
ons ons eerste goewerneur- generaal kry wat uit
die "First Nations" kom.
Gelukkig is die naam "Kanada" darem van in-
heemse oorsprong. "Kanata" is doodeenvoudig
die Huron-Iroquois woord vir 'n woonplek. Cartier
het dit in 1535 vir die eerste keer gehoor. Mettertyd
is die woord gebruik vir groter en groter dele van
die nuwe land deur die Franse kaartmakers, totdat
dit gebruik is vir enigiets noord van die St. Lawrence
Rivier.
Maandag sal daar vlae waai, daar sal 'n groot konsert
wees, en groot vuurwerke in die aand. Ek voel nooit
vreeslik patrioties op so 'n dag nie. Die atmosfeer van
die feesvierings is nog teveel Europees gekleur, alhoewel
hulle darem hulle bes doen om van die inheemse dinge
ook in te sluit.
As ek in Kanada tuis voel, is dit nie omdat ek so baie
wit gesigte om my sien nie. Ek voel tuis in hierdie land
(met die tweede grootste landoppervlakte in die wereld)
omdat dit bevolk is met talle inheemse groepe, wat 'n
sagte vredeliewende lewensfilosofie aanhang. Ek hou ook
van hulle mitologie. Die area waar ek bly, was die land van
die Algonquins. Hulle groot god was Manitou. (Daar is 'n
Manitoulin Island in Lake Huron.)
Maar my geliefkoosde karakter in hulle mitologie is egter
Glooskap. Hy is die held wat teen alle soorte kwade dinge
veg, en wat verantwoordelik is dat daar somtyds somer en
lente is en nie altyd winter nie. Daar is 'n storie van hoe hy
vir vier mans elkeen hulle wens gegee het in 'n pakkie wat
hulle eers by die huis moes oopmaak voordat hulle hul wens
kon kry. Drie van die mans het Glooskap se bevel gehoorsaam.
Die vierde man, wat baie groot wou wees, was te nuuskierig
en het sy pakkie langs die pad oopgemaak. Toe hy dit oopmaak,
toe word hy verander in 'n groot boom. Siedaar, 'n Algonquin
Pandora.
DIE beleid van "herontplooiing" van onderwysers hou ernstige
implikasies in vir Blanke onderwysers. Dit word nou openlik
erken dat hulle na Swart skole gestuur kan word om die
wanstaltige verhouding tussen onderwyser en leerlinge in Blanke
en Swart skole op gelyke voet te bring.
Die groot fout wat gemaak word, is dat die hele onderwyskwessie
vanuit 'n ideologiese hoek hanteer word - presies dit waarvan
hulle die vorige regering beskuldig het! Die gevolg is dat nie
die belang van die kind vooropgestel word nie, maar die
kortsigtige ideologiese mikpunte van die regime. Dit word weer
gegooi oor die boeg van "regstelling" van die "foute van die
verlede", terwyl onderwysbelange en belange van die
onderwysersgroep hoegenaamd nie in aanmerking geneem word nie.
Die beskikbaarstelling van pakkette vir onderwysers wat die
beroep onder die huidige omstandighede wil verlaat, is die eerste
stap om van Blanke onderwysers ontslae te raak. Dit is veral die
ouer garde met die beter kwalifikasies en die jare ondervinding
wat op hierdie wyse uitgeskakel word. Wanneer hierdie fase
voltooi is, sal herontplooiing van onderwysers aan die beurt kom.
Die eerste stap sal wees om 'n balans te bewerkstellig tussen
skole waar groot getalle onderwysers pakkette geneem het, en
skole waar net 'n paar hierdie opsie uitgeoefen het.
Maar daarna sal die verskuiwing van Blanke onderwysers na
lokasies aangepak word om die wanverhouding in Blanke en
Nieblanke skole aan te spreek.
Die groepe wat veral hierdeur geraak sal word, is die
onderwysers wat die minste jare diens by skole het. Dit sluit
in jong onderwysers, of onderwysers wat lank by die huis gebly
het om eers hulle kinders van die hand af te kry. Die probleem
is dat dit juis hierdie groep onderwysers is wat ook nog sit met
jong kinders by die huis, en vir wie herontplooiing buite hulle
gebiede groot ontwrigting sal veroorsaak. Dit is byvoorbeeld
ondenkbaar dat hier van verplasings sprake kan wees.
Die veiligheidsaspek is egter die grootste bron van kommer.
Om veral van jong onderwyseresse te verwag om dag-in-dag-uit
hulle lewens te waag om lokasies binne te gaan om skool te hou,
is meer as wat van enige redelike mens verwag kan word. Daar is
al groot probleme as net van onderwyseresse verwag word om vir
'n dag na die lokasie te gaan om 'n kursus by te woon. Van die
mans van die onderwyseresse weier prontuit om toestemming te
verleen dat hulle vrouens sodanige kursusse bywoon.
Hoe dit sal gaan as van hulle verag word om daagliks daar te
gaan skoolhou, sal nog gesien moet word.
Ook die onsekerheid waarmee die huidige onderwyssituasie besig
is om hom af te speel, veroorsaak groot onrus in Blanke
onderwysgeledere. Dit l ook ten grondslag daarvan dat daar
skoon uit paniek meer onderwysers om pakkette aansoek doen as wat
onder normale omstandighede die geval kan wees. Enige onderwyser
wat 'n pakket aanvaar, mag nooit weer by 'n provinsiale skool
skoolhou nie. Dit is een van die departementele voorwaardes.
By die regime is daar 'n groot ongevoeligheid aangaande die
hele aangeleentheid. Sowel Sibusiso Bengu as Mary Metcalfe het
geen begrip vir die vrese van die onderwysers wat met die nuwe
bedeling gekonfronteer word nie. Metcalfe het reeds aangedui dat
die Onderwysdepartement die finale s sal h of pakkette
toegestaan kan word of nie. Indien te veel aansoeke ontvang
word, sal die Departement die reg voorbehou om te besluit of
hulle dit kan toestaan aldan nie. Daar bestaan by Metcalfe reeds
die vrees dat onderwysers in groot getalle vir pakkette aansoek
doen omdat hulle vrees dat hulle na lokasies herontplooi sal
word.
Om die getalleverhouding van 1:35 by hoÂrskole en 1:40 by
laerskole te bewerkstellig, sal nie minder nie as 3 122
onderwysers na ander skole gestuur moet word in die PWV-gebied
alleen.
In groot gebiede soos die PWV sal onderwysers geskuif kan word
tot skole wat van hul huise bereikbaar is. Op die platteland kan
dit maklik beteken dat onderwysers van een dorp na 'n ander
verplaas moet word.
In die pers vanoggend:
'n Groep voormalige top-offisiere van die SA Weermag sowel as die SA
Polisie het erken die twee magte was verantwoordelik vir 'n reeks
skendings van menseregte, sommige van die dade is destyds deur hulle
aan die ANC toegeskryf.
Die erkennings is volgens berigte vervat in 'n brief aan die
Waarheidskommissie.
Hulle het daarmee waarskynlik hul voorneme te kenne gegee om met
die kommissie te wil saamwerk om die verlede te ontrafel en om
kwytskelding van vervolging te kry.
Die erkennings bied vir die eerste keer ook sekerheid oor die
destydse ontploffing by die Raad van Kerke se hoofkantoor Khotso
House in Johannesburg.
Die bom was volgens die erkenning deur die magte geplant.
Die moorde op die drie leiers van PE se swart civic-organisasie
Pebco in 1985 is ook klaarblyklik onder die meer as twintig skendings
wat erken word.
Ook 'n bom-ontploffing by 'n kragsentrale in Randburg waarvoor die ANC
geblameer is, word glo erken as 'n daad van die magte.
David Kramer se "Meisie sonner Sokkies" is vir my
die mees vreugdevolle, die mees opheffende lied wat ek
in 'n lang tyd nog gehoor het. Om 'n man so te hoor sing,
is 'n verheerliking, nie net van die vrou nie, maar ook
van viriele manlikheid self.
MEISIE SONNER SOKKIES
Iewers hier binne in my bokkie
Klop my ou hart nes 'n toktokkie
Ek droom van 'n warm Kersfeesdag
En my meisiekind sonner haar sokkies
Nes 'n bicycle sonner sy klokkie
Nes 'n lollipop sonner sy stokkie
Nes 'n hoenderhaan met sy kop afgekap
Hardloop ek agter my bokkie
Waai windjie waai
Die dae gaan verby
More kom daar 'n groot geluk
Dan staan sy o dan staan sy
Hier langs my
Bokkie ek willie vir jou jokkie
Of jy my lief het weet ek okkie
Ek droom van jou voor die Sending kerk
in jou wit hoed en jou rooi rokkie
Bokkie mettie blou doek op jou koppie
Die klokkie in my hart wil okkie stoppie
Vanaand sing ek soos 'n bok wat bler
Want die verlange hou nooit oppie
Waai windjie waai
Die dae gaan verby
More kom daar 'n groot geluk
Dan staan sy o dan staan sy
Hier langs my
Gelukkige meisie met die blou kopdoek. Soveel helder energie-
gewende sensuele woorde. Beelde uit 'n suiwer suid-afrikaanse
grond, onbeswaar deur sosio-politieke spanninge. Wat 'n man,
wat so kan sing! En wat 'n goeie "band." Wat ek wil weet, is wie
maak daardie geluide diep uit die midderif uit so nou en dan?
In opvolg op die erkenning deur senior polisie- en weermag-offisiere
dat hulle verantwoordelik was vir die bom by Khotso-huis in Jhb in
1988, die volgende: Shirley Gunn wat destyds deur hulle aangehou is
vir 60 dae omdat sy "daarvan verdink is" dat sy die bom geplant het,
wil 'n saak maak teen hulle.
Net soos sommige deelnemers op die groep aanvaar sy ook nie die
Waarheidskommissie nie. Sy bevind haar (saam met die kritici op die
groep) hier in die geselskap van die PAC en Azapo.
Sy is waarskynlik nie baie goed behandel in daardie 60 dae nie.
Nou erken die polisie en weermag HULLE het die bom geplant en dit op
die ANC en op me. Gunn geblameer.
Dit toon die dilemma van die Waarheidskommissie.
As die WK funksioneer soos hy veronderstel is, dan kry die
polisiemanne en die weermaglede kwytskelding en is die verlede verby -
nadat ons daarvan gehoor het.
Die alternatief is dat die WK ontbind word (waarskynlik onder
toejuiging van sommige van die deelnemers van die forum), maar dan
gaan me. Gunn die generaals en 'n klomp ander mense hof toe vat. En
dan gaan sit daardie bomplanters in die tronk vir lank.
En daar is baie mense soos me. Gunn.
My opinie:
Afrikaans is 'n tegnies gebreklike taal waar in elke tweede sin na anglesismes
gegryp moet work so dat mens 'n gesprek wat redelik relefant (!) is
aan die gang kan hou.
Ek weet nie watter toekoms daar vir afrikaans is nie. Sal mense dit in twintig
jare wil praat? Sal dit soos die 1600 verskillende tale van Indie: onder die
historiese mat gevee word? Heel moontlik. Hierdie tale het die selfde in
gemeen met Afrikaans: Hulle is nutteloos in 'n tegnologiese wêreld.
wie kan help us an adressen van Hollandse clubs en verenigingen? en ook goede
webs (www) voor immigranten?
dank u,
Alex Goossens, BTV Stichting http://www.worldaccess.nl/~btv
++++