Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Polisie bieg oor bomme
Polisie bieg oor bomme [boodskap #6670] Vr, 28 Junie 1996 00:00
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In die pers vanoggend:
'n Groep voormalige top-offisiere van die SA Weermag sowel as die SA
Polisie het erken die twee magte was verantwoordelik vir 'n reeks
skendings van menseregte, sommige van die dade is destyds deur hulle
aan die ANC toegeskryf.
Die erkennings is volgens berigte vervat in 'n brief aan die
Waarheidskommissie.
Hulle het daarmee waarskynlik hul voorneme te kenne gegee om met
die kommissie te wil saamwerk om die verlede te ontrafel en om
kwytskelding van vervolging te kry.
Die erkennings bied vir die eerste keer ook sekerheid oor die
destydse ontploffing by die Raad van Kerke se hoofkantoor Khotso
House in Johannesburg.
Die bom was volgens die erkenning deur die magte geplant.
Die moorde op die drie leiers van PE se swart civic-organisasie
Pebco in 1985 is ook klaarblyklik onder die meer as twintig skendings
wat erken word.
Ook 'n bom-ontploffing by 'n kragsentrale in Randburg waarvoor die ANC
geblameer is, word glo erken as 'n daad van die magte.
Vorige onderwerp: DAVID KRAMER FAN CLUB
Volgende onderwerp: Re: Wie is ons leiers en hoe gaan ons hulle herken?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 14:02:48 MGT 2024