Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Onderwys & opvoeding » Die Afrikaner 28 Junie 1996 Blanke onderwysers na swart skole
Die Afrikaner 28 Junie 1996 Blanke onderwysers na swart skole [boodskap #6671] Sa, 29 Junie 1996 00:00
Herstigte Nasionale P[1]  is tans af-lyn  Herstigte Nasionale P[1]
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Volle Lid
'n Berig vanuit die Afrikaner, mondstuk van die Herstigte Nasionale Party van
Suid-Afrika.

Meer berigte te sien by

http://www.hnp.org.za/afrikaner

*********************************************************

Blanke onderwysers na Swart skole

DIE beleid van "herontplooiing" van onderwysers hou ernstige
implikasies in vir Blanke onderwysers. Dit word nou openlik
erken dat hulle na Swart skole gestuur kan word om die
wanstaltige verhouding tussen onderwyser en leerlinge in Blanke
en Swart skole op gelyke voet te bring.
Die groot fout wat gemaak word, is dat die hele onderwyskwessie
vanuit 'n ideologiese hoek hanteer word - presies dit waarvan
hulle die vorige regering beskuldig het! Die gevolg is dat nie
die belang van die kind vooropgestel word nie, maar die
kortsigtige ideologiese mikpunte van die regime. Dit word weer
gegooi oor die boeg van "regstelling" van die "foute van die
verlede", terwyl onderwysbelange en belange van die
onderwysersgroep hoegenaamd nie in aanmerking geneem word nie.
Die beskikbaarstelling van pakkette vir onderwysers wat die
beroep onder die huidige omstandighede wil verlaat, is die eerste
stap om van Blanke onderwysers ontslae te raak. Dit is veral die
ouer garde met die beter kwalifikasies en die jare ondervinding
wat op hierdie wyse uitgeskakel word. Wanneer hierdie fase
voltooi is, sal herontplooiing van onderwysers aan die beurt kom.
Die eerste stap sal wees om 'n balans te bewerkstellig tussen
skole waar groot getalle onderwysers pakkette geneem het, en
skole waar net 'n paar hierdie opsie uitgeoefen het.
Maar daarna sal die verskuiwing van Blanke onderwysers na
lokasies aangepak word om die wanverhouding in Blanke en
Nieblanke skole aan te spreek.
Die groepe wat veral hierdeur geraak sal word, is die
onderwysers wat die minste jare diens by skole het. Dit sluit
in jong onderwysers, of onderwysers wat lank by die huis gebly
het om eers hulle kinders van die hand af te kry. Die probleem
is dat dit juis hierdie groep onderwysers is wat ook nog sit met
jong kinders by die huis, en vir wie herontplooiing buite hulle
gebiede groot ontwrigting sal veroorsaak. Dit is byvoorbeeld
ondenkbaar dat hier van verplasings sprake kan wees.
Die veiligheidsaspek is egter die grootste bron van kommer.
Om veral van jong onderwyseresse te verwag om dag-in-dag-uit
hulle lewens te waag om lokasies binne te gaan om skool te hou,
is meer as wat van enige redelike mens verwag kan word. Daar is
al groot probleme as net van onderwyseresse verwag word om vir
'n dag na die lokasie te gaan om 'n kursus by te woon. Van die
mans van die onderwyseresse weier prontuit om toestemming te
verleen dat hulle vrouens sodanige kursusse bywoon.
Hoe dit sal gaan as van hulle verag word om daagliks daar te
gaan skoolhou, sal nog gesien moet word.
Ook die onsekerheid waarmee die huidige onderwyssituasie besig
is om hom af te speel, veroorsaak groot onrus in Blanke
onderwysgeledere. Dit lˆ ook ten grondslag daarvan dat daar
skoon uit paniek meer onderwysers om pakkette aansoek doen as wat
onder normale omstandighede die geval kan wees. Enige onderwyser
wat 'n pakket aanvaar, mag nooit weer by 'n provinsiale skool
skoolhou nie. Dit is een van die departementele voorwaardes.
By die regime is daar 'n groot ongevoeligheid aangaande die
hele aangeleentheid. Sowel Sibusiso Bengu as Mary Metcalfe het
geen begrip vir die vrese van die onderwysers wat met die nuwe
bedeling gekonfronteer word nie. Metcalfe het reeds aangedui dat
die Onderwysdepartement die finale sˆ sal hˆ of pakkette
toegestaan kan word of nie. Indien te veel aansoeke ontvang
word, sal die Departement die reg voorbehou om te besluit of
hulle dit kan toestaan aldan nie. Daar bestaan by Metcalfe reeds
die vrees dat onderwysers in groot getalle vir pakkette aansoek
doen omdat hulle vrees dat hulle na lokasies herontplooi sal
word.
Om die getalleverhouding van 1:35 by ho‰rskole en 1:40 by
laerskole te bewerkstellig, sal nie minder nie as 3 122
onderwysers na ander skole gestuur moet word in die PWV-gebied
alleen.
In groot gebiede soos die PWV sal onderwysers geskuif kan word
tot skole wat van hul huise bereikbaar is. Op die platteland kan
dit maklik beteken dat onderwysers van een dorp na 'n ander
verplaas moet word. 
Vorige onderwerp: matriek
Volgende onderwerp: Tuis-Skoling : Kurrikulum en Hulpbronne,
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 06:45:55 MGT 2024