Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Wie is ons leiers en hoe gaan ons hulle herken?
Re: Wie is ons leiers en hoe gaan ons hulle herken? [boodskap #6674] Sa, 29 Junie 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , a...@smartnet.co.za says...

Afrikaners het hulle deel van groot leiers in die laaste
honderd jaar gehad. Een van die grootste was Paul Kruger.
Op 28 Maart 1966 staan Bram Fischer voor die hof in Pretoria
en in sy verdediging haal hy die volgende woorde van Paul
Kruger aan:

"Met vertrouwen leggen wy onze saak open voor de
geheele wereld. Het zy wy overwinnen, het zy wy
sterven : de vryheid zal in Afrika ryzen als de zon uit
de morgenwolken."

Paul Kruger het hierdie woorde uitgespreek in Februarie 1881
in die Volksraad van die Oranje Vrystaat. Bram Fischer se in
sy verdediging dat hy deur sy dade, waarvoor hy lewenslange
tronkstraf gekry het, wou verhoed dat daar nog 'n vergeefse
vryheidsstryd op Suid-Afrikaanse bodem gestry sou word.

Bram Fischer, gebore in 1908, was 'n seun van 'n Regter-
president van die O.V.S., kleinseun van 'n eerste minister van
die O.V.S. Hy was 'n Rhodes Scholar. Hy was advokaat in die
Hoogverraadsaak 1956- 1960, en die Rivonia -hofsaak in 1963-
1964. In September 1964 is hy gearresteer omdat hy 'n kommu-
nis was. In sy verdediging voor die hof verduidelik hy hoekom
hy 'n kommunis geword het, en hoekom hy by die vryheidsstryd
aangesluit het. Hy verklaar in Engels: "In ons sense we Afrikaners
were the vanguard of this liberation movement in Africa. Of all
former colonies, we displayed the greatest resistance to imperial
conquest." Hy gaan aan: " I speak as an Afrikaner - something
sinister for the future of my people had happened..."

Bram Fischer het lewenslange gevangenisstraf gekry. In 1974,
toe hy siek was aan kanker, het die regering in Suid-Afrika geweier
om hom los te laat om te sterf by sy familie, ten spyte van versoeke
van oor die hele wereld. Hy het in Mei 1975 gesterf. Die outoriteite
het geweier om sy as aan sy familie te gee.

Dit is hoe die Afrikaner in die laaste deel van die twintigste eeu
somtyds blind was vir hulle ware leiers.

Gloudina Bouwer
Re: Wie is ons leiers en hoe gaan ons hulle herken? [boodskap #6675 is 'n antwoord op boodskap #6674] Sa, 29 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
a...@smartnet.co.za (Armando Pellencin) wrote:
>

Hang alles af van wie ons is en waarheen ons wil gaan!!
Vorige onderwerp: Polisie bieg oor bomme
Volgende onderwerp: Re: Die DAVID KRAMER FAN CLUB
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 16:47:26 MGT 2024