Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » DAVID KRAMER FAN CLUB
DAVID KRAMER FAN CLUB [boodskap #6667] Do, 27 Junie 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
David Kramer se "Meisie sonner Sokkies" is vir my
die mees vreugdevolle, die mees opheffende lied wat ek
in 'n lang tyd nog gehoor het. Om 'n man so te hoor sing,
is 'n verheerliking, nie net van die vrou nie, maar ook
van viriele manlikheid self.

MEISIE SONNER SOKKIES

Iewers hier binne in my bokkie
Klop my ou hart nes 'n toktokkie
Ek droom van 'n warm Kersfeesdag
En my meisiekind sonner haar sokkies

Nes 'n bicycle sonner sy klokkie
Nes 'n lollipop sonner sy stokkie
Nes 'n hoenderhaan met sy kop afgekap
Hardloop ek agter my bokkie
Waai windjie waai
Die dae gaan verby
More kom daar 'n groot geluk
Dan staan sy o dan staan sy
Hier langs my

Bokkie ek willie vir jou jokkie
Of jy my lief het weet ek okkie
Ek droom van jou voor die Sending kerk
in jou wit hoed en jou rooi rokkie

Bokkie mettie blou doek op jou koppie
Die klokkie in my hart wil okkie stoppie
Vanaand sing ek soos 'n bok wat bler
Want die verlange hou nooit oppie
Waai windjie waai
Die dae gaan verby
More kom daar 'n groot geluk
Dan staan sy o dan staan sy
Hier langs my

Gelukkige meisie met die blou kopdoek. Soveel helder energie-
gewende sensuele woorde. Beelde uit 'n suiwer suid-afrikaanse
grond, onbeswaar deur sosio-politieke spanninge. Wat 'n man,
wat so kan sing! En wat 'n goeie "band." Wat ek wil weet, is wie
maak daardie geluide diep uit die midderif uit so nou en dan?

Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: Nederlanders! Is Afrikaans Kombuistaal?
Volgende onderwerp: Polisie bieg oor bomme
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 02:08:21 MGT 2024