I am working for a Danish newspaper and I need some help on the following
words:
bobotie - what does it mean - how would you translate it into English?
koeksisters - - what does it mean - how would you translate it-......
Potjiekos ---------------------
'n Web-blad oor Bisho is bygevoeg by www.icon.co.za/~ferdig
Dit het hier en daar 'n spelfout en die syfers vervat in die
inligting-blad is moontlik verkeerd, maar dit sal opgefieks word.
Dit is 'n gedig oor Bisho met foto's en 'n kort verduideliking.
Hier was onlangs 'n program op TV waarin Kanadese "boeremusiek"
CAJUN (die kultuur) of ZYDECO (die musiek) gespeel is.
Dit het my so baie aan boeremusiek herinner.
En dit is so lekker dat jou tone sommer sal opkrul.
Dit word gekenmerk deur 'n trekklavier ("accordion") en 'n "washboard".
Die "washboard" is 'n stuk blik met riffels waaroor ritmies
geskraap word. Dit word gespeel deur Ex-Kanadese-Frans-sprekende "Kreole".
Terloops: As ek dit nie mis het nie is daar een of ander
verbintenis tussen Nederlands+Afrika=Kreools (help my...?)
Nou wonder ek waar kom ons boeremusiek vandaan ?
Nederlands/Duits/Frans? (ons het 'n sterk Duits/Nederlandse
invloed van liedere - maar vanwaar boeremusiek?).
In die tydskrif "De Kat" is daar 'n interessante artikel oor
"(boere)Worsie Visser" wat sakkie-sakkie boeremusiek speel en
nou so gewild is. (Of is julle nog skaam vir ons kultuurmusiek?).
Dit is nou wat op skool spottend "Rock-around-the-Ossewa" genoem is.
(Lees ook die interessante artikel wat De Kat (..k?) oor
David Kramer gehad het)...
Die Zydeco musiekstyl is blykbaar vernuwe deurdat die jongklomp dit
met meer moderne musiek (rock?) gemeng het.
Nou wonder ek of boeremusiek ook so sal aanpas, of sterf ?
Ek het mondig geword met Pink Floyd, maar op my oudag waardeer ek
boeremusiek soos ek tevore geseg het. Ek onthou nog "Nico Carstens
en sy Boere-orkes" en die "Vastrap-wals" ens. as kind, maar toe het ek
nie belanggestel nie.
Snaaks hoe mens goed eers waardeer as jy daarvan verwyder is...
I.D. du Plessis, gebore in 1900, is 'n digter van die
Boland en van Bali. Somtyds weet 'n mens nie waar
die Boland ophou en Bali begin nie:
Bali se singende duiwe
Omsingel die maan in hul vlug
En hang, 'n tros donkerblou druiwe
Aan die hoe prieel van die lug.
Praat hy in die volgende van Bali of die Boland?
Ek wonder of jy soms, wanneer
Die wolke soos galjoene seil,
Dink aan die helder dae, toe ons
Kon loop deur songedrenkte lande?
Almal het natuurlik geweet, selfs in die ou dae toe
hy heelwaarskynlik twee Afrikanertaboes gebreek het
( die oorsteek van die rasseskeiding en die liefde vir
iemand wat nie van die teenoorgestelde geslag was nie)
dat I.D. du Plessis homoseksueel was. Almal het die
gedig geken waarin hy die vraag gevra het:
As ek my vreemde liefde bloot moes le,
Wat sou die vrome skenders van die skoonheid se?
....
.. sou 'n sprank van hierdie vuur wat in my gloei
Ook hulle aanraak, sodat hul verstaan
Die liefde neem 'n duisend vorme aan?
Du Plessis was 'n meesterlike skrywer van Ballades. Wie
kan "Rietfontein" vergeet, en "Kaalvoet Klonkie" en
"Katrina" en "Ballade van die Eensame Seeman." Ek
sluit egter met nog 'n liefdeslied, ongetwyfeld geskryf
met 'n gestorwe minnaar in gedagte:
Et Praeterea Nihil
Met skemering, toe die vinke by die vlei
Die lug deurweef het met hul helder geel,
Het ek net vir 'n oomblik my verbeel
Jy loop weer deur die riete saam met my;
Want alles was soos toe ons, sy aan sy,
Gehoor het hoe die windjie deur hul speel.
Ek wou die uur se vreugde met jou deel,
Ek wou by jou, wat voorgegaan het, bly.
Maar toe ek opkyk, het die donkerblou
Van nag se vleuels om die vlei gevou.
Asof hy heel sy lewe wou verdroom,
Was daar een reier wat nog roerloos staan;
En in die ragwerk van 'n wilkerboom
Die koue sekel van die wintermaan.
Een van die beste redes om te sorg dat Afrikaans nooit
as 'n taal struikel en ondergaan nie, is om die taal voort
te sit waarin I.D. du Plessis gedig het.
So van tydskrifte gepraat. Miskien publiseer de kat mooi afrikaans, maar
jissis dis so donners pretensieus. Ek het die eerste uitgawe van Loslyf
'n hele ruk gelede gekoop, en nie aleen was dit nogal verbasende prosaise
(prosaiis?? prosaies??) afrikaans nie, maar dit het lekker gelees. Maar
so na die derde bladsy van koek uit alle hoeke bekyk raak mens gatvol. Ek
reken Ryk Hatting moet so bietjie daar by de kat gaan uithelp.
Vir die verafgeleës: Loslyf is die sustertydskrif van Hustler en skrywer
Ryk Hattingh is die redakteur. Of was nog laas toe ek gekyk het.
--
******************************************
Charl Durand
Events Calendar SA
** Sport Information Specialists **
PO Box 208 Bedfordview 2008
South Africa
Telephone 27-11-616-6225
Fax 27-11-622-4676
*******************************************
"During the Industrial Age knowledge was power.
In the Information Age knowledge about knowledge is power."
Hoor 'n vox-pops op Afrikaans Stereo (Radio Sonder Grense) oor die besware by
sommige meer reggetrekte Afrikaanssprekendes (en 'n paar anderstaliges) oor
Vetkoekpaleis wat kwansuis 'n verkeerde beeld van die Afrikaner skep (Absurd,
netso min is dit die doel van die reeks as wat ET 'n leier is 1% van alle
nugter/denkende Afrikaners).
Toevallig is dit die gewildste program op TV by sowel Afrikaans- as
Engelssprekendes. Tog wonderlik dat 'n Afrikaanse "sitcom" so gewild kan
wees. Dit op sigself is rede om fees te vier, maar nee, ons ou volkie vind
weer iets om oor skaam te wees. Vetkoekpaleis gee nie op dat dit die beeld
van die Afrikaner as volkie uitdra nie. Net dat dit goeie oorspronklike
vermaak is wat goed die spot dryf met sekere Afrikaanssprekendes, die nasie as
geheel in die nuwe SA en die regering ook daarby. As iemand daardeur skaam
raak is dit waarskynlik omdat die skoen pas. Ons kan tog leer om bietjie
volwassse te wees hieroor en vir onsself (of ten minste ons familie) te lag.
> "De Kat" is 'n pretensieuse glanstydskrif ...>>>
Moet ook se:
De Kat het talle kere uiters goed geskryfde artikels. Dit is die
enigste Afrikaanse tydskrif wat werklik 'n klem plaas op goeie
skryfwerk - eerder as geld maak uit die gemene deler.
Ek dink De Kat se voorbeelde in die lewe is tydskrifte soos Harpers &
Queen en Vanity Fair ens.
Huisgenoot?.....wel...ja......
Stel dit so: In die begin van die eeue het Huisgenoot Eugene Marais se
Winternag gepubliseer.
Vandag sal Huisgenoot dit NOOOOIT doen nie. Maar hy sal 'n berig OOR
Marais publiseer!
OP die voorblad sal dit pryk: Afrikaanse digter se dwelmhel! Foto's!
I remember someone once told me of a download site which helps
teach Afrikaans, anyone heard of it? Any help greatly
appreciated. If anyone can help, please contact!
Thanks,
Bernhardt.
(10065...@compuserve.com).
HNP-standpunt oor Red Willem Ratte-Aksie om Afrikaner-eenheid
te bewerkstellig
Die leier van die HNP, mnr. Jaap Marais, het die volgende
persverklaring uitgereik oor die gebeure rondom die vonnis van
kmdt. Willem Ratte en die aksies wat daaruit voortgespruit
het:
DIE HNP het met genoegdoening verneem van kmdt Ratte se
vrylating op borgtog. Die HNP het uit die staanspoor bepleit
dat di weg gevolg moes word.
Waar dit om kmdt Ratte self gegaan het, het die HNP
deurgaans sy volle ondersteuning gegee. By die verhoor oor sy
besetting van Schanskopfort was ek namens die HNP op meer as
een manier betrokke, saam met sy regsverteenwoordiger.
Die aksies na die vonnisoplegging wat van stapel gestuur is
in verband met sy appÂl en sy vrylating, het gekom van persone
wat nie vroeÂr by sy verhoor enigsins betrokke was nie. Die
HNP het aan di latere aksies geen aandeel gehad nie, en het
veral bedenkings uitgespreek oor die gebrek aan 'n
enkelsinnige strewe en doelwit by di aksies.
Enersyds het kmdt Ratte vir die beÂindiging van sy
eetstaking drie alternatiewe politieke eise aan die regering
gestel, naamlik vervolging van mnre De Klerk, Mandela en
Kasrils, sowel as genl Constand Viljoen, om verskillende
redes, of vrylating van almal wat uit politieke oortuigings
opgetree het, of herstel van die Afrikanervolk se vryheid.
Andersyds het die Red Willem Ratte-komitee (RWR)
teenstrydig met kmdt Ratte se eise, hulle beywer om hom sy
eetstaking te laat beÂindig voordat dit te ver sou gaan.
Daarnaas was aangevoer dat sy eetstaking die onewe toepassing
van die regspleging aan die kaak moes stel.
Bo-op hierdie uiteenlopende oogmerke het die RWR ges hy
het 'n mandaat om eendragtigheid te bewerkstellig onder
verskillende organisasies. D¡t het om meer as een rede
skeptisisme gewek by die HNP. Die verskyning van militÂre
figure wat skielik voorbokke vir volkseenheid moet wees, het
die Afrikanervolk in die onlangse verlede reeds baie duur te
staan gekom.
Volgens die leier van die RWR, kol Grobbelaar, moes hy saam
met genls Viljoen en Tienie Groenewald deel gehad het aan die
besluitnemingsproses wat in 1993-94 volgens openbare uitsprake
gerig sou gewees het op oorlog ten einde die 1994-verkiesing
te verhoed, terwyl in die werklikheid 'n geheime agenda gevolg
is om Afrikaners in die politieke strik van vredesonder-
handelings te lei.
Di egtheid van die skielike onverwante oogmerk van die RWR
om volkseendragtigheid te bewerkstellig, kan nie deur die HNP
aanvaar word nie.
Die ondeugsaamheid van so 'n kitsoperasie in verband met so
'n gewigtige saak is baie skerp beklemtoon deur militÂre
figure se betrokkenheid by die haastige stigting van die
Afrikanervolksfront (AVF) in Mei 1993 en ewe haastige
versplintering in Maart 1994. Di operasie was enersyds 'n
berekende bevordering van die De Klerk-regering se beleid van
oorgawe van mag aan die ANC-SAKP, en andersyds 'n middel om
verdere verdeeldheid onder Afrikaners te veroorsaak.
Dat agter die militÂre figure daar destyds die hand van
MilitÂre Intelligensie of Nasionale Intelligensie was om die
De Klerk-regering se belange te bevorder, sal alleen deur die
polities naÂewe misgekyk word.
Waar die HNP sy welwillendheid teenoor kmdt Ratte bewys het
en waardering het vir sy moed en uitgesprokenheid, kan die
party dit nie vereenselwig met onverwante politieke
manipulasies nie wat ver buite die Red Willem Ratte-aksie val.