Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Geldmaak,verhale en De Kat
Re: Geldmaak,verhale en De Kat [boodskap #6714] Ma, 08 Julie 1996 00:00 na volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
gal...@ibm.net wrote:

> "De Kat" is 'n pretensieuse glanstydskrif ...>>>

Moet ook se:
De Kat het talle kere uiters goed geskryfde artikels. Dit is die
enigste Afrikaanse tydskrif wat werklik 'n klem plaas op goeie
skryfwerk - eerder as geld maak uit die gemene deler.
Ek dink De Kat se voorbeelde in die lewe is tydskrifte soos Harpers &
Queen en Vanity Fair ens.
Huisgenoot?.....wel...ja......
Stel dit so: In die begin van die eeue het Huisgenoot Eugene Marais se
Winternag gepubliseer.
Vandag sal Huisgenoot dit NOOOOIT doen nie. Maar hy sal 'n berig OOR
Marais publiseer!
OP die voorblad sal dit pryk: Afrikaanse digter se dwelmhel! Foto's!
Re: Geldmaak,verhale en De Kat [boodskap #6715 is 'n antwoord op boodskap #6714] Ma, 08 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
>> nee nee, al die tien dollar tjeks wat ek in die pos kry gaan
>> reguit na my kinders se engelse privaatskool toe.
>> Met die kleingeld koop ek de kat en mooi interieurboeke by exclusive in
>> hyde park.
>> Charl
>

> Wat is DE KAT?
>
> Gloudina
>

"De Kat" is 'n pretensieuse glanstydskrif wat destyds begin is as 'n
alternatief vir die engelse tydskrif "Style". Dit was 'n poging van
'n groep om 'n Afrikaanse tydskrif te begin wat "op elke koffietafel
sal pryk" en wat 'n defnitiewe snobwaarde moet he (Huisgenoot is nie goed
genoeg vir die mense wat De Kat lees nie). Die gevolg is dat daar veel
gefokus word in De Kat op "hoge" Kultuur.
Ten spyte van sy snobistiese houding is De Kat soms die moeite werd om
te lees omdat hulle dikwels stories oor boeke en skrywers het.
Die Afrikaanse skrywers het (literere "Establishment" ?) het nog altyd
prominent in die tydskrif verskyn.
Re: Geldmaak,verhale en De Kat [boodskap #6717 is 'n antwoord op boodskap #6714] Ma, 08 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leon Retief  is tans af-lyn  Leon Retief
Boodskappe: 28
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Gloudina vra:

>> Wat is DE KAT?

en kry die antwoord:

> "De Kat" is 'n pretensieuse glanstydskrif wat destyds begin is as 'n
> alternatief vir die engelse tydskrif "Style".

KNIP

> Ten spyte van sy snobistiese houding is De Kat soms die moeite werd om
> te lees omdat hulle dikwels stories oor boeke en skrywers het.
> Die Afrikaanse skrywers het (literere "Establishment" ?) het nog altyd
> prominent in die tydskrif verskyn.

Miskien is dit ook maar al wat die moeite werd is in hierdie tydskrif, en dan
ook maar net soms. Ek het ongeveer 18 maande gelede, na 'n baie
teleurstellende ondervinding met De Kat (wat aangee dat dit
"verantwoodelike joernalistiek" bedryf) opgehou om dit te koop, en sal dit
ook nie maklik weer doen nie.
Leon Retief
Bellville
Re: Geldmaak,verhale en De Kat [boodskap #6725 is 'n antwoord op boodskap #6714] Di, 09 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leon Retief  is tans af-lyn  Leon Retief
Boodskappe: 28
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Koos skryf:

> Moet ook se:
> De Kat het talle kere uiters goed geskryfde artikels.

Goed geskryf is een ding. Goed nagevors is 'n ander.

> Huisgenoot?.....wel...ja......
> Stel dit so: In die begin van die eeue het Huisgenoot Eugene Marais se
> Winternag gepubliseer.
> Vandag sal Huisgenoot dit NOOOOIT doen nie. Maar hy sal 'n berig OOR
> Marais publiseer!
> OP die voorblad sal dit pryk: Afrikaanse digter se dwelmhel! Foto's!

He-he-he! :-)
Leon Retief
Kaapstad
Re: Geldmaak,verhale en De Kat [boodskap #6736 is 'n antwoord op boodskap #6714] Wo, 10 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gys Dubbeld  is tans af-lyn  Gys Dubbeld
Boodskappe: 21
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article le...@iafrica.com (Leon Retief) writes:
> From: le...@iafrica.com (Leon Retief)
> Subject: Re: Geldmaak,verhale en De Kat
> Date: Tue, 9 Jul 1996 22:16:13

> Koos skryf:

>> Moet ook se:
>> De Kat het talle kere uiters goed geskryfde artikels.

> Goed geskryf is een ding. Goed nagevors is 'n ander.

>> Huisgenoot?.....wel...ja......
>> Stel dit so: In die begin van die eeue het Huisgenoot Eugene Marais se
>> Winternag gepubliseer.
>> Vandag sal Huisgenoot dit NOOOOIT doen nie. Maar hy sal 'n berig OOR
>> Marais publiseer!
>> OP die voorblad sal dit pryk: Afrikaanse digter se dwelmhel! Foto's!

> He-he-he! :-)
> Leon Retief
> Kaapstad

Help! Kan iemand nie 'n plan maak en "Die Suidafrikaan" terug bring nie.

Dit was nou werklik 'n tydskrif waarin 'n mens, meestal in Afrikaans, altyd
iets kon lees wat werklik die moeite werd was. Vir ongeveer nege jaar kon 'n
mens gereeld gretig vooruitsien na die volgende uitgawe... en toe skielik
was dit klaarpraat. Dit kon skynbaar nooit genoeg intekenare en advertensies
lok nie - die artikels het waarskynlik party mense te ongemaklik laat
voel - maar 'n mens kan jou taal en jou gemeenskap nie uitbou deur
altyd alle waarhede te ignoreer wat miskien ongemaklik is nie.

De Kat is nie werklik 'n plaasvervanger nie: Waar die Huisgenoot
oppervlakkig en sensationeel is, is De Kat pretensieus en dit probeer hard
om net so effens minder oppervlakkig te wees - maar albei is daarop gemik om
die leser "lekker gemaklik" en selftevrede te laat voel.

Gebrek aan betrokkenheid in die ou Suid-Afrika (Afrikaanssprekendes veral,
maar ook ander Blankes, het hul verstand toegemaak vir wat om hulle aangaan)
het amper op 'n ramp uitgeloop. Gebrek aan betrokkenheid by die nuwe Suid-
Afrika kan dieselfde doen.

Gys
Re: Geldmaak,verhale en De Kat [boodskap #6741 is 'n antwoord op boodskap #6714] Do, 11 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
dub...@admin.und.ac.za (Gys Dubbeld) wrote:
Re: Geldmaak en ander verhale en De Kat [boodskap #6742 is 'n antwoord op boodskap #6714] Do, 11 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
johanna rykheer wrote:

> Ivm De Kat sal Gloudina dalk ook wil weet waar die naam vandaan kom.
> As ek dit reg het, verwys dit na die beroemde De Kat, deel van die
> Kasteel in Kaapstad, wat 'n mens ook herinner aan lady Anne Barnard.
> Die tydskrif word ook in Kaapstad gepubliseer, en dit verskyn
> terloops maandeliks. Teen R8,40 is dit ook nie so peperduur nie,
> maar ek het weer hierdie maand s'n gekoop en die blad word darem nou
> baie dun.>>>

Ek is amper seker die hoofkantoor is in Johannesburg met net 'n
tak-kantoor in Kaapstad. So dit is in wese 'n Johannesburgse tydskrif.
Hy het ernstige probleme op die oomblik - soos vroeer gemeld in die
nuusgroep - en dit werk op die oog af nie baie goed in op die
personeel nie.
So dis dalk die einde van die enigste Afrikaanse tydskrif wat ten
minste kwaliteit PROBEER najaag het.

(....die Boere het Thatcher ontdek.....)
Re: Geldmaak en ander verhale en De Kat [boodskap #6743 is 'n antwoord op boodskap #6742] Do, 11 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanna rykheer  is tans af-lyn  johanna rykheer
Boodskappe: 16
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Junior Lid
Ivm De Kat sal Gloudina dalk ook wil weet waar die naam vandaan kom.
As ek dit reg het, verwys dit na die beroemde De Kat, deel van die
Kasteel in Kaapstad, wat 'n mens ook herinner aan lady Anne Barnard.
Die tydskrif word ook in Kaapstad gepubliseer, en dit verskyn
terloops maandeliks. Teen R8,40 is dit ook nie so peperduur nie,
maar ek het weer hierdie maand s'n gekoop en die blad word darem nou
baie dun.
Re: Geldmaak en ander verhale en De Kat [boodskap #6744 is 'n antwoord op boodskap #6742] Do, 11 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanna rykheer  is tans af-lyn  johanna rykheer
Boodskappe: 16
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Junior Lid
Ivm De Kat sal Gloudina dalk ook wil weet waar die naam vandaan kom.
As ek dit reg het, verwys dit na die beroemde De Kat, deel van die
Kasteel in Kaapstad, wat 'n mens ook herinner aan lady Anne Barnard.
Die tydskrif word ook in Kaapstad gepubliseer, en dit verskyn
terloops maandeliks. Teen R8,40 is dit ook nie so peperduur nie,
maar ek het weer hierdie maand s'n gekoop en die blad word darem nou
baie dun.
Re: Geldmaak en ander verhale en De Kat [boodskap #6745 is 'n antwoord op boodskap #6742] Do, 11 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanna rykheer  is tans af-lyn  johanna rykheer
Boodskappe: 16
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Junior Lid
Ivm De Kat sal Gloudina dalk ook wil weet waar die naam vandaan kom.
As ek dit reg het, verwys dit na die beroemde De Kat, deel van die
Kasteel in Kaapstad, wat 'n mens ook herinner aan lady Anne Barnard.
Die tydskrif word ook in Kaapstad gepubliseer, en dit verskyn
terloops maandeliks. Teen R8,40 is dit ook nie so peperduur nie,
maar ek het weer hierdie maand s'n gekoop en die blad word darem nou
baie dun.
Re: Geldmaak en ander verhale en De Kat [boodskap #6746 is 'n antwoord op boodskap #6742] Do, 11 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , ryk...@alpha.terranet.co.za says...
>
> Ivm De Kat sal Gloudina dalk ook wil weet waar die naam vandaan kom.
> As ek dit reg het, verwys dit na die beroemde De Kat, deel van die
> Kasteel in Kaapstad, wat 'n mens ook herinner aan lady Anne Barnard.
> Die tydskrif word ook in Kaapstad gepubliseer, en dit verskyn
> terloops maandeliks. Teen R8,40 is dit ook nie so peperduur nie,
> maar ek het weer hierdie maand s'n gekoop en die blad word darem nou
> baie dun.

Baie dankie vir die verklaring van die naam "De Kat."
Van die begin af het die naam my 'n bietjie gehinder. Ek
dink: die Afrikaners moet ophou so "cute" probeer wees.
Na 'n paar dae, begin ek wonder : staan die letters nie
vir iets anders nie - K (kultuur), A (Afrikaans) en T vir
Taal. Die "de" het my nog effens laat wonder.
Nou roep die naam vir my herinneringe op van die
kasteel, en van Lady Ann Barnard. Wanneer ek aan haar
dink, hoekom sien ek ook Kirstenbosch voor my. Is daar
'n konneksie?
Baie dankie ook dat jy die informasie drie keer gepos
het. Ek het toe drie keer aan Kirstenbosch gedink. Eerste
keer oor die heide daar. Die tweede keer : hoe Kirstenbosch
so teen die berg opstrek. Die derde keer het ek aan Generaal
Smuts gedink. Hier in Kanada word hy onthou as een van
die legendariese grondleggers van die Verenigde Volke.
Diefenbaker, die eerste minister van Kanada wat leiding ge-
neem het om SA uit die Gemenebes van Nasies uitgeskop
te kry in die vroeg sestigerjare, het altyd vertel dat hy die
eerste grondplan van die VVO gesien het op die agterkant
van Generaal Smuts se sigaretpakkie. Die grap is natuurlik
dat Generaal Smuts nooit gerook het nie, en is 'n perfekte
illustrasie van wat 'n ou jakkals Diefenbaker was!

Gloudina
Re: Geldmaak,verhale en De Kat [boodskap #6752 is 'n antwoord op boodskap #6714] Vr, 12 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Armando Pellencin[2]  is tans af-lyn  Armando Pellencin[2]
Boodskappe: 3
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Junior Lid
dub...@admin.und.ac.za (Gys Dubbeld) wrote:

> In article le...@iafrica.com (Leon Retief) writes:
>> From: le...@iafrica.com (Leon Retief)
>> Subject: Re: Geldmaak,verhale en De Kat
>> Date: Tue, 9 Jul 1996 22:16:13

>> Koos skryf:

>>> Moet ook se:
>>> De Kat het talle kere uiters goed geskryfde artikels.

>> Goed geskryf is een ding. Goed nagevors is 'n ander.

>>> Huisgenoot?.....wel...ja......
>>> Stel dit so: In die begin van die eeue het Huisgenoot Eugene Marais se
>>> Winternag gepubliseer.
>>> Vandag sal Huisgenoot dit NOOOOIT doen nie. Maar hy sal 'n berig OOR
>>> Marais publiseer!
>>> OP die voorblad sal dit pryk: Afrikaanse digter se dwelmhel! Foto's!

>> He-he-he! :-)
>> Leon Retief
>> Kaapstad

> Help! Kan iemand nie 'n plan maak en "Die Suidafrikaan" terug bring nie.
>
> Dit was nou werklik 'n tydskrif waarin 'n mens, meestal in Afrikaans, altyd
> iets kon lees wat werklik die moeite werd was. Vir ongeveer nege jaar kon 'n
> mens gereeld gretig vooruitsien na die volgende uitgawe... en toe skielik
> was dit klaarpraat. Dit kon skynbaar nooit genoeg intekenare en advertensies
> lok nie - die artikels het waarskynlik party mense te ongemaklik laat
> voel - maar 'n mens kan jou taal en jou gemeenskap nie uitbou deur
> altyd alle waarhede te ignoreer wat miskien ongemaklik is nie.

> De Kat is nie werklik 'n plaasvervanger nie: Waar die Huisgenoot
> oppervlakkig en sensationeel is, is De Kat pretensieus en dit probeer hard
> om net so effens minder oppervlakkig te wees - maar albei is daarop gemik om
> die leser "lekker gemaklik" en selftevrede te laat voel.

> Gebrek aan betrokkenheid in die ou Suid-Afrika (Afrikaanssprekendes veral,
> maar ook ander Blankes, het hul verstand toegemaak vir wat om hulle aangaan)
> het amper op 'n ramp uitgeloop. Gebrek aan betrokkenheid by die nuwe Suid-
> Afrika kan dieselfde doen.

> Gys
En gebrek aan verstand kan maak dat mens sulke loutere snert praat.
ALP
Re: Geldmaak en ander verhale en De Kat [boodskap #6753 is 'n antwoord op boodskap #6742] Vr, 12 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:

> Nou roep die naam vir my herinneringe op van die
> kasteel, en van Lady Ann Barnard. Wanneer ek aan haar
> dink, hoekom sien ek ook Kirstenbosch voor my. Is daar
> 'n konneksie?>>

Haar bad is nog daar in Kirstenbosch, onder 'n boom.
Re: Geldmaak en ander verhale en De Kat [boodskap #6754 is 'n antwoord op boodskap #6742] Vr, 12 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Vind die volgende gedig oor Lady Anne Barnard
in die Penguin Book of South African Verse. Dis
geskryf deur Anthony Delius. Hoop dis o.k. om 'n
Engelse gedig op die Afrikaanse nuusgroep te pos.

LADY ANNE BATHING

I have grown used to the retreat of seasons,
South-Easter, slow hail of different stars,
I can confront the threat of noosed horizons
Accept Napoleon's or another's wars

Are all my own, and no war has an end
Though evil changes sides. See, waters whiten
On the mountain face, whisper rage, descend
Till they step, pretty as a leopard's kitten

To fill my pool. In Town I dance my reel,
The Lady or the Poet, whatever is expected.
Existence caged in rooms or on parole
Will play the proper part that's to be acted.

The Burghers watch me from their placid lust
That has no naked eye. The officers
Dispense official gaiety, hate thrust
Away beneath the weeping chandeliers.

But dread of tame civility will grow,
Silk hiss against the flesh - until I flee
The twinkling clavichord and wine to show
My nakedness in hostage to a tree.

I stand here pale upon the mountain, dream
In panic at the bare baptismal step,
See water take my body without shame
And merge the shadow as the substance in its lap,

Wait poised above the sky within the shock,
The ecstasy caught in this cornered river,
And in exploding quiet watch the rock,
The tree, the peak and all beyond it shiver.

Anthony Delius was 'n jjoernalis. Het Suid-Afrika
in 1967 verlaat.

Gloudina Bouwer
Re: Geldmaak en ander verhale en De Kat [boodskap #6755 is 'n antwoord op boodskap #6742] Vr, 12 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Charl Durand  is tans af-lyn  Charl Durand
Boodskappe: 55
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Koos wrote:
> ie oog af nie baie goed in op die
> personeel nie.
> So dis dalk die einde van die enigste Afrikaanse tydskrif wat ten
> minste kwaliteit PROBEER najaag het.
> Maar wat dan van bitterkomix? daar's nou vir jou afrikana in wording. Ek
koop elke uitgawe en sit dit sorgvuldig weg saam met my vergeelde kopiee
van Die Brandwag, Patrys, Vonk en Stet. Ek blaai nou die dag weer deur
back copies van Stet, en dis interessant om te sien watter skrywers &
digter van die vroee tagtigs het voortgegaan om coffeetable boeke te
publiseer, en watter het, wel, in die suburbs in gefade, neem ek aan.

Weet iemand dalk wat gaan deesdae in die skrywersgilde aan? Bestaan
daardie twilight groepie nog? (maar hulle het darem lekker paarties
gegooi).

charl
Re: Geldmaak,verhale en De Kat [boodskap #6759 is 'n antwoord op boodskap #6714] Sa, 13 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
arm...@smartnet.co.za (Armando Pellencin) wrote:


ALP>>>[/color]

OK. Kom ons begin by die begin.
Les een: As jy se iemand praat snert, moet jy aandui wat dit is hy
gese het wat jy dink snert is.
Anders praat jy in die wind met die bome.
Re: Geldmaak en ander verhale en De Kat [boodskap #6780 is 'n antwoord op boodskap #6742] So, 14 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
arm...@smartnet.co.za (Armando Pellencin) wrote:
ALP>>>[/color]

Een verskil:
Die een tydskrif bied kortverhaal-wedstryde aan en gee pryse aan
werklike kwaliteit.
Die ander een bied Afrikaanse Mills and Boon aan om meer te kan
verkoop.

Die een tydskrif skryf 'n artikel oor Terror Lekota en probeer werklik
agter die storie kom: hoekom hou die Boere so baie van die ANC-man?
Wat is sy persoonlikheid? Wat laat hom tiek?
Die ander een skryf net oor die ANC as daar juicy stuff oor
martel-kampe te skryf is want die mense lees so lekker daaraan en dan
is die verkoop-syfers so hoog.
Die verskil is waarskynlik (vir my) dat kwaliteit met intelektualiteit
te doen het. En intellektuele is mense wat van IDEES hou. En eerlik en
met 'n mate van respek omgaan met daardie idees (of probeer).
Re: Geldmaak en ander verhale en De Kat [boodskap #6781 is 'n antwoord op boodskap #6742] So, 14 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanna rykheer  is tans af-lyn  johanna rykheer
Boodskappe: 16
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Junior Lid
Gloudina skryf:
Nou roep die naam vir my herinneringe op van die
> kasteel, en van Lady Ann Barnard. Wanneer ek aan haar
> dink, hoekom sien ek ook Kirstenbosch voor my. Is daar
> 'n konneksie?

Ja, lady Anne Barnard se poel is mos in Kirstenbosch. Maar
daardie gedig wat jy aangehaal het oor Lady Anne Bathing het
my laat lag want as dit in daardie poeletjie was wat sy gebad
het, is die hoge poe"sie hoogs onvanpas. En ek sien nie in
watter ander poel dit kan wees nie.
Johanna
Re: Geldmaak en ander verhale en De Kat [boodskap #6782 is 'n antwoord op boodskap #6742] So, 14 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanna rykheer  is tans af-lyn  johanna rykheer
Boodskappe: 16
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Junior Lid
Gloudina skryf:
Nou roep die naam vir my herinneringe op van die
> kasteel, en van Lady Ann Barnard. Wanneer ek aan haar
> dink, hoekom sien ek ook Kirstenbosch voor my. Is daar
> 'n konneksie?

Ja, lady Anne Barnard se poel is mos in Kirstenbosch. Maar
daardie gedig wat jy aangehaal het oor Lady Anne Bathing het
my laat lag want as dit in daardie poeletjie was wat sy gebad
het, is die hoge poe"sie hoogs onvanpas. En ek sien nie in
watter ander poel dit kan wees nie.
Johanna
Re: Geldmaak en ander verhale en De Kat [boodskap #6783 is 'n antwoord op boodskap #6742] So, 14 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Armando Pellencin[2]  is tans af-lyn  Armando Pellencin[2]
Boodskappe: 3
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Junior Lid
fe...@is.co.za (Koos) wrote:

> johanna rykheer wrote:

>> Ivm De Kat sal Gloudina dalk ook wil weet waar die naam vandaan kom.
>> As ek dit reg het, verwys dit na die beroemde De Kat, deel van die
>> Kasteel in Kaapstad, wat 'n mens ook herinner aan lady Anne Barnard.
>> Die tydskrif word ook in Kaapstad gepubliseer, en dit verskyn
>> terloops maandeliks. Teen R8,40 is dit ook nie so peperduur nie,
>> maar ek het weer hierdie maand s'n gekoop en die blad word darem nou
>> baie dun.>>>

> Ek is amper seker die hoofkantoor is in Johannesburg met net 'n
> tak-kantoor in Kaapstad. So dit is in wese 'n Johannesburgse tydskrif.
> Hy het ernstige probleme op die oomblik - soos vroeer gemeld in die
> nuusgroep - en dit werk op die oog af nie baie goed in op die
> personeel nie.
> So dis dalk die einde van die enigste Afrikaanse tydskrif wat ten
> minste kwaliteit PROBEER najaag het.

> (....die Boere het Thatcher ontdek.....)

Hang af wat 'n mens se definisie van "kwaliteit" is. As dit
glanspapier, with-it artikels, afrikaanses Afrikaans en so is, dan
stem ek nie saam nie. Vir my is kwaliteit dikwels verborge en moelik
om te ervaar deur die' wat dit nie gewoond is nie.
ALP
Re: Geldmaak en ander verhale en De Kat [boodskap #6791 is 'n antwoord op boodskap #6742] Ma, 15 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , fe...@is.co.za says...

>
> Die een tydskrif skryf 'n artikel oor Terror Lekota en probeer werklik
> agter die storie kom: hoekom hou die Boere so baie van die ANC-man?
> Wat is sy persoonlikheid? Wat laat hom tiek?
> Die ander een skryf net oor die ANC as daar juicy stuff oor
> martel-kampe te skryf is want die mense lees so lekker daaraan en dan
> is die verkoop-syfers so hoog.
> Die verskil is waarskynlik (vir my) dat kwaliteit met intelektualiteit
> te doen het. En intellektuele is mense wat van IDEES hou. En eerlik en
> met 'n mate van respek omgaan met daardie idees (of probeer).

Wie is TERROR LEKOTA en wat het De Kat van hom gese?

Gloudina Bouwer

>
Re: Geldmaak en ander verhale en De Kat [boodskap #6792 is 'n antwoord op boodskap #6742] Ma, 15 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , ryk...@alpha.terranet.co.za says...
>
>
> Gloudina skryf:
> Nou roep die naam vir my herinneringe op van die
>> kasteel, en van Lady Ann Barnard. Wanneer ek aan haar
>> dink, hoekom sien ek ook Kirstenbosch voor my. Is daar
>> 'n konneksie?
>
> Ja, lady Anne Barnard se poel is mos in Kirstenbosch. Maar
> daardie gedig wat jy aangehaal het oor Lady Anne Bathing het
> my laat lag want as dit in daardie poeletjie was wat sy gebad
> het, is die hoge poe"sie hoogs onvanpas. En ek sien nie in
> watter ander poel dit kan wees nie.
> Johanna

Miskien het sy nie in daardie poeletjie geswem nie.
Waaroor ek my egter bekommer, is die volgende:
Delius neem aan dat sy besig was om te "skinnydip."
(Wat is skinnydipping in Afrikaans?) Die Kasteel is
tog egter taamlik ver van Kirstenbosch af. Hoe het sy by
Kirstenbosch uitgekom? Iemand moes haar daarheen
geneem het. Slawe wat haar op 'n draagstoel gedra het?
En waar was hulle terwyl sy nakend geswem het?
Terwyl ons nou op die onderwerp van Kirstenbosch
is, lees ek die volgende in 'n boek: Linnaeus, Darwin
en andere het almal die Kaapse Blomkoninkryk beskou
as die grootste in die wereld. Daar is twee teoriee oor die
weelde van die Kaapse flora: (1) Dat Europese plante
suidwaarts gedwing is deur die aantog van yslae in die
laaste Yseeu. (2) Dat die flora die oorspronklike plante
van Gondwanaland verteenwoordig. (Australie het byvoor-
beeld tipes van proteas, wat beskou word as voorsate van
die Bolandse proteas.)
My boek se ook vir my dat die strelitzia die blom-
embleem van Los Angeles is. Strelitzias is egter nie Boland-
se blomme nie, dink ek. Meer en meer sien 'n mens proteas
en strelitzias in enige offisiele ruikers op televisie, in veral
die V.S.A.

Gloudina
Re: Geldmaak en ander verhale en De Kat [boodskap #6830 is 'n antwoord op boodskap #6742] Sa, 20 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:

>>

Patrick "Terror" Lekota is een van die gewildste leiers in die ANC.
Hy is ook tans die premier van die Vrystaat.
Hy was die UDF se skakelpersoon in die jare tagtig.
Die bynaam "Terror" kom uit sy dae as 'n sokker-speler.
Hy is 'n pragmatis met 'n charisme, praat Afrikaans vlot, kom van
Welkom of Kroonstad en was 'n kollega van Steve Biko.

De Kat het 'n onderhoud met hom gedoen (net na die 1994 verkiesing)
wat reguit en gebalanseerd was. Hulle het sonder bymotiewe probeer
weergee en verstaan wie en wat Lekota is.
'n Volwasse onderhoud.
'n Vars bries in Afrikaanse publikasies van daardie soort.

By the way, dit lyk of Tony O'Reily se groep De Kat en sy/haar
suster-tydskrifte gaan koop.
Vorige onderwerp: DIe Afrikaner: SAKP identifiseer joernaliste as agente
Volgende onderwerp: Re: Atlanta wys vir ons, hoe kitsch Amerika is.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 18:31:53 MGT 2024