Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oor I. D. du PLESSIS
Oor I. D. du PLESSIS [boodskap #6728] Di, 09 Julie 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
I.D. du Plessis, gebore in 1900, is 'n digter van die
Boland en van Bali. Somtyds weet 'n mens nie waar
die Boland ophou en Bali begin nie:
Bali se singende duiwe
Omsingel die maan in hul vlug
En hang, 'n tros donkerblou druiwe
Aan die hoe prieel van die lug.

Praat hy in die volgende van Bali of die Boland?
Ek wonder of jy soms, wanneer
Die wolke soos galjoene seil,
Dink aan die helder dae, toe ons
Kon loop deur songedrenkte lande?

Almal het natuurlik geweet, selfs in die ou dae toe
hy heelwaarskynlik twee Afrikanertaboes gebreek het
( die oorsteek van die rasseskeiding en die liefde vir
iemand wat nie van die teenoorgestelde geslag was nie)
dat I.D. du Plessis homoseksueel was. Almal het die
gedig geken waarin hy die vraag gevra het:

As ek my vreemde liefde bloot moes le,
Wat sou die vrome skenders van die skoonheid se?
....
.. sou 'n sprank van hierdie vuur wat in my gloei
Ook hulle aanraak, sodat hul verstaan
Die liefde neem 'n duisend vorme aan?

Du Plessis was 'n meesterlike skrywer van Ballades. Wie
kan "Rietfontein" vergeet, en "Kaalvoet Klonkie" en
"Katrina" en "Ballade van die Eensame Seeman." Ek
sluit egter met nog 'n liefdeslied, ongetwyfeld geskryf
met 'n gestorwe minnaar in gedagte:

Et Praeterea Nihil

Met skemering, toe die vinke by die vlei
Die lug deurweef het met hul helder geel,
Het ek net vir 'n oomblik my verbeel
Jy loop weer deur die riete saam met my;
Want alles was soos toe ons, sy aan sy,
Gehoor het hoe die windjie deur hul speel.
Ek wou die uur se vreugde met jou deel,
Ek wou by jou, wat voorgegaan het, bly.

Maar toe ek opkyk, het die donkerblou
Van nag se vleuels om die vlei gevou.
Asof hy heel sy lewe wou verdroom,
Was daar een reier wat nog roerloos staan;
En in die ragwerk van 'n wilkerboom
Die koue sekel van die wintermaan.

Een van die beste redes om te sorg dat Afrikaans nooit
as 'n taal struikel en ondergaan nie, is om die taal voort
te sit waarin I.D. du Plessis gedig het.

Gloudina Bouwer
Re: Oor I. D. du PLESSIS [boodskap #6729 is 'n antwoord op boodskap #6728] Di, 09 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskap
ber...  is tans af-lyn  ber...
Boodskappe: 13
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article iz...@igs.net (Izak Bouwer) writes:
> From: iz...@igs.net (Izak Bouwer)
> Subject: Oor I. D. du PLESSIS
> Date: 9 Jul 1996 00:29:07 GMT

> I.D. du Plessis, gebore in 1900, is 'n digter van die
> Boland en van Bali. Somtyds weet 'n mens nie waar
> die Boland ophou en Bali begin nie:
> Bali se singende duiwe
> Omsingel die maan in hul vlug
> En hang, 'n tros donkerblou druiwe
> Aan die hoe prieel van die lug.

> Praat hy in die volgende van Bali of die Boland?
> Ek wonder of jy soms, wanneer
> Die wolke soos galjoene seil,
> Dink aan die helder dae, toe ons
> Kon loop deur songedrenkte lande?

> Almal het natuurlik geweet, selfs in die ou dae toe
> hy heelwaarskynlik twee Afrikanertaboes gebreek het
> ( die oorsteek van die rasseskeiding en die liefde vir
> iemand wat nie van die teenoorgestelde geslag was nie)
> dat I.D. du Plessis homoseksueel was. Almal het die
> gedig geken waarin hy die vraag gevra het:

> As ek my vreemde liefde bloot moes le,
> Wat sou die vrome skenders van die skoonheid se?
> ....
> .. sou 'n sprank van hierdie vuur wat in my gloei
> Ook hulle aanraak, sodat hul verstaan
> Die liefde neem 'n duisend vorme aan?

I D Du Plessis is ook die skrywer van The Cape Malays wat die geskiedenis van
hierdie kleurryke klomp Kaapse mense weergee. Die Kaap se verskeidenheid en
kleurvolheid word seker die meeste deur die Kaapse Maleiers verteenwoordig wat
in die Kaap beland het as gevolg van Sjeg Yusuf se opstand teen die Hollanders
in Indonesiƫ. Die Sjeg se verbanning Kaap toe het die koms van die Maleise
slawe ingelui en is die oorsprong van so baie wat ons vandag as tipies Kaaps
(en Afrikaans) ken.
Vorige onderwerp: Bohaai oor Vetkoekpaleis
Volgende onderwerp: verkiesing en buitelandse politiek vervelig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 10:53:31 MGT 2024