Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Bohaai oor Vetkoekpaleis
Bohaai oor Vetkoekpaleis [boodskap #6724] Di, 09 Julie 1996 00:00
ber...  is tans af-lyn  ber...
Boodskappe: 13
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Hoor 'n vox-pops op Afrikaans Stereo (Radio Sonder Grense) oor die besware by
sommige meer reggetrekte Afrikaanssprekendes (en 'n paar anderstaliges) oor
Vetkoekpaleis wat kwansuis 'n verkeerde beeld van die Afrikaner skep (Absurd,
netso min is dit die doel van die reeks as wat ET 'n leier is 1% van alle
nugter/denkende Afrikaners).

Toevallig is dit die gewildste program op TV by sowel Afrikaans- as
Engelssprekendes. Tog wonderlik dat 'n Afrikaanse "sitcom" so gewild kan
wees. Dit op sigself is rede om fees te vier, maar nee, ons ou volkie vind
weer iets om oor skaam te wees. Vetkoekpaleis gee nie op dat dit die beeld
van die Afrikaner as volkie uitdra nie. Net dat dit goeie oorspronklike
vermaak is wat goed die spot dryf met sekere Afrikaanssprekendes, die nasie as
geheel in die nuwe SA en die regering ook daarby. As iemand daardeur skaam
raak is dit waarskynlik omdat die skoen pas. Ons kan tog leer om bietjie
volwassse te wees hieroor en vir onsself (of ten minste ons familie) te lag.
Vorige onderwerp: Re: Niki rivals greats like Cheryl Crow, Alanis Morissette, Allanna Miles,
Volgende onderwerp: Oor I. D. du PLESSIS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 05:39:47 MGT 2024