Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Boeremusiek/Kanada/De Kat
Boeremusiek/Kanada/De Kat [boodskap #6734] Wo, 10 Julie 1996 00:00 na volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Hier was onlangs 'n program op TV waarin Kanadese "boeremusiek"
CAJUN (die kultuur) of ZYDECO (die musiek) gespeel is.
Dit het my so baie aan boeremusiek herinner.
En dit is so lekker dat jou tone sommer sal opkrul.
Dit word gekenmerk deur 'n trekklavier ("accordion") en 'n "washboard".
Die "washboard" is 'n stuk blik met riffels waaroor ritmies
geskraap word. Dit word gespeel deur Ex-Kanadese-Frans-sprekende "Kreole".
Terloops: As ek dit nie mis het nie is daar een of ander
verbintenis tussen Nederlands+Afrika=Kreools (help my...?)

Nou wonder ek waar kom ons boeremusiek vandaan ?
Nederlands/Duits/Frans? (ons het 'n sterk Duits/Nederlandse
invloed van liedere - maar vanwaar boeremusiek?).
In die tydskrif "De Kat" is daar 'n interessante artikel oor
"(boere)Worsie Visser" wat sakkie-sakkie boeremusiek speel en
nou so gewild is. (Of is julle nog skaam vir ons kultuurmusiek?).
Dit is nou wat op skool spottend "Rock-around-the-Ossewa" genoem is.
(Lees ook die interessante artikel wat De Kat (..k?) oor
David Kramer gehad het)...

Die Zydeco musiekstyl is blykbaar vernuwe deurdat die jongklomp dit
met meer moderne musiek (rock?) gemeng het.
Nou wonder ek of boeremusiek ook so sal aanpas, of sterf ?
Ek het mondig geword met Pink Floyd, maar op my oudag waardeer ek
boeremusiek soos ek tevore geseg het. Ek onthou nog "Nico Carstens
en sy Boere-orkes" en die "Vastrap-wals" ens. as kind, maar toe het ek
nie belanggestel nie.
Snaaks hoe mens goed eers waardeer as jy daarvan verwyder is...

groete
Re: Boeremusiek/Kanada/De Kat [boodskap #6810 is 'n antwoord op boodskap #6734] Wo, 17 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: (Carl Schoeman)

gal...@ibm.net wrote:

> Hier was onlangs 'n program op TV waarin Kanadese "boeremusiek"
> CAJUN (die kultuur) of ZYDECO (die musiek) gespeel is.
knip-knip

ek antwoord:
Dat ek beslis nie skaam is vir boeremusiek nie,
dat ek net skaam is oor een ding, en dit is:
fw de klerk wat soos oompie doompie lyk !

Ek deel die rympie: (aangepas op oorspronklike)

anke spanke spinnekop
klim rats teen die wereld web
die vlam kom af en blaas hom weg
toe laat anke spanke spat
draadjies hier en draadjies daar
toe klim anke weer daar hoog.

-------------Carl Schoeman
Vorige onderwerp: Vlamingen in ZA
Volgende onderwerp: Probleme met engelse en amerikaners ?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 05:50:15 MGT 2024