Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Ek stel aan julle voor: 'n MOORDENAAR

Vr, 30 Augustus 1996 00:00

Laat ek julle voorstel aan Eugene De Kock (nou deur die hof skuldig
bevind aan moord):

"APARTHEID KILLER..."
======================
"Witnesses and evidence implicated his team in gruesome series of
covert crimes, including bombing, poisoning, torturing and burning
to death of anti-apartheid activists in South Africa and abroad.

He led a ruthless hit-squad based at Vlakplaas, near Pretoria,
which targeted opponents of apartheid.

De Kock's speciality was using torture, blackmail or other means
to persuade captured black guerillas from the ANC to work for him.

By the time he was arrested early in 1994, he had eight passports
and had deposited big sums of money in offshore banks. FW De Klerk's
government contributed to De Kock's wealth with a golden handshake
of about $336000 in 1993."

West-Australian - 28/8/1996

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Oor die geskiedenis van die Kakamas-nedersetting

Vr, 30 Augustus 1996 00:00

Wanneer ek terugdink aan die eilande van die
Oranje waar ek grootgeword het, wonder ek dikwels
oor hoe daardie eilande gelyk het voor die witman
daar aangekom het. Het die Eynikwa (of Riviervolk)
permanent op die eilande gebly? Hoe het hulle die
somtyds breed en altyd gevaarlike strome oorgesteek
sonder die brue wat ek in my kinderdae daar gevind
het? Hoe het die eilande daar uitgesien voordat die
witman dit oorgeneem het en al die bome uitgehaal
het om plek te maak vir die lande en kanale wat daar
vandag is?
In 1896 en 1897 was daar 'n verskriklike droogte
in die Noordkaap, gevolg deur die runderpes. Om die
mense te help wat heeltemal uitgeboer was, het die N.G.
Kerk besluit om op sommige van die eilande van die
Oranje 'n besproeiingskema te stig. Mense het uit alle
oorde aangestroom. Hulle is grond gegee teen nominale
pryse, op voorwaarde dat hulle ook help met die verwy-
dering van die bome, en die graaf van die kanale wat die
volop water van die Oranje op die lande sou bring. Wat
die Eynikwa van hierdie dinge gedink het, is seker nooit
ten boek gestel nie.
Die besproeiingskema was 'n reuse-sukses. Op die
vrugbare eilandgrond kon 'n mens bykans enige ding
plant en dit het floreer. Baie het, soos my pa, sultana-
wingerde gehad waar hulle rosyntjies gemaak het. Hulle het
altyd gejuig as dit 'n slegte jaar in Australia was vir rosyn-
tjies, want dan het hulle geweet die pryse vir hulle eie pro-
duk sou hoog wees daardie jaar.
Die N.G. Kerk het die Kakamas nedersetting beskou as
'n sosiale eksperiment, 'n kruis tussen kommunisme en 'n
diktatorskap. Geen boer was toegelaat om meer as een "erf"
te besit nie. Die kerkwinkels het die monopolie gehad vir alle
verkope. Geen hotelle en geen alkohol is toegelaat nie. Alle
besluite is geneem deur die Sinode van die N.G. Kerk. Meeste
van die dorpies het geheet na die lede van die Hoofkommissie,
daardie predikante wat belas was met sake van die skema. Dit
is ook interessant om te weet dat Kakamas die eerste plek in
Suidelike Afrika was waar onderwys verpligtend gemaak is.
Vir wit kinders natuurlik. Die afstammelinge van die Eynikwa
het 'n integrale deel van die intensiewe boerdery geword wat
op so 'n besproeiingskema aangaan. Maar hulle was gehuisves
in die riete op rivierwalle, of in "kroeke" in die heuwels buite
die dorpies wat na predikante vernoem was.
Eintlik was dit 'n bietjie van 'n wit paradys. Maar stadig
het 'n slang in die gras sy kop begin uitsteek. Veral na 1945
het meer en meer mense begin agiteer dat die koloniste self
meer van 'n aandeel moet he in hoe die plek regeer word.
Eers het die N.G. Kerk geweier om gehoor te gee. Later het hul
ingegee en drie koloniste uitgekies om op die "Hoofkommissie"
te dien. (My pa was een van die drie.) Hierdie konsessie het
nie eintlik gehelp nie. Die agitasie het aangegaan. Dit was be-
spreek in die Parlement. Meer en meer konsessies is toegestaan.
Ek neem aan daar is nou hotelle en drank daar op Kakamas.
Ek wonder of die mense daar nou gelukkiger is.
Ek wonder ook hoe dit lyk daar op die eilande van die
Oranje in die nuwe bedeling. As ek een wens kan kry, is dat
die nasate van die Eynikwa ook nou toegelaat moet word om
grond daar te besit, te deel in die eilandparadys waaruit hulle
so onregverdiglik uitgedryf is in die laaste eeu.

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Ek stel aan julle voor: TWEE VERRAAIERS

Vr, 30 Augustus 1996 00:00

VERRAIER No 1
==============
Ek lees Mnr Trevor Manuel, Minister van Finansies,
het gedurende 'n rugbywedstryd tussen die Springbokke en die All Blacks
luidkeels sy steun vir die All Blacks betuig. Met die laaste 2 doele
van die All Blacks het hy blykbaar op en af gespring.
'n Toeskouer het hom gevra waarom hy nie die Bokke ondersteun nie.
Hy het geantwoord dat hy nie 'n wit Suid Afrikaner is nie en
"dit maak 'n groot verskil".

Ek kan nie help om te dink watter groot indruk dit gemaak het toe
Nelson Mandela met die Rugby Wereldbeker die Bokke kom ondersteun
het nie. Hoe mooi dit nie was as teken van welwillendheid nie en
hoe lank die mense daaroor gepraat het nie.

Maar Trevor Manuel is nie daarin geintereseerd om die hand uit te steek
in 'n nuwe Suid Afrika nie. Hy wil nie 'n voorbeeld stel nie.
Hy stel nie daarin belang om sy wrokke privaat te hou nie.
Inteendeel, hy bring sy ou wrokke en stal dit uit.
Hy is 'n rassistiese poephol, en ek het my respek vir hom verloor.

VERRAAIER No 2
==============
and...@aztec.co.za (Andries du Toit) het 'n ruk gelede oor
Mark Behr geskryf:

> het hy op een of ander digterkonferensie voor almal gebieg
> dat hy die hele tyd lank eintlik 'n polisie-informant was.
> Die etter.
> Wag net: hy bring seer sekerlik een van die dae 'n boek oor sy
> sielswroeginge as 'n piemper. Die stank van vrot perskes?

Ek stem saam. En daar was baie ouens soos hy.
Studentjies op universiteite wat gespioeneer het op hul mede-studente
teen betaling. Want almal wat mos nie vir die Nasionale Party gestem
het nie was 'n "kommunis/linkse radikale" en moes ondermyn word.
Hierdie misrabele idiote het gedink het hulle is James Bond
en doen die land 'n guns. Wat allerhande vuiligheidspeletjies gespeel
het op die kampusse en dan 'n kloppie op die skouer gekry het daarvoor,
en 'n geldjie in die sak (vir 'n motortjie of so).
Ek hoop julle vet braai uit. Julle is laer as slangkak op die bodem van
die see.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Ek stel aan julle voor: TWEE VERRAAIERS

Vr, 30 Augustus 1996 00:00

gal...@ibm.net wrote:
>
> Ek stem saam. En daar was baie ouens soos hy.
> Studentjies op universiteite wat gespioeneer het op hul mede-studente
> teen betaling. Want almal wat mos nie vir die Nasionale Party gestem

Ek weet nou nie van die betaling nie, maar die spioenasie was daar.
Die beste was dat hierdie ouens nie so uitgeslape was soos hulle
gedink het nie. Ek onthou nog van 'n vriend wat so pas terug gekom het
van Europa. Hy was ook vir 'n dag lank in Oos Duitsland. Met sy
terugkoms vind hy 'n versteekte mikrofoon binne in sy rekenaar.
Die spioene wou graag iets he^ om te vertel...

--
============================================================ ===========
Theo Scott, http://www.advantage.co.za/~scotty
Department Computer Science, http://www.puk.ac.za/rkwdocs/eindex.html
Potchefstroom University, http://www.puk.ac.za
Key fingerprint = F1 75 66 EA 3B 9A AD 24 C2 1D 3B 6D 7A C3 0E 81
PGP key by finger service: finger rkw...@pukrs8.puk.ac.za

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Oor mielies, perskes en nog meer.

Wo, 28 Augustus 1996 00:00

Toe ek taamlik lank gelede in Kanada kom
woon het, het ek opgemerk dat die mielies geel is.
Ek het aanvanklik gepraat van die feit dat hulle
mielies hier anders is. Toe vra hulle my hoe dit in
S.A. lyk. Toe ek vir hulle vertel die mielies is wit,
toe kyk hulle my snaaks aan. (Seker gedink wit
mense uit die rassistiese Suid-Afrika kla selfs as
hulle mielies nie wit is nie.)
Nou omtrent vyf ses jaar gelede kom hier 'n nuwe
mielie op die mark. Hulle noem dit "peaches and
cream." En siedaar, tussen die geel pitte is daar die
ivooragtige wit en sagter pitte waaraan ek gewoond
was in SA. En met elke jaar wat verbygaan, is daar
meer wit en minder geel pitte. Vanjaar merk ek op
hulle noem dit nie eens meer "peaches and cream"
nie.( Hier noem hulle mielies natuurlik "corn.")
Ons is nou in die heerlike periode wanneer al die
lokale groente en vrugte in oormaat in die winkels en
marke is. Vir omtrent 'n maand is alles goedkoper en
heerlik vars. Teen die middel van Oktober, wanneer
ons "Thanksgiving" vier, is die oorvloed ongeveer oor.
(Die Amerikaners se Thanksgiving is eers aan die einde
van November.)
Ons eet selfs ons eie Kanadese perskes. Hulle kom
van die Niagara Peninsula. Dis 'n deel van Ontario wat
baie meer suid is as die res van Kanada. Dit word ook
beskerm deur die "Niagara Escarpment" (laerige heuwels
wat die Niagara Valle moontlik maak, wanneer 'n rivier
daaroor vloei.) In die Niagara Peninsula is daar ook uit-
gestrekte wingerde. Hulle maak daar wyn. Lank gelede
het selfs Kanadese (wat nou nie eintlik wynkenners is nie)
hul neuse opgetrek vir die Kanadese wyn. Maar in die
afgelope dekades het mense uit Europa baie goeie wyne
daar begin produseer. Hulle maak daar ook "yswyn." Hul
laat die druiwe in die land staan, en pluk dit eers wanneer
dit alreeds daarop gesneeu het. Die wyn is dan glo baie
soet. Maar dit is baie duur en ek het nog nie daarvan geproe
nie. As ons wyn wil drink, koop ons Bolandse wyne.

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Goud

Wo, 28 Augustus 1996 00:00

Hi,
Die een kan ek nie laat verby gaan nie.
Nou die dag word my ma deur 'n manspersoon genader met 2 goue oorbelle
(nogal 24 karaat oorgeblaas) wat hy wil verkoop.
My ma se toe nee, dit lyk vir haar asof die goed al gedra is, waarop die
persoon antwoord: My broer het dit self by (bekende kettingwinkel)
gesteel en dis nog nooit gedra nie!
HAHAHA!
Groetnis
Len

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

JPG Viewer...

Wo, 28 Augustus 1996 00:00

Kan iemand vir my asseblief sê waar ek kan 'n JPG Viewer op die WWW vind?
Baie Dankie,

Groete, Andrew.

--------------------------------------SPRINGBOKS RULE THE WORLD-------
) /
ANDREW HARWOOD .oooO (_/
Environmental Engineering ( )
Carleton University \ (
\_) Oooo.
Email: ahar...@chat.carleton.ca ( )
OR har...@engsoc.carleton.ca ) /
Postal: 7 Weatherwood Cres.; Nepean, .oooO (_/
Ontario; K2E 7C5; Canada ( )
\ (
-------------------------------------WALKING OVER THE COMPETITION-----

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Misdaad, bendes ens - hiers die oplossing!

Ma, 26 Augustus 1996 00:00

Julle skryf oor misdaad en bendes ens.

Lou het 'n goeie analise gehad oor misdaad ens.
Sien: (Re: SA se beeld -lour...@hipsys.co.za )

Hiers my bydrae:

Die probleem:
1)Daar is 'n verskriklike klomp mense wat nie werk het nie,
hulle begeef hulle in armoede in krotbuurte en wend hul tot misdaad
en diefstal. (Misdaad is nou verbonde aan sosio-ekonomiese toestande).
2) Daar is 'n persentasie misdadigers wat geen salf aan te smeer is nie
en eenvoudig moor en verkrag of geldmaak uit misdaad.

Ek stel 'n ideologie voor wat vry is van politiek:
"in die sweet van jou aangesig sal jy jou brood verdien".

Skep werk en hou mense van die strate af: Laat mense op groente en vrugte
plant op staatsplase, huise bou ens.
Leer hulle en kyk na hul gesondheid. Hou op om onderwysers en verpleegsters
te onstlaan. Dan het niemand mos 'n verskoning vir misdaad nie.
As kinders stokkies draai op skool, trek hulle velle van hul gat af met
'n lat. As mense te lui is, staan agter hulle met 'n sweep.
As daar nie geld is nie kan mense sodoende ten
minste hul omstandighede verbeter en hul eie kos verbou.
As mense nog in misdaad volhard - geen genade nie. Werk hul gal.
Sterk die polisie se hand daarin.
Behandel almal dieselfde, - geen diskriminasie nie.
As mense hulle gatte af werk het hul dalk minder tyd om oor allerhande
nonsens te baklei.

Ek weet baie van julle dink dalk dis 'n despotiese oplossing,
en ek weet dis nie polities korrek nie, maar as jy 'n beter idee het om
armoede en misdaad te bekamp, maak oop jou mond.

Groete

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Gedigte van ELIZABETH EYBERS

Ma, 26 Augustus 1996 00:00

Onlangs bring gaste uit Suid-Afrika vir ons
Elizabeth Eybers se bundel TYDVERDRYF
PASTIME.

Ek het dit gretig oopgemaak. Elizabeth Eybers
was nog altyd vir my 'n digter van dieselfde
kwaliteit as ten minste 'n N.P. van Wyk Louw,
veral omdat sy gedigte in sonnetvorm so mees-
terlik kon hanteer.

Hierdie klein bundeltjie bevat egter net kort
stukkies in Afrikaans, met 'n Engelse vertaling
deur die skryfster daarby. In baie gevalle lees die
Engelse gedig (wat ook rym) vlotter as die Afri-
kaanse tweeling-gedig. Mens wonder dus of sy
miskien die Engelse vers eerste geskryf het, en dit
toe daarna vertaal het. In baie gevalle is die gees
van die woorde ook effens vernederlands. Dit is
natuurlik nie snaaks nie. Elizabeth Eybers bly nou
al baie lank in Nederland. Hier volg 'n paar van
die beste gediggies in die bundel.

MENSE EN BOEKE

Ek wat van mense hou
raak ondanks klimmende jare
af en toe ligtelik verlief
- gelukkig ongeldig weens geen
behoefte om hardop te bieg.

Ek merk ook op dat my vermoeë
vir die laaste noodsaaklike taak
om 'n bouval tot tuiste te maak
in werking bly wanneer, alleen,
omsigtig en ingetoë,
ek weder-waardigheid verg
uit die oorvloed in skrif opgeberg.

KENNIS

Jy ken God kragtens jou onwetendheid,
Hy dank sy almag aan jou onvermoeë,
jy leer, geleidelik opgelug, dat Hy
nie iets of iemand is om aan te glo
maar te ervaar: uiteindelik mededoë
met deelgenote in sy werklikheid,
die Kans wat ons dwarsdeur die doolhof lei
en later elkeen om die beurt bevry.

METODE

Jy strooi 'n handvol woorde op papier
en gaan na bed.
Wanneer jy wakker word moet jy ontdek
of hulle in noodgeval kan tierelier
en elke woord afwagtend op sy plek
'n onweerlegbare afspraak het
met wat jy vrees, verdra of vier.

Hierdie bundel is uitgegee deur Human en
Rousseau.

Gloudina Bouwer

Prosa & poësie | 0 kommentare

NUWE KINDER ID BESKERMING LEES HIER....

Ma, 26 Augustus 1996 00:00

Bykans daagliks lees ons in die koerante,sien ons op Tv of hoor ons op die
radio van vermiste kinders,pedofiel bedrywighede,molestering,ongelukke
ens.Dag na dag word die druk op ons om ons kinders te beveilig
meer,misdaad neem toe, en vrye beweging op straat word meer van 'n
risiko.'n Unieke projek word tans van stapel gestuur wat van onsttende
waarde is vir beskerming van u kinders en wat ingeval van nood letterlik u
kind se lewe kan red.Die
kern van die projek is 'n unieke identiteits kaartjie met u kind se foto
op plus alle noodsaaklike inligting soos adres,kontak tel.nommers,mediese
inligting ens.In die geval van kleuters kan die kaartjie aan die binnekant
van die klere vasgeknyp word en ouer kinders kan dit binne in
'n sak vasknip.Die kaartjie is verbind met 'n beloning stelsel wat hom
opsigtelik maak en aansporing sal gee tot vinnige aanmelding indien gevind
word.Die kaart nommer is verbind met 'n data basis wat op 'n sentrale
rekenaar gehou word met alle verwante besonderhede.Die sentrale rekenaar
weer is verbind met die Internet waarop die Suid Afrikaanse Polisie Kinder
Eenheid 'n elektroniese blad beheer vir inligting i.v.m. vermiste
kinders.Die polisie het direkte toegang tot die sentrale data basis en in
geval van 'n noodsituasie kan 'n volkleur foto met alle nood besonderhede
letterlik binne minute dwarsdeur die land versprei word.In geval van 'n
ongeluk waarna u kind nie instaat is om te praat nie kan die mediese
inligting asook identiteit binne sekondes met slegs 'n tel. oproep verkry
word.Al bogenoemde en nog meer voordele vir slegs R15-00. Indien u
belangstel in meer inligting stuur asb. e-pos aan
log...@ilink.nis.za
waarop u naam en adres verskyn.Ons sal die volle besonderhede aan u pos
sonder enige verpligtinge.
KAN U BEKOSTIG OM DIE GELLENTHEID TE IGNOREER?
WAT IS R15-00 2 LITER MELK,1 BROOD EN 1 PAKKIE SIGARETTE.!
KONTAK ONS NOU !

--
E-MAIL...@ilink.nis.za
South Africa
*BROWN BEAR*

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1597  1598  1599  1600  1601  1602  1603  1604  1605  1606  1607  1608  1609  1610  1611  1612    »]
Tyd nou: Ma Okt 07 03:20:36 MGT 2024