Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Misdaad, bendes ens - hiers die oplossing!
Misdaad, bendes ens - hiers die oplossing! [boodskap #7126] Ma, 26 Augustus 1996 00:00
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Julle skryf oor misdaad en bendes ens.

Lou het 'n goeie analise gehad oor misdaad ens.
Sien: (Re: SA se beeld -lour...@hipsys.co.za )

Hiers my bydrae:

Die probleem:
1)Daar is 'n verskriklike klomp mense wat nie werk het nie,
hulle begeef hulle in armoede in krotbuurte en wend hul tot misdaad
en diefstal. (Misdaad is nou verbonde aan sosio-ekonomiese toestande).
2) Daar is 'n persentasie misdadigers wat geen salf aan te smeer is nie
en eenvoudig moor en verkrag of geldmaak uit misdaad.

Ek stel 'n ideologie voor wat vry is van politiek:
"in die sweet van jou aangesig sal jy jou brood verdien".

Skep werk en hou mense van die strate af: Laat mense op groente en vrugte
plant op staatsplase, huise bou ens.
Leer hulle en kyk na hul gesondheid. Hou op om onderwysers en verpleegsters
te onstlaan. Dan het niemand mos 'n verskoning vir misdaad nie.
As kinders stokkies draai op skool, trek hulle velle van hul gat af met
'n lat. As mense te lui is, staan agter hulle met 'n sweep.
As daar nie geld is nie kan mense sodoende ten
minste hul omstandighede verbeter en hul eie kos verbou.
As mense nog in misdaad volhard - geen genade nie. Werk hul gal.
Sterk die polisie se hand daarin.
Behandel almal dieselfde, - geen diskriminasie nie.
As mense hulle gatte af werk het hul dalk minder tyd om oor allerhande
nonsens te baklei.

Ek weet baie van julle dink dalk dis 'n despotiese oplossing,
en ek weet dis nie polities korrek nie, maar as jy 'n beter idee het om
armoede en misdaad te bekamp, maak oop jou mond.

Groete
Vorige onderwerp: NUWE KINDER ID BESKERMING LEES HIER....
Volgende onderwerp: PAGAD is net nog n BENDE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 12:40:23 MGT 2024