Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Aan)  | Onbeantwoorde boodskappe (Af)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: sekstet
sekstet [boodskap #145342] Sa, 25 Mei 2024 10:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19085
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sekstet
Afbreking: seks•tet


Selfstandige naamwoord: sekstet
Meervoud: sekstette

Betekenis:
• 'n Vers met 6 reëls (soos die laaste 6 reëls van 'n sonnet).
• 'n Musiekstuk vir ses persone, of die mense was so 'n musiekstuk uitvoer.

Gebruik:
• Strofe drie van die gedig is 'n sekstet.

Verwant:
• koeplet
• kwatryn
• oktaaf
• sonnet
• tersine

Vertaling:
Engels: sextet
Nederlands: sextet

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: naasbestaande
naasbestaande [boodskap #145343] Sa, 25 Mei 2024 10:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19085
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
naasbestaande
Afbreking: naas•be•staan•de
Samestelling: naas + bestaan + -de


Selfstandige naamwoord: naasbestaande
Meervoud: naasbestaandes

Betekenis:
• 'n Familielid of bloedverwant.

Gebruik:
• Die oorledene se naasbestaandes is nog nie ingelig nie.

Sinonimie:
• bloedverwant
• familielid
• gesinslid
• huisgenoot

Afkorting:
• naasb.

Vertaling:
Engels: next-of-kin, close relative
Nederlands: naastbestaande

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: adjudantoffisier
adjudantoffisier [boodskap #145344] Sa, 25 Mei 2024 11:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19085
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
adjudantoffisier
Afbreking: ad•ju•dant-of•fi•sier
Samestelling: adjudant + offisier


Selfstandige naamwoord: adjudantoffisier
Meervoud: adjudantoffisiere
Verkleinwoord: adjudantoffisiertjie
Meervoud van verkleining: adjudantoffisiertjies

Betekenis:
• 'n Onderoffisier, in rang tussen 'n sersant en 'n luitenant.

Gebruik:
• Die adjudantoffisier is tot luitenant bevorder.

Wisselvorm:
• adjudant-offisier

Afgelei:
• speur-adjudantoffisier

Afkorting:
• adj.off.
• ao.
• AO

Vertaling:
Engels: warrant officer
Nederlands: onderofficier

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: pleegkind
pleegkind [boodskap #145345] Sa, 25 Mei 2024 17:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19085
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
pleegkind
Afbreking: pleeg•kind
Samestelling: pleeg + kind


Selfstandige naamwoord: pleegkind
Meervoud: pleegkinders
Verkleinwoord: pleegkindjie
Meervoud van verkleining: pleegkindjies

Betekenis:
• 'n Aangenome kind; kind wat deur pleegouers as hulle eie grootgemaak en opgevoed word.

Gebruik:
• 'n Pleegkind kan op 18 jaar self oor sy eie toekoms besluit.

Antoniem:
• pleegouer

Afgelei:
• pleegkindtoelaag

Vertaling:
Engels: foster-child
Nederlands: pleegkind

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: danskompetisie
danskompetisie [boodskap #145346] Sa, 25 Mei 2024 17:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19085
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
danskompetisie
Afbreking: dans•kom•pe•ti•sie
Samestelling: dans + kompetisie


Selfstandige naamwoord: danskompetisie
Meervoud: danskompetisies

Betekenis:
• Kompetisie waar die beste dansers aangewys word.

Gebruik:
• Hulle oefen vir die danskompetisie.

Sinoniem:
• danswedstryd

Vertaling:
Engels: dance competition, dance contest
Nederlands: danswedstrijd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: rugbytoer
rugbytoer [boodskap #145347] Sa, 25 Mei 2024 17:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19085
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
rugbytoer
Afbreking: rug•by•toer
Samestelling: rugby + toer


Selfstandige naamwoord: rugbytoer
Meervoud: rugbytoere
Verkleinwoord: rugbytoertjie
Meervoud van verkleining: rugbytoertjies

Betekenis:
• 'n Toer/reis na ander rugbyklubs om teen hulle rugby te speel.

Gebruik:
• William wil graag op die skool se rugbytoer gaan, maar daar is nie genoeg geld nie.

Vertaling:
Engels: rugby tour
Nederlands: rugbytour

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: rugbykeurder
rugbykeurder [boodskap #145348] Sa, 25 Mei 2024 18:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19085
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
rugbykeurder
Afbreking: rug•by•keur•der
Samestelling: rugby + keurder


Selfstandige naamwoord: rugbykeurder
Meervoud: rugbykeurders

Betekenis:
• Persoon wat kyk watter rugbyspelers op vorm is en die beste speel.

Gebruik:
• Hoewel Arendse se talent van kleintyd af duidelik sigbaar was, het rugbykeurders hom aanvanklik heeltemal misgekyk.

Vertaling:
Engels: rugby selector
Nederlands: rugby-kiezer

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kleintyd
kleintyd [boodskap #145349] Sa, 25 Mei 2024 18:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19085
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kleintyd
Afbreking: klein•tyd
Samestelling: klein + tyd


Selfstandige naamwoord: kleintyd
Meervoud:

Betekenis:
• Die tyd waartydens iemand klein ('n kind) is.

Gebruik:
• Arendse was van kleintyd af 'n kranige rugbyspeler.

Sinoniem:
• grootwordjare
• jeugjare
• jeugtyd
• kinderdae
• kinderjare
• kindertyd
• kindsbeen

Vertaling:
Engels: childhood, infancy
Nederlands: kindertijd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kranig
kranig [boodskap #145350] Sa, 25 Mei 2024 18:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19085
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kranig
Afbreking: kra•nig


Byvoeglike naamwoord: kranig
Vergrotende trap: kraniger
Oortreffende trap: kranigste
Attributief: kranige

Betekenis:
• Wat iets graag en met algehele toewyding doen.

Gebruik:
• Sy het kranig aan die kompetisie deelgeneem.
• Hy is 'n kranige tennisspeler.

Sinoniem:
• entoesiasties
• flink
• fluks
• knap
• puik
• sterk
• uitmuntend
• ywerig

Afgelei:
• kranigheid

Vertaling:
Engels: keen, eager, strong, valiant
Nederlands: kranig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: staatstoelaag
staatstoelaag [boodskap #145351] Sa, 25 Mei 2024 19:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19085
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
staatstoelaag
Afbreking: staats•toe•laag
Samestelling: staat + -s- + toelaag


Selfstandige naamwoord: staatstoelaag
Meervoud: staatstoelae
Verkleinwoord: staatstoelagie
Meervoud van verkleining: staatstoelagies

Betekenis:
• 'n Toelaag wat deur die staat betaal word.

Gebruik:
• As jy nie geld vir jou oudag wegsit nie, sal jy op 'n karige staatstoelaag moet uitkom.

Vertaling:
Engels: government allowance, state grant
Nederlands: overheidssubsidie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Forum: Humor & grappe
 Onderwerp: Koos se laaitie sukkel met sy huiswerk
Koos se laaitie sukkel met sy huiswerk [boodskap #145352] Sa, 25 Mei 2024 20:09
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 516
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Koos se laaitie sukkel met sy huiswerk.

"Pa" vra hy, "Wat is die verskil tussen ‘kwaad’ en ‘woedend’?"
"Kom ek wys jou" sê Koos. Hy tel die telefoon op en druk sommer 'n paar nommers.
"Hallo," antwoord 'n stem aan die ander kant.
"Hallo," sê Koos, "Is Johannes daar?"
"Nee," antwoord die stem aan die ander kant. "Ek stel voor u gaan u nommer na."
"Sien jy," sê Koos vir sy seun. "Daai oom is glad nie in sy noppies met my nie. Hou dop wat nou gebeur." Koos skakel weer dieselfde nommer.
"Hallo, is Johannes daar?"
"Luister hier," antwoord die man vies." "Ek het mos gesê hier is nie 'n Johannes nie! Hoe durf jy weer die nommer bel!"
"Het jy dit gehoor?" vra Koos vir sy laaitie. "Dit was ‘kwaad’. Nou gaan ek jou wys hoe lyk woedend."
Koos skakel weer die nommer.
Toe die man antwoord sê Koos: "Hallo! Dis Johannes hier. Was daar enige oproepe vir my?
 Onderwerp: Die storie van 'n voëltjie, 'n koei en 'n kat
Die storie van 'n voëltjie, 'n koei en 'n kat [boodskap #145353] Sa, 25 Mei 2024 20:31
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 516
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
'n Klein voëltjie verdwaal in die koue en val uitgeput op die grond neer. Dis yskoud en die voëltjie dink dis sekerlik die einde.

Net toe loop 'n koei verby en skyt op die voëltjie. Die voëltjie dink, wat kan dan nog erger, maar die warm mis ontvries die voëltjie en hy begin beter voel.

'n Kat wat verbyloop hoor die voëltjie en grou hom uit. Die voëltjie dink hy is gered en raak so opgewonde dat hy onbeheers begin tjirp en sing. Net daar gryp die kat die voëltjie en vreet hom op.

Die moraal van die storie:
1. Nie almal wat op jou kop skyt is jou vyand nie.
2. Nie almal wat jou uit die stront kry is jou vriend nie.
3. As jy in die gemors is, hou jou snater toe.



Tyd nou: So Mei 26 05:44:26 MGT 2024