Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sekstet
sekstet [boodskap #145342] Sa, 25 Mei 2024 10:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19326
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sekstet
Afbreking: seks•tet


Selfstandige naamwoord: sekstet
Meervoud: sekstette

Betekenis:
• 'n Vers met ses reëls (soos die laaste 6 reëls van 'n sonnet).
• 'n Musiekstuk vir ses persone, of die mense was so 'n musiekstuk uitvoer.
• 'n Groepering van ses dinge of persone.

Gebruik:
• Strofe drie van die gedig is 'n sekstet.
• Die sekstet in C-majeur is 'n asemrowende werk vir die ongewone kombinasie van viool, altviool, tjello, Franse horing, klarinet en klavier.
• Seyfert se Sekstet is 'n groep sterrestelsels wat deur swaartekrag bymekaar gehou word.

Wisselvorm:
• sestet

Verwant:
• koeplet
• kwatryn
• oktaaf
• sonnet
• tersine

Vertaling:
Engels: sextet
Nederlands: sextet

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: minusteken
Volgende onderwerp: naasbestaande
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 07:56:46 MGT 2024