Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Hou op om weg te kyk van dié moorde

So., 17 Januarie 2010 15:52

Hou op om weg te kyk van dié moorde

deur Johan Pieterse

2010-01-13 05:48

Die nuwe jaar het skaars aangebreek en daar is brutale moorde gepleeg
in Suid Afrika. Op ’n plaas tussen Steynsrus en Senekal is ’n boer en
sy vrou byvoorbeeld met ’n vleishaak aangeval en met baaltou vasgebind
en deur die huis tot in die kombuis gesleep. Die moordenaar het elkeen
met ’n haelgeweer in die bors geskiet!

Wanneer gaan ons Afrikaner- gemeenskap begin besef dat anargie op
hande is en ek dink persoonlik dit kom van 1994 af. Hierdie boere het
families net soos ek en jy. Wat gaan jy doen as jou pa, ma boetie of
sussie, brutaal vermoor is? Gaan jy net daar sit en wag? Gaan jy jou
pistool in die kas wil gryp en daardie Bliksems aan die galg laat ry?

Wat gaan ons as Afrikaners doen omtrent hierdie wrede, brutale geweld
op ons nasie, vriende en familie? Hierdie dade verwoes lewens!

Ek lees nêrens in enige koerant dat daar druk uitgeoefen word op
hierdie slapgat-regering nie. Hoe is dit moontlik dat enige land dit
kan toelaat?

My vraag vandag is: Kan ’n mens die regering dagvaar deur die
internationale howe? Sodat daar buitelandse druk op hul uitgeoefen kan
word.

Ons menseregte word daagliks geskend, ons mense is lankal nie meer
veilig nie, ons kan nie ons kinders in hierdie gewelddadige land
grootmaak nie.

Ons word uitgemoor en dit lyk my dit pla niemand nie. Is ek die
enigtste persoon wat dit raaksien? Ons koerante is vol van
klimaatsverandering en onbevoegde ministers wat sit en bolle rol
terwyl die land kwyn.

Ek is n trotse Afrikaner en ons volk word daagliks in alle vorme
aangeval, vermoor en verneder. Wanneer gaan ons saamstaan en veg vir
dit wat reg is? Lees dié vraag weer.

Die grootste sonde in die moderne tyd is die feit dat ons as
Afrikaners ons wang draai op ons mede-Afrikaners, deur ons stem nie te
laat hoor en dat ons nie meer doen om geregtigheid te laat geskied
nie. Dat ons meer aan ons self dink en in ’n groot mate selfsugtig
is.

Dit is jou medemens wat vermoor word. Hou op weg kyk!

Johan Pieterse

Jpiet...@gmail.com

Oorsprong:Volksblad
http://www.volksblad.com/Content/MyVolksblad/Briewe/2047/3d9 07131d32c4ebdb8fe17a596bc1f04/13-01-2010-05-48/Hou_op_om_weg _te_kyk_van_di%C3%A9_moorde

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Nuusgroep

Di., 12 Januarie 2010 09:51

Bestaan die nuusgroep hier nog

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Projek 2010

Wo., 28 Oktober 2009 18:10

Mediaverklaring

Projek 2010

10 Oktober 2009

Enige volk het die plig en verantwoordelikheid om die gebeure wat hom
raak
op skrif te stel en vir die nageslag te bewaar. Indien daardie
gebeurtenisse
'n belangrike invloed op 'n volk se lewe en voortbestaan het, maak dit
die
plig nog soveel meer belangrik.

Tydens die Tweede Vryheidsoorlog (Tweede Engelse Oorlog) het daar
ongeveer
27 000 vrouens, kinders en bejaardes in Britse Konsentrasiekampe
gesterf,
waarvan die grootste gedeelte kinders was. Dit is een van die grootste
oorlogsmisdade in die moderne tyd. Die meeste van die name van die
slagoffers is aangeteken en vorm deel van die Boere-, Afrikanervolk se
geheue, ook vir die toekomstige geslagte. As dit nie so was nie sou
die volk
aan geheueverlies gely het oor hierdie groot saak en sou die vergryper
daarmee weggekom het.

Sedert 1994 se ANC-oorname is daar volgens berekenings reeds meer as
20 000
van ons volk deur volksvreemdes vermoor ten aanskoue van die regime.
Weens
verskillende redes, waarvan sommige nie te onskuldig is nie, kan
hierdie
inligting nie verkry word nie. As daar dus nie 'n doelbewuste poging
aangewend word om die inligting te verkry, te verifieer en aan te
teken nie,
sal die tragedie nooit behoorlik aan die lig kom nie. Dit sal beteken
dat
ons volk aan geheue verlies ly en dat toekomstige geslagte nie daarvan
bewus
sal wees nie.

Ons het ook in Suid-Afrika ondervind hoedat ware feite dikwels ontken
word
en deur die leuen dan te herhaal word die waarheid versmoor. Indien
die name
en ander inligting van die slagoffers verkry en bewaar word is dit nie
so
maklik om die waarheid te onderdruk nie.

Daarom is daar besluit om 'n projek te loots om hierdie inligting in
te
samel en te verifieer. As projek bestuurders is die Verkenners
Beweging van
Suid-Afrika aangestel. Die projek word amptelik geloots op die 10de
Oktober
2009 en daar word beplan om die inligting op datum ingesamel en
geverifieer
te kry teen 10/10/2010

Fondse om die projek suksesvol deur te voer is oor die afgelope twee
jaar
byeengebring deur dit rand vir rand onder volksgenote in te samel. Dit
is
elke volksgenoot se dure plig om aan die projek, bekend as
PROJEK-2010, deel
te neem en die inligting met spesiale moeite te verkry op welke wyse
ookal
en aan die projekspan deur te stuur. Inligting kan gestuur word per
faks
(086 210 6920) of e-pos (inli...@projek2010.co.za) in 'n spesiale
maatvorm
wat verkrygbaar is van die webwerf http://www.projek2010.co.za of
per faks deur te
skakel na 084 271 4777. Inligting kan ook direk op die webwerf ingevul
word
en sal deur die bestuurspan geverifieer word, alvorens dit bekend
gemaak
word.

Besoek gerus:

http://www.projek2010.co.za

en help ons om hierdie projek geslaagd te maak.

Ons Facebook groep:

http://www.facebook.com/group.php?gid=48478082826&ref=ts#/group.php?gid=177067125271&ref=ts

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Plekname

Ma., 19 Oktober 2009 16:25

Daar gaan nog 42 van hulle:

http://tinyurl.com/yjdcmh4

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Ag maar dit bly lekker

Ma., 19 Oktober 2009 06:34

Is dit nie F_ing fantasties om 'n bulls supporter te wees nie

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Suid Afrika gaan Zimbabwe pad loop

Ma., 05 Oktober 2009 14:59

Die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, Gugile
Nkwinti, het oor die naweek gedreig dat grondhervorming na die
Zimbabwiese model in Suid-Afrika toegepas gaan word

"We have seen what happened in Zimbabwe , it will happen here because
land is a key question in liberation."

http://tinyurl.com/y9qmc55

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Nog 'n dag, nog 'n plaasmoord

Ma., 05 Oktober 2009 10:47

En soos altyd word daar berig dat dit rowers is instede van
moordenaars
------------------------
Robbers mow down farmer

Cullinan - A farmer was killed when three men robbed his house in
Cullinan on Monday morning, police said.

Constable Sally Skosana said three men entered the farm north of
Pretoria during the early hours of Monday.

"The farm owner's wife heard the dogs barking and went outside to
investigate. The three men then pointed a firearm at her and entered
the house."

When the farm owner woke up to investigate, one of the men shot him in
the chest and he died instantly.

The robbers took off with two cellphones and a laptop.

They were said to have earlier broken into another farm house in the
area and stolen a rifle.

"The owners of the house were away during the robbery."

No one was arrested in connection with the incident and police were
investigating a case of murder and house robbery, said Skosana.

http://tinyurl.com/y99fv87

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Familiebome

So., 27 September 2009 22:00

Ek het afgekom op 'n oulike genealogie program wat gratis is [of
kommersiëel ($75) met gevorderde funksionaliteit]. Die program het
Afrikaanse ondersteuning (selfs vir die installasie proses). Die
'downloader' is ongeveer 500k en die installasie proses laai nog
ongeveer 30MB af.

http://www.myheritage.com/family-tree-builder

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Stadig Malema

So., 27 September 2009 20:32

“Ek ken net revolusie, ek weet niks van motorbestuur nie,” het Malema
telefonies vanuit Amerika gesê.

“Laat ek jou vertel, my vriend, ek het jou en jou apartheidsregime
oorwin en ek gaan jou weer verslaan, eens en vir altyd!

“Almal van julle saam kan niks aan my doen nie. Jy mors jou tyd.

“Ek is ’n kind van helde en heldinne van die struggle. Ek is nie ’n
kind van lafaards en onderdrukkers nie. Ek is nie ’n kind van ’n
imperialis nie.

“Ek het koloniseerders verslaan. Ek gaan die kinders van die kinders
van die koloniseerders verslaan.”

Van nuus24.com: http://tinyurl.com/ydbmrnv

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

NG

Wo., 23 September 2009 03:10

Dis nou amptelik. Hierdie NG is nou sut, finis, ens......

Koeitjies & kalfies | 18 kommentare

Bladsye (1834): [ «    93  94  95  96  97  98  99  100  101  102  103  104  105  106  107  108    »]
Tyd nou: Di. Apr. 07 08:12:10 UTC 2026