Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » NG
NG [boodskap #119231] Wo, 23 September 2009 03:10 na volgende boodskap
Anonymous  is tans af-lyn  Anonymous
Boodskappe: 24
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Dis nou amptelik. Hierdie NG is nou sut, finis, ens......
Re: NG [boodskap #119232 is 'n antwoord op boodskap #119231] Wo, 23 September 2009 10:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sep 23, 5:10 am, Anonymous wrote:
> Dis nou amptelik. Hierdie NG is nou sut, finis, ens......

Dit gaan maar deesdae stil op soc.culture.south-africa ook
Re: NG [boodskap #119234 is 'n antwoord op boodskap #119232] Wo, 23 September 2009 21:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
, Etienne Marais wrote:

> On Sep 23, 5:10am, Anonymous wrote:
>> Dis nou amptelik. Hierdie NG is nou sut, finis, ens......
>
> Dit gaan maar deesdae stil op soc.culture.south-africa ook

Wat, tydens die bestaan van hierdie nuusgroep, het julle twee gedoen
om dit te ondersteun? Bloot lesers gewees sonder enige noemenswaardige
(indien enigsins!) bydraes. Een van julle het nie eens 'n naam nie.
As mens net windowshopping doen sonder om ooit in te stap en te koop
moet jy maar stilbly as die winkel toemaak. En dié winkel is toe.
Re: NG [boodskap #119388 is 'n antwoord op boodskap #119231] Wo, 10 Maart 2010 17:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 23 Sep 2009 05:10:48 +0200 (CEST), Anonymous wrote:

> Dis nou amptelik. Hierdie NG is nou sut, finis, ens......

Ag, jy's staarig as jy dit nou eers agterkom.
Die nuusgroep was in ongeveer 2005 laas aktief.
Dit was in die middel negentigs baie lewendig
maar stukkie vir stukkie afgebreek deur linksgesindes
wat landuit gevlug het en daarvandaan af gespoeg het.
Die nuusgroep het tot 'n kompleet stilstand gekom sowat 2 jaar gelede
en het gestol tot Etienne dit weer probeer aan die lewe kry.
Besef jy nou hoe na die maal is jy?
Verdomp, dis net so goed jy vertel ons nou dat Bush nie meer die pres
van die VSA is nie Het jy al ooit iets noemenswaardig hier gepos?
Of is jou enigste pos dié tipe aanmerkingtjies?
Re: NG [boodskap #119395 is 'n antwoord op boodskap #119388] So, 14 Maart 2010 20:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Toby[1]  is tans af-lyn  Toby[1]
Boodskappe: 1
Geregistreer: Maart 2010
Karma: 0
Junior Lid
My aarde Dave, leef jy nog? ek dog ou Gloudina het jou al begrawe :-) Hoe
gaan dit ou vriend. Ek sien net 2 name hier op die ng. Waar's die res? Ek
het darem ook nou bygekom met wyeband so klompie maande gelede. ek kon nooit
onthou het wat die ng se ip was nie en vanaand onthou ek dat dit saix was,
en siedaar ek's hier. Ek neem aan jyt nou genoeg geld gemaak en relax nou in
daardie Durban belegging van so klompie jare gelede wat jy gemaak het in die
vorige eeu. Ek gaan nou eers so bietjie hier lees om te kyk wat se wie en
wie se wat. Van wie moet ek wegbly en met wie moet ek vriende wees. ha-ha.
Hey, waars die dae toe ou Glouds ons so hel gegee het, die ou hex :-)
groente vir eers.
"Dave" wrote

> Die nuusgroep was in ongeveer 2005 laas aktief.
> Dit was in die middel negentigs baie lewendig Yes . . en was dit nie!!
> maar stukkie vir stukkie afgebreek deur linksgesindes
> wat landuit gevlug het en daarvandaan af gespoeg het.

Ek sien ou grillerige Ferdi skryf inni Burger, snaaks hyt nie gewaai nie.
Dan is daar nog een wat ook vryskut skryf virri Burger, sal later sy naam
onthou

> Die nuusgroep het tot 'n kompleet stilstand gekom sowat 2 jaar gelede
> en het gestol tot Etienne dit weer probeer aan die lewe kry.
> Besef jy nou hoe na die maal is jy?
> Verdomp, dis net so goed jy vertel ons nou dat Bush nie meer die pres
Is hy nie meer nie? dis nuus vir my :-P```"'`~

> van die VSA is nie Het jy al ooit iets noemenswaardig hier gepos?
> Of is jou enigste pos dié tipe aanmerkingtjies?

Dave, Dave, moet nou so hard wees nie, jy klink na 'n ou man van 65 ;-)
>

__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4943 (20100314) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com
Re: NG [boodskap #119404 is 'n antwoord op boodskap #119395] Ma, 15 Maart 2010 18:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 14 Mar 2010 22:29:32 +0200, "Toby" wrote:

> My aarde Dave, leef jy nog? ek dog ou Gloudina het jou al begrawe :-) Hoe
> gaan dit ou vriend. Ek sien net 2 name hier op die ng. Waar's die res? Ek
> het darem ook nou bygekom met wyeband so klompie maande gelede. ek kon nooit
> onthou het wat die ng se ip was nie en vanaand onthou ek dat dit saix was,
> en siedaar ek's hier. Ek neem aan jyt nou genoeg geld gemaak en relax nou in
> daardie Durban belegging van so klompie jare gelede wat jy gemaak het in die
> vorige eeu. Ek gaan nou eers so bietjie hier lees om te kyk wat se wie en
> wie se wat. Van wie moet ek wegbly en met wie moet ek vriende wees. ha-ha.
> Hey, waars die dae toe ou Glouds ons so hel gegee het, die ou hex :-)
> groente vir eers.
> "Dave" wrote

Hallo Tobie, lekker om j�u stem te hoor:-)
Boer jy nog met papegaaie?
En yep, jy's reg, ek relax (soos jy s�) in Durbs:-)
Gloudina (en kie) het miskien koerante gelees en skaam geword en kruip
weg, maar ek glo dat hulle die 'skaamkry' tipes is nie.

>
>> Die nuusgroep was in ongeveer 2005 laas aktief.
>> Dit was in die middel negentigs baie lewendig
> Yes . . en was dit nie!!
>> maar stukkie vir stukkie afgebreek deur linksgesindes
>> wat landuit gevlug het en daarvandaan af gespoeg het.
>
> Ek sien ou grillerige Ferdi skryf inni Burger, snaaks hyt nie gewaai nie.
> Dan is daar nog een wat ook vryskut skryf virri Burger, sal later sy naam
> onthou
>
>> Die nuusgroep het tot 'n kompleet stilstand gekom sowat 2 jaar gelede
>> en het gestol tot Etienne dit weer probeer aan die lewe kry.
>> Besef jy nou hoe na die maal is jy?
>> Verdomp, dis net so goed jy vertel ons nou dat Bush nie meer die pres
> Is hy nie meer nie? dis nuus vir my :-P```"'`~
>
>> van die VSA is nie Het jy al ooit iets noemenswaardig hier gepos?
>> Of is jou enigste pos di� tipe aanmerkingtjies?
>
> Dave, Dave, moet nou so hard wees nie, jy klink na 'n ou man van 65 ;-)

>

Ag, die twit is een van daai nikswerd browsers wat wil sien of hy ook
sy naam op Internet kan skryf. Die nuusgroep het gesneuwel, Tobie,
en ek loer once a while hier in. Geen van die ou name is meer hier
nie. Inderwaarheid interesseer die groep my glad nie meer nie
en dit is bloot uit nuuskierigheid gebore uit 'n lang verbintenis,
wat my somtyds hier laat inloer.
Riaan het mos een maal in drie maande geskryf en dan gekla omdat
daar nie meer lede is nie. Ek is deur 'n ander ex-lid genooi na
faceboek (met 'n skakel) maar ek weet dat ek erens 'n bladsy daar het
maar onmiddellik besef het dat faceboek nie vir my is nie. Ek kan nie
eens my eie URL onthou nie:-)
Tot later...
Re: NG [boodskap #119406 is 'n antwoord op boodskap #119404] Ma, 15 Maart 2010 19:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Toby[2]  is tans af-lyn  Toby[2]
Boodskappe: 6
Geregistreer: Maart 2010
Karma: 0
Junior Lid
> "Dave" wrote

Hallo Tobie, lekker om jóu stem te hoor:-)

Thx, ook om te sien jy spel my naam Afrikaans. . . . meskien moet ek dit
Afrikaans hou op die NG's

Boer jy nog met papegaaie?

Ja, al die pad, nie voluit boer soos in koop en verkoop nie, nee, ma sal mos
NOOIT haar kinners aan vreemdes verkoop wat nie eers papagaai kan spel nie
:-)

En yep, jy's reg, ek relax (soos jy sê) in Durbs:-)

Aaa, die sweet van jou aangesig het jou uiteindelik na groen weivelde gelei
waar rus is. Geniet dit my vriend!

Gloudina (en kie) het miskien koerante gelees en skaam geword en kruip weg,
maar ek glo dat hulle die 'skaamkry' tipes is nie.

Dis verseker, regte ou klipkop. partykeer as ek haar met 'n haelgeweer kon
bykom sou ek ha-ha, maar dit het die groep lewendig gehou dis verseker.

>> Die nuusgroep het tot 'n kompleet stilstand gekom sowat 2 jaar gelede

dis so jammer, die NG's is so 'n mooi instelling gewees, van hoe om tamaties
te plant tot hoe jy moet maak as jou puter een of ander hiccup het.

>> en het gestol tot Etienne dit weer probeer aan die lewe kry.

Ek haal my hoed vir hom af. Meskien moet ek die Kaapse koerante hier kom
'paste' veral die Sondag :-)

Ag, die twit is een van daai nikswerd browsers wat wil sien of hy ook
sy naam op Internet kan skryf. Die nuusgroep het gesneuwel, Tobie,
en ek loer once a while hier in. Geen van die ou name is meer hier
nie. Inderwaarheid interesseer die groep my glad nie meer nie
en dit is bloot uit nuuskierigheid gebore uit 'n lang verbintenis,
wat my somtyds hier laat inloer.

Ek het my ou NG's gaan besoek. Party se laaste inskrywings was meer as 4
jaar gelede! Een vd groepe
het net 3 inskrywings gehad verlede jaar. My Parrot ng het omtrent geen
inskrywings nie, 2 ou bekendes was daar om raad
te gee aan die newbies.

Riaan het mos een maal in drie maande geskryf en dan gekla omdat
daar nie meer lede is nie.

Is seker maar sleg om met jouself te praat :-(

Ek is deur 'n ander ex-lid genooi na
faceboek (met 'n skakel) maar ek weet dat ek erens 'n bladsy daar het
maar onmiddellik besef het dat faceboek nie vir my is nie. Ek kan nie
eens my eie URL onthou nie:-)

Jy sal my daar kry onder Tobie de Villiers. Sê ook maar nie veel nie,
kyk ook maar net rond en sit so bietjie fotos op om ander mense te
plesier.

Hou myself besig met my geliefde stokperdjie video en fotografie, niks
besonders nie. Ou VHS tapes na DVD, audio kasette na audio cd, portrette,
foto skyfies, 35mm negatiewe film na digitaal, doen so bietjie vryskut vir
plaaslike koerant ens ens.

Tot later...

Wederom my maat, groete van huis tot huis.

--------------------

__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4946 (20100315) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com
Re: NG [boodskap #119409 is 'n antwoord op boodskap #119395] Wo, 17 Maart 2010 11:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Toby[2]  is tans af-lyn  Toby[2]
Boodskappe: 6
Geregistreer: Maart 2010
Karma: 0
Junior Lid
> Ek sien ou grillerige Ferdi skryf inni Burger, snaaks hyt >nie gewaai nie.
> Dan is daar nog een wat ook vryskut skryf virri Burger, >sal later sy naam
> onthou
---
Murray (la Vita), dis die ander ou se naam. Hy het destyds net onder die
naam Murray in hierdie NG geskryf. Jy sal hom kry in Die Burger besig met
onderhoude.
Groete
Toubs
---

__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4951 (20100317) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com
Re: NG [boodskap #119410 is 'n antwoord op boodskap #119409] Wo, 17 Maart 2010 19:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 17 Mar 2010 13:45:13 +0200, "Tobie" wrote:

>> Ek sien ou grillerige Ferdi skryf inni Burger, snaaks hyt >nie gewaai nie.
>> Dan is daar nog een wat ook vryskut skryf virri Burger, >sal later sy naam
>> onthou
> ---
> Murray (la Vita), dis die ander ou se naam. Hy het destyds net onder die
> naam Murray in hierdie NG geskryf. Jy sal hom kry in Die Burger besig met
> onderhoude.
> Groete
> Toubs
> ---
>
>

Ek weet nie wat van Ferdi geword het nie (ek hoor jy sê waar hy is)
maar as jy langer hier gebly het, sou jy gesien het hoe Ferdi 'n
ommekeer gemaak het. Op 'n stadium het hy Gloudina in 'n kopklem
beet gekry, en ek stel dit lig. Hy het haar werklik verneder (soos sy
natuurlik verdien het) deur haar op haar geklike veronderstellings te
wys. Toe hy haar punt vir punt op haar idiotiese stellings wys, het sy
die verskoning gebruik dat sy nie hier woon nie, en afhanklik was van
ingevoerde nuus. Dìt, na wat sy al die jare kwyt geraak het en gemaak
het of sy alles weet, was haar koebaai hier.

Nee Tobie, ek dink ek het Ferdi verstaan en simpatie gehad met sy
siening. Blykbaar was dit slegs die logiese 'daar was geen kans dat
apartheid kon voortbestaan nie' mening. Daar was dinge in die
apartheidstelsel waarteen ek nou sou stry as ons daarheen sou
terugkeer. Maar hy het redelikheid verwag van 'n plaasvervangende
regering, wat nie gerealiseer het nie. En dit het (die laaste tyd)
geblyk dat hy net so konserwatief soos ons geword het.
(vele van) die 'Ja'stemmers is 'n teleurgestelde lot, glo my.

Ek mag heeltemal verkeerd wees oor hoe hy daaroor voel en natuurlik
het ek geen rede of lus om vir hom in die bres te tree nie. Hy's groot
genoeg om dit self doen as jy hom daar waar hy nou gesels sou
konfronteer. Hy het egter 'n groot bydrae gedoen om die antie in
Kanada se mond te snoer.
(Sy wou nooit vir my sê hoe kleur haar kleinkinders is nie:-)

Onthou jy vir Ferdi se vriend, Jonas? Hy het ook 'n keer hier ingeloer
en weer weggeraak. Maar, die Facebooks, Twitters en dies meer is besig
om nuusgroepe se plekke in te neem, met miskien slegs die hardvogtiges
soos ons wat steeds nuusgroepe verkies.
Re: NG [boodskap #119411 is 'n antwoord op boodskap #119410] Wo, 17 Maart 2010 20:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Toby[2]  is tans af-lyn  Toby[2]
Boodskappe: 6
Geregistreer: Maart 2010
Karma: 0
Junior Lid
> Ek weet nie wat van Ferdi geword het nie (ek hoor jy sê waar hy is)
maar as jy langer hier gebly het, sou jy gesien het hoe Ferdi 'n
ommekeer gemaak het. Op 'n stadium het hy Gloudina in 'n kopklem
beet gekry, en ek stel dit lig. Hy het haar werklik verneder (soos sy
natuurlik verdien het) deur haar op haar geklike veronderstellings te
wys. Toe hy haar punt vir punt op haar idiotiese stellings wys, het sy
die verskoning gebruik dat sy nie hier woon nie, en afhanklik was van
ingevoerde nuus. Dìt, na wat sy al die jare kwyt geraak het en gemaak
> het of sy alles weet, was haar koebaai hier.

Ok, bly om dit te hoor, maar nou ja dis history. lekker ou 'infighting'
gewees he-he. Ja die naam Jonas onthou ek, maar kannie onthou aan watter
kant vd die draad hy gesit het nie. Ferdi Greyling is 'n rebruuk skrywer vir
die Burger maar ek mag net so hier en daar iets lees wat hy sê.

> Nee Tobie, ek dink ek het Ferdi verstaan en simpatie gehad met sy siening.
> Blykbaar was dit slegs die logiese 'daar was geen kans dat apartheid kon
> voortbestaan nie' mening. Daar was dinge in die apartheidstelsel waarteen
> ek nou sou stry as ons daarheen sou terugkeer. Maar hy het redelikheid
> verwag van 'n plaasvervangende regering, wat nie gerealiseer het nie. En
> dit het (die laaste tyd) geblyk dat hy net so konserwatief soos ons geword
> het.
> (vele van) die 'Ja'stemmers is 'n teleurgestelde lot, glo >my.

Ek persoonlik was anti-ja, want ek kon geen ander Afrika land kry wat
sulksesvol regeer was deur inheemse bewoners nie. Ek het natuurlik ook geen
oplossing gehad nie so het maar my mond gehou, behalwe as die antie so gal
afgegaan het. Ek kon dit nie vat nie he-he. Sy't ook altyd Jesus se
bergpredikasie voor ons koppe gegooi, onthou jy . . . . nie dat sy 'n
bekeerling was nie. Ja ek onthou jou vraag aan haar wat haar kleinkinders se
kleur was. Sy het jou nooit vertel nie, maar stilbly was mos ook 'n
antwoord. Vandag maak dit ook nie meer saak nie dink ek. Alhoewel ek sou
daarvan hou dat my nageslag lyk soos ek :-), nie so lelik nie, maar darem
maar europees lyk.

> Ek mag heeltemal verkeerd wees oor hoe hy daaroor voel en natuurlik het ek
> geen rede of lus om vir hom in die bres te tree nie. Hy's groot genoeg om
> dit self doen as jy hom daar waar hy nou gesels sou konfronteer. Hy het
> egter 'n groot bydrae gedoen om die antie in Kanada se >mond te snoer.

Nee wat, alles is ou koeie, en ek is die laaste een om op my ouderdom enige
iemand in debat aan te vat oor enige iets.

> (Sy wou nooit vir my sê hoe kleur haar kleinkinders is nie:-)
Onthou jy vir Ferdi se vriend, Jonas? Hy het ook 'n keer hier ingeloer en
weer weggeraak. Maar, die Facebooks, Twitters en dies meer is besig om
nuusgroepe se plekke in te neem, met miskien slegs die hardvogtiges soos ons
wat >steeds nuusgroepe verkies.

Ek ken nie van "Twitter" nie, maar FB is net 'n gesels kanaal sou ek sê, jy
weet die ou dae se 'maatjie vir 'n praatjie' op die CB radios. Nou wonder ek
waar gaan mens dan nou kan gesels soos ons nou hier gesels oor 'n onderwerp.
Wat noem hulle dit? 'n Twit is iemand wat op Twitter twit. In my jong dae
was 'n twit 'n dowwe dom persoon. :-) Ek weet niks van rss en blogs nie.
Klink amper soos mxit waar jy jou eie 'room' kan oopmaak. Soek dit nie. As
ek kan reg onthou het NG baie vroeg begin 19?? tussen universiteite en
colleges wereldwyd om inligting uit te ruil. Het begin as BulletinBoards
dink ek. Blou screens in Dos OS en RTTY. Ek het ook voor Internet, Telkom se
netwerk, kannie die naam onthou nie, gebruik. Jy het so klein programmetjie
op 'n floppy gekry en dan kon jy surf op BBS'se plaaslik en oorsee. Eish, ek
word oud :-( Kannie so lekker alles onthou nie. Anyway, toe internet kom het
alles verander.
Nou ja, een van my favourite NG rec.pets.birds is ook dood. Where have all
the people/parrots gone????
Groete vir eers. Jy kan ook maar sê wat jy aanvang deesdae.
e-pos tobydv@telkomsa.jyweetwat
---

__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature
database 4952 (20100317) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com

__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4953 (20100317) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com
Re: NG [boodskap #119424 is 'n antwoord op boodskap #119411] Do, 18 Maart 2010 17:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 17 Mar 2010 22:59:54 +0200, "Tobie" wrote:

>> Ek weet nie wat van Ferdi geword het nie (ek hoor jy sê waar hy is)
> maar as jy langer hier gebly het, sou jy gesien het hoe Ferdi 'n
> ommekeer gemaak het. Op 'n stadium het hy Gloudina in 'n kopklem
> beet gekry, en ek stel dit lig. Hy het haar werklik verneder (soos sy
> natuurlik verdien het) deur haar op haar geklike veronderstellings te
> wys. Toe hy haar punt vir punt op haar idiotiese stellings wys, het sy
> die verskoning gebruik dat sy nie hier woon nie, en afhanklik was van
> ingevoerde nuus. Dìt, na wat sy al die jare kwyt geraak het en gemaak
>> het of sy alles weet, was haar koebaai hier.
>
> Ok, bly om dit te hoor, maar nou ja dis history. lekker ou 'infighting'
> gewees he-he. Ja die naam Jonas onthou ek, maar kannie onthou aan watter
> kant vd die draad hy gesit het nie. Ferdi Greyling is 'n rebruuk skrywer vir
> die Burger maar ek mag net so hier en daar iets lees wat hy sê.
>
> Boer jy nog met papegaaie?

> Ja, al die pad, nie voluit boer soos in koop en verkoop nie, nee,
> ma sal mos NOOIT haar kinners aan vreemdes verkoop wat nie
> eers papagaai kan spel nie
:-)

Maar... ek kan darem 'rubriek' spel...:-)

>> Nee Tobie, ek dink ek het Ferdi verstaan en simpatie gehad met sy siening.
>> Blykbaar was dit slegs die logiese 'daar was geen kans dat apartheid kon
>> voortbestaan nie' mening. Daar was dinge in die apartheidstelsel waarteen
>> ek nou sou stry as ons daarheen sou terugkeer. Maar hy het redelikheid
>> verwag van 'n plaasvervangende regering, wat nie gerealiseer het nie. En
>> dit het (die laaste tyd) geblyk dat hy net so konserwatief soos ons geword
>> het.
>> (vele van) die 'Ja'stemmers is 'n teleurgestelde lot, glo >my.
>
> Ek persoonlik was anti-ja, want ek kon geen ander Afrika land kry wat
> sulksesvol regeer was deur inheemse bewoners nie. Ek het natuurlik ook geen
> oplossing gehad nie so het maar my mond gehou, behalwe as die antie so gal
> afgegaan het. Ek kon dit nie vat nie he-he. Sy't ook altyd Jesus se
> bergpredikasie voor ons koppe gegooi, onthou jy . . . . nie dat sy 'n
> bekeerling was nie. Ja ek onthou jou vraag aan haar wat haar kleinkinders se
> kleur was. Sy het jou nooit vertel nie, maar stilbly was mos ook 'n
> antwoord. Vandag maak dit ook nie meer saak nie dink ek. Alhoewel ek sou
> daarvan hou dat my nageslag lyk soos ek :-), nie so lelik nie, maar darem
> maar europees lyk.
>
>> Ek mag heeltemal verkeerd wees oor hoe hy daaroor voel en natuurlik het ek
>> geen rede of lus om vir hom in die bres te tree nie. Hy's groot genoeg om
>> dit self doen as jy hom daar waar hy nou gesels sou konfronteer. Hy het
>> egter 'n groot bydrae gedoen om die antie in Kanada se >mond te snoer.
>
> Nee wat, alles is ou koeie, en ek is die laaste een om op my ouderdom enige
> iemand in debat aan te vat oor enige iets.
>
Ohoh shucks, sal jou moet begin 'oom' roep!

>> (Sy wou nooit vir my sê hoe kleur haar kleinkinders is nie:-)
> Onthou jy vir Ferdi se vriend, Jonas? Hy het ook 'n keer hier ingeloer en
> weer weggeraak. Maar, die Facebooks, Twitters en dies meer is besig om
> nuusgroepe se plekke in te neem, met miskien slegs die hardvogtiges soos ons
> wat >steeds nuusgroepe verkies.
>
> Ek ken nie van "Twitter" nie, maar FB is net 'n gesels kanaal sou ek sê, jy
> weet die ou dae se 'maatjie vir 'n praatjie' op die CB radios. Nou wonder ek
> waar gaan mens dan nou kan gesels soos ons nou hier gesels oor 'n onderwerp.
> Wat noem hulle dit? 'n Twit is iemand wat op Twitter twit. In my jong dae
> was 'n twit 'n dowwe dom persoon. :-) Ek weet niks van rss en blogs nie.
> Klink amper soos mxit waar jy jou eie 'room' kan oopmaak. Soek dit nie. As
> ek kan reg onthou het NG baie vroeg begin 19?? tussen universiteite en
> colleges wereldwyd om inligting uit te ruil. Het begin as BulletinBoards
> dink ek. Blou screens in Dos OS en RTTY. Ek het ook voor Internet, Telkom se
> netwerk, kannie die naam onthou nie, gebruik. Jy het so klein programmetjie
> op 'n floppy gekry en dan kon jy surf op BBS'se plaaslik en oorsee. Eish, ek
> word oud :-( Kannie so lekker alles onthou nie. Anyway, toe internet kom het
> alles verander.

Yep, mens kan lank gesels oor modernisasie sedert 'n 286 'top of the
range' was. En, die tempo waarteen dit gebeur raak meer en meer
vaartbelyn.

> Nou ja, een van my favourite NG rec.pets.birds is ook dood. Where have all
> the people/parrots gone????
> Groete vir eers. Jy kan ook maar sê wat jy aanvang deesdae.

Ek het eiendom in Durban gekoop en is nou in die huur (oftewel)
verhurings-bedryf. En ek spandeer my tyd met die bestuur van
'n gebou waarin ek eiendom besit.
Verder Tobie, is ek steeds fotograaf en doen vryskutwerk
maar my gunstelingwerk is en bly digitale skilderwerk.
Daar is lokale gallerye wat van my werk verkoop.
http://dave.photos.gb.net/c1247464.html

Tot later...
Re: NG [boodskap #119425 is 'n antwoord op boodskap #119424] Do, 18 Maart 2010 18:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Toby[2]  is tans af-lyn  Toby[2]
Boodskappe: 6
Geregistreer: Maart 2010
Karma: 0
Junior Lid
gaan sit van jou werk op photo.net en vra vir evaliasie. meeste fotograwe is
profesioneel.
Groete

.
Verder Tobie, is ek steeds fotograaf en doen vryskutwerk
maar my gunstelingwerk is en bly digitale skilderwerk.
Daar is lokale gallerye wat van my werk verkoop.

http://dave.photos.gb.net/c1247464.html

__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 4956 (20100318) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com
Re: NG [boodskap #119451 is 'n antwoord op boodskap #119410] So, 28 Maart 2010 13:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Al  is tans af-lyn  Al
Boodskappe: 3
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Junior Lid
Ek het vanaand sommer net weer vinnig hier kom loer. Ek is maar
versigtig om hier te pos, want die laaste keer was ek onder my ma se rok
ingevloek toe ek waag om iets te skryf.

Ek het sowat 12 jaar gelede aan hierdie nuusgroep behoort, toe dit is sy
heyday was. Dit was regtig lekker om hier te kuier. Maar Gloudina se
ewige geteef het almal weggedryf. Groot geeste soos Henri Burger,
Magriet Kruger, Hannes Cilliers, Walter Scheffler, Louw Aukamp, Hans
Walvis, Rosi Adendorf en dies meer kon dit nie meer hanteer nie en
weggebreek. Vier van hulle het "Kampvuurkuier" gestig op Yahoo Groups.
Meeste van die deelnemers hier het soontoe getrek. Walter Scheffler het
ook 'n Afikaanse nuusgroep op Yahoo begin, genaam "Gesels". Later het 'n
paar van hulle "Kuberpelle" begin. Rosi het het ook haar eie groep
begin, "Netvriende". Beide Kuberpelle en Gesels is nou dormant, Maar KvK
en Netvriende gaan van krag tot krag.

Een naam wat nooit ooit daar toegelaat sal word nie, is Gloudina Bouwer.

As iemand 'n lekker geselsplek soek, probeer gerus een van die twee, die
skakels is hier onder.

> http://groups.yahoo.com/group/KampvuurKuier/

> http://groups.yahoo.com/group/netvriende/

Dave wrote:
> On Wed, 17 Mar 2010 13:45:13 +0200, "Tobie" wrote:
>
>>> Ek sien ou grillerige Ferdi skryf inni Burger, snaaks hyt >nie gewaai nie.
>>> Dan is daar nog een wat ook vryskut skryf virri Burger, >sal later sy naam
>>> onthou

>
> Ek weet nie wat van Ferdi geword het nie (ek hoor jy sê waar hy is)
> maar as jy langer hier gebly het, sou jy gesien het hoe Ferdi 'n
> ommekeer gemaak het. Op 'n stadium het hy Gloudina in 'n kopklem
> beet gekry, en ek stel dit lig.
Re: NG [boodskap #119469 is 'n antwoord op boodskap #119451] Do, 01 April 2010 13:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
> Dave wrote:
sny
sny
sny
sny

Al wrote:

> Ek het vanaand sommer net weer vinnig hier kom loer. Ek is maar
> versigtig om hier te pos, want die laaste keer was ek onder my ma se rok
> ingevloek toe ek waag om iets te skryf.
>
Hallo Al,

Ek was vir 'n paar dae besig met ander dinge (wat insluit 'n nuwe
Notebook gekoop, opgestel, en heelwat tyd daarmee gespandeer,
en nou gaan ek van Internetbediener verander)
wat beteken dat ek nou eers jou skrywe sien. Ek hoop dat jy steeds
hier inloer en hierdie sal raaksien.

> Ek het sowat 12 jaar gelede aan hierdie nuusgroep behoort, toe dit is sy
> heyday was. Dit was regtig lekker om hier te kuier.

Hierdie groep het 12 jaar gelede aan my behoort, maar verdomp of ek
die name wat jy noem kan onthou. Een van ons maak 'n fout met die tyd
en ek wonder of dit nie jy is wat van langer terug praat as 12 jaar
nie. Dit kan ook my fout wees, maar indien wel, het ek hier gekuier
kort na jy die pad gevat het. Ons kan gerus in die argiewe gaan kyk,
maar ek het so 'n gevoelentheid dat jy dalk van effe langer terug
praat. Maar soos ek ges� het, kan die misrekening myne wees.

> Maar Gloudina se
> ewige geteef het almal weggedryf.

Ja, sy het die nuusgroep gesabboteer op dieselfde wyse as die waarop
haar helde bomme onder Wimpy se tafels geplak het.

Soos reeds ges�, hoop ek dat jy steeds hier inloer en 'n terugkeer sal
maak. Eintlik l� die groep my baie naby aan die hart, tenspyte van my
ervaring hiermee. Rede daarvoor is miskien sentiment in die opsig dat
hierdie die eerste forum was waarby ek betrokke geraak het na ek
op Internet gegaan het. (Ek het in 1990 gerekenaard geraak en enkele
jare daarna 'n modem gekoop.) En soos jy s�, dit was lekker
braaivleiskuiers wat ons hier gehad het. Ek hoop dat dieselfde vriende
van destyds wees hier kan saamkuier. So, bly hier en probeer die mense
terugkry hier. Ek het Faceboek toe gegaan, 'n paar uur daar rond
gekuier en besluit dit is nie vir my nie. Kan nie eens my URL of
wagwoord daar onthou nie. En dit is asof die ander forums nie so
lekker kuier soos 'n nuusgroep nie.

Dave
Re: NG [boodskap #119470 is 'n antwoord op boodskap #119469] Sa, 03 April 2010 14:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Al  is tans af-lyn  Al
Boodskappe: 3
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Junior Lid
> Dave wrote:
>
> Hierdie groep het 12 jaar gelede aan my behoort, maar verdomp of ek
> die name wat jy noem kan onthou. Een van ons maak 'n fout met die tyd
> en ek wonder of dit nie jy is wat van langer terug praat as 12 jaar
> nie. Dit kan ook my fout wees, maar indien wel, het ek hier gekuier
> kort na jy die pad gevat het. Ons kan gerus in die argiewe gaan kyk,
> maar ek het so 'n gevoelentheid dat jy dalk van effe langer terug
> praat. Maar soos ek gesê het, kan die misrekening myne wees.
>

Dave, almal hier rond skryf en neem deel onder aliase. Die 'mens' name
wat ek kwote sal dus nie sin maak nie. Dit is 100% verkillend van die
twee groepe op Yahoo Groups waaraan ek behoort, waar jy jou eie naam
gebruik. Daar speel ons oop kaarte, en ons leer mekaar ken tot in die
diepte van jou siel. Ons vloek en skel nie, niemand se niemand sleg nie.
Daar is 'n algemene reel van "wedersydse respek". Ons erken mekaar as
individue met 'n eie mening, en ons kompenseer daarvoor.

Sou iemand 'n Gloudina pull, is daai persoon onmiddellik weg. Dit is
regtig 'n aangename kuierplek waar almal in harmonie leef. Dit is self
gemodereer. Ons promoveer nie gesprekke oor politiek en godsdiens nie.
Dit het 'n negatiewe effek op enige groep, want mense het verskillende
idees. Ons hou nie van haatspraak nie, ala Gloudina. Ons skryf bloot
lekker geselsbriewe in afrikaans, en deel reis ondervindings, ens.

As hierdie groep tot daardie punt kan kom, sal ons dit ons 15 jaar terug
vat. Want dit is PRESIES wat hierdie groep 15 jaar gelede gedoen het.
Tot die antie haar bek oopgemaak het.
Re: NG [boodskap #119471 is 'n antwoord op boodskap #119470] Sa, 03 April 2010 18:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 03 Apr 2010 14:52:33 GMT, Al wrote:

>> Dave wrote:

>> Hierdie groep het 12 jaar gelede aan my behoort, maar verdomp of ek
>> die name wat jy noem kan onthou. Een van ons maak 'n fout met die tyd
>> en ek wonder of dit nie jy is wat van langer terug praat as 12 jaar
>> nie. Dit kan ook my fout wees, maar indien wel, het ek hier gekuier
>> kort na jy die pad gevat het. Ons kan gerus in die argiewe gaan kyk,
>> maar ek het so 'n gevoelentheid dat jy dalk van effe langer terug
>> praat. Maar soos ek gesê het, kan die misrekening myne wees.

>
> Dave, almal hier rond skryf en neem deel onder aliase. Die 'mens' name
> wat ek kwote sal dus nie sin maak nie. Dit is 100% verkillend van die
> twee groepe op Yahoo Groups waaraan ek behoort, waar jy jou eie naam
> gebruik. Daar speel ons oop kaarte, en ons leer mekaar ken tot in die
> diepte van jou siel. Ons vloek en skel nie, niemand se niemand sleg nie.
> Daar is 'n algemene reel van "wedersydse respek". Ons erken mekaar as
> individue met 'n eie mening, en ons kompenseer daarvoor.
>
> Sou iemand 'n Gloudina pull, is daai persoon onmiddellik weg. Dit is
> regtig 'n aangename kuierplek waar almal in harmonie leef. Dit is self
> gemodereer. Ons promoveer nie gesprekke oor politiek en godsdiens nie.
> Dit het 'n negatiewe effek op enige groep, want mense het verskillende
> idees. Ons hou nie van haatspraak nie, ala Gloudina. Ons skryf bloot
> lekker geselsbriewe in afrikaans, en deel reis ondervindings, ens.
>
> As hierdie groep tot daardie punt kan kom, sal ons dit ons 15 jaar terug
> vat. Want dit is PRESIES wat hierdie groep 15 jaar gelede gedoen het.
> Tot die antie haar bek oopgemaak het.

'kay Al, kom jy en ek tackle dit en herstel hierdie nuusgroep
tot sy oorspronklike glorie. Ek (hou daarvan om te) glo dat die
oorspronklike deelnemers ook op 'n manier gebind is aan die groep
op 'n wyse wat hulle gereeld laat inloer. Ek wìl nie name noem nie
ter wille van diegene wat ek gaan uitlaat. Maarek sal almal -1 wil
terug hê. Ons het byvoorbeeld iemand hier gehad wat een maal in ses
weke hier ingeloer het, en dan gekla het omdat hier so min deelnemers
is. Ek sal verdomp nie gemeen genoeg wees om Riaan se naam te noem
nie, maar dit is die tipe probleem wat ons gehad het. Dit sal egter
lekker wees om hom hier terug te hê in meer glorie as voorheen.

Ook sal ek nie Ferdi se naam noem nie want dit sal klink of ek hom
voortrek omdat hy 'n daaglikse geselser was, wat logies sou wees.
Eintlik wil ek geen name noem nie want... ek onthou ouens met wie ek
so lekker gesels het maar nie hul name kan onthou nie. Mense wat as
gevolg van 'n gloudiensindroom ander weivelde gesoek het.

Daar is iemand wat ek graag hier sou wou terug hê maar ek onhou slegs
sy werklike naam en nie sy alias nie. 'n expredikant van Oos londen
met wie ek nie kompleet komminikasie verbreek het nie.

Verstaan jy nou waarom ek nie name wil uitsonder nie.
Hoe gaan dit vir jou klink as ek sê dat die shunter van SuidWes
(wat lieg en sê dat hy 'n pawnshop het)
moet bly waar hy is? Met die Ovambo's moet gesels eerder as met ons?
Omdat hulle sy standaard van geselsskap meer sal waardeer?

Al, hou vas hier, jy en ek sal die groep kan repaint (met Dulux).
Re: NG [boodskap #119472 is 'n antwoord op boodskap #119470] Sa, 03 April 2010 18:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 03 Apr 2010 14:52:33 GMT, Al wrote:

>> Dave wrote:

>> Hierdie groep het 12 jaar gelede aan my behoort, maar verdomp of ek
>> die name wat jy noem kan onthou.
>
> Dave, almal hier rond skryf en neem deel onder aliase.
>
> Sou iemand 'n Gloudina pull, is daai persoon onmiddellik weg. Dit is
> regtig 'n aangename kuierplek waar almal in harmonie leef.

Al, nie almal nie (punt).
Gloudina is te onosel en ek te eerlik.

Dave
Re: NG [boodskap #119489 is 'n antwoord op boodskap #119472] So, 04 April 2010 14:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Al  is tans af-lyn  Al
Boodskappe: 3
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Junior Lid
Dave wrote:
> On Sat, 03 Apr 2010 14:52:33 GMT, Al
> wrote:
>
>>> Dave wrote:
>
>>> Hierdie groep het 12 jaar gelede aan my behoort, maar verdomp of ek
>>> die name wat jy noem kan onthou.
>> Dave, almal hier rond skryf en neem deel onder aliase.

>> Sou iemand 'n Gloudina pull, is daai persoon onmiddellik weg. Dit is
>> regtig 'n aangename kuierplek waar almal in harmonie leef.
>
> Al, nie almal nie (punt).
> Gloudina is te onosel en ek te eerlik.
>
> Dave
>

Nee Dave, ek bedoel ander groepe waarvan ek melding gemaak het, is nice.
Gloudina is 'n naam wat ek liewer wil vergeet. Hoe eerlik sy ookal mag
wees, in haar opnie.
Re: NG [boodskap #119492 is 'n antwoord op boodskap #119489] So, 04 April 2010 17:38 Na vorige boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 04 Apr 2010 14:47:38 GMT, Al wrote:


>
> Nee Dave, ek bedoel ander groepe waarvan ek melding gemaak het, is nice.
> Gloudina is 'n naam wat ek liewer wil vergeet. Hoe eerlik sy ookal mag
> wees, in haar opnie.

Al, as die antie nou hier moet inloer sal sy meer van haarself dink as
wat sy werd is. Haar naam is slegs so terloops hier genoem as rede
vir die opbreek van hierdie nuusgroep. So, vergeet van haar en kom
ons probeer die dae wat nou slegs 'n herinnering is as die norm
instel.
Vorige onderwerp: Eugene Terre'Blanche op sy plaas vermoor
Volgende onderwerp: Om hoop te verloor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 13:30:04 MGT 2024