Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Eugene Terre'Blanche op sy plaas vermoor
Eugene Terre'Blanche op sy plaas vermoor [boodskap #119474] Sa, 03 April 2010 21:45
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
2010-04-03 22:48

Amy Johnson

Kaapstad - Die AWB-leier Eugene Terre'Blanche is Saterdag op sy plaas
in Ventersdorp deur plaaswerkers vermoor, het sy dogter Bea
Terre'Blanche aan Nuus24 bevestig.

Terre'Blanche is op Maandag 31 Januarie 1944 in Ventersdorp in die
Noordwes gebore. Hy het op 7 Julie 1973 met slegs ses geesgenote die
AWB gestig.

Terre'Blanche is net na 18:00 in sy slaap met pangas op sy plaas
aangeval. Niks is gesteel nie.

Me. Terre'Blanche het gesê hulle het die tyding by familievriende
gekry en dat dit 'n groot skok vir die familie was.

"My pa het soms alleen op die plaas gaan slaap om na die diere te kyk.
Dit was vir ons 'n geweldige skok om te hoor hy is dood."

Me. Terre'Blanche woon in die dorp.

Sy het gesê die familie vermoed twee of meer mense het haar pa
vermoor.

"Die polisie het twee mense in hegtenis geneem, maar dit is al
inligting wat ons in dié stadium het."

Sy het gesê begrafnisreëlings is nog nie getref nie, maar sal Sondag
bespreek word.

– Nuus24

Oorsprong:Nuus24
( http://tinyurl.com/yldemfh )
Vorige onderwerp: Malema sing wéér 'Skiet die Boere'
Volgende onderwerp: NG
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 16:22:25 MGT 2024