Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Malema sing wéér 'Skiet die Boere'
Malema sing wéér 'Skiet die Boere' [boodskap #119473] Sa, 03 April 2010 20:28
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Malema sing wéér 'Skiet die Boere'
2010-04-03 21:15

Johannesburg - Die leier van die ANC-jeugliga, Julius Malema, het
Saterdag "Skiet die Boere" gesing ten spyte van 'n hofbevel wat hom
verbied om so te doen.

"Die hofbevel is nie hier van toepassing nie," het Malema aan die SABC
gesê.

"Die bevel is toegestaan deur dieselfde ongetransformeerde regstelsel
wat gedurende apartheid in plek was. Dit (die regstelsel) is oorwin
deur die struggle."

Hy het gesê hy is bereid om tronk toe te gaan vir die sing van die
liedjie.

Malema het die liedjie in Harare gesing tydens sy besoek aan pres.
Robert Mugabe en om bande "om historiese redes" met die Zanu-PF te
versterk.

Die Pretoriase hooggeregshof het Malema Donderdag verbied om dié
liedjie te sing.

Dié hofbevel is van krag tot die eerste dag wat die saak in die
gelykheidshof aangehoor word. Die saak is deur regter Eberhard
Bertelsmann na dié hof verwys.

Dít volg na Malema versuim het om 'n ultimatum deur die burgerregte-
inisiatief AfriForum na te kom. Dié groep het teen verlede Vrydag 'n
verskoning van Malema geëis.

Malema het eers by 'n saamtrek by die Universiteit van Johannesburg
gesing en toe verskeie kere daarna.

– Sapa
( http://tinyurl.com/yd9gtjg )
Vorige onderwerp: Zuid-Afrika steekt daklozen in apart kamp tijdens WK voetbal
Volgende onderwerp: Eugene Terre'Blanche op sy plaas vermoor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 15:28:51 MGT 2024