Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Toets vir varkgriep

Vr., 01 Junie 2018 15:09

As jy siek voel en wil toets of jy varkgriep het, sit jou hand op 'n warm plaat en as jy "bacon" ruik is dit varkgriep.

Moenie die prosedure volg as jy vir voëlgriep wil toets nie! Smile

Eina!

Humor & grappe | 0 kommentare

Mooi trap

Sa., 10 Maart 2001 18:41

Sy stap eergister (Donderdag) in die laat middag by die winkel in.
Skoolklere steeds mooi gepars na 'n dog op skool.
Vra aan die eienaar van die winkel of hy 'n 'n cd (bekende
rekenaarspel) vir haar sal kopieer.

Hy probeer vir haar 'n kopié maak maar kry dit om een of ander rede
nie reg nie en lag en sê toe vir die oulike skoolkind aan die ander
kant van die toonbank: 'siende dat jy so mooi is, neem my eie vir
sestig rand. Wat sy toe doen.

Die eienaar van die winkel hinke_pink toe met sy gebreklike been terug
na sy stoel en sy stap met 'n selfvoldane glimlag by die deur uit.

Gisteroggend (Vrydag) stap sy weer daar in. Maar dié keer is die
skoolromp vervang met die kentekens van 'n polisie kaptein op haar
skouers en vergesel met twee ondergeskikte mans. Vol van haarself en
die enigste vriendelike woorde is deur die mansspeurders gebesig.

My kantoor is een blok daarvandaan en ek was binne minute in die
winkel om as stil toeskouer te sien hoe 'n gebreklike winkeleienaar
van dit wat hy met harde werk opgebou het oor jare, gestroop word.
Hoe sy sagteware gekonfiskeer word - alle rekenaars wat aan hom en nié
aan kliënte behoort nie, gelaai word. En iemand wat ten spyte van 'n
gebrek vir hom en sy vrou en heel leefbare inkomste verdien.

Wel het hy die wet oortree maar nooit het hy aan iemand 'n cd verkoop
onder die voorwendsel dat dit 'n oorspronklike is nie.

Die speurders stap daar uit, vol van hulself, tussen die sakkerollers
deur, vertrek en ry tussen die skakers met hul staatsmotor deur, en
voel hulle het hul plig gedoen.

Die brief van my is baie debateerbaar, ek weet. Jack het die wet
oortree, ek weet. Ek is nie lus om met julle te stry oor die feite
nie.

Die lang brief is net om twee dinge te sê:

1.
Ek weet ek skuld jou steeds 'n antwoord Ferdi, (êrens hier...) maar
ek is besig met baie dinge op die oomblik en ek soek na iets wat ek
nodig het eer ek jou kan antwoord

2.
Wie van ons het slegs gekoopte cd's? Om een of ander rede het die
Suid-Afrika_geit van my adres my nogal heel veilig laat voel. Hier is
mos nie Micro Softs en die tipe goed wat moeilik kan raak nie...maar
wees vreeslik versigtig met wat julle het want hiers meisies met
skoolklere.

DD

Rekenaars & selfone | 30 kommentare

Apartheid se goed en selg

Sa., 10 Maart 2001 09:56

Apartheid het beide goed en sleg in hom gehad. Indien niks anders nie, het
Aparetheid vir Suid Afrika die sterkste ekonomie in Afrika gemaak. Apartheid
het ook Suid Afrika die land met die beste infrastruktuur in Afrika gemaak.
Ja, mense is verdruk, daarteen kan niemand stry nie, maar ten minste is
hulle nie voor die voet geskiet soos in Amerika en Australie nie.

Wat is erger? Om iemand dood te skiet tot daar niks van sy nasie oor is om
teen jou te bakly nie, of om net eenvoudig te sê, kom ons loop ons eie
paadjies? Nie dat een van die twee antwoorde goed is nie, maar dit is 'n
kwessie van "choosing the lesser of two evils".

Vergelyk wat ons kak wittes aan die swart mense hier in Suid Afrika gedoen
het, met dit wat die Amerikaners en Autraliers gedoen het, dan kom jy agter
dat ons wit mense hier nie verdien om sulke harde klippe te kou nie. Dit is
nie regverdig nie. Daar het minder mense in die hele tydperk van Apartheid
doodgegaan as wat tans per jaar in die res van Afrika aan oorloë sterf. BAIE
MINDER.

Die huidige regering is gans en al te vol bravado in terme van sy "sukses".
Hy het nog niks in die land gedoen behalwe om 'n paar ou klein huisies te
bou nie en te "probeer" om dit wat apartheid gebou het in stand te hou nie,
of soms af te brand soos in die geval van die Pretoria Stasie.

Die feit van die saak is dat die res van die wit wêreld dink 'n swart man
kan nie rassisties wees nie. My ervaring is darm nog dat die meeste swart
mense wat ek ken regtig gawe mense is met integriteit en meesal ook nie
heeltemal mal is oor die ANC nie. Die een ding wat die swart mense in gemeen
het met wie ek oor politiek praat, is dat hulle hoogs geleerd is. Almal
tersiere opleiding van een of ander aard gehad.

Die ANC kan nie bekostig om die massas op te voed nie, want as hy so eerbaar
sou wees om dit te doen, sal hy nie na so 12 jaar of wat weer verkies word
nie. Enige iemand met 'n besef van wat in die regte wêreld aan die gang is
en wat vooruitgang werklik verstaan en begryp KAN NIE VIR DIE ANC STEM NIE.

Ek is nie baie positief vir Suid Afrika nie. Die eenvoudige rede is dat die
res van Afrika nie die mas kon opkom na onafhanklikheid van wit
heerserslande nie. Wat maak Suid Afrika so spesiaal? Wat laat ons dink ons
is anders as Zimbabwe of Mosambiek?

Dit het nog altyd so gewerk dat die heersende party alles doen om aan bewind
te bly. Ons regering het net die bygevoegde plesierkie om 'n geld koei in
die vorm van die wit Suid Afrikaner te hê wat hom lekkerder kan laat leef
(en langer) as die res van Afrika se diktators.

SA is die mooiste land in die wêreld, maak nie 'n fout nie. Dit is net die
jammerte dat ons nie so spesiaal is as wat ons dink nie. Die 1994 euforie
moet nog rusplek kry, dan kan ons dalk die waarheid sien.

Ten slotte...

Nie alle wit mense is bliksems nie, en nie alle swart mense is bliksems nie.
Dit geld vir alle rasse te aarde. Die probleem was in alle geval nog nooit
rasse nie, dit was net so bleddie maklik om te sê swartes is kak, kom ons
hou hulle uit.

Wat daardie woordelose wit mense in beheer destyds eintlik wou sê was.......

"Ons het nie tyd om te wag vir die res van Afrika om te ontwikkel nie. Die
meerderheid van hulle leef nog met die bos in die kop, kom ons skuif hulle
weg van ons af sodat ons kan verder vooruitgaan."

Die feit van die saak is dat die ontwaking van die swartman juis is as
gevolg van die goedhartigheid (nie seker of dit die regte woord is nie) van
die wit man wat hom gedwing het om skool toe te gaan. Ons het Afrika 'n stem
gegee, net jammer dat die meerderheid van Afrika se mense nog steeds nie
verstaan wat daai stem sê nie, en die wat die brein agter die stem is,
hebsugtig is en alles vernietig.

Dus is die probleme in Afrika nie 'n kwessie van rasse nie, maar 'n kwessie
van wies het wakker geword tot die roeping van vooruitgang en wie bestaan
maar net soos altyd.

Daar is net twee tipes mense in my kop as ek na enige nasie of ras kyk, die
wat 'n beter wêreld wil hê en daartoe werk, en die wat nie weet dat daar 'n
beter wêreld is nie, en dus net gebruik en onbewustelik vernietig. Natuurlik
kry jy die derde kategorie ook, soos die waarin Zim se Mugabe val. Hy is
bewus van 'n beter wêreld, maar kan nie 'n veer voel daarvoor nie. Hy gun
dit ook nie vir niemand nie. Hy sal sy eie mense se toekoms bederf deur sy
hebsug en selfsug.

Ek hoop die brief dra die boodskap oor wat ek wou oordra.

Anige vrae kan aan my gerig word by anto...@yahoo.com

Groete.
Antowan.

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Hallo almal

Vr., 09 Maart 2001 23:36

Sit hier by die werk en wonder hoeveel van julle wat
nou daar oor die see bly, luister na Radio Sonder
Grense oor die internet. Sommige van julle sal dalk
nie weet van die stasie nie, dit is die ou Afrikaanse
stasie. Soek hom gerus op, julle kan selfs deel neem
aan die nagtelike gesels program.

Danie

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
My mind not only wanders; sometimes it leaves completely.

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Oor Afrikaans en Nederlands

Vr., 09 Maart 2001 22:15

Interesante stukie raak geloop by http://www.afrikaans.nu/pag2.htm

Die gevolge van die oorstap op 'n nuwe kultuurtaal

Die afstap van Nederlands op Afrikaans as ons kultuurtaal, het ons meer
verdriet gebring as heil.

In die Nederlandse taalgebied word tans ongeveer 20,000 boektitels per
jaar op die mark gebring. In Afrikaans sowat 3,500. 'n Vlaamse of
Nederlandse biblioteek of boekwinkel staan vol Nederlandstalige werke,
met op 'n rakkie boeke in ander tale. Dit is die geval in Suid-Afrika
nie, inteendeel. Het ons by Nederlands as kultuurtaal gehou was alle
Nederlandstalige boeke ook in Suid-Afrika vir die Afrikaner beskikbaar
en vice versa.

Afrikaans het stigmataal geword. Apartheidstaal. Het ons by Nederlands
as kultuurtaal gehou was die stigmatisering nie moontlik nie, want dan
was ons taal 'n internasionale taal, soos wat dit tot en met 1925 was.
Die amptelike taal van Namibië sou Nederlands gewees het en nie Engels
nie (Afrikaans is daar die lingua franca en Afrikaans = Nederlands).

Van die 4,000 Nederlandstalige tydskrifte sou daar ook op ons
winkelrakke gepryk het, waar Engels nou heers. Dan was trouens alle
Nederlandstalige kultuurprodukte uit die hele Nederlandse taalgebied
(Zuid-Afrika, Vlaanderen, Nederland en Suriname) gemeengoed, soos tans
vir Engels in die Engelstalige lande.

In Vlaandere word weekliks 'n Nederlandstalige 'top tien' musiekprogram
op TV en radio aangebied. In Suid-Afrika is dit met die skrapse aanbod
van Afrikaanstalige musiek gewoon onmoontlik, maar sou moontlik gewees
het indien ons by Nederlands as kultuurtaal gehou het.

Dan het ek dit ook oor video's, rekenaarprogramme, rekenaarspelletjies,
tv-programme, films, ens., wat ek in Nederlands ken, maar soms ver
daarna moet soek in Afrikaans. Het ons by Nederlands as kultuurtaal
gehou was dié produkte in my moedertaal wel vir my as Afrikaner
beskikbaar en vice versa.

Afrikaans, ons taal | 68 kommentare

soos geprofeteer

Vr., 09 Maart 2001 17:59

Na aanleiding van wat Jonas en ek genoem het in 'spreekwoorden' , hoe
voel julle oor die feit dat die letter 6 so dikwels gebruik word in
die rekenaar/internet wêreld en het julle al opgemerk hoe populêr drie
sesse in ondermeer adresse is?

Dit sal veral interessant wees om die boedhis se mening ook daaroor te
hoor.

DD

Koeitjies & kalfies | 20 kommentare

Was deel van die ou Arme army se sêgoed

Vr., 09 Maart 2001 06:05

Ja-nee Gloudina, in die woorde van oom jannie Smuts: "die bruin perd gaan
nog vir julle afgooi!"
En die betrokkenheid/afsydigheid van die kerke (almal) om regtig stand in te
neem is iets waaroor ons nog lank kan gesels en argumenteer. Dit het my ook
vrae aan predikante laat vra op 'n jeugdige en in die daardie
"hell-for-leather" tydperk van 'n mens se lewe, en ek kon geen goeie
agrument van hulle kant kry nie. Apaties en in die woorde van 'n omie wat
ek ken: "Dit lyk vir my die kerk (NGK) is nes 'n skoothondjie op PW se
skoot. Hou hy nie van die hondjie se gevroetel nie, dan smyt hy hom af.
Netnou voel hy weer jammer vir die arme ou dingetjie, dan tel hy hom maar
weer op. En die kerk gaan maar gedwee saam"
Ja ek dink die paranoïese vrees vir oorheersing deur 'n vreemde ideologie was
'n groot invloed in die denke van die politici van die dag wêreldwyd.
Ek self was nog maar 'n tjokkertjie toe manne soos sir Div en Strydom en
Verwoerd en Helen Suzman en Colin Eglin mekaar die hare gewas het, maar wat
ek nou nog nie kan verstaan is nie dat soos ek gesê het, mense met 'common
sense' sulke nonsens kon aanvang in die naam van "die Vaderland" My pa het
altyd gesê oor die 'volksfeeste' wat met hoed, ruiter, bandolier, perd, vlag
en karwats gehou is: "Hys die vlag en tel die helde, hys die helde en tel
die vlag!".
Hy is nog een van daardie skaars ou Bloedsappe wat darem die voorreg had om
vir PW Botha aan sy broek se gat by 'n Sap vergadering uit te gooi in 1936.
Dit het hom in later jare genoop om te dink dat hy die "mannetjie daardie
tyd 'n beter opstopper moes gegee het, dan sou SA hom dalk gespaar gewees
het..."

Terug by die verlede:
Ek dink die hele opset van die wrewel van gebeure in die tweede Wêreldoorlog
en wat in die ABO 50 jaar tevore gebeur het, het aanleiding gegee tot 'n
absolute anti-britse gevoel onder die 'volk'. Dit, tesame met Smuts se
betrokkenheid by destydse wêreldgebeure, en dan ook dink ek die besef onder
die afrikaner politici van die dag dat hulle gesamentlik nie die
staatsmanskap en politieke vernuf (clout) had om enigiets anders te vermag
nie, het gelei tot die uiteindelike besluit om dan maar die mense van die
land teen mekaar van mekaar af weg te hou, en sodoende ons land teen mekaar
gepolariseer het.
Onthou net dat die Nattes destyds parlementêre mag tot elke prys behou het
deur die afbakening van kiesafdelings so te sny dat die opposisie
gemarginaliseer is. Ek het op 'n stadium in die Helderberg kiesafdeling
gewoon. Dit is nou veronderstel om die omgewing van Somerset-Wes te wees.
Vir 'n begin was die Strand nie deel daarvan nie, maar 'n gedeelte van
Brackenfell en 'n klein gedeelte van Kuilsrivier was daarby ingedeel. Net
om meer van die 'afrikaner' stem te kan hê. Dié dat Chris Heunis in 'n
verkiesing met 39 stemme oor Dennis Worral kon wen. En almal weet dat daar
'n suursop deurgeloop het by die stemtellery! Dit was in die dae nog voor
die OVK.

Maar genoeg daarvan. Netnou dink julle weer ek aspireer om die pos van
eerste minister van die Republiek van SCSAA.
Moet nou net nie almal tegelyk vir die pos aansoek doen nie. Dit moet nog
ingewerk word in die begroting wat nog uitgewerk moet word sodat ons dan sal
weet wie is ingewurm wat nog nie uitgewerk is nie, en die wat nie ingewerk
is nie wat nog ingewerk moet deur die uitwerk van die begroting wat so
verklein is dat dit ook nie meer 'n begroting is nie, maar die aansien van
'n verkleining gekry het. Dus sal die uitwerking daarvan op die inwurming
en uitwerkery 'n fyn uitgewerkte plan tot gevolg hê met geen uitwerking op
die algemene staat tot die prys van eiers en die algemene politieke toestand
van die stand van Afrikaans in die Noord-Sahara wat suid van die Italiaanse
invloed geleë is nie, wat weer sterk bande met die Arktiese Antie ver weg in
die vreemde van Ottowaanse belydenisse te make het...

Thys oppie Bos voor die naweek.... (Met 'n groot tong in die kies)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

S.M.A.R.T.

Do., 08 Maart 2001 17:34

Wat is die "S.M.A.R.T. capability" wat die 'motherboard' van
praat as ek die rekenaar aanskakel?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

heerlikheid, wat 'n ryke dag!

Do., 08 Maart 2001 07:40

Gloudiena:
Ek kry dit hier, in Ottawa.Kan jy vir my vertel hoe jy op die"leuce" as
skuilnaam besluit het, Samuel Murray? En hoe gaan dit met die getroude lewe?

Leuce:
Dis my vierde internet nick. Die eerste ene wat "Clarah Hallstein" (uit 'n
Duitse skoolhandboek gekry), daarna "debbie" (my een DM se meisie se naam),
daarna "coinquay" (spreek hom in Engels uit, luister in Afrikaans), en toe
uiteindelik "leuce". Dis 'n verwronging van my eerste meisie se naam, Lucy.
Die meisie is lank nie meer nie, maar die nick bly klou.

Die getroude lewe? Heerlik, hoor. Ijlant en ekke is heel gelukkig. Jy
moet 'n draai kom maak by ons in L (die voorstad van afgetrede professors,
advokate en koerantredakteurs) as jy weer in Jansberg 'n draai loop.

Erm, wie is Samuel Murray? *loer*

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Wilde Woordeboek

Do., 08 Maart 2001 05:43

Hierdie blykbaar die 9de en laaste jaar vir hierdie kompetisie. Is dit
beskikbaar op Internet?
Wonderlike woorde is geskep as gevolg van hierdie kompetisie.
Ek hou veral van vloermoer vir " tantrum"

--
ann...@ctnet.co.za
Red wine lover.

Afrikaans, ons taal | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    956  957  958  959  960  961  962  963  964  965  966  967  968  969  970  971    »]
Tyd nou: So. Jan. 11 19:34:59 UTC 2026