ANC-jeugligaleier, mnr. Julius Malema, word deur 'n stortvloed klagtes
in die gesig gestaar nadat hy 'n rassistiese uitbarsting voor 'n
studentegehoor gehad het.
Malema het studente van die Universiteit van Johannesburg onder meer
aangehits om "Kill the boer" te sing.
Die Vryheidsfront+-leier en adjmin. van landbou, dr. Pieter Mulder,
beplan om 'n klag van haatspraak teen Malema in te dien.
"Spraakvryheid sluit nie in dat haat op grond van ras, geslag of
geloof aangeblaas kan word nie..."
Volgens die Sowetan het Malema onder meer gesê: Skiet die boere, hulle
is verkragters".
Oud-pres. Nelson Mandela het vergifnis bepleit, maar swart mense moet
nooit vergeet wat met hulle gebeur het nie, het Malema volgens die
koerant gesê.
Malema het glo ook die Kaapse premier, me. Helen Zille, daarvan
beskuldig dat sy 'n satanis is en kerke in die Wes-Kaap afbreek.
Oor me. Patricia de Lille sou hy glo onder meer gesê het dat geen
normale man met haar sou trou nie.
Malema het glo ook gesê dat rykdom van "mnr. Nicky Oppenheimer se
familie gevat moet word om aan die mense van Suid-Afrika te gee".
Mnr. Ernst Roets van Afriforum-jeug het gesê sy organisasie gaan 'n
klag by die Gelykheidshof indien. Dit is nie die eerste keer wat
Malema die Peter Mokaba-lied gesing het nie. Hy het dit verlede week
in Polokwane by sy verjaardagvieringe gesing - dis 'n provinsie waarin
ses boere die aflgelope maand vermoor is, het Roets gesê.
"Julius Malema is 'n verleentheid vir nie net die jeug nie, maar ook
vir die hele land."
Die Afrikanerbond het 'n klag by die Menseregtekommissie ingedien.
ANC-woordvoerder, mnr. Ishmael Mnisi, het vroeër gesê die party sal
met Malema praat oor sy uitlatings, maar later gese die ANC het nog
nie besluit of hulle met hom daaroor gaan praat nie. - Sapa
’n Sakeman van Bedfordview, Johannesburg, is gisteroggend koelbloedig
voor sy vrou doodgeskiet toe hy vermoedelik in reaksie op haar gille
uit die stort hul slaapkamer binnegestorm het.
Mnr. Michael Palm (50) van Kingsweg is doodgeskiet nadat rowers eers
die huiswerker en tuinwerker (wie se name nie verstrek is nie) by die
agterdeur en daarna sy vrou, Mary-Lynn (48), oorval het nadat sy die
agterdeur oopgesluit het, het kapt. Roelien Marais,
polisiewoordvoerder, gister gesê.
Die vermoede bestaan dat die rowers op die een of ander manier die
kode vir die veiligheidshek bekom het en só toegang tot die erf verkry
het. Toe die huiswerker omstreeks 07:00 by die huis opdaag, het die
vrou se motor in die oprit gestaan met een insittende in.
Die huiswerker het vermoed dit is die gesin se motorbestuurder en dat
mev. Palm wou ry.
Twee rowers het haar op pad agterdeur toe met vuurwapens aangehou.
Hulle het toe reeds die tuinwerker oorrompel.
Mev. Palm het oudergewoonte die agterdeur vir die huiswerker
oopgesluit. Dis is toe dat sy ook oorval en aangehou is.
Van die vier rowers het die tuinwerker en huiswerker in die kombuis
aangehou terwyl die res mev. Palm na die hoofslaapkamer gedwing en
geld geëis het.
Die vermoede is dat mnr. Palm die rumoer buite die stort gehoor het en
die slaapkamer ingestorm het om sy vrou te help.
Hy is koelbloedig in die bors geskiet, al het hy kaal uit die stort
gekom en dus geen wapen by hom kon gehad het nie.
Die moordenaars het daarna met mev. Palm se handsak, haar man se
beursie en ’n bos sleutels gevlug.
Hulle het nie enige van die gesin se motors gesteel nie.
Dit is nie bekend hoe hulle gevlug het nie.
Die egpaar se seun, Brain, in sy 20’s, wat in ’n woonstel bo-op die
garage langs die huis woon, het na buite gegaan toe hy die skoot
gehoor het. Die moordenaars was al weg.
Die egpaar se dogter, Hailey, ook in haar 20’s, het gisteroggend van
Rustenburg gekom om haar ma by te staan.
Mnr. Palm het sy eie spysenieringsmaatskappy bedryf met kantore in
Steeldale en Alberton.
Verlede Woensdag is mnr. Donovan Smith (75) van Dowerglen uitbr. 2,
Bedfordview, in die sitkamer van sy huis doodgeskiet.
Die sleutel was nog in die slot van sy veiligheidshek en sy beursie
het op ’n tafel by die lyk gelê.
On Mar 14, 10:25 am, Etienne Marais wrote:
> Man shot on farm
> 2010-03-14 08:42
>
> Pretoria - A 46-year-old man has been shot and wounded on a farm in
> Potchefstroom on Saturday night.
>
> Unknown attackers apparently shot the man with a shotgun through his
> bedroom window as he lay asleep. The man’s father, who was also
> asleep in the house, was not injured.
>
> ER24 paramedics rushed the injured man to hospital where his condition
> is critical.
>
> Police are investigating the incident.
>
> - News24
> (http://tinyurl.com/yl43kjf)
========================================================
Nog ‘n plaasmoord in Noordwes
2010-03-14 10:02
Johannesburg – ‘n Boer is in sy bed in sy huis op sy plaas naby
Potchefstroom doodgeskiet. Paramedici sê die man (46) is noodlottig
gewond toe skote deur sy kamervenster gevuur is.
“Hy het menigte skietwond aan die linkerkant van sy rug opgedoen. Sy
beserings was noodlottig,” het Vanessa Jackson, woordevoerder vir
ER24, Sondag gesê.
Die man se pa, wat ook in die huis was tydens die voorval, is nie
beseer nie.
Polisie in die Noordwes wou nie kommentaar lewer nie.
Johannesburg – ‘n 65-jarige boer is Vrydag buite Marble Hall vermoor,
het polisie in Limpopo gesê.
“Die verdagtes het vanoggend toegang tot die huis bekom deur die
agterdeur te breek. Hulle het Jan Wheeler in die slaapkamer
oorweldig,” het supt. Ronel Otto gesê.
Hy was herhaaldelik met ‘n skerp voorwerp gesteek.
“Die verdagte het gevlug nadat hy ‘n paar elektriese huishoudelike
toebehore geneem het.”
Hulle het weggejaag met Wheeler se wit bakkie.
Volgens Otto is die polisie op soek na vyf mans wat met die voorval
verbind word.
ANC het dié boer se dood veroorsaak’
2010-03-13 10:32
Marietie Louw-Carstens, Beeld.
Agri SA gee ANC-politici die skuld vir nóg ’n plaasmoord in Limpopo
gisteroggend.
Jan Wheeler (65) is in die vroeë oggendure op ’n plaas sowat 10km
buite Marble Hall vermoor waar hy as ’n bestuurder gewerk het. Hy is
met ’n skerp voorwerp gesteek en verskeie kere geskiet.
Die moord kom drie dae nadat Julius Malema, president van die ANC-
jeugliga, tydens ’n studentesaamtrek by die Universiteit van
Johannesburg gesing het: “Skiet die Boere, hulle is verkragters.”
Dr. Theo de Jager, visepresident van Agri SA, het gesê: “Die ANC kan
nie vra vir moord op boere en dan omdraai en sê hulle het niks daarmee
te doen nie.”
Volgens hom veroorsaak uitsprake soos Malema s’n plaasmoorde. “Dit het
destyds begin by Peter Mokaba en sy ‘kill the Boer, kill the farmer’.
Dit kan nie so aangaan nie, daar sal ’n duidelike streep in die
samelewing getrek moet word oor dié uitsprake. Die ANC kan nie vra vir
nog plaasmoorde nie.”
Marie Helm, streekbestuurder van TLU SA-Noord, het gesê Malema het met
die sing van die liedjie gewys hy en die ANC het geen respek vir lewe
nie. “Hulle skep daardeur ’n klimaat vir volksmoord en dit is vir
hulle aanvaarbaar.”
Helen Zille, DA-leier, het gesê pres. Jacob Zuma se weiering om
homself van die liedjie “Kill the Boers, they are rapists” te
distansieer, suggereer dat hy sy “goedkeuring gee om mede-Suid-
Afrikaners dood te maak”, berig Sapa.
Wheeler is die vyfde mens wat binne drie weke op plase in Limpopo
vermoor is.
Volgens Paul Jacobson het van die plaaswerkers glo inligting gekry dat
daar ’n aanval op Wheeler, sy oom, gaan wees. Hulle het die eienaar
van die plaas waarop Wheeler gebly het daarvan ingelig.
Die eienaar het die polisie daaroor gebel. Jacobson het gesê die
veiligheidshek by die agterdeur van sy oom se huis is oopgebreek.
Wheeler is in die hoofslaapkamer oorval.
Hy was alleen tuis, want sy vrou, Lorraine, is in die Groblersdal-
hospitaal met ’n gebreekte been.
Supt. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê Wheeler is
eers met ’n skerp voorwerp gesteek, waarna hy verskeie kere geskiet
is.
Jacobson het gesê ’n ketel, mikrogolfoond, elektriese braaier,
stoompot en twee DVD-spelers is uit die huis gesteel. Die aanvallers
het in Wheeler se vragmotor gevlug.
Otto het gesê die polisie sal ondersoek instel na die wenk wat glo oor
die aanval deurgegee is.
’n Spesiale span polisielede is volgens haar saamgestel om Wheeler se
moordenaars vas te trek.
Teen druktyd is niemand nog in hegtenis geneem nie
Dokter vermink kind se geslagsdeel
2010-03-08 10:10
Wat ‘n wat ’n eenvoudige prosedure in ’n staats-hospitaal moes wees,
het ‘n kleuter die helfte van sy penis gekos.
Marco van Vuuren, 5, se ma Hester het vier maande terug haar seun
hospital toe geneem om besny te word. Maar iets het daardie dag in die
staatshospitaal op Vryheid verskriklik skeefgeloop.
Van wat eens die normale geslagsdeel van ’n vyfjarige seuntjie was,
bly net ’n stompie oor. En ná maande van pynlike prosedures en
doktersondersoeke lê die moeilikste bult nou voor: om vir ’n seuntjie
te moet verduidelik hy sal nooit heeltemal soos ander seuns en jong
mans wees nie.
Die Kubaanse dokter moes net ’n klein snit maak en haar kleuter besny,
het Hester aan Huisgenoot vertel. Maar toe gebruik hy stikstof, en hy
verbrand Marco se penis so verskriklik dat die hele kop doodgegaan en
vyf weke later letterlik afgeval het.
Kaapstad. – Wit landsburgers wat hul dienstegeld weens swak
dienslewering weerhou, kan hulle regmaak vir “oorlog”.
As gesprekke met die nasionale belastingbetalersunie (NBU) wat vir
volgende maand beplan word, misluk, gaan die regering wanbetalers hof
toe sleep.
So het mnr. Sicelo Shiceka, minister van koöperatiewe regering, gister
tydens ’n ministeriële inligtingsessie gewaarsku.
Hulle “ondermyn” munisipaliteite, het Shiceka gesê en gewaarsku sy
departement sal hom tot die hof wend as die voorgenome samesprekings
met die NBU nie vrugte afwerp nie.
“Ons het uitgevind daar is meer as 280 organisasies – ongelukkig almal
wit – wat ’n parallelle regering vorm deur die geld wat
munisipaliteite toekom, in ’n trust te betaal. Dit ondermyn
munisipaliteite se vermoë om dienste te lewer,” het Shiceka gesê.
Volgens hom moet gegriefde inwoners eerder met die regering praat.
“Kom ons tree in gesprek oor die slaggate en die gebrek aan
dienslewering.”
Inwoners van sowat 300 dorpe oor die land heen weerhou hul belasting
en dienstegeld onder leiding van die NBU. Dié geld word in
afsonderlike rekenings betaal en gebruik om dienste op eie houtjie reg
te ruk.
Die minister het aan Beeld gesê hy gaan in April met die NBU
vergader.
“Vir nou stem hulle deur hul geld (te weerhou). Maar wat hulle doen,
is onwettig. Dis hoekom ons eers wil praat.
“As dit misluk, sal ons regstappe doen. Ek het my departement klaar
opdrag gegee om die moontlikhede te ondersoek.”
Mnr. Jaap Kelder, voorsitter van die NBU, het by navraag ontken hul
optrede is onwettig.
Hy het gesê in al die dorpe waar belastingbetalers geld weerhou, is
daar vooraf eers ’n dispuut met die munisipaliteit verklaar.
Volgens hom het Shiceka nog nie ’n afspraak met die NBU gemaak nie.
“Uiteraard sal ons met die minister vergader, maar hy moet sy
munisipale bestuurders saambring. Een ding moet hy wéét: Dit gaan nie
net by praat ophou nie, ons wil aksie sien.”
Shiceka het gister toegegee net behoorlike dienslewering sal inwoners
oortuig om weer hul dienstegeld te betaal. Volgens hom wil die
regering juis wit gemeenskappe betrek, “want hulle het die vaardighede
en die hulpbronne” om ’n verskil te maak.
Shiceka sal vandag, wanneer hy met LUR’s vergader, ’n strategie
voorhou om gewelddadige protesoptogte te beperk.
Nóg 3 bejaardes in huise vermoor in vlaag van aanvalle
2010-02-21 22:37
Fanie van Rooyen
Die vlaag van moorde op bejaardes het die naweek voortgeduur toe nog
drie mense by hul huise in onderskeidelik Mokopane, Limpopo en
Eldoraigne, Centurion, vermoor is.
Mnr. en mev. Jozua (70) en Esmé Booysen (54) is Vrydag deur rowers
buite hul huis op ’n mynperseel in Mokopane ingewag en met klippe
doodgegooi.
Die tuinwerker van mnr. Jerzy (George) Kanienski (60), ’n ingenieur
wat oorspronklik van Pole kom, het eergisteroggend omstreeks 07:00 op
Kanienski se bebloede lyk afgekom waar dit in ’n gang in sy huis in
Eldoraigne gelê het.
Kanienski se hande was met kabelbinders vasgebind en daar was
steekwonde aan sy liggaam.
Dit volg nadat ses bejaardes reeds sedert begin vanjaar in Pretoria
vermoor is.
Kapt. Louise Reed, polisiewoordvoerder, het gesê Kanienski is
waarskynlik Vrydag laatmiddag reeds deur ’n onbekende aantal rowers
vermoor.
Die rowers het met slegs ’n kamera en twee handwapens van Kanienski
gevlug.
“Dis verskriklik, ek weet nie eers wat om te sê nie,” het ’n bedroefde
me. Johanna Fidos, ’n niggie van Kanienski en sy enigste familie in
die land, gister gesê.
“Ek verstaan nie hoe jy iemand vir niks kan doodmaak nie. Is ’n kamera
en twee pistole werklik iemand se lewe werd?”
Fidos het Donderdag laas met Kanienski gepraat en hulle sou eergister
ontmoet het om te kuier.
“Ek het uitgesien om hom te sien, maar toe bel ’n vriend van hom wat
deur die polisie gekontak is my om my van sy dood in te lig,” het sy
gesê.
“Dit is ’n absolute skok.”
Kanienski, wat by die departement van waterwese gewerk het, woon al
meer as 25 jaar in Suid-Afrika. Hy is jare gelede geskei en het geen
kinders gehad nie.
Supt. Ronel Otto, polisiewoordvoerder in Limpopo, het gister gesê die
Booysen-egpaar het Vrydag gaan inkopies doen en is by hul terugkeer by
hul huis deur vermoedelik twee rowers oorval.
“Twee van die egpaar se werkers is vroeër die dag deur die rowers
oorval en in die huis vasgebind,” het Otto gesê.
“By hul aankoms by hul huis is die egpaar toe ook deur die rowers
oorval en met klippe doodgegooi.”
Die rowers het volgens haar verskeie vuurwapens uit die Booysen-egpaar
se huis gebuit en in mnr. Booysen se Mercedes-Benz van die toneel
gevlug.
Die egpaar se werkers kon hulself loswikkel en het hulle na ’n
nabygeleë polisiekantoor gehaas om die voorval aan te meld.
Die polisie het kort daarna die Booysen-egpaar se lyke by hul huis
gekry.
Mnr. Booysen se uitgebrande motor is later sowat 20 km van die
moordtoneel deur die polisie gekry.
Niemand is nog in verband met dié moorde aangekeer nie.
Die moordenaars van ’n bejaarde vrou van Northmead, Benoni, was teen
gister nog op vrye voete.
Mev. Alice Botha (75) is in die gang van haar huis dood weens ’n hou
teen die kop.
Haar man, Jack, (ook 75) word in die hoësorgeenheid van die Unie-
hospitaal in Alberton behandel waar sy toestand gister nog as
bedenklik bestempel is.
’n Onbekende aantal mense het die egpaar Vrydagnag in hul huis in
Negende Laan oorval, het konst. Ron Nchali, polisiewoordvoerder,
gesê.
Die egpaar se dogter, mev. Antoinette Jannecke, het op hulle afgekom
toe sy en haar vriend, mnr. José Vieira, van ’n fliek by die huis
gekom het.
Vieira het gesê toe hulle omstreeks 23:00 by die huis kom, was die
garagedeur oop en was daar bloed op die deur se handvatsel.
“Dit was alles vreemd. Antoinette is eerste by die huis in en het haar
pa op die vloer in die kombuis gekry.”
’n Vreemde man het uit een van die vertrekke kombuis toe gekom om by
die huis uit te gaan, het Vieira gesê.
“Hy het ’n baie welkome houding gehad, asof hy die volste reg het om
in die huis te wees.”
’n Struweling het buite die huis tussen Vieira en die vreemdeling
ontstaan, maar die vreemdeling het hom glo nie teëgesit nie.
“Antoinette het intussen histeries begin gil en ek het besef sy is
alleen in die huis. Ek het toe net ingehol en hy het weggekom.”
In die gang na die slaapkamer het mev. Botha se lyk gelê.
Konst. Godin Nyathi, polisiewoordvoerder, het gesê dit is nog nie
bekend wat alles gesteel is nie, maar ’n plastieksak met selfone en
juwele is in die tuin opgetel.