Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Boetman se nefie se pel is die moer in ..

Vr., 15 Junie 2001 09:07

Jy het seker al agter gekom ek raak partykeer geirriteerd met mense.

Miskien

is ek verkeerd, maar mese doen sekere goed wat my de bliksem in maak. Soos

wanneer iemand na sy horlosie toe wys as hy my vra wat die tyd is. Ek weet

waar my horlosie is pêl. Waar de fok is joune?????? Wys ek na my voël toe

as

ek vra waar die toilet is?

Of soos wanneer iemand gewillig is om van sy gat af op te staan en die hele

donerse kamer vol te soek vir die remote omdat hy weier om na die TV toe te

loop en die channel te change.

Of as iemand sê "dis altyd op die laaste plek wat jy soek." Natuurlik is

dit. Hoekom sal jy nou fokken aanhou soek nadat jy die donderse ding gekry

het. Doen mense dit??? Wie is hulle en waar is hulle????

Of terwyl jy in 'n fliek sit en iemand vra "het jy dit gesien?". Nee d&*#,

ek het R30-00 betaal om na die fliek toe te kom en na die vloer te staar.

Of as iemand my vra " kan ek jou 'n vraag vra?" Gee my nie eintlik 'n keuse

nie né. Ek meen jy't my mos nou al klaar 'n fokken vraag gevra???

Of hierdie advertensie $#(% wat iets adverteer as "new and improved". Wat

is

dit nou eintlik?? Ek meen, as iets nuut is, dan was daar mos nog nie iets

voor dit nie. As dit "improved" is, dan moes daar mos iets gewees het

waarop

hulle ge "improve" het. So hoe de fok kan dit "new and improved" wees.

Of as iemand sê die lewe is kort. Kak. Dis die langste fokken ding wat

enige

een van ons ooit sal doen. Wat gaan jy doen wat langer is as dit??

Of as jy vir die bus sit en wag en iemand vra jou of die bus al gekom het.

As die bus al gekom het, sou ek nog hier gesit en wag het, knop kop.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Nuwe In Ding?

Vr., 15 Junie 2001 05:04

Vierkantige waatlemoene. Van Japan. Teen R664 stuk.
--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Nederlanders se erfenis

Do., 14 Junie 2001 22:35

> Luister maar wat Verwoerd in die toespraak sê:
> Die lone wat blanke onderwysers verdien is glad nie 'n bruikbare
> of toelaatbare kriterium vir die Bantoe-onderwysers nie."

Gloudina : En hierdie man is in Nederland gebore.

Wouter : Ek het mos gesê ons het apartheid van die Nederlanders geërf :-))

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Path to Glory

Do., 14 Junie 2001 21:53

On Fri, 15 Jun 2001 14:03:12 GMT, @home.com wrote:

>
> Ek moet objekteer...
>
> Gloudina
>

en ek maak beswaar teen jou anglisistise taalgebruik Gloudina

DD

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: DEFINITION OF BRAAING:

Do., 14 Junie 2001 10:09

Issie so nie!!!!!!!!!!!! ;-)))))))
Sakkie

"krokkie" skryf in boodskap news:3b287a69$0$228@hades.is.co.za...
> "It's the only type of cooking a 'real' man will do".
> When a man volunteers to do such cooking, the following chain of events is
> put into motion:
> 1. The woman goes to the store.
> 2. The woman fixes the salad, vegetables, and dessert.
> 3. The woman prepares the meat for cooking, places it on a tray along
> with
> the necessary cooking utensils, and takes it to the man, who is lounging
> beside the grill, drinking a beer.
> 4. The man places the meat on the grill.
> 5. The woman goes inside to set the table and check the vegetables.
> 6. The woman comes out to tell the man that the meat is burning.
> 7. The man takes the meat off the grill and hands it to the woman.
> 8. The woman prepares the plates and brings them to the table.
> 9. After eating, the woman clears the table and does the dishes.
> 10. The man asks the woman how she enjoyed "her nightoff." And, upon
> seeing
> her annoyed reaction, concludes that there's just no pleasing
>
> some women.
>

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Tamatie chutney

Do., 14 Junie 2001 09:49

2 tert apples, geskil en gepit
1 Kg tamaties, geskil
2 medium uie
200g sultanas (fyn gemaak)
200 g suiker
400 ml asyn
15 ml (3 teelepels) moster
15 ml (3 teelepels) gemer
15 ml (3 teelepels) sout
1 ml (1/4 teelepel) cayenne peper

Maak 2 liters

1) Meng al die bestandele (behalwe die sultanas) in 'n groot pot. bring tot
kook en prut dan
tot die tamaties en apples sag is (roer nou en dan).
2) Liquidise (of sif in growe sif) om 'n puree te form. Sit terug op stoof.
3) Roer sultanas in en bring tot kookpunt. Prut totdat die regte teksteer
behaal is. Sit en skoon gesteriseerde bottles en en seël onmiddelik.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Mango chutney

Do., 14 Junie 2001 09:49

3 Kg groen mangoes (dun gesny)
250 Kg pitlose roesyne
400 g suiker
1 litre asyn
5 ml fyn gemmer
5 ml sout
(daar kan 1-2 ml caynne peper bygevoeg word)

Maak 4 litre

1) Sprinkle sout oor die mangoes en sit in groot pot. Tesame met al die
bestandel.
2) Bring tot kookpunt en prut (sonder deksel) totdat die chutney begin
dikkerig word.
3) Sit in bottels en seël.

Kos & resepte | 5 kommentare

Blatjangs:

Do., 14 Junie 2001 09:36

Sou iemand in die Tamatieblatjang, of die 2 appelblatjang resepte
belangstel?

Appelblatjang no 1: Dieselfde as die kweperblatjang, maar die kwepers word
met appels vervang.

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Perskeblatjang

Do., 14 Junie 2001 09:34

50 ryp geelperskes, 3 uie, 1/4 koppie sout ( ????!!!!), 2 bottels asyn,
5 rissies, fyn gekap, 2 eetlepels kerriepoeier, 1 teelepel cayenne peper,
4 - 6 koppies suiker ( na smaak) - 1 eetlepel heel wonderpeper.

Skil en sny die perskes stukkend ( gewoonlik dun skywe). Kap die uie fyn.
Meng al die bestanddele, bind die wonderpeper in 'n kaasdoeksakke en voeg
dit by.
Kook dit 30 minute , of langer, in die asyn tot dit sag is en die gewensde
dikte het. verwyder die wonderpeper.
Bottel & verseel terwyl dit warm is.

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Kweperblatjang

Do., 14 Junie 2001 09:28

3 pd kwepers ( 1.5 kg) , 4 - 6 gedroogde rissies, 3 pinte asyn ( halwe
bottel?) 1 - 2 koppies suiker, 2 uie, 1/2 huisie knoffel, 1 eetlepel fyn
gemmer, 1 pd ( 125g) ontpitte rosyne, 2 eetlepels sout.

Skil die kwepers, verwyder die pitte en sny die vrugte in stukkies.
Kook dit in asyn tot dit sag is, en vryf met dit met 'n houtlepel deur 'n
sif.
Kap die rissies, die uie en knoffels fyn, voeg dit by die kwepermengsel en
meng dat dan met al die ander bestanddele
Kook omtrent 30 minute stadig totdat dit dik genoeg is. Indien benodig, kan
meer asyn bygevoeg word.
Bottel en verseel terwyl dit warm is.

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    918  919  920  921  922  923  924  925  926  927  928  929  930  931  932  933    »]
Tyd nou: Di. Mrt. 10 13:50:14 UTC 2026