Ou grappie - maar as Gloudina dieselfde ding uit die verlede oor en oor kan
sê, kan ek ook mos;)))
Ou Omie kom by die Apteker en dring daarop om 'n kwart blou Viagra pilletjie
te koop.
Hoe meer die Apteker verduidelik dat hy net eenhede verkoop, en nie
gedeeltes van eenhede nie, hoe meer hou die Oom aan - hy wil net 'n kwart
enetjie koop.
Apteker: Nou hoekom Oom?
Oom: Ag ou seun, ek wil net hê die tippie moet oplig sodat ek nie meer my
voete nat piepie nie.
Annette ( 'n Ou Oom is 'n Kwartjie:))) )
--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.
Departement het vir 12 jaar geswyg oor Staatsteater
- Stephanie Nieuwoudt -
Die parlement se staande komitee vir openbare rekenings (Skoor) het gister
bevestig dat daar die afgelope 12 jaar nog nooit 'n verslag by die parlement
ingedien is waarin finansiële ongerymdhede by die Staatsteater deur die
departement van kuns, kultuur, wetenskap en tegnologie (DKKWT) geopenbaar is
nie.
Dit is ten spyte van die feit dat die reserwefonds-skandaal by die
Staatsteater sedert 1996 pal in die nuus was en die teater verlede jaar
onder die stoflakens geplaas is deur dr. Ben Ngubane, minister van die
departement.
``My komitee het onlangs die jaarverslag van die ouditeur-generaal ontvang
en ons het elemente daarin opgetel wat kommerwekkend is. Dit wil voorkom
asof die DKKWT vir jare nie die nodige inligting aan die ouditeur-generaal
deurgegee het nie. Dit lyk inderdaad asof ons te make het met ernstige
probleme,'' het mnr. Gavin Woods, voorsitter van Skoor, gister gesê.
Vir die eerste keer ooit word in die ouditeur-generaal se verslag melding
gemaak van die geheime reserwefonds van sowat R24 miljoen wat in 1989 deur
die Staatsteater se bestuur geskep is.
Teenstrydig met bevindings in 'n ouditeursverslag en aanbevelings van die
Heath-kommissie se spesiale ondersoekeenheid, is die R24 miljoen nie in 'n
bankrekening gedeponeer nie, maar in 'n hoërisiko-belegging belê.
Dié geld is verloor en die Staatsteater tydelik gesluit.
Woods het bevestig dat hy verdere inligting van mee. Meridy Wixley en
Arlette Franks, oudlede van die Staatsteaterraad wat op die fonds afgekom
het, gekry het.
Mnr. Albert Dzuguda, korporatiewe uitvoerende beampte in die
ouditeur-generaal se kantoor, het gesê die kantoor het nie in sy normale
ondersoeke die ongerymdhede opgetel nie, want ``net geld wat van die DKKWT
na ander eenhede oorgeplaas word, word geoudit''.
Nóg die kommunikasie-hoof van die DKKWT, mnr. Andile Xaba, nóg die
direkteur-generaal, dr. Rob Adam, het gister gereageer op versoeke om
kommentaar.
"Danielle" skryf in boodskap news:6fkoitgkjvtt7spbj3ppql11s62uu1lm2q@4ax.com...
> On Sun, 17 Jun 2001 08:27:35 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Die kafferwaatlemoen( melon) en gemmer konfyt wat ons so gereeld in die
>> koshuis gekry het, het ons vlooimatrassies genoem.
>
> Vlooimatrassies??? :-))))))
> Hoop julle het darem die vlooitjies wakker gemaak voor jy hulle
> verorber het!! :-)) Ek gaan dieremishandeling op julle sit!! :-))))
>
Danielle kry sy huis-nommer en bel eers sy vrou en dan vir hom. E-pos
miskien sy swart-base met wat hy kwytraak gedurende werksure (dis nou die
tyd wanneer hy nie Engelse artikels vertaal en in Beeld pos as sy eie werk
nie)
"Danielle" skryf in boodskap news:23jpit0jrmkm3ruiamh2glgvblo0ks7ir3@4ax.com...
>
> Dag 3, en nogsteeds niks. :-)
>
> On Sun, 17 Jun 2001 16:34:07 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Dankie Davie - ek doen dit nog altyd:)))))
>
> Hehehehe....En so hol ons in sirkels rond? :-))))
>
>
>> Davie Davis wrote in message
>> news:6o6nitgreb0u6m8g81ht7hpd16nkh80mgu@4ax.com...
>>> On Sun, 17 Jun 2001 05:38:28 GMT, Danielle wrote:
>
>>>> On Sun, 17 Jun 2001 03:29:22 +0200, "Annette"
>>>> wrote:
>>>>
>>>> >Ons vorm 'n verenigde front:))))
>>>>
>>>> Vereenigd sal ons staan (Danielle wat net so effentjies agter Annette
>>>> staan en baie dapper probeer lyk!) :-))))
>>>>
>
>>> Volg haar Annette... sy's reg agter jou!
>
>>> DD
>>
>
Het so iets van dit vanoggend gehoor ja.
Die onnosel goed - as hulle geweet het die visums moet in Amerika verander
word sodat hulle daar kan werk, dan moes hulle mos al klaar geweet het hulle
het te doen met 'n verneukspul.
Annette ( moeg daarvan om sobstories te hoor van mense wat altyd die skuld
op ander wil pak as verkeerde dinge nie reg wil uitloop nie. Hulle het die
kans gevat, en dit het ongelukkig nie vir hulle uitgewerk nie. )
--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.
Danielle skryf in boodskap news:0shpitontj53tqkqukl1ag7n58770tsaar@4ax.com...
> So ruk terug het iemand juis hieroor uitgevra, en het goeie raad
> gekry.
>
> http://news24.co.za/Rapport/rapportcatarttextnew/0,4205,752_ 1040296~a,00.htm
l
>
> LEON COETZEE
>
> 'n Groep Suid-Afrikaners sit al weke lank gestrand in Amerika nadat
> hul drome van baie geld en werkgeleenthede op plase in Amerika
> skeefgeloop het.
>
> Nou gaan die Amerikaanse owerheid van hulle vra om te getuig teen die
> mense wat hulle blykbaar onder valse voorwendsels na Amerika se rykste
> landbougebied gelok het.
>
> Die sowat 35 mense - hoofsaaklik boere, hul vrouens en kinders - sit
> in 'n klein hotel in Salina, Kansas, en het reeds derduisende rande
> verloor nadat hulle gereageer het op 'n plaaslike advertensie vir werk
> in Amerika.
>
> Hulle moet teen die naweek uit die hotel wees en dis nog onseker
> waarheen hulle dan sal gaan.
>
> Mnr. Thinus de Jager, boer van George en die groep se woordvoerder, sê
> almal se geld is byna op en hulle weet nie waarheen nou nie.
>
> "Ons almal is reeds ondervra deur federale agente en is meegedeel dat
> ons onwettig in Amerika is.
>
> "Hulle het 'n mate van simpatie met ons, maar ons sit in 'n groot
> verknorsing. Ons moet so gou moontlik die land verlaat, maar al ons
> geld is op."
>
> De Jager en die ander lede van die groep het gereageer op 'n
> advertensie in Landbouweekblad.
>
> "Ons was veronderstel om vir boere in Kansas op hul plase te gaan
> werk. Daar was beloftes van 'n ver dienste van tot R16 000 per maand,
> en dat ons van 'n werk verseker sou wees."
>
> Omdat die meeste van hulle finansieel gesukkel het, het hulle gedink
> dit sou die moeite werd wees om 'n kans te waag. Hulle sou plaaswerk
> doen - iets wat hulle goed kan doen.
>
> Hulle moes al hul werkbesonderhede, getuigskrifte en ander
> dokumentasie na 'n reisagentskap in Pretoria, Euro-personeel, stuur
> wat reis-dokumente en visums gereël het.
>
> "Die probleem het in Amerika ontstaan, waar die maatskappy P.J.
> Services veronderstel was om verder na ons belange om te sien. Ons
> visums moes verander word van besoekerstatus sodat ons wettig werk kan
> kry. Maar dit het nooit gebeur nie."
>
> Hulle het later vasgestel dat P.J. Services deur 'n Suid-Afrikaner,
> mnr. Pieter Botes, en sy vrou beheer word, en dat albei tans in 'n
> tronk in Amerika sit weens bedrog.
>
> "Volgens die federale agente ondersoek hulle die werkstatus van sowat
> 435 Suid-Afrikaners in Amerika wat ook vroeër deur P.J. Services na
> Amerika gelok is.
>
> De Jager se vrou, Marietta, en hul kinders kon maklik saam met haar
> man gestrand in Amerika gesit het. "Luidens die advertensie het hulle
> veral na gesinne gesoek. Ek en my man het besluit hy moet eers alleen
> gaan. En nou is ek maar dankbaar ons het so besluit."
>
> Me. Magda van der Westhuizen, 'n bestuurder van Euro-personeel, was
> geskok om te hoor van die penarie van die Suid-Afrikaners. "Ons is in
> kontak met hulle en het in goeie trou opgetree om die eerste reëlings
> te tref. Ons het al voorheen met P.J. Services sake gedoen, maar nou
> sit hulle in die tronk.
>
> "Ons probeer nog uitvind presies wat verkeerd geloop het, maar sal
> alles doen om hulle daar in Amerika by te staan."
>
> Die advertensie wat op 16 Februarie in Landbouweekblad verskyn het,
> lui dat diensaanvaarding onmiddellik is en dat gesinne welkom is.
> Suksesvolle aansoekers sal seisoenaal werk en moet 'n rybewys hê.
>
> Uit Kansas sê De Jager dat hy reeds sowat R40 000 verloor het en dat
> hy ander mense wil waarsku. "Ons het dinge uit Suid-Afrika probeer
> ondersoek, maar het gehoor die beste is om dit self te beproef.
>
> "En hier sit ons nou gestrand en weet nie wat volgende wag nie."
>
Dit moet seker waar wees - daar was foto's ook.
Maar een ding kan van Onse Winnie gesê word - sy het nooit ophou smile
nie;)))
Annette
Danielle skryf in boodskap news:edjpitgop77a76adm0f81hritnq171h7tb@4ax.com...
>
> Mbeki vervies hom; stamp Winnie
> FRED KHUMALO
>
> Pres. Thabo Mbeki het mev. Winnie Madikizela-Mandela gister met sy
> hand in haar gesig weggestamp toe sy hom probeer omhels het in Soweto.
> In die proses is haar pet met die ANC-kenteken daarop van haar kop
> afgestamp.
>
> Mbeki het op die verhoog gesit toe dit gebeur. Die voorval, wat deur
> 'n geskokte skare in 'n volgepakte Orlando-stadion dopgehou is, het
> politici gisteraand met verbasing laat reageer nadat TV-beelde daarvan
> op sowel die SABC as e.tv se nuusuitsendings gewys is.
>
> Mbeki was vermoedelik nie in 'n goeie bui toe hy op die verhoog gesit
> en wag het dat die toesprake afgehandel word nie. Vroeër in die dag is
> hy deur 'n groepie plakkaatswaaiende hekelaars uitgejou ter wyl hy
> saam met ander hoë politici deelgeneem het aan 'n gedenk-optog deur
> die strate van Soweto.
>
> Madikizela-Mandela, president van die ANC se Vroueliga en 'n
> sleutelfiguur in die 1976-opstande in Soweto, het 'n uur laat in haar
> silwerkleurige BMW opgedaag by die byeenkoms waar die uitbreek van die
> opstande 25 jaar gelede herdenk is. Haar aankoms het so 'n beroering
> veroorsaak dat die verrigtinge 'n ruk lank onderbreek is weens die
> luide toejuiging wat sy ontvang het. Die aanwesiges het slagspreuke
> tot haar eer gedreunsing.
>
> Mnr. Jabu Mbalula, voorsitter van die nasionale jeugkommissie, moes sy
> toespraak onderbreek, want niemand het meer na hom geluister nie.
>
> Geklee in 'n swart leeruitrusting, het sy na die verhoog gestap waar
> Mbeki en nog ministers, insluitend mnr. Mangosuthu Bu thelezi,
> IVP-leier en minister van binnelandse sake, gesit het. Sy het aan die
> linkerkant van die sittende Mbeki verby beweeg. Daarna het sy van sy
> regterkant af oorgebuig om hom te soen.
>
> Die president het teruggedeins en haar met sy hand in haar gesig
> weggedruk sodat haar swart pet afgeval het.
>
> Hy was duidelik hewig ontsteld en het iets aan haar gesê, maar 'n mens
> kon nie in die mediasitplekke hoor wat dit was nie.
>
> Agterna het die media op Madikizela-Mandela toegesak. Sy het bevestig
> die president het haar weggedruk. Toe sy gevra is wat sy daarin lees,
> het sy gesê: "�k weet nie. Vra hêm."
>
> Mense wat die voorval gesien het, was geskok. Een vrou het gesê: "Ons
> weet almal Winnie is ongedissiplineerd en altyd laat, dat sy
> verrigtinge ontwrig omdat sy laat kom, maar 'n mens verwag nie van die
> president om tot haar vlak te daal nie. Sy ergernis was geregverdig,
> maar hy het oorgereageer."
>
> EUGENE GUNNING berig uit Kaapstad mnr. Tony Leon, leier van die
> Demokratiese Alliansie, het gisteraand gesê hy kon nie glo wat hy sien
> nie. "Sulke twee openbare figure wat so by 'n baie belangrike
> politieke geleentheid optree, het verreikende implikasies vir die
> ANC."
>
> Uit Mbeki se liggaamstaal het dit nie gelyk of hy optree teenoor
> iemand wat die president van sy organisasie se Vroueliga is nie. Dit
> het eerder gelyk of hy teenoor sy grootste vyand optree.
>
> Die optrede is simbolies van Mbeki se presidentskap: dit lyk of hy
> omring is van vyande.
>
> Dit is nie die gedrag wat jy verwag van die president land nie. Veral
> nie tydens een van die belangrikste politieke gebeure van die jaar
> nie.
> Mnr. Marthinus van Schalkwyk, onderleier van die DA, het gesê dit
> is deel van die groter gistingsproses en ongedurigheid in die ANC.
> "Mbeki het opgetree soos 'n partyleier wat genoeg gehad het van 'n
> halsstarrige en ongedissiplineerde lid.
>
> "Haar berekende en beplande laatkom by openbare geleenthede om die
> kalklig te steel, moes een of ander tyd te veel vir die ANC-leierskap
> geword het om te sluk."
>
> * Die verhouding tussen Mbeki en Madikizela-Mandela is geruime tyd al
> gespanne, veral nadat sy adj.pres. Jacob Zuma in 'n brief gevra het om
> tussenbeide te tree en die kloof tussen haar en die president te
> probeer oorbrug.
>
> In die brief het sy ook na sy beweerde rokjagtery verwys.
>
> Mnr. Bheki Khumalo, woordvoerder van Mbeki, het gisteraand by navraag
> gesê die president het niks oor die voorval te sê nie.
>
Maybe for the blind fanatics Dan and Guzmanalex, these are not independent libraries either...
Maybe, all those groups in Cuba which try to get out of the controls and grips of the dictatorship
are not independent eiher...such as the independent journalists...
Dissidnce is a very old movement in Cuba going back to the times when there was an armed struggle against Kastro ...specially in the Escambray mountains...
Diario de un Alzado, tells part of that story in the Escambray. Seach in deja.com for it.
============================
PL skryf in boodskap news:H32X6.41358$mR5.5450507@afrodite.telenet-ops.be...
> Inauguran en San Luis biblioteca independiente para niños y jóvenes
>
> PINAR DEL RIO, 11 de junio (Víctor Rolando Arroyo, UPECI) - La primera
> biblioteca independiente dedicada de manera exclusiva a niños y jóvenes del
> municipio de San Luis, fue inaugurada el 7 de junio por organizaciones de la
> sociedad civil de esa localidad de la provincia de Pinar del Río.
>
> Con el nombre de "Ser cultos para ser libres", la nueva instalación se
> afilió al Proyecto de Bibliotecas Independientes en Cuba.
>
> La sede de "Ser cultos para ser libres" radica en el Kilómetro 5 y medio de
> la carretera San Luis, en el barrio Forteza.
>
> "Esta modesta instalación tratará de llenar los deseos de conocer de los más
> jóvenes y de proporcionarles, en sus ratos de ocio, un pasatiempo saludable,
> instructivo y ameno" -expresó a la UPECI la señora Rachel Silva León, que
> donó parte de su vivienda para la biblioteca y dirigirá la misma.
>
> Por su parte, Raúl Ortega, del Partido Pro Derechos Humanos de Cuba, reveló
> que la recién fundada biblioteca satisface el anhelo no sólo de los jóvenes
> y niños de la localidad, sino también de muchos padres que se sintieron
> motivados y han colaborado y hecho posible su existencia.
>
> "Ahora nos toca a nosotros demostrar con hechos lo viable de este proyecto",
> subrayó Ortega.
>
> El programa de "Ser cultos para ser libres" contempla, además del servicio
> de préstamos, la lectura periódica y el debate de obras infantiles, así como
> la realización de sesiones de cine-debate y la promoción del dibujo y de la
> creación literaria entre los menores de San Luis.
>
>
>
>
> CubaNet no reclama exclusividad de sus colaboradores y autoriza la
> reproducción de este material informativo, siempre que se le reconozca como
> fuente.
>
> http://cubanet.org/bibliotecas/noticias/n_b06120101.htm
>
>
Nou maar baie geluk met jou raairesep!!:)))
Gisteraand was een van die geregte Volstruisbobotie. Die mense wat dit
gehad, het gesê dit was baie lekker.
Annette
Danielle skryf in boodskap news:nkjoit8iuipck155bi7ct7h0u6h0kv643t@4ax.com...
> On Sun, 17 Jun 2001 08:23:12 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Ons wag vir Danielle om ons te vertel van haar rosyntjieblatjang met 'n vae
>> mangosmaak:))))
>
> LOL!! Ek sien nou eers Ernest se antwoord. :-)
>
> Nee, ek het toe jou appelkoos ene gemaak. Ongelukkig het ek nie die
> geduld gehad om presies 100 appelkose af te tel nie, toe gooi ek
> sommer net 2 pakkies in die water om te ontdroog. En toe sê jou resep
> ook net 1 bottel asyn. Nou ja...hoe groot moes hierdie bottel nou
> wees? En hoe bruin moes hierdie asyn nou wees? Toe besluit ek maar
> om alles so middel langs te probeer. Middelgrootte bottel effe bruin
> wynasyn. Ek het ook nes Sakkie gese het, nie teveel geroer nie.
> Dit proe lekker. Dankie weereens Annette! More (netnou) maak ek
> bobotie met geelrys en rosyne, sambals en appelkoos blatjang.
>