Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Jislaaik!!

Do., 05 Julie 2001 10:34

Vandag is weer hier in die Kaap behoorlik deurmekaar!!
My rigting is kort-kort uit met Tafelberg wat oop en toe maak:)))
En die swaar wolke bokspring die wêreld vol!!
4 seisoene in een dag?
Watwo!!
4 seisoene in1 minuut!!

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Harmonie en so aan...

Do., 05 Julie 2001 07:24

Gids en DD het nou so met die harmonie te doene. Hulle bring dalk iets op
wat niemand hier kan uitmis nie...

Ek kry partykeer die indruk dat die musiek hier maar soms skraal aan
harmonie en kontrapunt is.

Maar dat daar dikwels kontrapunte in is, is nie altemit nie.
Nes Wimbledon.
Al wat kortkom is die byklanke, soos Gids sê.

Soms kry ek hier musiek wat lig op die gemoed kom lê. Dis nou die
skertsende grappies wat ons so onderlangs met mekaar kan maak.

Dan vervies iemand hom
gewoonlik die '47 eerstejaar haar.
Die gort is gaar.
Die koeël word kerkwaarts afgevuur,
en heen en weer oor die draad gestuur.
Apologie word gevra.
maar nie altyd oorgedra

die mineur toonaard klink skielik op
soos 'n dodemars so tragies
o so swaar
tokkel almal later op
daai snaar
en niemand sê: ek skies

Tot iemand kom
met nuwe lig
oor iets heel aangenaam
die liere speel in harmonie
en elke sprinkaan spring
totdat 'n kogelmandertjie
iemand tart en sê
"wêla-ke-pêla"

die gort is gaar
in mineur aard
o droewig swaar die lied
wat almal dan hierlangs
die draad
aanbied

en so hou ons aan
met koor en vers tot
vervelens aan
maar dat ons sing
en raas en skel en wat nog als
in Afrikaans
en Vlaams
en Nederlands
dis al wat tel.

Thys oppie Bos

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: bly liewer in die huis - davie.jpg (1/1) - sherrifDD.jpg (1/1)

Wo., 04 Julie 2001 19:54

On Wed, 4 Jul 2001 21:55:35 +0200, "Tobie" wrote:

> dd daar is as op jou toon.
as ek rook Tobie

(ek hou my nie op met twak nie Tobie !)

DD

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: bly liewer in die huis - davie.jpg (1/1)

Wo., 04 Julie 2001 19:09

On Wed, 4 Jul 2001 21:05:55 +0200, "J. Bond"
wrote:

dankie James, hetsy dit lig of donker is, staan Davie Davis asof
geanker!

DD
>

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

filosofie van die dag

Wo., 04 Julie 2001 18:26

Gideon, soos nog al die jare, is dit performance art. 'n
Mengsel van drama en liriek. Hoekom dink jy hierdie
nuusgroep floreer? Omdat daar aksie is.

Gloudinitius

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: Doer onner...

Wo., 04 Julie 2001 15:09

"Danielle" skryf in boodskap news:ljl4ktc66k22sjpqdp9c0dm6bbja4nmml1@4ax.com...

Lyster hier, ou Omie, djy soek nou moelikgeit met die verkeere mense hier
onner! Een ding moet julle anderlandiges darem ook besef en probeer onthou:
hier speel net TWEE State rugby, die ander vier state speel glad nie die
spel nie (Aussie Rules meer hulle ding...) - en ons produseer
Wereldkampioene! Ons het nie eers 'n nasionale rugbykompetisie nie, net die
Super 12! Dog maar ek sou net die oningeligtes inlig (ai, die bloeddruk
skiet so vinnig op, waar's daai slukkie water en pilletjie).
In NZ (waar ons self gewoon het) is rugby 'n obsessie en word amper in plaas
van godsdiensonderrig in ELKE skool afgerig - dit mag nou wel 'n kleiner
landjie wees, maar elke seuntjie speel dit - en dan natuurlik die Tongans,
Samoans en al die ander omliggende eilande... Daar het jy dit nou. Nog 'n
dwarsklap uitgedeel.

> Klink bekend. :) Dis natuurlik alles die swartes se skuld - as hulle
> (die All Blacks) nie so goed was nie....
> :-))))))

Jong, dis ons horde Yuppies - jy kry hulle net in die stad self - hy moet so
bietjie in die suburbs inry, dis waar die gewone mense woon. Ons Premier
se slagspreuk is mos: Brisbane, the Smart State! Ons moet maar die
appearances ophou... Die sykouse hou seker die koue uit - ons is nie
gewoond aan sulke ysige weer nie.

> Hy was verstom om al die "swart pak" mans, en dames met sykouse te
> sien. Wat is julle saak dan? :-))
>

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

O Gits!! Gids

Wo., 04 Julie 2001 14:38

En daar, weereens, iemand wat in Holland sit en vir my vertel wat ek hier
sien en beleef is verkeerd.!!

Verskoon my dat ek nie net hier omval van verbasing nie.:)))

Annette

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Demokratiese republiek

Wo., 04 Julie 2001 14:22

Danielle : ...ek moet gaan slaap - maar miskien maak ek meer sin so half
aan die slaap, so laat ek vinnig sê wat ek dink in 'n neutedop. :-)
'n Demokrasie is 'n diktatorskap van die meerderheid.
'n Republiek daarteenoor, waarborg die regte van minderheidsgroepe.
In 'n suiwer demokratiese stelsel tel die meerderheid stemme - 51
teenoor 49%. Wys my hoe minderheidsgroepe soos die blankes,
kleurlinge, Indiers en andere in SA daardeur (demokrasie) beskerm kan
word, en hoe hulle stemme gehoor gaan word?

Wouter:
Wat jy as 'n demokrasie beskryf is 'n winner-take-all stelsel. Soos die
proporsionele verteenwoordiging wat ons nou het of die vorige
Westministerstelsel waar die wenner per kiesafdeling bepaal is. Hoe korter
die verkiesingsperiodes is, hoe meer demokraties is dit. en vice versa. Want
'n demokrasie beteken dat die wil van die volk geld (demos=volk).

'n Republiek is nie noodwendig meer of minder demokraties as 'n
winner-take-all stelsel nie, ons het darem self ook 'n Republiek hier in SA.
Of is ons nie meer die RSA nie?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Krugerrande

Wo., 04 Julie 2001 10:28

Sien niks hier nie? Wat's aan die gang?

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Bladsye (1835): [ «    904  905  906  907  908  909  910  911  912  913  914  915  916  917  918  919    »]
Tyd nou: Sa. Jan. 03 00:58:03 UTC 2026