Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Kanada se Sug

Vr., 13 Julie 2001 14:57

Van verligting omdat Beijing die 2008 Olimpiese Spele gekry het.
Ek vier saam met julle fees - en weet watter ongekende blydskap julle ervaar
met die onsuksesvolle suksesvolle aanbieding:)
Enigiemand hier wat weet of mens 'n Geisha kan word deur langafstand onderig
binne 7 jaar?:)))
Annette ( voornemende Geisha met 'n passion gap:)) )

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Slegs in Suid-Afrika

Vr., 13 Julie 2001 14:34

Die Amerikaners is mos so lief om te vertel van Only in America - maar ek
dink ons kan op veel meer roem wat net in Suid-Afrika gebeur.

Slegs in Suid-Afrika kan beslag gelê word op 'n munisipaliteit se bates
t.o.v. uitstaande skuld.
Arme De Aar - platgeslaan en lamgelê toe alle kantoormeubels , toerusting en
voertuie van die munisipaliteit beslag op gelê is.
En toe juis op daardie dag daag toe 'n ongekende getal mense op om hul
rekenings te betaal:))))
Die kantoorwerkers het heel gelukkig gelyk om daar rond te sit op
verfblikkies - hulle word mos betaal:))
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

My Poging

Vr., 13 Julie 2001 22:02

Jare gelede, voor ek nog oud en getroud was, het ek die ou dingetjie
geskryf - dit was my eerste en enigste probeerslag in Afrikaans:

Ons gaan vandag so vinnig deur die lewe
daar is geen tyd om mekaar beter te leer ken
Voortgedryf deur een en dieselfde strewe
om daar te wees voor iemand anders dalk kan

wen
Wanneer laas het jy stilgestaan en gewonder
oor die prag van 'n blom of die vaart van 'n voel in

vlug
Het jy vandag al die tyd geneem om te glimlag
of is jy te besig, is die tyd te min in jou dag?

Koor: Sluit oop jou hart, laat die sonskyn daarin
terugkom
Maak die tyd om te lag, om te speel, om
te droom
Begin vandag om jou lewe te verander
Jy sal sien en voel dis die tyd en die moeite
werd

Ons kla so maklik oor die dinge wat ons hinder
dit wat werklik iets beteken sien ons net nooit
raak
Laat ons weer begin om die mooie te bewonder
Dit het tyd geword om jou oe wawyd oop te maak
Lag saam met die son, laat die wind jou probleme
wegwaai
Dans saam met die reen, laat die maanlig jou
betower
Droom jy nog oor die liefde en wereldvrede
Of is die tyd te min in jou vinnig, en besige lewe?

Daar het julle dit nou... Enige iemand anders wat wil bydra?

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Enige Swemmer hier?

Vr., 13 Julie 2001 05:18

Gisteraand oor die nuus moes ek hoor dat die wêreld swembyeenkoms in Japan
in plek genaamd Fokahuka ( sp?) gehou gaan word.
Ek dink nie daar gaan baie rekords deur die manlike swemmers opgestel word
nie.:)))
Miskien het die nuusaankondiger 'n ou foutjie met die uitspraak gemaak:)
Annette

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Re: Xhosa Pyp?

Do., 12 Julie 2001 21:01

"Danielle"
: Vertel meer Tobie! :-) Ek is altyd reg om iets nuuts te
probeer! :-))
: Ek sal darem graag my deel wil doen vir die vet vroue van
Amerika!
: (VVVA?) :-))
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
dit het 'n lang dun steel (� 20cm), om die rook koel te hou, dit
het ook 'n kleinerige kop om te stop. dit is niks snaaks om hulle
die pyp te sien rook in die openbaar nie. Ons moet nou net iemand
in die hande kry om 'n paar miljoen te maak en dan na julle daar
'lapaside' uit te voer. :-)
--

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Vir Anette

Do., 12 Julie 2001 18:25

Ek verstaan jy is 'n wynvlieg. Probeer bietjie Kleinbosch se Pinotage van
2000. Ek was baie verras.
PBS

Koeitjies & kalfies | 23 kommentare

Die Bredell Landgoed.

Do., 12 Julie 2001 08:44

Wat sou die probleem nou eintlik wees?

Sal ons nou moet wag tot 12uur om te hoor of die arme mense toe gegaan het,
met die vriendelike medewerking van die polisie en die weermag?

Hoekom het die mense in die eerste plek besluit om daardie stuk kaal grond
te beset?

Weet iemand iets van die Bredell grond - behalwe van die onlangse R25
winskopies?

Annette. ann...@ctnet.co.za

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Het iemand 'n Zoltrix Genie TV card?

Do., 12 Julie 2001 08:17

Is daar enige iemand hier wat 'n Zoltrix Genie TV card het of weet van
iemand wat een het? Ek kan nie kanale op die UHF band met hom ontvang nie en
wil graag uitvind of iemand anders dieselfde probleem het en of dit moontlik
is.

Ek sal ook graag wil uitvind vanwaar op die net (behalwe Zoltrix se website)
kan ek die nuutste sagteware (Genie TV application en drivers) aflaai. Ek
het probeer by Zoltrix se website, maar dit is hopeloos te stadig.

Baie dankie.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Plastiese chirurgie.

Do., 12 Julie 2001 08:09

Die dokter beweer dat daardie plasties beteken om te vorm ?
Kan dit reg wees?
O ja - rokers en min slapers is nie goeie plastiese chirurgie kandidate nie.
Ek sal maar gewoon oud word:)))
Annette

Gesondheid & boereraat | 0 kommentare

Herman Brood is dood.

Do., 12 Julie 2001 06:50

't leve met dope
wordt soms onkomfortabel
de risiko's die je neem
je lichaam opoffere
je lichaam opoffere
om briljant te zijn
om superman te zijn
en maar lulle die speedfreaks
bekke staan nie stil
je wordt een deel van
andermans vibrasies
je ben met mekaar bezig
op een level van gestoorde gevoelens
gevoelige gestoorden
'k ben een toerist
in de wereld van mobiele mense.
__________________________________________________

Herman Brood (54), een van Nederland se bekende sangers/digters/skilders het
gister van die Hilton Hotel in Amsterdam gespring...
__________________________________________________

'Wat een spijt van de tijd die je in de schoolbanken slijt.
Zweet loopt pisselinks over het hoofd
In de maat juffrouw kwaad - lees alle boekies die ze schrijven
Want je mag niet blijven zitten
Want buiten zingt een mereltje en binnen zit een
Veelbelovend kereltje, ongehoorzaam maar met een blanke pit
Ik voel me funky, ook al ben ik wit'

-Nooit meer terug naar die rotschool - Herman Brood -

Koeitjies & kalfies | 19 kommentare

Bladsye (1834): [ «    899  900  901  902  903  904  905  906  907  908  909  910  911  912  913  914    »]
Tyd nou: Sa. Jan. 31 11:26:16 UTC 2026