Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

8 JULIE

Sa., 21 Julie 2001 10:07

8 JULIE

1908 - Van Rensburgtrek. Ongeveer 70 gesinne kom in Mombassa aan.
Op hierdie dag het waarskynlik die grootste georganiseerde trek
na
Oos-Afrika, bestaande uit ongeveer 70 gesinne met 47 waens en 70
perde onder leiding van Jan van Rensburg in Mombassa aangeland
op die
Duitste skip, Windhuk. Die groep is toe 400 myl per spoor
vervoer na
die binneland van Nakuru, waar hulle deur Frans Arnoldi ontmoet
is en
op sy plaas Pampoenkraal gekampeer het. Die laaste deel van die
reis
is per ossewa onderneem. Dit het die trekkers meer as drie weke
gekos om die afstand van 160km met die swaar gelaaide waens deur
die
oerwoud, bamboes en moerasse af te l^e. Die trekkers het land
op die
hoogland van Uasin Gishu gekry, onder kontrak met die regering
van
Kenia. Spoedig het 'n gevestigde gemeenskap daar ontstaan.
1957 - Skrywer C.M. van den Heever oorlede. Christiaan Maurits van
den Heever is op 27 Februarie 1902 in die Konsentrasiekamp by
Norvalspont gebore. In 1924 verwerf hy sy MA-graad in
Nederlands met
lof aan die Grey-Universiteitskollege. In 1929 slaag hy in sy
doktorale eksamen aan Utrecht, waarna hy in 1932 sy doktersgraad
aan
Unisa behaal met 'n proefskrif oor Totius. As skrywer het hy 'n
groot prestasie behaal deur twee maal die Hertzogprys te
verower -
vir prosa en po"esie. Sy eerste publikasie was die digbundel -
Stemmingsure (1926) en die novelle - Op die Plaas (1927). Sy
novelle
is in die sewentigjare verfilm. Op die Afrikaanse kulturele
vlak het
hy ook 'n vername rol gespeel. Hy was byvoorbeeld twee keer
kulturele attach'e in Nederland, lid van die SA Akademie,
stigterlid
en tot met sy dood voorsitter van die Afrikaanse Skrywerskring
en
voorsitter van die Afrikaanse Kunsvereniging.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

7 JULIE

Sa., 21 Julie 2001 10:07

7 JULIE

1501 - Oudste *Poskantoor* in Suid-Afrika - Joas Da Nova, 'n
Portugese seevaarder op pad na Indi"e, het op hierdie dag meer
as
vier eeue gelede briewe en dokumente in 'n skoen wat aan 'n
groot
melkhoutboom naby die teenswoordige Mosselbaai gehang het,
gevind.
Die briewe is deur Gabral in die jaar 1500 in daardie skoen aan
die
historiese boom geplaas om daardeur boodskappe en inligting aan
verbygaande skepe oor te dra. Bartholomeu Dias en Vasco da Gama
het
alreeds die seeweg na die Ooste vasgestel. Die melkhoutboom is
derhalwe die oudste poskantoor in Suid-Afrika. Dit staan vandag
nog
en is seker ongeveer 'n duisend jaar oud, want dit was toe reeds
'n
groot boom. Die boom word goed bewaar en 'n posbus in die vorm
van
'n skoen is daar naby opgerig. Besoekers pos briewe daar en dit
kry
'n datumstempel daarop met die woorde in die twee ou landstale,
*Ou
Poskantoorboom - Mosselbaai. Bartholomeu Dias het daar naby die
boom
'n fonteintjie met helder water gevind en dit die Baai of
Waterhaalplek van Sint Blasius genoem. Daardie omgewing van die
boom
het in 1601 die naam Mosselbaai gekry toe die Nederlandse
seevaarder,
Paulus van Gaerden, die plek besoek het en net mossels as
voedsel
aangetref het.
1973 - Stigting van AWB te Heidelberg olv Eugene Terreblanche.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

10 JULIE

Sa., 21 Julie 2001 10:06

10 JULIE

1509 - Johannes Calvyn gebore. Hy is in Noyon , Frankryk gebore en
studeer vanaf 1525 teologie in Parys , maar word in 1528
regstudent
in Orleans en later in Bourges , waar hy onder invloed van die
Protestantisme en Franse Humanisme kom.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

12 JULIE

Sa., 21 Julie 2001 10:06

12 JULIE

1979 - Die FAK se halfeeufeeskongres in Bloemfontein herdenk.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

11 JULIE

Sa., 21 Julie 2001 10:05

11 JULIE

1917 - Kongres van die Helpmekaar op Middelburg gehou waarop die
toenmalige stand van geldsake blootgel^e is. Die vereniging is
gestig om die Rebelleskuld van 1914 terug te betaal , waarvan
die boetes wat in die Transvaal en veral die Vrystaat enorme
bedrae beloop het.
1900 - Pres. Steyn ontsnap naelskraap aan Britse hande by
Kroonstad.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

20 JULIE

Sa., 21 Julie 2001 10:05

20 JULIE

1897 - Boere Genl. N.J. Smit as Vise-President van ZAR be"edig.
1901 - Gezina Kruger ( Pres. Paul Kruger se eggenote ) oorlede.
Met haar afsterwe op hierdie daat, het sy pres. Kruger diep
bewo"e en verslae in ballingskap agtergelaat. Hulle was
55 jaar getroud.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

19 JULIE

Sa., 21 Julie 2001 10:05

19 JULIE

1921 - Baanbrekerskool op Boksburg se onderrigtaal word Afrikaans.
Onder leiding van ds. J.M. Louw, N.G. leraar van Boksburg
in 1900 se jare, het die skool sedert 1921 slegs in Afriaans sy
onderrig behartig - maar die brief met die mededeling daarin
was in Engels
1929 - Dr. W.J. Viljoen oorlede. Gebore op 5 Oktober 1869 in die
distrik Richmond. In April 1910 stel genl. J.B.M. Hertzog
dr. Viljoen aan as Direkteur van Onderwys in die OVS. Sy
beleid was deurgaans om soveel kinders moontlik in die skool
te kry en hulle so lank moontlik daar te hou. Hy word voorsitter
van die raad van die Grey-Universiteitskollege, in 1917
voorsitter van die universiteits-kommissie vir die stigting van
drie nuwe doserede universiteite, en die eerste vise-kanselier
van die Universiteit van Suid-Arika.
1965 - Ingrid Jonker oorlede - As vroe"e-Sestigerdigteres was Ingrid
Jonker, wat op 19 Septemer 1933 op Douglas gebore is, se
erkenning veral dat sy po"esie in bre"e lae genotvol gemaak het,
veral onder daardie jare se jeug.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

18 JULIE

Sa., 21 Julie 2001 10:04

18 JULIE

1966 - Die uitspraak van die Internasionale Geregshof i.v.m.
Suidwes-Afrika.
'n Belangrike baken in die stryd tussen Suid-Afrika en die
Verenigde
Volke was Ethiopi"e en Liberi"e se aanklag teen Suid-Afrika in
1960
aangaande die mandaat oor Suidwes-Afrika, die hof het uitspraak
gelewer ten gunste van S.A. Die Verenigde Volke het hom geensins
hier in berus nie, soos bewys deur die besluit om Suid-Afrika se
teenwoordigheid in die gebied onwettig te verklaar (1969), en die
opskorting van verdere samesprekings (1973). Die druk op S.A.
ten
gunste van 'n oorgawe of gehoor gee aan die eise van
revolusion^ere
magte in die gebied het toegeneem.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

17 JULIE

Sa., 21 Julie 2001 10:04

17 JULIE

1828 - Afskaffing van Hottentotwetgewing. Sir Richard Bourke het die
Hottentotwetgewing afgeskaf. Daarvolgens mag geen vrye
bewoner van die Kaapkolonie op grond van kleur in sy
bewegingsvryheid, woonreg, lewenswyse of werk beperk of tot
arbeid gedwing word nie, en het vrye gekleurdes die reg verkry
om grond te besit. Onder andere het dit bygedra tot die
Afrikaners
se ontevredenheid met die Britse regering en dat baie van hulle
met die Groot Trek die Kaapkolonie verlaat het.
1916 - Slag by Delvillebos. Die slag het ses dae en vyf nagte geduur,
vanaf 15 tot 20 Julie, maar dit was die nag van 17 en 18 Julie
wat
die Suid-Afrikaanse Brigade onder bevel van genl.-maj. H.T.
Lukin
die hardste getref het. Op 15 Julie het die Suid-Afrikaners die
bevel gekry om Delvillebos tot elke prys teen die vyand, die
United
Kingdom Brigade, te beskerm. Op 20 Julie het slegs 3 offisiere
en
140 man uit Delvillebos teruggekeer. Van die oorspronklike 3 433
mense het minder as 750 oorgebly
1932 - Boere Genl. C.J. Brits oorlede.
1950 - Wet op die onderdrukking van Kommunisme gepubliseer.
Hiervolgens is die Kommunistiese Party van Suid-Afrika tot
onwettige organisasie verklaar. Die Regering het nou die mag
gehad om publikasies en openbare byeenkomste te verbied sowel
as die uiteensetting van ongewenste elemente uit die land.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

16 JULIE

Sa., 21 Julie 2001 10:04

16 JULIE

1666 - Leeus het aan die eerste inwoners van die Kaap groot probleme
besorg. Om die bedreiging doeltreffend die hoof te bied , is
elkeen
wat 'n leeu platgetrek het , met 25 gulde (sowat R4.15) beloon.
1685 - Opdragte aangaande slawebehandeling is deur kommissaris Hendrik
Adriaan van Reede uitgespel.
1987 - Dakargangers na onderhandelinge met ANC verjaag op Jan Smuts
lughawe deur AWB.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Bladsye (1835): [ «    893  894  895  896  897  898  899  900  901  902  903  904  905  906  907  908    »]
Tyd nou: Sa. Mei 02 21:21:08 UTC 2026