Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

1 JULIE

Wo., 25 Julie 2001 16:46

1 JULIE

1871 - Pres. T.F. Burgers word tweede Staatspresident van ZAR.
1936 - Eerste byeenkoms van die Afrikaanse Nasionale Kultuurraad.
Dit het 'n dringende behoefte geword om alle Afrikaanse
volksbedrywighede in een kragtige en oorkoepelende liggaam saam
te
snoer. Op hierdie wyse kon die Afrikanerbelange op 'n veel beter
en
geordende wyse gedien word. Met hierdie doel voor o"e het
verteenwoordigers van landwye Afrikaanse organisasies onder
beskerming van die FAK in Bloemfontein vergader. Beslag is dus
gegee
aan 'n organisasie waardeur die Afrikaner se eenheidsgedagte op
elke
terrein uitgedra kon word. Die ANK kan met reg as een van die
belangrikste bakens op die pad van ontwikkeling en groei van die
FAK
beskou word.
1948 - Suid-Afrikaanse Orrelbouers (Edms.) Beperk gestig. Van
selfstandige orrelbou in Suid-Arika was daar tot 1948 haas geen
sprake nie en was ons op kerklike en sekul^ere gebied aangewese
op
ingevoerde Engelse en Amerikaanse orrels. In 1948, ook te danke
aan
die duidelike belangstelling van die Afrikaanse Kerke in die
orrelkultuur in Suid-Afrika, het die groot orrelkultuurbloei in
ons
geskiedenis begin. Mnr W. van Loon het die SA Orrelbouers
(Edms.)
Bpk gestig.
1990 - Joodse Sinagoge in Rosettenville deur bomontploffing geruk.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

30 JUNIE

Wo., 25 Julie 2001 16:46

30 JUNIE

1854 - Eerste Parlementsitting in Kaapstad. Op hierdie dag is die
eerste verkose Parlement van die land in Kaapstad deur Lt.-goew.
Charles Henry Darling geopen. Tot dusver was Kaapland 'n
kroonkolonie onder Britse gesag en met weinig eie mag. Tussen
1834 -
1853 het 'n Wetgewende Raad sukkelend voortgegaan. Sedert 1846
is
egter daadwerklik gepoog om groter selfbestuur te bekom. In
Maart
1853 het Engeland finaal die beoogde konstitusie bekragtig.
Vanaf 1
Julie 1853 tot 1910 is die wet met beperkte verandering
toegepas,
deur 'n laer- en 'n ho"erhuis. Alle manlike, mondige Britse
onderdane - ongeag ras, kleur of geloof - wat aan sekere
geringe
ekonomiese bepalings voldoen het, was stemgeregtig. Hollands
was tot
1882 as taalmedium in die rade verbode.
1947 - Johan Franz (Hans) Endler, gebore in Oostenryk op 1 Januarie
1871 en vanaf 1903 op Stellenbosch woonagtig, was 'n belangrike
baanbreker op musiekgebied in Suid-Afrika. Hy was 'n
musiekopvoedkundige (medestigter van die Stellenbosse
Konservatorium
in 1905), tjellis, dirigent en komponis van Afrikaanse liedere
(onder
meer Wiegeliedjie), die eerste Afrikaanse operette (Pa se
Dogter,
1935) en ander werke. Hy is in Pinelands oorlede.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

3 JULIE

Wo., 25 Julie 2001 16:45

3 JULIE

1897 - Dr. L.W. Hiemsta gebore. Louis Wybren Hiemstra gebore op
Lydenburg, studeer aan die Transvaalse Universiteitskollege en
die
Universiteit van Kaapstad, word joernalis by *Die Volkstem* ,
*Die
Burger* en *Die Volksblad* - speel 'n belangrike rol in die
bevordering van taalsuiwerheid in Afrikaans. Die Universiteit
van
die OVS het aan hom 'n eredoktoraat toegeken. Hy sterf op 12
Julie
1978.
1909 - Prof. W. Kempen. Willem Kempen is op Prieska gebore en word
een van die voorste Afrikaanse taalkundiges in die land. Hy was
jare
lank voorsitter van die Taalkommissie van die SA Akademie en is
n belangrike taaladviseur by die nuwe vertaling van die Bybel in
Afrikaans. Hy ontvang die volgende toekennings; 1967 -
Besondere
Erepenning vir Afrikaanse Taal- en Letterkunde; 1970 - Die
Langenhovenprys vir Taalkunde van die SA Akademie; 1979 - Die
FAK se
Halfeeufeestoekenning vir volgehoue Taalbevordering.
1990 - Bom ontplof by huis van Jan Burger gewese leier van
die NP in Stadsraad van Johannesburg - Orde Boerevolk optrede.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

4 JULIE

Wo., 25 Julie 2001 16:45

4 JULIE

1747 - M.A. Bergh gebore. Marthinus Adrianus Bergh, wat in Kaapstad
gebore is, was landdros in die distrikte Stellenbosch en
Drakenstein.
Hy het onregstreeks bygedra tot die totstandkoming van die
burgerpetisie in 1779. 'n Paar jaar later, op versoek van 76
Kaapse
patriotte, skaar hy hom openlik agter hierdie politieke
beweging. Hy
neem die leidende aandeel, word Voorsitter van die
*representante*
van Kaapstad en die buitedistrikte en op 13 Februarie 1785,
leier van
die tweede deputasie na Nederland, waar hulle die burgergriewe
teen
die Kaapse regering regstreeks by die State-generaal aanhangig
maak.
Hy sterf in Kaapstad op 21 Oktober 1806.
1845 - J.H. Hofmeyr gebore. Jan Hedrik *Onze Jan* Hofmeyr is in
Kaapstad gebore. Op 17-jarige ouderdom neem hy die
redakteurskap
van *De Volksvriend* oor. Amalgameer later met *De
Zuid-Afrikaan*,
onder laasgenoemde se naam. Hy veg in sy artikels vir die kweek
van
kultuurtrots en patriotisme by die Afrikaners. Hy sterf in
Londen as lid van die afvaardiging wat die
Suid-Afrikawetsontwerp in
1909 na Londen geneem het.
1990 - Bomontploffing by Vrye Weekblad kantore in Newtown.
Orde Boerevolk optrede.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

6 JULIE

Wo., 25 Julie 2001 16:44

6 JULIE
1865 - Pretoria Rifle Corps gestig, onder leiding van Stephanus
Schoeman, wat met die rang van kaptein die eerste hoof daarvan
was,
is as vrywilligerkorps gestig. Die woord Rifle dui nie op die
Engelse begrip van 'n geweer nie, maar op die nuwe
Westley-Richards-doppieagterlaaier van 1858 - 'n geweer wat gou
in
Transvaal bekend geword het en spoedig graag gebruik is. Die
doel
van die Rifle Corps was om Pretoria en omgewing en ook die staat
in
die algemeen te beskerm. Die eenheid is verder formeel deur die
Uitvoerende Raad van die ZAR goedgekeur en is later ook die
Vrywilliger Corps genoem, wat later ontbind is.
1900 - Boere Genl. De Wet slaags met Britte buite Bethlehem in die
Vrystaat.
1990 - Bom by taxi staanplek Breestraat Johannesburg. 28 Swartes
beseer. Die werk van die Wit Bevrydingsle"er.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

25 JULIE

Wo., 25 Julie 2001 16:43

25 JULIE

1874 - Eerste Burgerspond oorhandig. Van die bekendste Suid-Afrikaanse
munte
is die Burgerspond van 1874 , wat genoem is na pres. T.F. Burgers
wat die
inisatief geneem het om goud uit Pelgrimsrus na Londen te stuur
om gemunt
te word. Die eerste Burgerspond is op die dag in Londen aan
mnr. J.J. Pratt , konsul-generaal van die ZAR , oorhandig.
1924 - Prof. Jan Kamp oorlede - In die Engelse Oorlog werp hy sy lot by die
Boere
in en veg tot die einde van die oorlog. Later liter^ere kritikus
, redakteur van
*Het Westen* en hoogleraar in Nederlands aan die Potchefstroomse
Universiteitskollege.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Hondeverkragting...???

Wo., 25 Julie 2001 15:11

kan dit waar wees?
_____________________________________________________

Koeitjies & kalfies | 22 kommentare

Daantjie Oeksoo - Melt J. Brink (1842-1925)

Wo., 25 Julie 2001 14:33

Melt J. Brink (1842-1925)

Daantjie Oeksoo

Mijn naam is Daantjie Oeksoo, hoor!
Ik woon op Dassie Straat;
Mijn memme was een Hottotvrouw,
Mijn tata een soldaat.

Ten minste, dit hul mijn vertel,
Maar 'k glo daar weinig van;
Mijn haare is te veel gekroes
Voor een basterd Engelsman.

Dit's echte peperkorreltjies
Wat op mijn kopvel groei;
Een Engelsman zijn haar is steil,
Net's van een langhaar koei.

Maar Iaat dit wees zoo als dit wil,
Dit gaan geen zwernoot aan;
Jul ziet on Daantjie Oeksoo hier,
Die Hottot, voor jul staan.

Ik het van onderveld gekom
Om even te kom kijk
Of ik her soms ook werk kan krij,
En hoe die booland lijk.

Want jong! dit's net maar naar en droog
Daar in die onderveld;
Een mens kan moes geen drank daar krij,
Al het hij somtijds geld.

En ik lust graag een goeie dop -
Kijk! waarom zal ik zwijg?
Een Hottot is toch ook een mens
Die somtijds dorst kan krijg.

Hier in die Kaap is baaijing wijn;
Die pakhuis bij die tol -
Jij kan mijn gloo. net ieder vat
Wat daarin leg is vol!

Die water loop zoo uit mijn mond,
Mijn maag voel zoomaar pijn;
ik wensch maar dat ik rond kan zwem
In zoo 'n vat vol wijn.

Maar jong! ik zal mijn slag dan slaan:
Eerst zal ik mijn laat zink,
Tot dat ik plat leg op die boom,
En dan gaat ik aan drink!

Maar zoe! die Hottot sal dan sluk;
Die vat word net geveeg,
Wat als oU Daantjie dorstig is,
Hij drink die zeegat leeg.

Een Engelsman kan danig drink,
Maar Hottot is zijn baas;
ik zuip hem dat hij in een uur
Zoo stil leg als een haas.

Dit's baaijing mooier in die Kaap
Dan in die onderveld,
Want kost en drank is volop her,
Dit's net maar schaars van geld.

Maar dáár is ik tog nie voor bang,
ik kan van weinig leef:
Een dop met wijn, een stukkie brood,
En een gekookte kreef.

Die bottel wijn kost net vier pence,
Die kreef één stuiver maar;
Koop daar een bord van oulap bij,
En dan is Daantjie klaar.

Die eenigste wat ik nie lijk,
Een mens is hier nooit vrij;
Jij moet zoo oppas als jij drink,
Dat jou geen diender krij.

En dan die kinders in die straat
Kan danig mij moveer;
Zul schel mij uit en stoot mij om,
En maak mij somtijds zeer.

Maar jong! dan tel ik klippers op,
En gooi dat dit zoo kraak!
En ieder keer dat ik hul gooi,
Dan schreê ik, "dit is raak!"

Maar kom daar dan een diender aan,
En ik is soms te dronk
Om weg te loop, dan pak hij mij
En ik moet naar die tronk.

Zwernoot! dan kan ik mijn vererg!
Die blauwe duivelsgoed
Laat nooit geen dronke Hottot staan,
Ofschoon hij hul niks doet.

Zul grijp mij zoo bij pens en poot,
En gooi mij op die trok,
En als ik tot mijzelvers kom,
Dan leg ik in die hok.

En kom ik voor die Magistraat,
Hij handel net zoo sleg;
Hij knoei ook met die dienders meê,
En geef mij nooit geen reg.

Hij zò net, "Daantjie, you was drunk!
"You have lawaai gemaak!"
"Nee, Seur!" zêh ik, "ik gooi een klip,
"En schreê toen, 'dit is raak!'

"Ik val toen neêr, net op een stoep,
"Want ik is nie meer jonk,
"ben kom die blauwrok van een vent,
"En rij mij naar die tronk!"

"No, Daantjie! all what you daar zê,
"I cannot so believe,
"And therefore shall I in die tronk
"You veertien dagen geef!

"Of this shall four - onthou dit goed -
"Op rice and water wees,
"En twenty slagen met die kats
"Shall you then wel genees!"

"Almattie! dit's tog a! te veel!
"Wees tog genadig, Seur!
"Mijn ouwe broek is pas gelap,
Dit sal weer open scheur!"

Ik soebat nog, maar net verniks,
Hij hoor nie wat ik zeg
Hij geef die diender net een wenk,
En dáár gaat Daantjie weg!

Maar kragtie, jong! die kats doet zeer
Jou rug word zoomaar rauw,
Maar Hottots kind is baaijing taai -
Hij word nie zoomaar flauw.

Maar zies! die rijs en water, ja,
Die maak jou zoomaar laf;
(Jij wil moes liever gras gaan vreet)
Dit is die zwaarste straf.

Maar zwaar of nie, die Magistraat
Zijn zin sal ik niet gee;
Want zoo's ik uit die tronk uit kom,
Gaat ik weer aan die spree!

Uit
Brink, M. J. 1893. Grappige stories en andere versies in Kaaps-Hollands. Kaapstad:
J. C. Juta & Co.

Prosa & poësie | 0 kommentare

MSN/hotmail

Wo., 25 Julie 2001 14:32

Afrikaans is die derde taal van Afrika ne??
Dit word gespreek als eerste taal deur 18 miljoen mense??
Julle is baie lief vir julle taal?
Julle sê Nederlands neem so maklik Engelso woorde oor en vertaal die nie in
Nederlands nie??
Nou wil ek julle vertel, MSN en ook hotmail kan jy kry in Nederlands.
Hoekom nie in Afrikaans nie??
As dit in Duits, Spaans, Portugees, Noors en baie meer tale kan en dit is
ook al in Nederlands, moet dit ook in Afrikaans moontlik wees.
Ons sal moet gaan aksie voer, om dit ook in Afrikaans te kry!!
Daar is baie meer Afrikaans sprekende mense as bv. Noors sprekende.
Of is julle te maklik en gebruik julle maar net die Engelse taal??? :-))))

Gr. Rico, die saam met die Afrikaners gaan reel dat MSN en hotmail ook in
Afrikaans op die net gaan kom!!!!

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

virus!!Hi how are you

Wo., 25 Julie 2001 13:56

Rampzalig 'wormvirus' waart rond
Verskoon my dis nie Afrikaans nie, maar wel weer belangrik!!!!

Gr.Rico

Van onze redactie economie

Rotterdam - Een nieuw en listig computervirus verspreidt zich in hoog tempo
over de hele wereld. Al in meer dan 110 landen is het aangetroffen. Het
draagt de naam SirCam en is een zogeheten `wormvirus'. Het verstuurt
zichzelf naar alle e-mailadressen in het adresboek op de getroffen computer;
daarbij gaan er ook e-mails naar adressen op websites die de
computergebruiker heeft bezocht.

De ontvanger krijgt een e-mail met 'Hi! How are you? I send you this file in
order to have your advice' of een (ook Spaanse) variant daarop. Daarbij
zitten in een aanhangsel delen uit het document dat van de computer is
gehaald. Kennelijk ziet dat er zo betrouwbaar uit dat veel mensen - die
weten dat je geen vage aanhangsels moet openen - toch het document gaan
lezen. Bovendien is het elke keer verschillend. Op het moment van openen
wordt het virus actief. Volgens Mark Lastdrager van de website Security.nl
is de kracht van SirCam dan ook vooral `psychologisch'. ,,Het lijkt er toch
weer op dat je een echt mailtje krijgt.''

Rekenaars & selfone | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    889  890  891  892  893  894  895  896  897  898  899  900  901  902  903  904    »]
Tyd nou: Di. Mrt. 10 08:35:42 UTC 2026