skryf in boodskap news:3B6EFFB5.6710E525@home.com...
Reënerige oggend in Pennington
'n lied vir gavin
deur Charl Durand
Indigo Girls in Gavin se sitkamer
koffie op die veranda
voor die reën
druppels wat die see dof vee
deel ons met mekaar die spoke in ons koppe
wonder oor die eindelose suidkusweer
ek vertel hom van Gauteng
terwyl sy luister
as sy praat klink sy opgewonde
Gavin sê dis sy drome
wat waar word
ek het jou so lanklaas gesien
tot die golwe dof grys
jy lyk so legendaries
soos my broer in 'n movie
apostel wat met sy gees worstel
maar Gavin sê dis sy drome
wat waar word
as ons hier bly sit vir 'n ewigheid
sal die reen ophou? sal god neerkyk?
sien dat ons mekaar oppas
soos glaskinders,
waardeur 'n lig skyn, so anders
Janee - ons het mos ons eie oefenlopie hier gehad verlede jaar - nou weet
ons hoe om dit internasionaal te doen:))
Kry dit op 'n ander kol op die internet:
Blykbaar is een van die besprekingspunte koeie - hulle rassistiese neiging
om slegs wit melk te lewer:))
By dieselfde kol: Iemand wat 'n kind in Holland het wil graag gaan bloed
skenk. Hy is getroud met 'n nooi van Bloemfontein.
Op die aansoekvorm is een van die vrae glo:
Het u enige seks met 'n persoon gehad Suid van die Sahara.?
Die man wil nou nie op die vorm lieg nie, en hy weet die vraag gaan oor VIGS
Hy is blykbaar nou in 'n dilemma.
Annette
Ek is nog hier in Johanesburg. Dit gaan goed hier, net baie koud, maar
gelukkig is die winter amper verby.
My maatskappy het besluit om alles wat hulle het onder na ons tak in George
te verplaas, so nou oorweeg ek dit om te gaan kyk wat in die UK aangaan. Ek
is net onseker of ek daar sal kan werk. Ek word volgende jaar dertig en my
voorouers het te lank gelede na SA gekom om my vir 'n ancestrial visa te
kwalifiseer. Ek sal dit wardeer as iemand my dalk 'n bietjie meer lyding kan
gee. Ek werk in die IT bedryf.
Goed om te hoor dat mense nog terug verlang na ons ou landjie toe. Ek dink
nie ek sal permanent kan weggaan nie, ek sal braaivleis en biltong te veel
mis.
> On Mon, 06 Aug 2001 11:47:11 GMT, fie...@def.co.za (Fielies) wrote:
>
> Hallo Fielies. :-)
> Ek sien jy pos van Minnesota af. Is dit net so warm en bedompig daar?
> Wanneer begin dit koeler raak?
>
> O, voor ek vergeet om te sê, dis lekker om jou hier by ons terug te
> hê. :-)
>
Kors:
Plaas skilferkorsdeeg ( die gekooptes) in 'n tertpan.
Gooi melkvulsel in.
Melkvulsel:
Plaas 500ml melk,
1 kaneelstokkie
2 stukkies naartjie/lemoenskil in 'n pan/pot en verhit saggies totdat daar
stoom van die melk uitkom.
Verwyder van hitte, en haal die kaneel en skil uit.
Meng saam 65g suiker,
40g koekmeelblom ( ek sal Maizena gebruik) en 'n bietjie van die warm melk
in 'n houer tot glad.
Voeg die mengsel by die melkmengsel en roer goed om klonte te voorkom.
Plaas die melkmengsel terug op die stoof en kook dit totdat die mengsel dik
is. Roer gereeld.
Verwyder die mengsel van die hitte en roer 15g botter by.
Laat die mengsel afkoel, en roer dan 2 groot eiers, effens geklits, by.
Nadat die melkvulsel in die kors gegooi is, besprinkel met kaneel en bak dan
in 'n voorverhitte oond ( 240C) vir 10 minute.
Verminder die hitte na 180C en bak 'n verdere 10 - 15 minute - totdat die
vulsel geset is, en die kors bros en goudkleurig is.
Ek sal vanaand na kooroefening die bobotieresepte doen.
Dit is my goeie daad vir hierdie jaar:))
Annette
Kors:
Sif 275g ( 500ml) bruismeel,
15ml vlapoeier en 'n knypie sout saam.
Vryf 125g botter/margarien liggies met die vingertoppe in die meelmengsel
in.
Klits 2 eiers,
100 g ( 125 ml) suiker en
5ml vanieljegeursel saam, en voeg dit by die meelmengsel en meng tot 'n
deeg.
Bedek die deeg en verkoel 'n uur in die koelkas.
Voorverhit die oond tot 200C ( 400F). Smeer of spuit 2 x 1l volume
tertborde
Druk die deeg ewe dik teen die wand en op die boom van die tertborde. Sny
die rande netjies en maak riffies met die tande van 'n vurk.
Bedek die boom van elke kors met 'n sirkel waspapier en plaas 'n laag
droëbome daarop.
Bak die korse 10 minute lank op die middelste oondrak. Verwyder die
waspapier en droëbone en bak die korse 'n verdere 2 minute. Hou eenkant tot
benodig.
Klapperlaag:
Meng 100g ( 125ml) suiker,
80g ( 250ml) klapper,
50g ( 60ml) botter/margarien
50ml melk en
10ml vanieljegeursel in 'n kastrol.
Verhit die mengsel tot kookpunt en smeer dit dan op die bome van die gaar
korse.
Melkvulsel:
Kook 1l melk,
125g botter/margarien en
5ml vanieljegeursel saam.
Meng 4 eiers, geklits
100g ( 125ml) suiker en
40g ( 75ml) mielieblom ( Maizena) en
'n bietjie van die melkmengsel saam.
Roer dan hierdie eiermengsel vinnig by die res van die melkmengsel in die
kastrol.
Oppas vir klonte.
Kook die vulsel ongeveer 5 minute lank oor lae hitte tot 'n pap.
Gooi die vulsel in die tertkorse.
Laat die terte afkoel en strooi dan kaneelsuiker oor.
Annette
Hierdie resep kan ook korsloos gemaak word.
Die kors is bros.
Resep lewer 2 middelslagterte.
Voorverhit die oond tot 200C ( 400F). Smeer of spuit 2 x 1l volume
tertborde.
Kors: Meng 125 botter/margarien ( by kamertemperatuur) en
100g ( 125ml) suiker deeglik.
Voeg 1 eier, geklits, by en meng.
Sif 275g ( 500ml) (ongesif afgemeet) koekmeelblom,
10ml bakpoeier en 'n knypie sout saam.
Meng die meelmengsel met die eiermengsel tot 'n deeg..
Druk die deeg so dun as moontlik teeendie wand en op die boom van die
tertborde. Sny die rande netjies en kartel dit met die vingers.
Bak die korse 10 - 20 minute totdat die rande begin verbruin.
Berei intussen die vulsel.
Vulsel:
Verhit 1l melk en
25g( 30ml) botter/margarien in ;n groot kastrol tot kookpunt.
Skei 2 eiers.
Klits verdere 125ml melk, verdere heel eier, 2 eiergele,
150g ( 200ml) suiker
20g (40ml) koekmeelblom
20g ( 40 ml) mielieblom ( Maizena)
en 'n knypie sout saam tot 'n pasta.
Klits 'n bietjie van die kookmelk geleidelik hierby.
Klits hierdie mengsel nou geleidelik by die oorblywende kookmelk en roer
fluks, verkieslik met 'n draadklopper, om die vorming van klonte te voorkom.
Verhit die mengsel tot kookpunt en roer gereeld.
Klits die eierwitte tot sagte punte en vou dit in die warm melkpap in.
Gooi die vulsel in die gaar tertkorse, strooi kaneel oor en laat afkoel tot
die vulsel styf is.
Annette
Ek sweer ek kan nie meer hierdie taal ordentlik tik nie. Ek bly nou al
6 jaar hier en ek reken ek praat net so een keer in twee maande
Afrikaans met my sussie in Nederland en so nou en dan met my ma-hulle
in die Kaap.
Ek is vreeslik opgewonde om te sien hier is so baie mense wat die Taal
in ander lande leer sommer net vir die sports! Dit is seker effens
makliker as sommige van die Europese tale, maar dis nogsteeds
wonderlik om te sien hoe uitlanders 'n effort maak.
Is daar enige iemand hier wat in S.A. bly? Of is ons almal ver van die
huis af?
Dis nou my eerste kuiertjie in die nuusgroep en ek kan nie wag dat
iemand my terug groet in my Taal nie!
"Onse Vader wat innie jimmel in sit,
ons wil nou vandag hier vir U kom bid:
Lat U se naam tog by ons geprysig raak,
lat U se Kapteinskap hier staningse maak,
en lat U se wil gebeure tissen die sterre rond,
net so sos hier oender by ons oppie grond.
Gee vir ons vandag onse koppietjie meel.
Vergewe ons onse gevloek en onse gesteel,
want sos ons nou yt die Woord yt weet:
ons moet dies wat ons vloek ok vergeet.
Lat ons onse rigte gee virrie versoekinge,
en maak los die rieme vannie Dywel se dinge.
Niemand sal nou U se Kapteinskap kan wen,
of U se kragte of nou U se heerlikheid,
van hier af tot doer oorkant innie ewigheid.
Nou dan sê ons dan maar eers weer: Amen"
Uit 'Die Griekwapsalms en annerlike goeters yt die Woord yt'