Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

PSALM 121

Sa., 11 Augustus 2001 07:52

Ek slat my twee oge op
my kyk vang die verste kop:
waarvandaan sal my hulp nou kom?
My hulp is vannie Jirre, van Hom:
Hy't nou die die jimmel an Prieska gekom maak.
Sonner lat jou voete klippers raak,
is Hy skoene agterrie skaap.
Hy dink nooit eers oor slaap.
Sontyd is Hy hoed op jou kop,
innie nag hou Hy gevaarlikeit dop.
Hy's mos nou da om jou op te pas:
jou siel hou Hy tissen jou ribbes vas.
Gan jy nou in of gan jy nou yt:
Hy's oor jou vi ewig an vi altyd.

Uit 'Die Griekwapsalms en annerlike goeters yt die Woord yt'

> nog?

Geloof & kerksake | 10 kommentare

10 AUGUSTUS

Sa., 11 Augustus 2001 03:54

10 AUGUSTUS

1783 - Voortrekkerleier Louis Trichardt gebore. Louis Tregardt is op
Oudtshoorn, in die distrik Swellendam, gebore. Later het hy op verskillende
plekke in die Graaff-Reinetse distrik geboer, en teen 1834 was hy in die
omgewing van die Wit Kei gevestig. Hy neem deel aan die Groot Trek in 1835.
Naby Bethulie het hy oor die Oranjerivier getrek, en daarna het hy die
Caledonrivier bereik, waar die trek van Johannes J. Janse van Rensburg by
hom aangesluit het. Gesamentlik, maar afsonderlik, het die twee geselskappe
noordwaarts getrek tot by die Strydpoort-berge, waar hulle geskei het.
Tregardt het in die omgewing vir meer as 'n jaar vertoef. Sy trekgeselskap
vertrek in Augustus 1837 op die moeisame en rampspoedige tog deur die
Laeveld en oor die Drakensberg na Lourenco Marques. Geteister deur malaria,
bereik die gehawende geskelskap Lourenco Marques in April 1838, waar eers
Tregardt se vrou, en daarna hyself op 25 Oktober 1838,
beswyk. Tregardt se dagboek is 'n belangrike historiese bron terwyl hy deur
sy trek nie net die noordwaartse roete vir die Voortrekkers gebaan het nie,
maar die begeerte geprikkel het by sommige om hulle in die oor-Vaalse gebied
te vestig.
1920 - Suid-Afrikaanse Reserwebank word gestig in Pretoria.
1991 - Slag van Ventersdorp: Die AWB en NP-regering bots geweldadig by
uitlokkende de Klerk vergadering. Boerseuns Bardenhorst en Conradie
sneuwel.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

9 AUGUSTUS

Sa., 11 Augustus 2001 03:52

9 AUGUSTUS

1706 - Die Kaapstadse geregshof verban nege burgers weens opstandigheid na
Mauritius.
1861 - Charl Theodorus Muller Wilcocks, voormalige Administrateur van die
OVS, is op Graaff-Reinet gebore. In die Engelse Oorlog was hy saam met die
Vrystaters op kommando, is hy gevange geneem en na Ceylon verban. Hy het
enkele jare na die oorlog Volksraadslid geword en in 1929 Administrateur van
die OVS. Hy is op 14 November 1936 is Bloemfontein oorlede.
1920 - Ds Marius Goddefroy oorlede. - Mari'e Joseph (Marius) Goddefroy is
op 30 Oktober 1848 in Brussel, Belgi"e, gebore.
As predikant, skrywer, volksman, kommandoprediker en krygsgevangene, verwerf
hy sedert 1887 bekendheid as kampvegter vir die belange van die NH Kerk, en
die behoud van vryheidsideale onder die Transvalers. Hy is in 1920 in
Pretoria oorlede.
1945 - 'n Tweede atoombom binne 'n week vernietig meer as die helfte van
die Japanse stad Nagasaki.
1968 - Gewese Eerste Minister John Voster kondig sy eerste groot
kabinetskommeling aan. - Die begin van ons moeilikheid.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

8 AUGUSTUS

Sa., 11 Augustus 2001 03:50

8 AUGUSTUS

1858 - Mathinus Wessels Pretorius word te Rustenburg gekies as Kommandant
generaal. Hy word op 6 Februarie 1857 be"ediging as die eerste President
van die Suid-Afrikaanse Republiek.
1873 - Eeerste uitgawe van De Volkstem verskyn. Die eerste
Afrikaans-Hollandse dagblad.
1881 - Die einde van Britse besetting van Transvaal. Vierkleur word in
Pretoria gehys.
1938 - Begin van die simboliese Ossewatrek uit Kaapstad na Pretoria.
Dit was die 100ste herdenking.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

7 AUGUSTUS

Sa., 11 Augustus 2001 03:49

7 AUGUSTUS

1881 - Dr. E.G. Jansen gebore. Na voltooiing van sy skoolloopbaan studeer
hy verder in die regte aan die Universiteit Kaap die Goeie Hoop. Later 'n
prokureur in Pietermaritzburg. Die in die Voortrekkermuseumkomitee ,
stigterslid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. In
Oktober 1920 tot Natalse hoofleier van die Nasionale Pary verkies. Speaker
van die Volksraad , Minister van Naturellesake , redakteur en voorsitter van
verskillende komitees. Uit erkenning vir sy grootse bydrae wat hy tot die
Afrikanervolk gelewer het , is hy in die Heldeakker in Pretoria begrawe.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

6 AUGUSTUS

Sa., 11 Augustus 2001 03:47

6 AUGUSTUS

1863 - Seegeveg in Tafelbaai tussen die *Alabama* en die *Sea Bride*. Die
stoomskip *Alabama* het sonder moeite met netjiese seemansvernuf sy prooi
van Tafelbaai afgesny en dit binne sig van 'n groot groep Kapenaars , wat
geesdriftig van die hawe se kant af toegekyk het , oorrompel. Daar is sy
naam mettertyd verewig in die volksliedjie *Daar kom die Alabama*.
1876 - Annie Visser gebore op Lokshoek , distrik Jagersfontein , was een
van die eerste Afrikaanse sangeresse wat plate van Afrikaanse liedere gemaak
het.
1883 - Stigting van die Republiek Stellaland. As gevolg van inboorlingonrus
by die Transvaalse suidwestelike en westelike grens het Paul Kruger , en
Rhodes in Kaapland namens Brittanje , bekommerd geraak dat sake sodanig kan
vertroebel dat groot ellende kan uitbreek. Die Boere het van Massouw 'n
grondstreek ontvang en onder Gerrit van Niekerk 'n republiek gestig.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

5 AUGUSTUS

Sa., 11 Augustus 2001 03:46

5 AUGUSTUS

1939 - Dr. H.C.M. Fourie oorlede. In sy kerklike dienswerk was hy 'n
toegewyde en begaafde prediker. In sy kerklike dienswerk het hy uitgemunt as
'n toegewyde en begaafde prediker en herder onder die Boervolk. Hy was 'n
bittereinder van Mei 1902 , 'n stigterslid van die Nasionale Party in 1915 ,
'n rebel in 1914 en 'n vaderlander by uitstek.
1915 - De Klementie Beweging. Op die dag berig *De Burger* dat die
vroue-optog die vorige middag in Pretoria om by die Goewerneur-generaal om
begenadiging vir die Rebelle-gevangenes te pleit, *ruim vier duizend* sterk
was. 'n Versoekskrif is oorhandig wat deur 40 000 mense onderteken is.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

4 AUGUSTUS

Sa., 11 Augustus 2001 03:44

4 AUGUSTUS

1914 - Uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog. Reeds sedert die sestiende eeu
word die verhouding tussen die Europese moondhede deur die beginsel van die
magsewewig be"invloed.
Teen Duitsland en Oostenryk-hongarye het gestaan Brittanje, Frankryk,
Rusland en seder 1915 ook Italië. Dit was gou duidelik dat Duitsland
onoorwonne was, die teenpartye is egter gered in 1917 deur die toetrede van
Amerika tot die oorlog.
'n Groot deel van die wêreld was nou teen Duitsland, wat op die vasteland
van Europa geblokkeer was, sodat hy ekonomies steeds swakker geword het. Dit
was hierdie feit wat die nederlaag van Duitsland beklink het. 'n Revolusie
het in Duitsland uitgebreek, en op 11 November 1918 is 'n wapenstilstand
gesluit. Met die
Vrede van Versailles op 28 Julie 1919 is swaar laste op Duitsland gelê, om
te verhinder dat hy weer in staat sal wees om die magsewewig te versteur.
Ook die Unie van Suid-Afrika het in die oorlog betrokke geraak toe hy op
versoek van Brittanje, Duits-Suidwes-Afrika verower het. Vir 'n deel van
die Afrikaanse volk wie se republikeinse onafhanklikheid slegs twaalf jaar
tevore deur Brittanje vertnietig was, was dit te veel, en 'n Rebellie was
die gevolg. Hoewel die opstand maar kort van duur was, was die politieke
uitwerking daarvan besonder groot. Die Rebellie was die groot faktor wat die
Nasionale Party so 'n groot opgang laat maak het

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re… Helderberg bydrae

Vr., 10 Augustus 2001 22:39

Na die genoegsame tyd wat gegun is om gegewens in die verband te evalueer, word
dit beskou in die beste belang om hierdie bydrae te lewer kort na die gee van
die groen lig wat hier aangevra word. Ten voordeel van alle betrokke partye. By
voorbaat baie dankie. Jammer vir die oponthoud in die verband.

Die gee van die groen lig, indien enigsins nodig, word hiermee gegee aangaande
die "Reis na die Sterre Media Ondersteuning Inisiatief." Om gelewer te word soos
besluit deur Planetêre Ontmoetings. By voorbaat baie dankie. Dit word inniglik
waardeer. Wil graag apologie aanteken dat dit nie alreeds gelewer is nie, a.g.v
my keuse, indien wel.

Hoop dit help.
Saam vir 'n beter toekoms.
Een vir almal en Almal vir een.

(Hierdie bydrae word slegs in Afrikaans gelewer.)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

PSALM 24

Vr., 10 Augustus 2001 20:55

an wie mag nou onner u koepel bly?
wie mag oppie deine se rigte ry?
hy wat reguit oppie sandpad loop
an sy hart by die Jirre loop kry

Uit 'Die Griekwapsalms en annerlike goeters yt die Woord yt'

nog?

Geloof & kerksake | 2 kommentare

Bladsye (1835): [ «    879  880  881  882  883  884  885  886  887  888  889  890  891  892  893  894    »]
Tyd nou: Do. Jan. 01 11:29:35 UTC 2026