Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Hoekom?

Di., 14 Augustus 2001 21:22

Hoekom lek 'n hond onder sy stert nadat hy klaar geëet het? Loer maar
verder af.

Om die Dogmore smaak uit sy mond te kry.

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Spaar geweldig op Groceries

Di., 14 Augustus 2001 21:20

Aanvanklik wou die Tannie nie met my idee akkoord gaan nie maar toe die
gogga eers byt was die gort behoorlik gaar. U sien ons was op hierdie
begrafnis van 'n kennis. Op ons ouderdom is daar vier begrafnisse vir elke
een troue. En terwyl ons na die teraardebestelling nog so lekker om die
tafels staan en kuier, so tussen die koeksusters en die souttert deur, tref
die wonderlike idee my.

Ek het 'n goieie vriend by AVBOB en hy kan my inlig oor waar daar
begrafnisse is en in 'n plek soos Gauteng is daar ten minste 'n dosyn
begrafnisse elke liewe dag. En die kos wat na die begrafnis uit gelê word
is legio!!

Sê ek vir die Tannie: "Wie gaan ooit sê of dink dat ons gate crash?" O nee
sê die Tannie daarvan wil sy nou net mooi niks van weet nie - maar toe my
plan eers in werking gestel is toe sing sy 'n ander deuntjie. Dink net:
Geen staan voor 'n warm stoof nie. Geen skottelgoed wassery nie en die
besparing op groceries? Nie eens om van te praat nie. (behalwe dat ons die
pensioners discount mis.)

Op die koop toe kry ons nou elke dag 'n preek ook - OK die meeste is maar
die gewone dood-waar-is-jou-angel boodskap, maar daar is darem ook 'n paar
goeies tussen in. Die Engelse begrafnisse het my egter 'n bietjie
bekommerd - hulle gooi sommer 'n paar doppe ook saam met die etery.

Klaarblyklik lyk dit sover of die plan klopdisselboom loop! Een of twee dae
die afgelope ses maande was daar nie 'n noemenswaardige begrafnis nie en
moes ons maar liefs teverede wees met 'n negentien Randse Debonair's Hawaian
Pizza.

Maar nou het dinge begin verkeerd loop. Die Tannie raak al hoe vetter en sy
eet letterlik 'n pad 'n myl wyd deur Gauteng se begrafnisse. Sy het nou al
'n stadium bereik waar sy nog voor die einde van die diens haarself in die
kombuis inwurm. Betaamlikheid is nou sommer by die agterdeur uit. Sy weet
mos mense respekteer haar ouderdom te veel om haar uit die kombuis uit te
boender.

Ek het hierdie monster self geskep en ek sal maar self daaraan moet werk.

Koeitjies & kalfies | 20 kommentare

Ouma se Warmpoeding

Di., 14 Augustus 2001 20:06

Smelt 21/2e botter/margarien in kastrol. Haal af.
Voeg 1 k melk by.
Voeg 1 k dikmelk/karringmelk by.
Meng goed.
Sif 1/2 k koekmeel,
1 k suiker en
gerasperde skil van 1 suurlemoen saam.
Voeg meelmengsel by bottermengsel.
Meng baie goed.
Voeg 6 ekstra groot eiergele, geklits, by die mengsel.
Gooi suurlemoensap van 1 suurlemoen by.
Vou styfgeklopte eierwitte van 6 ekstra groot eiers in.
Skep in gesmeerde vuurvaste oondskottel en bak by 180C tot goudbruin en
gaar.
Bedien met warm dun vla of roomys, of enige warm brandewyn-bottersous gemaak
van:
1/2 k suiker, 2 e botter, 1/2 k brandewyn.
Kook alles saam vir +/- 5 minute.
Gooi warm oor poeding voor bedien.
Annette

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.

Kos & resepte | 0 kommentare

Karringmelkpoering

Di., 14 Augustus 2001 19:57

2 k karringmelk
2 k soetmelk
1 k suiker
4 e meelblom
4 eiers - apart geklits
2 e botter
sout

Klits botter, suiker & eiergele deeglik.
Voeg meel en melk om die beurt by
Vou die geklopte eierwitte in
Bak teen 350C tot gestol
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Hotnoskoolbredie

Di., 14 Augustus 2001 19:54

Berei die vleis voor soos vir enige ander bredie.
Pluk die hotnoskool die vorige dag en laat oornag staan in koue soutwater.

Berei soos vir enige bredie met:
900g rugvleis
450g hotnoskool
450g aartappels
1 groot ui
115g suring of 'n bietjie suurlemoensap.
Annette

Kos & resepte | 5 kommentare

Ystervarkvel.

Di., 14 Augustus 2001 19:46

Trek die penne van ('n dooie) ystervark uit. Gooi kokende water op die vel
en skraap.
As dit goed skoon is, word die vel in stukke gesny en 'n dag in pekelwater
gelaat.
Kook die vel die volgende dag in vars water tot dit sag is.
Haal uit en laat droog word.
Braai op 'n rooster.
Bedien met bottersous of skuifies (sic) suurlemoen.
Annette

Kos & resepte | 24 kommentare

Kriekettoer na ZIM

Di., 14 Augustus 2001 16:06

Sal die beplande kriekettoer na Zim later vanjaar nie as ondersteuning van
die Zimbabwese / Rotten Robert se vreesbewind gereken kan word nie?
Thabo se "stille diplomasie" gaan m.i. lei na 'n groot stormloop van
Zimbabwese-burgers na SA - en dit was kamstig daarteen gemik.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

HIV statistieke

Di., 14 Augustus 2001 15:12

gaan na www.fnb.co.za/economics/
en kyk na 'The Chart Room'
goeie inligting

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

GEBEDSVERSOEK

Di., 14 Augustus 2001 15:02

-- original message-
From: Hagemeier,Adrie
Sent: Monday.August 13.200112:03 pm
To: Schonert,Alta,Beukes,Katy
Subject:GEBEDSVERSOEK VIR ZIMBABWE SE BOERE EN BLANKES.
Importance: High

Ek stuur maar net gou hierdie "noodberig" uit om te kyk wie en hoe ons
kan help!!(Sal maar later algemene nuus stuur)

Ons het 'n basis vir die opleiding wat ons gee op 'n plaas in die
Chinoyi distrik in Zimbabwe.Die sogenaamde war veterans het dit beset -
nou al vir maande lank.Maar gister aand (07/08/2001) het die "vets" in
opstand gekom en toe die boere begin keer dat een boer vermoor word,het
die polisie gekom en die boere in die tronke gesit.Vanoggend het die
vrouens na die polisie stasie gegaan om uit te vind oor die mans.Die
vrouens word ook gearresteer en in die tronke aangehou.Geen prokureurs
word toegelaat nie,en die mans word nou twee twee geneem na die afgelee
bosgebiede vir "bush trails" Intussen is dit chaos op die dorp. Alle
witmense word nou aangeval en die polisie en die weermag help
daarmee.Die arme mense het geen hulp of weerwaarheid nie.Een van die
vrouens wat nog altyd sterk gestaan het,het so pas gebel en gevra dat
ons sal bid.Sy gaan om haar kinders by die skool te gaan haal en dan sit
hulle op die plaas en wag?Waarvoor?Hulle weet nie waar hulle pa is nie.
Ons het begin met gebedskettings en gebedsgroepe.Ons bid dat die Here se
planne uitgevoer moet word en dat daar sal vrede wees.Ons bid vir kalm
gemoedere.
Intussen vra ons vir al die mense om die boodskap te versprei en
gebedsgroepe te laat weet.Ons vra ook dat daar FAKSE gestuur sal word na
die Zimbabwe se Ambassades of konsulate in die lande waar die mense
bly.Vra asb dat die Zim regering sal ophou met hulle barbaarse optrede.
Hulle is totaal uit pas uit met die Afrika eenheids bewegings en die
"renaissance"van die SA President. Versoek hulle om soos beskaafde mense
na rede van die wereld te luister.
Vra asb vir die mense om hierdie boodskap na al hoe meer mense te stuur
en dat almal net 'n faks stuur.
Dis die minste wat ons kan doen.
Baie dankie dat julle luister en sal help.Intussen bly ons voor die Here
vir die oplossing van die kwessie.
Baie liefde
Neels

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Google in Afrikaans - vertalerversoek

Di., 14 Augustus 2001 14:20

Leuce:
Die Google koppelvlak het nou 'n tweede vertaler. As gevolg van Google se
ondersigtigheidsbeleid mag hulle nie vir my sê wie die ander vertaler is
nie. Nou vra ek maar hierso... ander vertaler, as jy hier lees, maak
asseblief kontak met my (sommer hierso, want ek pos nie my adres hier nie).
Ons vertaal dinge totaal verskillend in dieselfde dokument -- dis verwarrend
vir gebruikers. Jy maak ook spelfoute (losskryf x vasskryf, koppelteken x
deelteken, inkonsekwentheid, ens) en vertaalfoute... erm, ek dink ons moet
netmeet en hieroor uitsluitsel kry.

Vriendelike groete

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    876  877  878  879  880  881  882  883  884  885  886  887  888  889  890  891    »]
Tyd nou: So. Des. 28 16:33:59 UTC 2025