Hallo mense,
Ek is nuut op hierdie Nuus Groep en wil maar net graag weet wat julle mense
dink van die huidige situasie in Zimbabwe, en die moontlike risiko in die
toekoms vir Suid Afrika...
Wil graag die Regering van ons Paradys, en elders op die Planeet, insluitend
Individue, Organisasies, en Regerings, wat deel neem aan die Afrika Renaissance,
en veral die ANC gelukwens vir die super sukses wat bereik is sover, asook vir
die toekoms. Veral vir die volgende: Deursettingsvermoë en vasberadenheid. Die
menige inisiatiewe geneem deur President Thabo Mbeki, Staatsdepartemente en die
Private Sektor, ten bate van miv+/vigs navorsing in ons Paradys, en elders op
die Planeet. Holistiese benadering vir die rol van die immuun stelsel, aangaande
'n geneesmiddel vir miv+/vigs. Miv+/vigs advertensie veldtog. Verskaffing van
miv+/vigs medisyne. Algemeen beskou as die beste benadering om miv+/vigs te
bestry, soos hierbo vermeld. Voordelige multi-kulturele ondersteuning
inisiatiewe. Insluitend die menige bydraes wat gelewer word aan die Afrika en
Suid Afrika Renaissance. En om die Regering van ons Paradys, en elders op die
Planeet, te ondersteun om hulle doelwitte te bereik. Vir die Persone van ons
Paradys, die Afrika Kontinent, en elders op die Planeet. En nog baie meer. By
voorbaat baie dankie. Dit word inniglik waardeer.
Wil ook graag die Media, en ondersteunende Organisasies, in ons Paradys, en
elders op die Planeet, gelukwens vir die super sukses wat bereik is sover, asook
vir die toekoms. Veral vir die volgende: Deursettingsvermoë en vasberadenheid.
Wye dekking van nasionale en internasionale nuus. Internet en nuusgroep
ondersteuning. Aanhoudende verskaffing van vermaaklikheid en inligtings
artikels, oor die wye spektrum. Voordelige multi-kulturele ondersteuning
inisiatiewe. Ekonomiese en sosiale bydraes en inisiatiewe, veral om miv+/vigs te
bestry. Insluitend die menige bydraes wat gelewer word aan die Afrika en Suid
Afrika Renaissance. En om die Regering van ons Paradys, en elders op die
Planeet, te ondersteun om hulle doelwitte te bereik. Vir die Persone van ons
Paradys, die Afrika Kontinent, en elders op die Planeet. En nog baie meer. By
voorbaat baie dankie. Dit word inniglik waardeer. Verkieslik om te vra om blinde
kolle reg te maak, indien enige, en/of die amptelike opinie te publiseer na die
regmaak van blinde kolle. En/of enige beste praktyk gebruik, indien enigsins
moontlik. Ten voordeel van alle betrokke partye.
'n Saak wat na aan die hart raak, is om die vrede en voorspoed van die Persone
van ons Paradys, en elders op die Planeet, asemrowend te verhoog.
Behou geloof, hoop en liefde. Onthou die oomblik het aangebreek om eksponensieel
ondersteuning te verkry. Verstaan enige advies hier word gegee in die gees van
Vryheid van Keuse. Enige persoon het die reg om dit te gebruik net soos dit is,
en / of te verander na vrye wil.
Wil graag voorstel om Planetêre ontmoetings te verhoog, asook ontmoetings met
Regerings organisasies, asook die Media en Internet organisasies, en
ondersteunende Organisasies. Om meer effektiewe ondersteuning te verhoog om
kommunikasie vermoë te verhoog. As deel van die 2020 en daarna plan om die vrede
en voorspoed van die Persone van ons Paradys, en elders op die Planeet, te
verhoog. Ten voordeel van alle betrokke partye.
Hoogstens aangeraai, om navorsing te verhoog aangaande meer effektiewe gebruik
van besprekings deur nuusgroepe, lisensiëring van lede van die publiek om aan
gesprekke deel te neem � indien enigsins nodig, waardering vlakke, uitwys van
blinde kolle tydens debatte, maniere om waarde en te verhoog en vaardigheid
daarvan, bewysbare ondersteuning gelewer om interafhanklike verhoudinge te
verhoog, verhoging van argumente om vrede en voorspoed te verhoog, doelwit en
sub doelwit stelling daarvan om meer effektiewe visies te verhoog, ondersteuning
aan Regerings en Planetêre doelwitte en visies, beriggewing deur die Media in
die regmaak van blinde kolle tydens gesprekvoering, ens. Om meer effektiewe
gebruik van nuusgroepe te verhoog in die ontwikkeling van kommunikasie vermoë.
Om deur die publiek aangewend te word hoofsaaklik as leesstof om ondersteuning
te lewer in die regmaak van blinde kolle. Met die uitdruklike doel om bekendheid
te verhoog in die leef van 'n meer opwindende lewe, groeiend na 'n meer doel
gerigte lewens styl, in die bereiking van meer effektiewe bemeestering van
kommunikasie vermoë. Ten voordeel van alle betrokke partye.
Aanvullings kursusse kan ook verhoog word in die verband, afhangende van
effektiewe mark navorsing tegnieke. Veral in die verband om meer effektiewe
bepaling van blinde kolle, veral gedurende kommunikasie, asook gebruik van meer
effektiewe woordeskat te verhoog. Om meer effektiewe ondersteuning te verhoog in
die bereiking van suksesse. Ten voordeel van alle betrokke partye.
Ontmoetings kan ook verhoog word met Finansiële Instansies. Om die
beskikbaarheid van fondse aan projekte te verhoog, soos nodig. Ten voordeel van
alle betrokke partye.
Ontmoetings kan ook verhoog word tussen Regerings organisasies, Media en
Internet organisasies, ondersteunende Organisasies en Finansiële Instansies.
Hoogstens aangeraai, om belasting kortings te verhoog aan Finansiële Instansies
en Organisasies betrokke. Om voordelige inisiatiewe en suksesse in die verband
te verhoog. Veral in die ontwikkeling van meer effektiewe rasse verhoudinge. Ten
voordeel van alle betrokke partye.
Suksesse kan ook verhoog word deur die Media aan die Persone van ons Paradys, en
elders op die Planeet. Om ondersteuning te verhoog vir ekonomiese inisiatiewe
onderweg in die ontwikkeling van Renaissancis regoor die Planeet.
Hierdie bydrae kan dien as die geskenk van die Millennium van die ANC, President
Mbeki, asook die Regering van ons Paradys, aan die Regerings en Persone elders
op die Planeet, waar benodig. Verkieslik nadat die goedkeuring indien verband
verhoog is van die Regerings en Persone van die VK en VSA. Om vriendskappe te
verhoog tussen on Paradys en elders op die Planeet.
Dit kan President Thabo Mbeki geweldig ondersteun. Veral wanneer President Mbeki
die Suid Afrika, en veral die Afrika Renaissance 'n kwantum sprong vorentoe
neem, omtrent Junie 2000 en/of net daarna. President Mbeki kan suksesse behaal
in die Suid Afrika Renaissance herhaal vir menige Lande wat aan die Afrika
Renaissance deelneem. En dit die sukses maak wat dit verdien om te wees. 'n
Ekonomiese bloei tydperk kan verwag word. Nadat gereedheid bereik is in die
verband deur die aanwys van 'n groen lig te lewer, soos aangevra. Ten voordeel
van alle betrokke partye.
Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge:
Meer effektiewe gehalte bespreking van onderwerpe, waar so verkies word, kan
asemrowend verhoog word.
Meer effektiewe ondersteuning om vinniger bereiking van doelwitte en visies om
vrede en voorspoed te verhoog, kan asemrowend verhoog word.
Meer effektiewe ondersteuning in die bemeestering van kommunikasie tegnieke kan
asemrowend verhoog word.
Verhoogde suksesse van Renaissancis kan asemrowend verhoog word.
Meer ondersteunende verhoudinge kan asemrowend verhoog word.
Ekonomie�, en potensiële ekonomieë kan asemrowend verhoog word.
Vrede en voorspoed kan asemrowend verhoog word.
Gemeenskaplike belange kan alle partye geweldig bevoordeel.
Die Afrika en Suid Afrika Renaissance kan 'n kwantum sprong vorentoe neem.
Die Planetêre Renaissance kan 'n kwantum sprong vorentoe neem.
En 'n beter lewe kan vir almal geskep word.
Kommentaar:
Wil hoogstens aangeraai om die insluiting van volgende doelwitte en visies te
verhoog in beplanning, soos nodig:
Verhoogde vrede en voorspoed vir alle Lande op die Planeet, asook ekonomiese
bloei tydperke vir ons Paradys, lidlande van die Afrika Unie, en Lande elders op
die Planeet. Met die uitdruklike doel om meer bekostigbare pryse te verhoog,
soos wat oor die algemeen aanvaar word in lande waar 'n hoë bevolking, bv. VSA,
teenwoordig is. Ten voordeel van alle betrokke partye.
Reis na die Sterre: Vir bydraes om in die verband verhoog te word, kan sinergie
verwag om asemrowend verhoog te word in die rangskik van tegnologie beskikbaar,
en/of verhoogde uitvind daarvan, bv. ontwikkeling van energie vanuit die ruimte
tydens reise. Om hierdie waardevolle doelwit te bereik. Ten voordeel van alle
betrokke partye.
Identiteit van die reisiger:
Openbaar maak in die verband word vir die eerste keer gelewer tydens die Derde
Demokratiese Verkiesing in ons Paradys. Ondersteuning van die anonimiteit in die
verband kan die bereiking van bg. doelwitte en visies asemrowend verhoog. Wil
hoogstens aanraai om kommunikasie met Leiers en/of Lede van Politieke Partye,
en/of die Media te verhoog, aangaande die voorstel in die bereiking van sosiale
doelwitte van persoonlike keuse. Om meer effektiewe publieke inisiatiewe in die
verband te verhoog. Ten voordeel van alle betrokke partye.
Hierdie inisiatief word beskou as 'n belangrike bou blok aangaande verhoogde
opbrengste van Renaissancis, ten doel van die triljoenêr kaart, wat hier beplan
word. Om 'n vorige stelling van Gandhi te herhaal � Daar is meer as genoeg
hulpbronne.
Eendrag maak mag. Persone wat mekaar ondersteun, oorleef saam in 'n beter
wêreld. Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die 22e Eeu d.m.v. grootheid,
goedheid en grasie. Love all Serve all.
Hoop dit help. Saam vir 'n beter toekoms. Een vir almal en Almal vir een. Word
'n magiese Persoon en help om 'n Paradys en Planeet te skep waar almal gelukkig
is en bevry is van pyn en leiding.
Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die Persone van ons
Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en Praal, Passie, asook Profytvol
Vorentoe, sodat hulle na hulle Prys, hulle Piek, kan Peil.
Ns. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier geuiter word, is dit a.g.v.
'n blinke kol in die logika, wat reggestel sal word wanneer dit raakgesien is.
Apologie word nou al aangeteken daarvoor. Vergewe asb.
Aanvanklik wou die Tannie nie met my idee akkoord gaan nie maar toe die
gogga eers byt was die gort behoorlik gaar. U sien ons was op hierdie
begrafnis van 'n kennis. Op ons ouderdom is daar vier begrafnisse vir elke
een troue. En terwyl ons na die teraardebestelling nog so lekker om die
tafels staan en kuier, so tussen die koeksusters en die souttert deur, tref
die wonderlike idee my.
Ek het 'n goieie vriend by AVBOB en hy kan my inlig oor waar daar
begrafnisse is en in 'n plek soos Gauteng is daar ten minste 'n dosyn
begrafnisse elke liewe dag. En die kos wat na die begrafnis uit gelê word
is legio!!
Sê ek vir die Tannie: "Wie gaan ooit sê of dink dat ons gate crash?" O nee
sê die Tannie daarvan wil sy nou net mooi niks van weet nie - maar toe my
plan eers in werking gestel is toe sing sy 'n ander deuntjie. Dink net:
Geen staan voor 'n warm stoof nie. Geen skottelgoed wassery nie en die
besparing op groceries? Nie eens om van te praat nie. (behalwe dat ons die
pensioners discount mis.)
Op die koop toe kry ons nou elke dag 'n preek ook - OK die meeste is maar
die gewone dood-waar-is-jou-angel boodskap, maar daar is darem ook 'n paar
goeies tussen in. Die Engelse begrafnisse het my egter 'n bietjie
bekommerd - hulle gooi sommer 'n paar doppe ook saam met die etery.
Klaarblyklik lyk dit sover of die plan klopdisselboom loop! Een of twee dae
die afgelope ses maande was daar nie 'n noemenswaardige begrafnis nie en
moes ons maar liefs teverede wees met 'n negentien Randse Debonair's Hawaian
Pizza.
Maar nou het dinge begin verkeerd loop. Die Tannie raak al hoe vetter en sy
eet letterlik 'n pad 'n myl wyd deur Gauteng se begrafnisse. Sy het nou al
'n stadium bereik waar sy nog voor die einde van die diens haarself in die
kombuis inwurm. Betaamlikheid is nou sommer by die agterdeur uit. Sy weet
mos mense respekteer haar ouderdom te veel om haar uit die kombuis uit te
boender.
Ek het hierdie monster self geskep en ek sal maar self daaraan moet werk.
Smelt 21/2e botter/margarien in kastrol. Haal af.
Voeg 1 k melk by.
Voeg 1 k dikmelk/karringmelk by.
Meng goed.
Sif 1/2 k koekmeel,
1 k suiker en
gerasperde skil van 1 suurlemoen saam.
Voeg meelmengsel by bottermengsel.
Meng baie goed.
Voeg 6 ekstra groot eiergele, geklits, by die mengsel.
Gooi suurlemoensap van 1 suurlemoen by.
Vou styfgeklopte eierwitte van 6 ekstra groot eiers in.
Skep in gesmeerde vuurvaste oondskottel en bak by 180C tot goudbruin en
gaar.
Bedien met warm dun vla of roomys, of enige warm brandewyn-bottersous gemaak
van:
1/2 k suiker, 2 e botter, 1/2 k brandewyn.
Kook alles saam vir +/- 5 minute.
Gooi warm oor poeding voor bedien.
Annette
--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.
Trek die penne van ('n dooie) ystervark uit. Gooi kokende water op die vel
en skraap.
As dit goed skoon is, word die vel in stukke gesny en 'n dag in pekelwater
gelaat.
Kook die vel die volgende dag in vars water tot dit sag is.
Haal uit en laat droog word.
Braai op 'n rooster.
Bedien met bottersous of skuifies (sic) suurlemoen.
Annette
Sal die beplande kriekettoer na Zim later vanjaar nie as ondersteuning van
die Zimbabwese / Rotten Robert se vreesbewind gereken kan word nie?
Thabo se "stille diplomasie" gaan m.i. lei na 'n groot stormloop van
Zimbabwese-burgers na SA - en dit was kamstig daarteen gemik.