Ek is 'n Vlaamse amateur-bierbrouer, soos ek op hierdie nuusgroep al
meermale gesê het en dit staan ook in my homepage. Dus julle weet dit.
Julle het my al dikwels verwyt dat ek te diep in die glas sou kyk...
Nou moet julle eens luister! Ek drink slegs 2 glaasjies van me eie
bier per dag, dis dus nie veel nie. En nou moet julle ook weet dat in
die Middeleeue, dit was dus in die tyd toe julle voorouers nog hier by
ons in Nederland, Vlaanderen en Duitsland gewoon het, elke
inwoner van onse kontreie per dag 2 liters bier gedrink het. (Ja, ook
die kinders!). Ek weet dit van 'n historikus wat nie ver van my deur
af woon nie en wat dit uitgesoek het in die oue argiewe. Hulle het
toe soveel bier gedrink omdat bier die enigste drank was in die dae
wat vry was van skadelike bakteries (bier moet minstens een uur kook
en dan is al die bakteries dood!).
So, dus moenie gedurig afkom van: "Norbert, jy het teveel gedrink!.."
Moet weet dat julle self afstam van dieselfde gepatenteerde
bierdrinkers!
Ek het sopas vir die hoeveelste keer 'n probleem opgetel met my aktetas. Ek
weier om werk te doen op die vliegtuig daarom gooi ek my tas saam met die
res van my bagasie. Die tasse kom almal uit met die sekuriteitsnommers op
0-0-0. Dit verander jy natuurlik nadat jy dit gekoop het.
Elke keer as ek vlieg stel ek die nommers op 3-4-5 wat nie my oopmaak nommer
is nie. Elke keer as ek my tas terugkry staan dit op 0-0-0. Die bagasie
gaan saam in, as dit uitkom aan die anderkant is dit soveel as 15 minute
uitmekaar met die aktetas heel laaste. Ek wens ek kan die perd vang wat my
tas probeer oopmaak.
Ek het so bietjie agter geraak met wat aangaan in die nuus tov die krieket
speler wat opgegrawe is. Was daar toe enige iets gevind wat sy dood na 'n
moord kan laat lyk, of was alles maar verniet.
Ek het gehoor , dat daar nou 'n nuwe wet in Sa afgekondig gaan word, wat die
mense se grondregte meer gaan beskerm. Juis sodat nie dieselfde dinge kan
gebeur as in Zimbabwe nie. Weet iemand iets daarvan?
"Danielle"
: (Ag, ek voel nou sommer tonne beter - ek kon ook iemand op sy
: spelvoute wys) :-))))
~~~~~~~~~~~~~~~
:-)
--
------------------------------------------------------------ -----
When man is wrapped up in himself, he makes a pretty small
package.
------------------------------------------------------------ -----
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
vat julle 'n weddenskap dat Danielle vinnig boontoe gekyk het of
sy regtig "v" i.p.v. "f" gebruik het ........ hheheheh
Annette, wat gaan met die Kaap se weer aan. Ek was Maandag en Dinsdag daar
in jou wêreld en dis nie dieselfde Augustus weer wat ek jare gelede mee
grootgeword het nie.
Sakkie