Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Heel goeie bloed

Vr., 17 Augustus 2001 13:08

Norbert sê: "Moet weet dat julle self afstam van
dieselfde gepatenteerde bierdrinkers!"

Jonas : Daar is baie Afrikaners wat geen (letwel geen)
hollandse bloed het nie. En, hulle is baie trots daarop.

Rennie : Meer algemeen is Afrikaanses wat wel
Hollandse (en ander) bloed het. Maar nie trots daarop is nie :-)

Koeitjies & kalfies | 14 kommentare

Annette

Vr., 17 Augustus 2001 10:56

...Waar is jy?

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Ondermaanse

Vr., 17 Augustus 2001 08:43

As ek dit reg het, beteken die woord "ondermaans" die/dit wat op die aarde
is.

Thys ter Bos

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Polisie moet beskerm

Vr., 17 Augustus 2001 06:14

Die Konstitusionele hof het n deurbraak uitspraak gegee in die siviele eis
van mev Carmichele van Knysna.Ek hoop dit sal n einde bring aan al die
misdadigers wat net op eie verantwoordelikheid en op lae borg vrygelaat word
om maar weer n misdaad te pleeg.

Sy was aangeval deur n man en hy was later gearesteer en toe op n
waarskuwing vrygelaat.Hy het n rekord gehad en was uit op borg vir n
verkragting toe hy die misdaad gepleeg het.Hy het haar weer aangeval nadat
sy die polisie in kennis gestel het dat sy hom by haar huis opgemerk het en
hulle niks daaraan gedoen het nie.

Dit het haar 6 jaar gevat maar sy het volhard en gewen.

Ek wonder hoeveel eise nou ingedien gaan word.

Reenen

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Weereens is n wet nie n wet nie

Vr., 17 Augustus 2001 06:05

Weereens het die persone wat die wette skryf n klein flater begaan en die
slag met die rook wet.

Hulle het net vergeet om te se dat as n persoon in n publieke plek rook dit
n misdaad is maar intussen is mense al beboet en sit daar twee persone in
die tronk omdat hulle in n publieke plek gerook het.

Nou wonder ek net wie skryf die wette en hoeveel dit ons gaan kos om die wet
weer te laat oorskryf omdat dit nie in die eerste plek reg gedoen is nie.As
dit die eerste keer was kon n mens dit verstaan het maar dit is nou die
hoeveelste maal wat dit gebeur.

Wat ek ook nie verstaan nie is hoekom moet mense wat in n publieke plek
gerook het tronk toe gaan omdat hy nie die geld het vir n boete nie maar
mense wat roof ,verkrag en moor loop buite rond

Reenen

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Huise in die kaap

Vr., 17 Augustus 2001 02:03

Weet iemand van n goeie website om huise te soek in die kaap?
Verkieslik naby die see.

Es

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Rook, eet en drinklesse!

Do., 16 Augustus 2001 17:44

Ek is vreeslik opgewonde oor al die nuwe resepte wat hier verby kom,
sommige meer wettig as ander.

As 'n mens moes kies tussen drink en grassies rook, wat dink julle sou
die keuse wees?

Kos & resepte | 9 kommentare

Bier is goed vir julle!

Do., 16 Augustus 2001 16:59

Hallo, Afrikaners,

Ek is 'n Vlaamse amateur-bierbrouer, soos ek op hierdie nuusgroep al
meermale gesê het en dit staan ook in my homepage. Dus julle weet dit.
Julle het my al dikwels verwyt dat ek te diep in die glas sou kyk...
Nou moet julle eens luister! Ek drink slegs 2 glaasjies van me eie
bier per dag, dis dus nie veel nie. En nou moet julle ook weet dat in
die Middeleeue, dit was dus in die tyd toe julle voorouers nog hier by
ons in Nederland, Vlaanderen en Duitsland gewoon het, elke
inwoner van onse kontreie per dag 2 liters bier gedrink het. (Ja, ook
die kinders!). Ek weet dit van 'n historikus wat nie ver van my deur
af woon nie en wat dit uitgesoek het in die oue argiewe. Hulle het
toe soveel bier gedrink omdat bier die enigste drank was in die dae
wat vry was van skadelike bakteries (bier moet minstens een uur kook
en dan is al die bakteries dood!).
So, dus moenie gedurig afkom van: "Norbert, jy het teveel gedrink!.."
Moet weet dat julle self afstam van dieselfde gepatenteerde
bierdrinkers!

Die groete van

Norbert (uit Vlaanderen)

Koeitjies & kalfies | 27 kommentare

Bagasie by lughawens

Do., 16 Augustus 2001 08:53

Ek het sopas vir die hoeveelste keer 'n probleem opgetel met my aktetas. Ek
weier om werk te doen op die vliegtuig daarom gooi ek my tas saam met die
res van my bagasie. Die tasse kom almal uit met die sekuriteitsnommers op
0-0-0. Dit verander jy natuurlik nadat jy dit gekoop het.

Elke keer as ek vlieg stel ek die nommers op 3-4-5 wat nie my oopmaak nommer
is nie. Elke keer as ek my tas terugkry staan dit op 0-0-0. Die bagasie
gaan saam in, as dit uitkom aan die anderkant is dit soveel as 15 minute
uitmekaar met die aktetas heel laaste. Ek wens ek kan die perd vang wat my
tas probeer oopmaak.

Reis & vakansie | 9 kommentare

Bietjie agter

Do., 16 Augustus 2001 08:30

Ek het so bietjie agter geraak met wat aangaan in die nuus tov die krieket
speler wat opgegrawe is. Was daar toe enige iets gevind wat sy dood na 'n
moord kan laat lyk, of was alles maar verniet.

Groete

Riaan

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1835): [ «    875  876  877  878  879  880  881  882  883  884  885  886  887  888  889  890    »]
Tyd nou: Sa. Mei 02 03:01:14 UTC 2026