Die oue sauk.kom is nou ge-"translate" in sabc.cum @ www.sabc.com - PG18R
SLNV
Vryheid van spraak is goed en wel, maar is prentjies dan nodig vir die wat
nie kan lees nie?
South Africa soek ook nog sy .com sedert hul die saak verloor het en hy/sy
besit nog nie eens sy eie .co.za nie en boer voort of die webwerf by
www.southafrica.net
Ek's veral bly oor die minifees in Europa! Ek vote definitief vir
Nederland!!!
__________________________________________________________
UKKASIE 2002
Jy't reg gelees: ons beplan reeds volgende jaar se fees. Ek stuur binnekort
'n briefie uit om die 'Mees gevra-de vrae' omtrent UKkasie 2001 te beatwoord
sodat julle die storie-agter-die-storie kan ken van hierdie
okkasie-vol-pret-en-intrige.Maar kom ons gesels oor UKkasie 2002:
Een vraag wat baie gevra is, is WAAROM ONS SO BAIE IN SA BEMARK HET, MAAR SO
MIN IN DIE VK?
Antwoord: Ons het nie soveel as 1p of een brief of een oproep geïniseer om
die fees in SA bekend te maak nie. Die fees het inherent nuuswaarde gehad en
die storie is eenvoudig deur die pers opgeraap.
Daarenteen het ons baie gelg en moeite spandeer om die +400 persverklarings
hier uit te stuur, pamflette te druk en te versprei, e-posse en nuusbriewe
uit te stuur, ens. Onthou dat ons nie hier, soos in SA, 'n nasionale
mondstuk van enige aard het nie: nog radio, TV, koerante of tydskrifte.
Omdat Suid-Afrikaners wyd verspreid is, is dit nie koste-effektief om van
streeksmedia gebruik te maak nie. En o wee, om nasionaal te bemark kos meer
arms en bene as wat ons kon afstaan.Onthou dat hierdie fees deur net 'n paar
individue befonds en beman is.
SO, HOE BEMARK MENS 'N AFRIKAANSE FEES IN ENGELAND? 'n MILJOENPONDVRAAG. Ek
het gevind dat byna almal op UKkasie se databasis by die fees was. Dit werk.
Ons moet die databasis dus uitbou. Hierdie fees - wat ons almal s'n is - kan
net groei as almal saamwerk. Dit het my liggies gegrief as mense vir my sê
soveel van hul vriende nie van die fees geweet het nie: hoekom het hulle nie
maar betyds vir hul vriende daarvan gesê nie? Ons het nou 'n hele jaar om
UKkasie 2002 te bemark. Help ons om ELKE MOONTLIKE AFRIKAANSSPREKENDE
daarvan bewus te maak. Stuur vir my ELKE MOONTLIKE belangstellende se
e-posadres en ek onderneem om daardie persone te bereik. Weet jy dalk van
groepe SAners: klubs, pubs, verenigings, kerke, wat ookal? Ons vriende in
Europa het die fees wonderlik ondersteun: dalk kan ons 'n mini-fees na
afloop van UKkasie 2002 Europa toe neem. Laat kry my ook jul
vasteland-vriende se inligting!
Ek onderneem ook om, soos in die verlede, die databasis SLEGS aan te wend om
die fees en Kletsput se bedrywighede te bemark. AS DIT VIR JOU OOK BELANGRIK
IS DAT UKKASIE 2002 SUKSESVOL IS, HELP ONS ASSEBLIEF.
Met jou verjaarsdag!!
Hoekom wag jy tot so laat in die dag om ons te vertel?
Ek gaan skink sommer nou 'n ou glasie en drink dit op jou!:)))
En hier is jou verjaarsdagdrukkie ook:
((((((((Sakkie))))))))).
Dit is lekker sag:)))
Ek dink regtig een van die slimmes moet vir ons 'n webtuiste aanmekaar
probeer slaan sodat ons van die verjaarsdae en die gesigte kan weet.
Annette
Ek is alweer uithuisig vir die volgende week en 'n half. Ek sal kyk of ek
kan inloer van Springs af. Vir die van ons wat nie weet nie Springs is op
die verre-oosrand.
Die Konstitusionele hof het n deurbraak uitspraak gegee in die siviele eis
van mev Carmichele van Knysna.Ek hoop dit sal n einde bring aan al die
misdadigers wat net op eie verantwoordelikheid en op lae borg vrygelaat word
om maar weer n misdaad te pleeg.
Sy was aangeval deur n man en hy was later gearesteer en toe op n
waarskuwing vrygelaat.Hy het n rekord gehad en was uit op borg vir n
verkragting toe hy die misdaad gepleeg het.Hy het haar weer aangeval nadat
sy die polisie in kennis gestel het dat sy hom by haar huis opgemerk het en
hulle niks daaraan gedoen het nie.
Dit het haar 6 jaar gevat maar sy het volhard en gewen.
Weereens het die persone wat die wette skryf n klein flater begaan en die
slag met die rook wet.
Hulle het net vergeet om te se dat as n persoon in n publieke plek rook dit
n misdaad is maar intussen is mense al beboet en sit daar twee persone in
die tronk omdat hulle in n publieke plek gerook het.
Nou wonder ek net wie skryf die wette en hoeveel dit ons gaan kos om die wet
weer te laat oorskryf omdat dit nie in die eerste plek reg gedoen is nie.As
dit die eerste keer was kon n mens dit verstaan het maar dit is nou die
hoeveelste maal wat dit gebeur.
Wat ek ook nie verstaan nie is hoekom moet mense wat in n publieke plek
gerook het tronk toe gaan omdat hy nie die geld het vir n boete nie maar
mense wat roof ,verkrag en moor loop buite rond