Met jou verjaarsdag!!
Hoekom wag jy tot so laat in die dag om ons te vertel?
Ek gaan skink sommer nou 'n ou glasie en drink dit op jou!:)))
En hier is jou verjaarsdagdrukkie ook:
((((((((Sakkie))))))))).
Dit is lekker sag:)))
Ek dink regtig een van die slimmes moet vir ons 'n webtuiste aanmekaar
probeer slaan sodat ons van die verjaarsdae en die gesigte kan weet.
Annette
Ek is alweer uithuisig vir die volgende week en 'n half. Ek sal kyk of ek
kan inloer van Springs af. Vir die van ons wat nie weet nie Springs is op
die verre-oosrand.
Die Konstitusionele hof het n deurbraak uitspraak gegee in die siviele eis
van mev Carmichele van Knysna.Ek hoop dit sal n einde bring aan al die
misdadigers wat net op eie verantwoordelikheid en op lae borg vrygelaat word
om maar weer n misdaad te pleeg.
Sy was aangeval deur n man en hy was later gearesteer en toe op n
waarskuwing vrygelaat.Hy het n rekord gehad en was uit op borg vir n
verkragting toe hy die misdaad gepleeg het.Hy het haar weer aangeval nadat
sy die polisie in kennis gestel het dat sy hom by haar huis opgemerk het en
hulle niks daaraan gedoen het nie.
Dit het haar 6 jaar gevat maar sy het volhard en gewen.
Weereens het die persone wat die wette skryf n klein flater begaan en die
slag met die rook wet.
Hulle het net vergeet om te se dat as n persoon in n publieke plek rook dit
n misdaad is maar intussen is mense al beboet en sit daar twee persone in
die tronk omdat hulle in n publieke plek gerook het.
Nou wonder ek net wie skryf die wette en hoeveel dit ons gaan kos om die wet
weer te laat oorskryf omdat dit nie in die eerste plek reg gedoen is nie.As
dit die eerste keer was kon n mens dit verstaan het maar dit is nou die
hoeveelste maal wat dit gebeur.
Wat ek ook nie verstaan nie is hoekom moet mense wat in n publieke plek
gerook het tronk toe gaan omdat hy nie die geld het vir n boete nie maar
mense wat roof ,verkrag en moor loop buite rond
Ek is 'n Vlaamse amateur-bierbrouer, soos ek op hierdie nuusgroep al
meermale gesê het en dit staan ook in my homepage. Dus julle weet dit.
Julle het my al dikwels verwyt dat ek te diep in die glas sou kyk...
Nou moet julle eens luister! Ek drink slegs 2 glaasjies van me eie
bier per dag, dis dus nie veel nie. En nou moet julle ook weet dat in
die Middeleeue, dit was dus in die tyd toe julle voorouers nog hier by
ons in Nederland, Vlaanderen en Duitsland gewoon het, elke
inwoner van onse kontreie per dag 2 liters bier gedrink het. (Ja, ook
die kinders!). Ek weet dit van 'n historikus wat nie ver van my deur
af woon nie en wat dit uitgesoek het in die oue argiewe. Hulle het
toe soveel bier gedrink omdat bier die enigste drank was in die dae
wat vry was van skadelike bakteries (bier moet minstens een uur kook
en dan is al die bakteries dood!).
So, dus moenie gedurig afkom van: "Norbert, jy het teveel gedrink!.."
Moet weet dat julle self afstam van dieselfde gepatenteerde
bierdrinkers!