Rugby - ag nou ja - behalwe vir die paar sent wat ek gewen het, hoef ons
nie volgende week te hoop dat ons die 3 nasies miskien gaan wen nie:))
Annette
geniet die een saam met my.
Vrydag en halfdag in vergadering met die res van die dag by die huis.
By die supermark met slegs 'n sak lemoene in die hand by die kasier
en 'n afgeloopte vergadering sewentig kilos daarvandaan én 'n muis
wat baas is wanneer die kat weg is, is dit natuurlik Beatrix wat voor
my in die ry staan met 'n klomp kruideniersware.
EK:
kom Beatrix, met daardie klomp goed van jou. Jy hou my op.
BEATRIX:
jy soek alweer moeilikheid!
MAN REG AGTER MY:
Wat!!! Dis die eerste keer in my lewe wat ek jou sien!
Jirre,dasie 'n lantie so ver of woes gelee,
sos die sandland wat U nou vi my kom gee,
want selfs in hierie dro annerlikheid
groei die gemsbokkomkommer van u heerlikheid
Danielle: Ooooooooooo :-)))
(Dis natuurlik alles Ta' Hessie Toscanini se skuld, want sy het laas
gesê dat mans wat "hotmail" adresse het is warmbloedig...toe volg ek
net die logiese gevolgtrekking daarop met "hitmail". Nou's ek so
TELEURGESTELD!) :-)))))
Rennie:
So hotmail = hot man
en hitmail = hitman??
O wel, teleurgesteld of nie, ek is albei. En ek het 'n HORING :-)