Een begrip, een woord? In Afrikaansisallesmossommeraanmekaar. Waar's die
tannie-met-die-kappie se woordeboek?
Danielle skryf in boodskap news:4rjoot8qjucb6silv28kt1o90gds0h41id@4ax.com...
> On Tue, 28 Aug 2001 22:08:49 +0200, Davie Davis
> wrote:
>
>> 'top up' of ook genoem 'coversure' word verskaf deur die mense wat jou
>> finansiering doen en nie deur die korttermynversekeringsmaatskappy nie
>
> korttermynversekeringsmaatskappy? Dis darem 'n vreeslike lang woord.
> :-) Is dit rerig een woord? Wat is die "top up" goed waarvan julle
> praat? Wat doen dit? Is dit soos Aflac die eend, se "supplemental
> insurance" hier by ons?
> Het mens rerig so iets nodig?
>
Die duiwe wat so vir mekaar gekoer het op hul troue is terug, en die fotos
van die trouerasie is op http://communities.msn.co.za/DeWets/thehithcing.msnw?Page=1 beskikbaar vir
die wat wil weet hoe ons gelyk het as ons nie tekkies aan het nie. Daar is
twee bladsye.
Gloudina,
Due realiteit is daardie tabakboere buitelandse valuta verdien. En hulle
verbou nie net tabak nie, hulle voorsien ook in die binnelandse vraag na
mielies wat soos jy darem seker sal onthou die stapelvoedsel van Afrika is.
Wie gaan nou daardie voedsel (nie net mielies nie) produseer. Die
besettings word gewoonlik soos volg gedoen:
Die "oorlogsveterane" (meestal jonger as 20 jaar) trek met optog van
honderde op die plaas aan. Dan word die boer en sy familie geterroriseer
wat hulle dan dwing om hulle goed te vat en te loop. Meestal net 'n paar
kledingstukke, en soms nie eens hulle persoonlike dokumente nie.
Sodra die boer en familie dan weg is, of sommer nog as deel van die
"distribution" word die trekkers en werktuie aan die brand gesteek, en die
geboue word of afgebrand of afgebreek. en dan steek elkeen sy plotjie grond
af, en nou het hulle die grond. Viva viva!
Waarmee gaan hulle die gewasse verbou om hulle self mee te voed? Laat staan
nog om aan ander te gan voorsien?
Ek stem saam dat elke persoon sy regmatige stukkie grond moet kan besit. Ek
stem egter nie saam daarmee dat dit eenvoudig van mense afgevat word, en dan
doen hulle niks daarmee nie. Laat my dink aan 'n hond wat 'n motorkar
gejaag het, dit toe gevang het, en nou nie weet wat om daarmee te doen nie.
Die gronvattery is nie net van WIT boere nie, daar is ook ander swart boere
wat dieselfde lot getref het, Hulle word verhoed om hulle grond te bewerk,
omdat die "comrades" sy oeste, landerye en wat nog als beskadig het sodat hy
nie met sy boerdery kan voortgaan nie. Wat sal jy doen?
Gloudina sal seker die High-Commisioner gaan sien, of haar informant op
Thabazimbi gaan raadpleeg?
Dit is die realiteite van die saak. En dit kan ons nie wegredeneer nie. Al
wat die wêreld kan doen is om druk op Bob Mugabe te plaas om hom te dwing om
sy gedagtes te verander. Hoe sal jy voel as jy op jy grond aangeval word
wat aan jou behoort het, en jy het geen vertoë om eers jy eiendom:
Masjienerie, vee en ander toerusting te beskerm of te kan verwyder nie. Kom
nou Gloudina, wat sal jy doen as dit met jou gebeur, en as jy jou op die reg
beroep, dan word JY gearresteer as die "aanstigter" van geweld?
En moenie vir my kom sê dit was nie so nie.
Thys oppie Bos
skryf in boodskap news:3B8A5E8D.AC66D8C6@home.com...
> Shannon wrote:
>
>> Die Mail & Guardian het 'n tyd terug berig dat die Zim regering (ek is nie
>> seker van die persentasie nie) ongeveer 45 na 50% van die grond besit.
>>
>> terwyl die miljoene swart mense ingeprop
>>> sit in die ander twee-derdes
>>> Gloudina
>
> So, as die regering, seker in die vorm van kroongrond(wat gewoonlik
> wildreservate ens. is) omtrent twee-
> derdes van die orige grond besit, wat is oor vir die
> man in die straat? Geen wonder dat hulle in opstand
> kom nie. Sover ek kan sien, gee die mense op die
> blanke plase toe dat hulle oorvloed grond het, en
> in sommige gevalle onderhandel hulle om sekere
> dele van die plase oop te stel vir besetting. Ek kan
> egter nie verstaan hoekom die wit boere, wat tog
> omtrent almal tabakboere is, nie al lankal die land
> uit is nie. Watter toekoms is daar vandag vir tabak-
> boere?
>
> Gloudina
>
>
>>
>
Dis nou vir al die oud PRG manne.
(Jammer Gloudina, Anette, Danielle, Emmy en die ander dames: julle's
uitgesluit weens onveranderbare geslagsvoorkeure)
Ek was daar vana 67 - 71: Chief was eers GJ Smit tot middel 69, toe DJ de
Villiers (Oom Dawid, broer van prof. Roux de Villiers Dekaan Ingenieurswese,
en later vise-rektor by US)
Wiskunde gehad vanaf 68 tot 71 by die Maanskyn, Duits by oom Ters van
Huyssteen. Hy leef nog, en ek sien hom nog heel dikwels met sy Citroen
Pallas hier voor die gebou verby ry. Afrikaans by die dierbaar dood goeie
goed dooie oom Klaasvakie (Riedeman) gehad. Engels by miss de Kock, ant
Siena met haar "come come, Japie is lus vir boud 'whack-whack-whack'
something to remember me by, bly stil en keep quiet" en tot vandag toe nog
gebruik ek haar Engels.
St 6/7 Wetenskap by Oom Os (Jan Loedolf) gehad. Hy leef nog "very much
thank you". "Heerge de Wet, en jy's nog net so wrgagtag maarg soos altyd"
Oom At Slabber is nou al so 'n hele paar jaar oorlede. Ek het al hier by
die US gewerk na 84 toe ek hom dikwels nog op straat gekry het.
Okkie van Wyk is ook al oorlede (met sy paryse agteroorkapsel soos Piet
Faber ('72) sou sê)
Ook in Prima gewees. Eers was dit Secunda, en Prima Nova was Prima, en toe
in 68 of 69 is die name verander.
In Prima had ons ook vir ou Whitford as koshuis onnie: Die suur ou wat Latyn
gegee het. Een dag het die matrieks mos sy Mini tot voor sy klaskamer se
deur gedra en kon hy nie by die klas uit nie. Sy siel het ons darem ook tot
die uiterste toe beproef: Sy kamer was reg langs maker 19 bo-op die trap.
Saans na ligte-uit, maak hy kamerdeur oop en dan tik die siel sy Latyn
vraestelle op sy Olivetti tikmasjientjie. Die hele gang gee antwoord soos hy
tik.
Ons (Patties Scholtz, Michael(Nappy) du Toit, Kosie de Jager en ek) kry
iewers deur die dag selofaanpapier. Wag tot na ligte uit. Whitford se deur
oop. Wag tot hy begin tik en wat nog. verkreukel ons die selofaanpapier
dat hy dit nou moet hoor. Een keer, geen reaksie. Nog 'n keer, niks.
Derde keer: Wham.. Sluipende ge-pantoffelde voetstappe. Sagkens word deur
oopgemaak. Indringende ligrstaal van sy flits (Dis na ligte-uit, geen lig
aanskakel nie) In sy diep basstem: "Who's got food in this room" Geen
reaksie. 4 slapers. Weer die stem. "Sir?" kastig vakerig kom dit van
Michael. Weer die vraag. "No sir, we have no food" (Ons mag nie kos in die
kamers aanhou nie. Nie lekkers, brood, beskuit of wat ookal nie. Njadda)
So word elke bed deurgesoek. Niks gevonde, maar iewers hoor hy toe die
geritsel van die selofaan. Ja ons moes maar gaan "oplaain" "Bend over on to
the bed with your kamerjas telled op" en twee houtjies later is jy brandgat
en al terug in die bed om te gaan slaap.
So had ons al ons karakters daar. Sparks Esterhuizen, die ou wat die hele
skool in 3 maande topfiks gemaak het met sy
" lê-rugsteun-posisie-gereed-en-as-ek-sê-spark-dan-spark-j y " en sy opgerolde
springtou...
Herr Moen met sy weglê snor en wilde baard (Hy moes eintlik die bynaam
Castro gekry het, want hy lyk nes Fidel-die-diedel.) Sy BMW het ook vir 'n
hele paar dae in sy Duitse klas op die eerste vloer gestaan...
Anna le Roux met haar (somtyds) luide stem Engels hoër gegee. Tjoepies
Kritzinger met sy aardrykskunde. Hy was die enigets onnie wat geen huiswerk
gegee het nie. "Ek sien nie opstelle na nie. Dit kan julle vir die
skreeuende heks hie langsaan doen" (Met verwysing na Anna le Roux). "Ek het
beter dinge om my aande mee te verwyl" en dan Vrydagoggende met sy boepronde
magie in daai kadetuniform en sy rooi neus ewe vroom op die tafel te tik met
die hamer (as Kaas nie daar is nie) om ons te laat opstaan vir chief se
"binnekoms".
Sal ek dan vergeet hoe een van die '70 matrieks die oggend van die laaste
matriek vraestel, om kwart voor ses, 'n hele string klappers laat afgaan het
aan die bo-punt van die trap. En ons ander moes maar die middag studiesaal
sit sodat die 'skuldige oor sy daad berou kan toon en die manhaftige stap
doen om vorentoe te kom" "Toe, kom nou: Wie was dit?" Scheltema, Okkie,
Shortie (de Vries) staar elk elke ou koshuis brakkie middeldeur in die hoop
dat die "skuldige" tog sal vorentoe kom. Okkie se vrou, Heleen, was toe
hoog swanger met hul eersteling, en almal het in "angs en bewing" geloop oor
die komende baba...
Eers by ons re-unie in 96 het ek toe uitgevind wie die skuldige was... Koei
Beukman
Ja, Anton Lubowski was toe ook in matriek en hy en Koei was nogal
kamermaats.
Shortie koop mos vir hom so 'n diep-pers Toyota Corona 1600 OHC. Parkeer
persmonster op die studiesaal se stoep. Een Sondagoggend in ons matriekjaar
(71) toe ons opstaan, had een "onbekende persoon" met wit Shushine op die
pers besigheid geskryf: "Who could have thought it that shit could have
bought it". Na middagete: Studiesaal toe, en daar sit ons die heel middag.
Tevergeefs of die skuldige vorentoe sal kom. Een vir almal en almal vir
een. Die had ek ook later eers uitgevind, maar ek sal nie sy identiteit
bekend maak nie.
Saam met my hier by die US se IT afdeling werk: Callie van der Merwe (71),
Nico Goosen (vermoed 79/80)
Wil graag die Regering van ons Paradys, en elders op die Planeet, insluitend
Individue, Organisasies, en Regerings, wat deel neem aan die Afrika Renaissance,
en veral die ANC gelukwens vir die super sukses wat bereik is sover, asook vir
die toekoms. Veral vir die volgende: Deursettingsvermoë en vasberadenheid. Die
menige inisiatiewe geneem deur President Thabo Mbeki, Staatsdepartemente en die
Private Sektor, ten bate van miv+/vigs navorsing in ons Paradys, en elders op
die Planeet. Holistiese benadering vir die rol van die immuun stelsel, aangaande
'n geneesmiddel vir miv+/vigs. Miv+/vigs advertensie veldtog. Verskaffing van
miv+/vigs medisyne. Algemeen beskou as die beste benadering om miv+/vigs te
bestry, soos hierbo vermeld. Effektiewe vervoer en infra struktuur beheer
maatreëls. Voordelige multi-kulturele ondersteuning inisiatiewe. Insluitend die
menige bydraes wat gelewer word aan die Afrika en Suid Afrika Renaissance. En om
die Regering van ons Paradys, en elders op die Planeet, te ondersteun om hulle
doelwitte te bereik. Vir die Persone van ons Paradys, die Afrika Kontinent, en
elders op die Planeet. En nog baie meer. By voorbaat baie dankie. Dit word
inniglik waardeer.
Wil ook graag Voertuig vervaardigers, verskaffers en verspreiders, in ons
Paradys, en elders op die Planeet, asook ondersteunende Organisasies, gelukwens
vir die super sukses wat bereik is sover, asook vir die toekoms. Veral vir die
volgende: Deursettingsvermoë en vasberadenheid. Aanhoudende verskaffing van
produkte en dienste. Effektiewe navorsing. Werk verskaffing geleenthede.
Voordelige multi-kulturele ondersteuning inisiatiewe. Ekonomiese en sosiale
bydraes en inisiatiewe, veral om miv+/vigs te bestry. Insluitend die menige
bydraes wat gelewer word aan die Afrika en Suid Afrika Renaissance. En om die
Regering van ons Paradys, en elders op die Planeet, te ondersteun om hulle
doelwitte te bereik. Vir die Persone van ons Paradys, die Afrika Kontinent, en
elders op die Planeet. En nog baie meer. By voorbaat baie dankie. Dit word
inniglik waardeer.
'n Saak wat na aan die hart raak, is om die vrede en voorspoed van die Persone
van ons Paradys, en elders op die Planeet, asemrowend te verhoog.
Behou geloof, hoop en liefde. Onthou die oomblik het aangebreek om eksponensieel
ondersteuning te verkry. Verstaan enige advies hier word gegee in die gees van
Vryheid van Keuse. Enige persoon het die reg om dit te gebruik net soos dit is,
en / of te verander na vrye wil.
Wil graag voorstel om Planetêre ontmoetings te verhoog, asook ontmoetings met
Regerings organisasies, Voertuig vervaardigers, verskaffers en verspreiders, en
ondersteunende Organisasies. Om meer effektiewe vervoer metodes te verhoog. As
deel van die 2020 en daarna plan om die vrede en voorspoed van die Persone van
ons Paradys, en elders op die Planeet, te verhoog. Ten voordeel van alle
betrokke partye.
Navorsing kan ook verhoog word. Veral om die verhoogde gebruik van geluk
voertuie, aanheg van sleep waens, toegelate paaie waar gebruik, maklike bestuur
vermoë, benodigde groottes, vervoer van goedere en/of passasiers, onderdele
vervanging, voertuig onderhoud programme, ondersteuning en dienste, en
effektiewe sekerheid en sekuriteit maatreëls. Om meer effektiewe genotvolle reis
geleenthede te verhoog. Ten voordeel van alle betrokke partye.
Produksie en verspreiding van voertuie, toerusting en onderdele, asook
handleidings kan ook verhoog word. Om die verskaffing in die ewig groeiende
aanvraag vir sulke dienste te verhoog. Ten voordeel van alle betrokke partye.
Daarna kan die aantal fabrieke, asook produksie kapasiteit van fabrieke verhoog
word. Vir massa produksie, op verskeie plekke in ons Paradys - Oos, Wes en Noord
Kaap, Kwa-Zoeloe Natal, Vrystaat, Gauteng, Noordelike Provinsie en Mpumalanga.
Asook in Afrika lande en elders, veral naby mark gebiede en/of lughawens, nadat
vredes inisiatiewe en infra struktuur voldoende verhoog is, vir suksesvolle
lewering van produkte en dienste. Veral waar voldoende menslike hulp bronne en
materiaal beskikbaar is. Ten voordeel van alle betrokke partye.
Bestudeer verbruikers benodighede plaaslik, in lande op die Afrika kontinent, en
elders op die Planeet. Om plaaslike en uitvoer mark potensiaal en benodigdhede
vas te stel. Daarna om inisiatiewe baseer op aanvraag te verhoog. Ten voordeel
van alle betrokke partye.
Ontmoetings kan ook verhoog word met Finansiële Instansies. Om die
beskikbaarheid van fondse aan projekte te verhoog, soos nodig. Ten voordeel van
alle betrokke partye.
Ontmoetings kan ook verhoog word tussen Regerings organisasies, Voertuig
vervaardigers, verskaffers en verspreiders, ondersteunende Organisasies en
Finansiële Instansies. Hoogstens aangeraai, om belasting kortings te verhoog aan
Finansiële Instansies en Organisasies betrokke. Om asemrowende suksesse te
verhoog in die verband. Ten voordeel van alle betrokke partye.
Suksesse kan ook verhoog word deur die Media aan die Persone van ons Paradys, en
elders op die Planeet. Om ondersteuning te verhoog vir ekonomiese inisiatiewe
onderweg in die ontwikkeling van Renaissancis regoor die Planeet.
Hierdie bydrae kan dien as die geskenk van die Millennium van die ANC, President
Mbeki, asook die Regering van ons Paradys, aan die Regerings en Persone elders
op die Planeet, waar benodig. Verkieslik nadat die goedkeuring indien verband
verhoog is van die Regerings en Persone van die VK en VSA. Om toekomstige
vriendskappe te verhoog tussen on Paradys en elders op die Planeet.
Dit kan President Thabo Mbeki geweldig ondersteun. Veral wanneer President Mbeki
die Suid Afrika, en veral die Afrika Renaissance 'n kwantum sprong vorentoe
neem, omtrent Junie 2000 en/of net daarna. President Mbeki kan suksesse behaal
in die Suid Afrika Renaissance herhaal vir menige Lande wat aan die Afrika
Renaissance deelneem. En dit die sukses maak wat dit verdien om te wees. 'n
Ekonomiese bloei tydperk kan verwag word. Nadat gereedheid bereik is in die
verband deur die aanwys van 'n groen lig te lewer, soos aangevra. Ten voordeel
van alle betrokke partye.
Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge:
Meer effektiewe gelukbringer geleenthede kan asemrowend verhoog word.
Meer effektiewe werksgeleenthede kan asemrowend verhoog word.
Meer effektiewe uitvoer geleenthede kan asemrowend verhoog word.
Verhoogde suksesse van Renaissancis kan asemrowend verhoog word.
Meer ondersteunende verhoudinge kan asemrowend verhoog word.
Ekonomieë, en potensiële ekonomieë kan asemrowend verhoog word.
Vrede en voorspoed kan asemrowend verhoog word.
Gemeenskaplike belange kan alle partye geweldig bevoordeel.
Die Afrika en Suid Afrika Renaissance kan 'n kwantum sprong vorentoe neem.
Die Planetêre Renaissance kan 'n kwantum sprong vorentoe neem.
En 'n beter lewe kan vir almal geskep word.
Kommentaar:
Hierdie inisiatief word beskou as 'n belangrike bou blok aangaande verhoogde
opbrengste van Renaissancis, ten doel van die triljoenêr kaart, wat hier beplan
word. Om 'n vorige stelling van Gandhi te herhaal - Daar is meer as genoeg
hulpbronne.
Eendrag maak mag. Persone wat mekaar ondersteun, oorleef saam in 'n beter
wêreld. Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die 22e Eeu d.m.v. grootheid,
goedheid en grasie. Love all Serve all.
Hoop dit help. Saam vir 'n beter toekoms. Een vir almal en Almal vir een. Word
'n magiese Persoon en help om 'n Paradys en Planeet te skep waar almal gelukkig
is en bevry is van pyn en leiding.
Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die Persone van ons
Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en Praal, Passie, asook Profytvol
Vorentoe, sodat hulle na hulle Prys, hulle Piek, kan Peil.
Ns. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier geuiter word, is dit a.g.v.
'n blinke kol in die logika, wat reggestel sal word wanneer dit raakgesien is.
Apologie word nou al aangeteken daarvoor. Vergewe asb.
Ek weet it is die 'Sacred Ibis', maar wat beteken 'Skoorsteenveer' in
Engels, asseblief?
(Please excuse me if the Afrikaans is not very good, but I haven't used
it for about 20 years, and I never really knew it then, anyway! Also,
I'm learning Dutch, which makes it confusing.)
Hi,
I've just put up a new website which I think will interest
conservative-leaning Afrikaans folks. Check it out: http://users.iafrica.com/p/pb/pbs.
I did a US Radio interview regarding the situation in South Africa and
Zimbabwe. There are lots of things on the website including radio
interviews. Hope you enjoy it.
"Danielle" skryf in boodskap news:597iotc0dmogu4aot944l84vis751ebdho@4ax.com...
> On Sun, 26 Aug 2001 08:56:50 +0200,
> Dankie dat jy gesê het Tobie!! Daar is darem wyz en meenz (as mens
> net weet daarvan). Ek het dit gesien Kobus, en my doodgelag!! Dit
> was baie oulik!! :-)
Ougat was dit! Ek's maar bly nie almal kon dit sien nie (If you know what I
mean...).
> Terloops Kobus, se vir die Internet Polisie ons mis hom baie! Het so
> paar donasies na sy Paypal rekening gestuur, en hoop om hom en sy
> getroue hond gou weer te sien patroleer. :-)
Hier is definitief baie werk vir KP en Snuffels! Los my net uit, hoor! Ek
maaind my own business - ek soekie skoorie...
"Danielle" skryf in boodskap news:sq7iot4mp973h4n4lb4fc0hmvp48dnhqk2@4ax.com...
> dat jy nou verdink word om 'n regse ou omie van Sydney
> te wees. Oooo, dis eintlik vreeslik snaaks...:-))))
Huh? Ek dog ek was nog laas in Perth? Ek kan ook nie meer byhou met waar
ek is nie - ek verloor myself gedurig...
> Ja, ek weet. :-) Jy gooi mos deesdae net shrimps op jou barbie! :-)))
Hie-hie-hie - ons was hoeka gisteraand buite by die barbie besig (veggie
sosaties, jy weet...)toe 'n helse donderstorm uitbreek. Mensig, het ek
vinnig die huis ingespring! Ook maar goed die Goodwill Games begin eers
Dinsdag.
> Terloops, jy moet volgende week vir ons waai in die kamera's. Ek sal
> die Goodwill Games" dophou - dalk sien ons jou ook! :-))
Ek sal waai! Dis nou ek met die krokodilvelskoen in een hand en die
springbokvel in die ander...
Ek vra om verskoning vir my agterlosingheid. Ek kry nie aldag tyd om hier
in te loer nie.
Ek sien hier was so 'n vurige bespreking oor vleis eet. Soos tevore was
daar weer die persoonlike aanvalle. Arme Bobby. My beskeie opinie, daar is
'n groot verskil tussen vleis eet en diere mishandel vir geldelike of enige
ander gewin. Nou nie 'n groot bybelkenner van formaat nie, maar iewers uit
my kinderdae onthou ek nog 'n vraag aan Christus oor wat onrein is om te
eet. As die ouderdom my nie inhaal nie was die antwoord iets soos dat jy
meer bekommerd moet wees oor die onreinhede wat by jou mond (pen,
sleutelbord) uitkom as wat jy daar in stop.
Sakkie(selferkende karnivoor wat hou van 'n "chargrilled butterfly fillet"
met 'n garnaal sous)