Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Rowers slaan baba erg

Vr., 23 April 2010 17:28

Rowers slaan baba erg

Polisiebeamptes gister by die huis waar ’n baba en haar oppasser in
Johannesburg erg deur rowers aangerand is.Foto: Lauren Mulligan

2010-04-22 21:55
André Damons en Magdel Fourie

’n Jaar oue baba veg om haar lewe nadat rowers haar en haar oppasser
so erg in haar ouerhuis in Robindale, Randburg, aangerand het dat sy
opgehou asemhaal het.

Die aanvallers het die oppasser, in haar 30’s, na bewering in die
voorhuis van die huis in Rooseveltstraat oorval.

Hulle het haar erg aangerand voordat hulle die baba, Marizaan Kruger,
ook getakel het.

Beeld het verneem die meisietjie het veelvuldige skedelbreuke
opgedoen.

Volgens me. Vanessa Jackson, ER24-woordvoerder, het die vrou verskeie
oop wonde aan die kop gehad en die baba talle wonde oor die lyf.

“Die vrou en die baba het verskriklik baie gebloei. Die vrou het bloed
aan die kop, arms en hande gehad, maar die baba was meer kritiek,” het
sy gesê.

Hulle was alleen tuis toe die mans toegeslaan het.

Me. Madelein Kruger, die baba se ma, het die grusame ontdekking gemaak
toe sy omstreeks 13:00 van die werk af tuisgekom het.

Toe sy die deur oopmaak, het sy net bloed gesien en die huiswerker
vasgebind gekry. Sy was bewusteloos.

Dit is nie bekend waar in die huis die baba was nie.

Volgens lt.kol. Eugene Opperman, polisiewoordvoerder, is dit onbekend
hoeveel aanvallers daar was en hoe hulle toegang tot die huis verkry
het.

Hy kon ook nie sê waarmee hulle aangerand is nie.

Me. Olga Rossouw, wat oorkant die Kruger-gesin woon, het aan Beeld
vertel Kruger het kort ná 13:00 by háár huis ingehardloop met die
bebloede, pap babatjie in haar arms.

“Ollie, Ollie, wat moet ek doén,” het sy huilend aan Rossouw
geskreeu.

Die kind het nie asemgehaal nie en sy het ’n groot wond bokant die
regteroog gehad.

Rossouw het die noodknoppie gedruk wat aan Piranha Security, ’n
plaaslike veiligheidsmaatskappy, verbind is.

Enkele minute later het hul nooddienswerkers op die toneel aangekom en
onmiddellik die baba geresussiteer, het sy vertel.

Mnr. Allan Stott, besturende direkteur van Piranha Security, het gesê
nadat die baba weer begin asemhaal het, het hulle haar in ’n
noodvoertuig gelaai en na die hospitaal gehaas.

“Op pad soontoe het sy twee keer opgehou asemhaal en moes hulle haar
telkens weer resussiteer,” het Rossouw vertel.

“Wie sal so iets doen aan ’n klein, weerlose ou babatjie?”

ER24 het die oppasser daarna na ’n ander hospitaal geneem vir
behandeling. Haar identiteit kon teen druktyd nie vasgestel word nie.

Opperman het die aanvallers as “lafaards” uitgekryt.

“Net lafaards val vroue en eenjarige babas aan. Dis hoekom ons alles
gaan omkrap wat omgekrap moet word om dié lafaards te kry,” het
Opperman gesê.

Beeld het verneem me. Kruger is so erg geskok dat sy nie met die
polisie kon praat nie. Sy is later ook hospitaal toe.

Sover bekend, word slegs ’n skootrekenaar en modem uit die huis
vermis.

Oorsprong:Beeld
( http://tinyurl.com/zavu9p )

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Gewonde boer jaag deur muur ná plaasaanval

Vr., 23 April 2010 17:25

2010-04-22 21:55
Buks Viljoen

’n Swaar gewonde boer van Onderberg in die Laeveld in Mpumalanga het
eergisternag met sy bakkie deur ’n baksteenmuur gejaag om van ’n groep
aanvallers af weg te kom nadat hulle hom gewond het.

Mnr. Boeta Basson (26), wat op hul familieplaas Inyoni op die
Strydomblokpad naby Hectorspruit boer, was omstreeks 21:30 op pad na
sy plaashuis.

Hy het pas deur die hek gery toe hy beweging agter hom sien, het sy
pa, mnr. Gerhard Basson, vertel.

Basson jr. was in daardie stadium besig om op sy selfoon met sy
verloofde, me. Malenke Furstenburg van Komatipoort, te praat.

Hy was op pad van haar huis af plaas toe, toe hy aangeval is. Die twee
het vroeër die dag foto’s vir hul verlowing op die plaas laat neem.

“Toe hy deur die hek ry, het hy ’n beweging langs sy bakkie gesien.
Die volgende oomblik het twee aanvallers sonder ’n woord op hom
losgebrand.

Ses skote het die bakkie se deur getref. Een van die koeëls het deur
die bakwerk geskeur en hom in die regterbors getref.

“Hy het net ’n warm gevoel in die bors gekry, maar aanvanklik nie
besef hy is raak geskiet nie,” het Basson sr. gesê.

Die impak waarmee sy seun deur die muur gejaag het, het die bakkie tot
stilstand gedwing.

Hy het uitgespring en sowat 1,6?km deur ’n piesangplantasie na ’n
kampong gehardloop.

Hier het werkers hom met ’n kombers toegedraai en ’n selfoon vir hom
geleen.

“Hulle het ook vir hom gebid,” het Basson sr. vertel.

Kort nadat die eerste skote geklap het, het Basson jr. se broer, Eben
– wat reg langs hom woon – hul pa gebel.

“Hulle skiet vir Boeta,” het hy geskreeu.

“My hart het omtrent gaan staan! Ek het regtig die ergste verwag,” het
Basson sr. gesê.

Minute later het Basson jr. hom gebel om te sê hy is gewond.

Mnr. Phillip van der Merwe, ’n buurman, het Basson jr. by die kampong
opgelaai en met hom na ’n dokter in Komatipoort gejaag. Hiervandaan is
hy per ambulans na die Nelspruit Medi-Clinic oorgeplaas.

Daar is vasgestel die koeëlpunt het sy regterlong skrams getref en 2
cm van sy hart tot stilstand gekom.

“Daar was beslis ’n Hoër Hand wat na hom gekyk het,” het Basson sr.
gesê.

Me. Robyn Baard, woordvoerder van die hospitaal, het gesê daar is
besluit om nie nou al op Basson jr. te opereer nie.

“Die koeëlpunt hou tans geen gevaar vir hom in nie en daar sal eers
later besluit word of dit verwyder gaan word.”

Die polisie het ná die aanval minstens agt 9 mm-koeëldoppies by die
plaashek opgetel.

Kapt. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, het gesê die aanvallers het
gevlug en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Oorsprong:Beeld
( http://tinyurl.com/zaw23d )

Nuus | 0 kommentare

Werker skiet glo op plaasvrou

Do., 22 April 2010 16:46

Werker skiet glo op plaasvrou

2010-04-22 02:51
Vicüs Bürger

’n Plaaswerker het na bewering ’n vrou op ’n plaas in die Reddersburg-
distrik probeer doodskiet nadat sy hom daarvan beskuldig het dat hy
drentel.

Me. Heilie Labuschagne (38) van die plaas Erasmusfontein het
wonderbaarlik ongedeerd van die aanval afgekom.

Lt.kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, sê Labuschagne het
gisteroggend gereed gemaak om na Bloemfontein te vertrek.

Sy het haar handsak, waarin ’n .22-pistool was, in die Ford Ranger-
bakkie, asook die voertuig se sleutel in die aansluiter gelos, terwyl
sy gou iets in die huis gaan haal het.

Sy wou die agterdeur sluit toe ’n 18-jarige werknemer haar terug in
die huis gestoot het.

Hy het haar na bewering twee keer probeer skiet met die pistool wat hy
vermoedelik uit die bakkie gesteel het. Nie een skoot het egter
afgegaan nie.

’n Ander werknemer het gesien wat gebeur en Labuschagne gaan help. Die
jong man het na bewering toe ’n skoot op sy kollega afgevuur, maar hom
gemis.

Hy het uit die huis gehardloop en in die bakkie gevlug.

Die polisie is oor die aanval ingelig en het naburige boere ontbied.
Hulle is gevra om by alle uitgangsroetes wag te hou.

Sowat 10km van die plaas het ’n boer die vermeende aanvaller
vasgetrek. Die vuurwapen is in sy besit gevind.

Die jong man is in hegtenis geneem en sal vandag in die Reddersburg-
landdroshof op aanklagte van poging tot moord, asook diefstal van ’n
voertuig en vuurwapen en ammunisie verskyn.

Mbambo sê in die ondersoek is gevind dat die verdagte sy werkgewer
vermoedelik probeer skiet het omdat sy hom vroeër gekonfronteer het
omdat hy drentel en nie werk nie. Die man het vier maande lank op die
plaas gewerk.

- Volksblad

Oorsprong:Volksblad
( http://tinyurl.com/26ys5ac )

Nuus | 0 kommentare

Vrou in koma sedert sy in hoewe-aanval geskiet is

Do., 22 April 2010 16:45

Vrou in koma sedert sy in hoewe-aanval geskiet is

2010-04-22 09:00
Hilda Fourie

Hy praat met haar en is seker dat sy hom hoor. “Maar mense, moet
asseblief net nie ophou om vir my vrou te bid nie.”

So het mnr. Jurie Steenberg (47) gister gepleit vir sy vrou, Suna
(43), wat Vrydag by hul huis op ’n hoewe in Kameelfontein, noordoos
van Pretoria, deur misdadigers in die kop geskiet is.

Sedert Steenberg op sy vrou afgekom het nadat sy geskiet is, waak hy
langs haar bed in die hoësorgeenheid van die Montana-hospitaal. Hy
gaan net huis toe om te bad en skoon aan te trek.

Volgens Steenberg is sy vrou se toestand bedenklik, maar stabiel. Al
is sy in ’n koma, haal sy op haar eie asem en haar hartklop en
bloeddruk is stabiel.

Oor die voorval kan Steenberg nie veel sê nie omdat hy nie tuis was
toe dit gebeur het nie.

Al wat hy weet, is dat daar baie skote was en op ’n kort afstand op sy
vrou geskiet is. Daarby moes die misdadigers mev. Steenberg ook erg
aangerand het, want benewens die beserings aan haar gesig is een van
haar voortande ook gebreek. Sy is in die kop, hand en been geskiet.
Niks is geroof nie.

Steenberg was eerste op die toneel nadat mev. Poppie Steenberg (75),
sy ma, om hulp geroep het.

Steenberg het die Kameeldrift-polisiekantoor, die Advanced Paramedic
Assist-nooddienste, lede van die Gebiedsbeskermingsaksie (GBA) in
Leeuwfontein, die res van die inwoners van die Kameeldrift-wyk en die
personeel van die Montana-hospitaal spesiaal bedank.

Oorsprong:Beeld
( http://tinyurl.com/2fjazgg )

Nuus | 0 kommentare

Motoris aangerand; polisie kyk glo toe

Do., 22 April 2010 16:43

Motoris aangerand; polisie kyk glo toe

2010-04-22 07:40
Hilda Fourie

Polisielede het gister glo toegekyk terwyl taxi-eienaars ’n motoris na
bewering geskop en geslaan het.

Oomblikke vantevore het ’n polisieman mnr. Henry Burt (57) se
vuurwapen afgeneem. Dié het hy uitgehaal toe “’n skare taxi-eienaars”
op hom toegesak het.

Burt, wat op ’n wildplaas bly, het gisteroggend op die Moloto-pad na
sy werkplek in Pretoria gery. Buite
Wagensdrift het hy hom vasgery in taxi’s en polisievoertuie wat die
pad versper het.

Burt het aan ’n polisiebeampte gesê hy wil na ’n nabygeleë vulstasie
gaan. Hy is deurgelaat. Hy het net ’n paar meter gery “toe was daar
absolute chaos”.

“Die skare het begin om my te stenig. Omtrent 20 mense het my met
klippe gegooi en my bakkie se voorkant getref. Soos ek verder gery
het, het iemand my met ’n piksteel deur my oop venster geslaan. Ek het
na my passasierskant toe gekoes. ’n Entjie verder het iemand my met ’n
baksteen gegooi.”

Burt het stilgehou en uitgeklim om na die skade aan sy voertuig te
kyk. “Soos mal buffels het hulle met pangas en knuppels op my
toegesak. Ek het my vuurwapen uitgehaal, want ek het geweet hier kom
moeilikheid. ’n Polisieman het gekom en my vuurwapen gevat. Die skare
het my omring en ek is toe van alle kante af gefoeter.”

Volgens Burt het die polisie toegekyk terwyl hy aangerand is.

Hy het gesê die skare het sy bakkie se bande afgeblaas. Ná die voorval
het die polisie hom gehelp om sy bure te kontak dat hulle vir hom
noodwiele kon bring. “Ek was net op pad werk toe. Die polisie beskerm
hierdie taxibestuurders wat moles gemaak het. Hulle het my weerhou om
te gaan werk.”

Die polisie het Burt se vuurwapen later aan hom teruggegee.

Burt het ’n klag van aanranding by die Cullinan-polisiekantoor
ingedien.

Oorsprong:Beeld

( http://tinyurl.com/2bpstv2 )

Veiligheid & wapens | 0 kommentare

Plaasmense veg in voorste linie van oorlog

Do., 22 April 2010 16:39

Plaasmense veg in voorste linie van oorlog

deur Tersia Murray van Northriding
2010-04-21 22:06

Ek reageer op die berig “Huis met ma, kinders in aan brand
gesteek” (Beeld, 20 April).

Dis met groot kommer dat ek hierdie soort berigte lees. Dit voel vir
my asof Suid-Afrikaners in ’n volskaalse oorlog betrokke is.

Waar kry die misdadigers al hierdie wapens en ammunisie? En waarom
onskuldiges so wreed aanval?

Elke dag lees ek van moord en doodslag, maar dis asof dit daarna net
oorwaai.

Almal sidder as hulle dit lees, maar dis asof ons almal al gewoond is
aan al die misdaad.

Daar is stories wat my deur die jare bygebly het, soos Janine Drennen
wat verkrag en daarna saam met haar baba doodgeskiet is.

Dit was haar baba se eerste verjaardag. Ek was swanger met my tweede
kind toe die storie in die koerante was en ek kan onthou dat ek dae
aaneen net aardig gevoel het.

Hoe skiet ’n mens ’n eenjarige baba koelbloedig dood? Ek sou graag wou
weet hoe gaan dit met haar verloofde wat op dieselfde dag sy ma,
verloofde en babadogter verloor het.

Hoe staan mens soggens op met die wete dat jy die drie mense vir wie
jy die liefste is op so ’n wyse verloor het?

Ek wonder ook soms hoe dit met die tannie gaan wie se vingers met ’n
snoeiskêr afgesny is.

Ek kan onthou hoe ek geril het toe ek gelees het dat sy die hele nag
in die badkamer geskuil het terwyl die booswigte langs haar sterwende
man gelê en TV kyk het.

Nog iemand oor wie ek wonder, is Razelle Botha, die belowende jong
Waterkloof-leerling op wie ’n pistool leeggeskiet is.

Het sy toe haar studie in Kanada voortgesit soos beplan? Kon sy en
haar pa ’n nuwe lewe bou ná die trauma wat hulle ervaar het?

Ek wonder ook hoe dit met die paramedikus gaan wat ’n brandslagoffer
wou help, maar wreed deur boosdoeners verkrag is.

Dis so ’n afskuwelike daad. Hoe moet hierdie vrou nou weer haar
roeping uitleef?

Ek wonder ook soms of Hettie Brittz nog oukei is.

Aan mense wat op plase bly, wil ek sterkte toewens, want dis asof
hulle in die voorste linies van die Suid-Afrikaanse oorlog veg.

Oorsprong:Beeld

( http://tinyurl.com/2g93bnx )

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Mandela was 'n MI6-agent

Wo., 21 April 2010 14:15

Nelson Mandela is 'n MI6-agent wat Britse intelligensiebeamptes gehelp
het met optrede teen die Libiese Muammar Ghadaffi se wapenprogramme,
sy hanteerders van besonderhede oor wapens vir Ulster-terroriste
voorsien het en toegelaat het dat Britse spioenasienetwerke op Suid-
Afrikaanse grondgebied gevestig word.

Bewerings van Mandela se werwing deur die Britse geheimediens is
openbaar gemaak in die boek, MI6: Vyftig jaar van spesiale operasies,
deur die bekende inligtingskenner Stephen Dorril. Die boek het in 2000
verskyn.

'n Klopjag is destyds op die Londense uitgewery uitgevoer en
rekenaartoerusting is in beslag geneem, maar die uitgewery Fourth
Estate het nietemin voortgegaan om die boek te laat druk.

Britse intelligensie was glo woedend dat hulle versuim het om toegang
te verkry tot die inhoud van Dorril se boek wat Mandela, 'n
Nobelpryswenner vir Vrede, ontmasker het. Daar word vermoed dat
Mandela se werwing deels gemotiveer was deur sy openlike anti-
kommunisme. In ruil het MI6 inligting oor moontlike sluipmoordaanslae
op sy lewe aangebied .

Dorril sê senior agente van MI6 het hom oor Mandela se werwing deur
die geheime intelligensiediens, ingelig.

Bronne binne die Foreign Office en die geheimediens het gesê Dorril se
stelling "is heeltemal geloofwaardig". Die Foreign Office het trouens
nog niks gedoen om die bewering dat Mandela vir MI6 gewerk het, te
ontken nie.

Daar was ook nooit ontkennings of dreigemente van regstappe teen die
boek, van Nelson Mandela se kantoor in Johannesburg, Suid-Afrika of sy
Londense prokureurs nie.

'n Deel van die Dorril se boek, oor die aktiwiteite van MI6 in Afrika,
lui soos volg: "Nog 'n MI6-vangs was ANC-leier Nelson Mandela. Of
Mandela gewerf is in Londen voordat hy in die tronk in Suid-Afrika
was, is nie duidelik nie, maar daar word vertel dat hy op 'n onlangse
besoek aan Londen 'n geheime besoek aan MI6 se opleidingsafdeling
gebring het om die diens te bedank vir sy hulp om twee
sluipmoordpogings teen hom kort nadat hy president geword het, te
fnuik."

Dorril sê die beplande sluipmoordpogings verwys waarskynlik na een
deur 'n faksie van die ANC, wat bitter gekant was teen Mandela se
suksesvolle manoeuvres teen die Kommunistiese Party. Die ander poging
was glo deur 'n vleuel van die apartheidsregering se militêre diens.

Dorril, 'n skrywer oor intelligensie-aangeleenthede en 'n dosent aan
die Universiteit Huddersfield, beweer Mandela is deur MI6 vanweë sy
vriendskap met Muammar Ghadaffi gebruik.

Sowel die Britse as die Amerikaanse regerings was gretig om
verhoudings te bou met Libië om die land se ryk olievelde te ontgin.
"Mandela was die sleutel om Libië van 'n terreurstaat na die Weste se
siening te bekeer," het Dorril aan die Sunday Herald gesê. "Die
resultaat van sy optrede was 'n groot ekonomiese hupstoot vir Westerse
ekonomieë."

Hy sê ook die sielkundige oorlogvoeringsafdeling van MI6, of IOPS -
wat verantwoordelik is vir propaganda - het gehelp om die
internasionale mening te rig sodat Mandela Gadaffi kan besoek sonder
om die Weste openlik in die skande te steek.

Dorril het bygevoeg: "Mandela het MI6 gehelp met inligting oor Libië
se geld en wapens aan die IRL, en die stuur van wapens na lojalistiese
terroriste in Ulster vanaf apartheid Suid-Afrika." Dorril beweer
Mandela het sy MI6-hanteerders oor Libië se pogings om 'n chemiese en
biologiese oorlogvoeringsvermoë te ontwikkel ingelig asook oor Suid-
Afrika se eie geheime kernarsenaal.

Dorril sê in sy boek dat Brittanje nie aangedring het op 'n volle
openbaarmaking van Suid-Afrika se biologiese wapenprogram nie. Mandela
het ook glo gehelp keer dat Suid-Afrikaanse wetenskaplikes gewerf word
vir Libië se bio-wapenprogram.

Een van die grootste oorsese MI6-stasies is in Suid-Afrika. Dit was 'n
belangrike spioenasiesentrum gedurende die Koue Oorlog toe Rusland en
Amerika vir invloed in Angola, Mosambiek en die naburige lande in
hulle invloedsfeer gestoei het. Suid-Afrika is ook die sleutel tot
Brittanje se ekonomiese welvaart as gevolg van sy natuurlike uraan,
goud- en platinumneerslae.

Dit is onduidelik presies wanneer Mandela gewerf is. Albei Neil
Harold, uit Mandela se persoonlike kantoor, en Mandela se Londense
prokureur, Iqbal Meer, van Meer Care Desai, was stomgeslaan toe die
bewerings aan die lig kom.

Dorril sê sy boek is nie skadelik vir Mandela se reputasie nie. "Daar
is niks wat lasterlik is omtrent werwing vir MI6 nie," het hy gesê.

'n Amptenaar van die Foreign Office het gesê hy kan nie kommentaar
lewer op die beweringe nie, maar nie-amptelik het senior Foreign
Office-bronne bevestig dat Dorril se beweringe geloofwaardig is.

Buitelandse ontleders en Afrika-kundiges meen ook dat Mandela se
werwing vir MI6 nie net geloofwaardig is nie, maar ook 'n seismiese
internasionale skuif verteenwoordig.

'n Deskundige oor Suider-Afrika het gesê: "Sy lewe en geskiedenis toon
hoe hy aantreklik sou wees vir MI6 en MI6 vir hom aantreklik. Mandela
is diep anti-kommunisties. As 'n jong man het hy Kommunistiese Party-
vergaderings met sy vuiste ontwrig. Later in sy lewe hy het tot die
besef gekom dat hy elke bondgenoot wat hy kan kry teen apartheid nodig
het en weens pragmatiese redes besluit om in die bed met die
Kommuniste te eindig.
( http://www.praag.co.za/nuus-magazine-402/suider-afrika-magaz ine-400/7813-mandela-was-n-mi6-agent.html
)

Nuus | 0 kommentare

Rian Van Heerden se versteurde denke

Di., 20 April 2010 20:25

Deur Vlad du Plessis,
Dinsdag, 20 April, 2010

In 'n verbysterende stuk werklikheidsontekenning val die Naspes
rubriekskrywer, Rian van Heerden, Afrikaners aan vir hul rassistiese
reaksie tot die moord op Eugene Terre Blanche. Van Heerden vind dit
wêreldvreemd dat Afrikaners toenemend op die internet rassisties op
hierdie gebeurtenis reageer.

Van Heerden se analise is egter, soos alle Naspers joernaliste en
rubriekskrywers, van die veroordelende tipe wat binne die isolasie van
sy eie belewingswêreld kom. Syne is 'n wêreld waar hy meerendeels
omring is deur 'n eendersdenkende liberale kliek wat Suid Afrika nie
op die werklikheid interpreteer nie, maar wel o.g.v. hul uitgediende
liberale ideologie. Deel van hierdie mislukte ideologie is om nie te
verstaan dat mense reageer binne 'n breër milieu waarin raswerklikheid
elke dag op onaangename en selfs brutale wyse aan hulle opgedwing word
nie.

Bloot oor hul velkleur, loop blanke werksoekers dag vir dag in geslote
deure vas. Sedert 1994 is om en by 90 000 wit vroue deur swartes
verkrag en nog 'n verdere 45 000 blankes is deur swartes vermoor.
Anders as wat Van Heerden dink is die moord op Eugene Terre Blanche
glad nie die oorsaak vir die ongekende vlaag van wit rassisme nie.
Nee, dit was maar net die laaste strooi wat die kameel se rug gebreek
het.

Dat amper elke wit misdaadslagoffer tot hede deur swartes aangeval is,
is volgens Van Heerden se logika 'n blote toevalligheid wat nie
blankes met woede jeens swartes moet vul nie. Dat Julius Malema
openlik "Skiet die Boere" sing en dat blankes ,en veral Afrikaners,
uit bykans elke sfeer van die samelewing, deur die swart regering,
gedwing word, moet ook nie ons rasseverhoudinge beinvloed nie.
Duidelik is Van Heerden se logika in die omgewing van die absurde.

Volgens navorsing, wat Ferdie Greyling, nog 'n Naspes rubriekskrywer
aanhaal, sou mens selfs kon argumenteer dat rassisme 'n noodsaaklike
oorlewingstrategie is, daar waar een ras deur 'n ander bedreig voel.
Ek dink nie dat laasgenoemde punt Greyling se bedoeling was nie, maar
dit is die onvermydelike gevolg van die navorsing wat hy, duidelik
ondeurdag, aanhaal. Met Afrikaners wat elke dag deur swartes vermoor
en verkrag word en met 'n swart regering wat ons bates wil afneem, is
dit seker net logies dat Afrikaners deur swartes bedreig voel. Hoe kan
wittes dan nie met woede teenoor swartes sit nie?

Dat Afrikanerorganisasies nou hul verdedigingsarms in een
bevelstruktuur verenig is ook 'n aanduiding daarvan dat Afrikaners ook
nie bereid is om voortaan net met hul wantroue teenoor swartes te sit
en wag vir beter dae nie. Nee, ervaring het vir hulle gewys dat die
swart bedreiging in der mate 'n werklikheid is, dat hulle daadwerklik
iets daaraan moet doen. Hierdie is die werklikheid en die linkse
ideoloë in Naspers moet maar ophou om liberale lugkastele te bou en
met die groeiende rassekonflik van die NSA verlief neem.

Oor Afrikaners se internet woede sê Van Heerden: "Ek het 'n weeklange
naarheid in my gehad. Ek wou elke dag braak oor wat mense kwytraak."
Tog spraak Van Heerden nie 'n sprook na die boere wat elke dag
brutaal, deur swartes, vermoor word nie. Dit regverdig geen woede teen
swartes nie. Die vele wit vroue wat met afgebreekte bottelkoppe in hul
vaginas opeindig, nadat swartbendes hulle verkrag het, se lot is
volgens Van Heerden se logika geen rede vir Afrikaners om nie hul
swartbroers se hand in vriendskap te neem nie. Nee dit maak hom nie
naar nie en hy kan ook nie verstaan waarom dit Afrikaners ontstel,
selfs woedend rassisties maak nie. Hy het die vermetelheid om te se:
"Die volk het van sy spreekwoordelike trollie af gebliksem." Dus,as jy
die swart moordenaar en verkragter verag is jy van jou trollie af.
Watter soort logika is dit? Wie is werklik van sy trollie af? Hierdie
gekke-logika is sprekend van die waansinnigheid waaraan die wit
linkses, of 'Afrikaanses', van Naspers ly. Duidelik lei liberalisme in
Afrika tot versteurde denke.

Oorsprong:Perspektief Blog deur Vlad du Plessis
( http://tinyurl.com/y7bgmw6 )

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Huis met ma, kinders in aan brand gesteek

Di., 20 April 2010 20:21

2010-04-19 21:58
Buks Viljoen

Aanvallers het die naweek ’n houthuis met ’n vrou en haar kinders
daarin op ’n plaas naby Carolina aan die brand gesteek nadat hulle die
deur met ’n stuk draad toegebind het.

Toe haar ouers die gesin te hulp snel, is daar op hulle geskiet.

“Hulle was daarop uit om ons te vermoor. Dié het niks met diefstal te
doen nie,” het me. Cornelia de Wet (32) van die plaas Kwaggafontein
naby Carolina gister gesê.

Sy het Saterdagnag omstreeks 22:00 wakker geword toe sy rook ruik. Sy
het gesien die muur en gordyn in haar kamer brand.

Die aanvallers het diesel op die houthuis gegooi en dit toe aan die
brand gesteek.

In die slaapkamer het sy ’n brandende CD gekry.

De Wet het vergeefs probeer om twee van haar kinders, Cornelia (11) en
Joey (2), wat by haar op die dubbelbed geslaap het, wakker te maak.

“Die rook het hulle blykbaar bewusteloos gemaak.”

Sy het die vlamme aan die gordyn geblus en probeer om die huisie se
deur oop te maak, maar kon dit nie regkry nie omdat dit met ’n stuk
draad vasgebind was.

De Wet se ouers, mev. en mnr. Nelie (62) en Jan de Wet (65), woon in
’n plaasopstal sowat 50 m van De Wet jr. se huisie. Haar ander dogter,
Sarah (8), het die aand by hulle geslaap.

De Wet jr. het oor ’n tweerigtingradio, wat skaars twee weke gelede
geïnstalleer is, hulp by haar ouers probeer kry.

“Toe hulle uit die huis kom, is daar vanuit die donker op hulle
losgebrand.”

Die ouerpaar het met ’n haelgeweer en pistool die donker in geskiet om
die aanvallers te probeer verjaag.

De Wet jr. het gesê daar is ook op haar geskiet toe sy deur die
kombuisvenster geleun het om die stuk draad om die deur se slot los te
woel.

Die skietery het volgens haar byna twee uur lank geduur.

Pogings om die polisie in Carolina, sowat 12km van die plaas, in die
hande te kry was aanvanklik vrugteloos omdat hulle nie die telefoon
geantwoord het nie.

Sy het toe haar broer, mnr. Jan de Wet jr., wat naby Belfast boer,
gebel.

Hy het na die plaas gejaag. “Toe ek daar aankom, het die skote steeds
geklap,” het hy gesê. “Ek het aan hulle geskree ek gaan hulle
vrekskiet!”

Hy het ook in die rigting van die aanvallers begin skiet. Die skietery
het toe bedaar.

Mnr. De Wet jr. raam daar was tussen tien en 15 aanvallers.

“Die aanval was fyn beplan en hulle het voorbereid gekom en met genoeg
ammunisie.”

Die polisie het 9mm- en haelgeweerdoppies en enkele patrone naby die
huise opgetel.

Een van die koeëls was van ’n vreemde kaliber wat selfs vir die
polisie onbekend is.

Die lang gras het die soektog na nog bewysstukke bemoeilik. Mnr. De
Wet jr. het gesê voetspore is ook naby die toneel gevind.

Niemand is in die aanval beseer nie.

Oorsprong:Beeld
( http://tinyurl.com/y7exm5e )

Nuus | 0 kommentare

Bewerings in media teen die Suidlanders

Di., 20 April 2010 20:17

Op Sondag 18 April verskyn daar ‘n berig in die “Sunday Tribune”
waarin daar verskeie bewerings gemaak word teen die Suidlanders
waaronder die werwing van oud militêre en veiligheids polisie lede en
ook dat die Suidlanders agter ‘n e-pos veldtog is wat daarop uit is om
die 2010 sokker toernooi in Suid Afrika te boikot. Daar word verder
ook beweer dat die persone wat in Worcester gearresteer is met
onwettige wapens en springstowwe Suidlanders was.

Die skrywer van die artikel gaan selfs so vêr om te beweer dat die
Suidlanders “ondergrondse” strukture het wat gemobiliseer word om
sekere onwettige aksies te loods. Die joernalis, ene Dewet Potgieter
skryf vêrder dat hierdie bewerings aan hom deurgegee is deur ‘n “bron”
binne die Suidlanders.

Die Nasionale bestuur van die Suidlanders verwerp hierdie bewerings
met die minag wat dit verdien en daag mnr Dewet Potgieter en ook die
SAPD om hierdie bewerings in die publiek met feite te staaf. Die
bewerings word gesien as ‘n poging om die Suidlanders te diskrediteer
om sodoende die steun wat die Suidlanders huidiglik geniet te
minimaliseer.

Die Suidlander Nasionale bestuur stel dit onomwonde dat daar GEEN
ondergrondse aktiwiteite bedryf word nie en dat daar geen intensie of
poging bestaan om enige onwettige aktiwiteite te bedryf nie. Die
amptelike Suidlander DEKLERASIE stel dit duidelik dat geen onwettige
aktiwiteite geduld sal word nie. Alles wat deur die Suidlanders bedryf
word is in die ope en sigbaar.

Die Nasionale bestuur was vandag in gesprek met die Suidlander bestuur
in die Weskaap en ook die sameroeper van Worcester om te bepaal of die
aangeklaagdes deel was van enige van die Suidlander groepe. Dit is
bevind dat die aangeklaagdes nie deel was of is van enige Suidlander
groepe nie en is daar ook geen rekord dat hulle ooit enige Suidlander
vergaderings in die streek bygewoon het nie.

Die Nasionale bestuur is egter besig om die saak verder te ondersoek
en sal die bevindinge in die media bekend maak so spoedig moontlik.

Ons wens weereens alle ondersteuners te vra om nie summier alle
gerugte te glo of verder te versprei voor dit nie behoorlik getoets is
nie. Die Nasionale bestuur wens ook alle ondersteuners te maan om te
waak teen ENIGE onwettige optrede aangesien dit nie net u self en u
gesin beinvloed nie maar ook ‘n groot gemeenskap van ondersteuners
landwyd wat reeds in die Suidlander strukture opgeneem is.

Oorsprong:Die Suidlanders
( http://suidlanders.co.za )
( http://suidlanders.co.za/bewerings-in-media-teen-die-suidlan ders/ )

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    81  82  83  84  85  86  87  88  89  90  91  92  93  94  95  96    »]
Tyd nou: So. Feb. 01 06:30:11 UTC 2026