Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: DE CARAÏBEN IN HET NEDERLANDS

Do., 30 Augustus 2001 22:08

Leo Camerlynck schreef in berichtnieuws ...
> Informatie in het Nederlands vindt u op
>
> http://www.fortunecity.com/victorian/updike/456/id29.htm
>
> wat SURINAME betreft
>
> http://www.fortunecity.com/victorian/updike/456/id28.htm
>
> wat DE NEDERLANDS ANTILLEN betreft
>
> http://www.fortunecity.com/victorian/updike/456/id27.htm
>
> wat ARUBA betreft.
>
> Maar bijkomende informatie over het gebied in het Nederlands is steeds
> welkom op het e-mail-adres
>
> ora...@hotmail.com
>
> Leo Camerlynck
>

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Nunavut

Do., 30 Augustus 2001 16:24

Gloudina
Thys, ek sien nou jy het Kanada op die brein, die "lekker"
Kanada. Die onderwerp wat jy probeer help bespreek,
is Zimbabwe en grondsoewereintiteit. Ek dink nie jy besef
dat Kanada, amper soos die ou Sowjet Unie, in die proses
van "opbreek" is nie. Groot dele van Kanada, wat 'n eeu
of so gelede gesien is as deel van ou-wit-omie Kanada, word
nou teruggegee in die hande van hulle oorspronklike bewoners.

Sakkie
....wat as my geskiedenis my nie in die steek laat nie eintlik aan die
Indiane behoort. Net soos die res van Noord-Amerika en Suid-Amerika. As 'n
ou nou vér genoeg wil teruggaan, mag niemand nêrens wees nie want dit is
altyd van iemand/iets anders afgevat. Dit is deel van die mensdom se
geskiedenis. Kyk nou net hoe verontskuldig ek myself. Gelukkig weet almal
al dat ek 'n ou wit omie is en ons sê sulke dinge om ons aksies te
regverdig.

Rennie
Gloudina, vertel ons van Nunavut en julle nuwe tuislandbeleid.
Hoe meer dinge verander........ gie gie gie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

hoeveel mens spreek nog Afrikaans teënwoorde?

Do., 30 Augustus 2001 14:47

Beste Afrikaners!!

Ik is van Holland en ek wil wat skrij in een beetje Afrikaans, als het goe
klink?? Ik vroeg me af hoeveel procent van de bevolking in SA nog Afrikaans
spreek? Wordt het niet een uitgestorven taal of valt dat nog mee
tegenwoordig? Hoeveel mensen geven nog de voorkeur om Afrikaans te spreek in
plaats van Engels?? En spreken de meeste mense eigenlijk Engels in SA?? Ik
vind het wel interessant, omdat ik het Afrikaans goed kan volgen als
Hollander en dat vind ik wel heel leuk!! Maar gaat het nog goed met de
Afrikaanse taal in 2001?? Ok, ik heb wat probeer te spreek Afrikaans, maar
ik weet niet of het correct is de spelling van AFrikaans!! Ok, misschien
hebben jullie antwoorden op deze vragen??

Groet! Jelte, 22 jaar, Den Helder, Nederland.

dag

Koeitjies & kalfies | 45 kommentare

Re: Die Groep

Do., 30 Augustus 2001 12:51

Hallo,

Nie alles wat gepos word naar hierdie nuusgroep kom ook daatwerklyk op die
groep uit nie.
Ek kan redelyk Afrikaans besig, maar het nog nooit een van my bootskappe op
die groep gesien nie, die snaakse ding is ek sien wel antwoorde wat duidelyk
gerig is op my skrywe.
Hoe werk dit ?
Word hier dalk gedisk.../

net gewonder
moderatie is ook diskriminatie
of hoe sê ek

Franc

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Verbeel ek my ?

Do., 30 Augustus 2001 11:55

Verbeel ek my of is dit hoe meer die ouens in Zimbabwe hulle self skuldig
maak aan rassisme ( swart teen wit hierdie keer) hoe stiller is ons vriendin
Gloudina en oom Ferdi.

Moet seker iest uit te maak het met die "feit" dat swartes mos nooit in
hulle lewens rassisties kan wees nie.

Of wat se ek ou tannie wat net soos wat oom Eugene van sy perd afgeval het,
ook van haar anti-rassistiese perd afgeval het.

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Big brother, small brain

Do., 30 Augustus 2001 09:50

Is daar iemand wat dit nog kyk? Was daar iets wat meer kykwaardig was?

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Hottentot

Do., 30 Augustus 2001 09:48

Sakkie
> In die Kaap vang die manne hotnot, in die Oos-Kaap blouvis(blue fish) en in
> Natal bronzies of "bream". Dieselfde vis. Ek wonder of hotnot nog gebruik
> word in die kaap. Selfs in visvang is daar rassistiese ondertone :-))))

Danielle
Jaaaa omie....:-)))))) Waarom was dit 'n hotnot genoem? Weet jy
dalk? Maar hoekom noem jy nie van Galjoen wat hulle in die Kaap vang
nie? Humph....:-)))

Rennie
Daardie vis se naam is nie hotnot nie, maar "hottentot" of hotnosvis in die
volksmond. Selfs ook Kaapse Galjoen, as die visventers hom aan blankes
verkoop. Op Engels ken ek hom as "bronze bream"

Die naam kom van die donker kleur van die vis. Meer bruin as brons.

En ja, hy word nog gebruik. Soos een Kleurling al gesê het, hy het nie pyn
dat die whiteys van hotnosvis praat nie, want hulle praat weer van
boerewors. Fair is fair.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Resepte Klapper-karringmelkbeskuit

Do., 30 Augustus 2001 08:29

Klapper-karringmelkbeskuit

Bestanddele:

2kg bruismeel
750ml klapper
750ml suiker
3 eiers
500g botter of margarien
1 liter karringmelk
2 teelepels sout

Metode:

Meng meel, klapper, suiker en sout saam en vryf botter met vingerpunte in.
Klits eiers en meng met karringmelk. Voeg by meelmengsel en meng goed.
Skep in panne en bak sowat 1 uur in voorverhitte oond by 180°C.
Laat afkoel, breek in stukke en droog uit teen 100°C (3-4 uur).

Het die een op die internet raak geloop en sal kyk of my tien duime hom kan
baasraak.

Danielle skryf in boodskap news:pevqot8aff8n2hqrfpnb9lh7oiivopagrk@4ax.com...
> On Wed, 29 Aug 2001 07:52:56 +0200, "Shannon"
> wrote:
>
>> Dit lyk my daar is darem een onderwerp waaroor almal kan saampraat sonder 'n
>> reuse vuisgeveg: kos!
>
> Wanna bet? :-))))
>
>> Ek sukkel egter met 'n resep vir ordentlike karringmelkbeskuit (met klapper)
>
> Met klapper? Dit klink baie interessant! :-)
>

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Visgeregte was: Vleisgeregte!??

Do., 30 Augustus 2001 07:51

"Danielle" skryf in boodskap news:josqoto2tccmmr6rphdpf9hp72blnc53k4@4ax.com...
>
> LOL! Gaan jy my ooit vergewe? :-)))))
>
Geheue soos 'n olifant. Vergeet nie, vergewe nie :-))))

>
> Ek glo jou. :-) Ek is baie lief vir enige vis - solank dit nie
> "visserig" proe nie ...(dis nou seker my vaalpens onderrok wat
> uithang) :-))

Modderig is nader aan die waarheid. Ek kry nie varswatervis geëet nie en ek
weet hier krap ek nou weer waar dit nie jeuk nie. Klaar my skermpet
opgesit. Ek het al kurpers in glashelder water gevang en dan proe ek nog die
modder. 'n Ernstige kerrie is al wat dit amper verdoesel.

> My man loer hier oor my skouer en vertel vir my dat ek
> al "rock cod" gevang het daar by Port Alfred. Maar toe moes ek weer
> daaraan herinner word dat die vissies wat ek gevang het nou nie juis
> eetbaar was nie, want hulle was blykbaar te klein. Ek het weer gedink
> dit was omdat hulle so vreeslik lelik was. :-)))
>
Katgesig klipkabeljou is die een om te eet as jy hom kan opspoor. Mensig
hoe lus raak ek nou vir 'n lekker stuk gebraaide vis. Hierdie een is donker
grys met strepe in sy gesig soos 'n kat. Ek het ook al een gebraai wat
helder oranje is met blou-pers kolletjies op. Dis 'n pragtige vis. Sy vel
is dik en amper leeragtig.

>
> Ja, dit sal nogal interessant wees. Miskien weet Annette? Maar jy
> het my vraag geantwoord - dankie Sakkie. Ek het net vergeet dat
> kabeljou, salm genoem word. :-) Buitendien dink ek dit is sommer
> simpel om Kanadese Salm in te voer as daar so baie en lekkerder
> inheemse visse in SA is.

Ek sien jy skryf dit salm, wat natuurlik heeltemal reg is. In hierdie
geweste praat niemand van salm nie, dis salmon, uitgespreek sa-min. Die sa
gedeelte soos die engelse "sack"

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Kapitalisme en welvaart

Do., 30 Augustus 2001 07:34

Rennie
> As jy (= swart Zimbewoner) verstand het, sal jy besef dat jy die
> besigheidsmense nodig het. Soos die meeste swart leiers in SA wel deeglik
> besef. En dat jy ekonomiese selfmoord pleeg as jou land nie besigheid kan
> doen nie. Jy sal dus sommer baie omgee. As jy verstand het, en ek glo daar
> is meer breinkrag as wat die meeste mense dink.

Gloudina
Jy is te kapitalisties-gefokusd wanneer jy sê dat mens altyd "die
besigheidsmense nodig het." Daar is 'n groot skool van
denke wat glo dat dit juis die probleem vandag in Afrika is.

Rennie
Ja, dis 'n probleem vir Afrika. Hulle wil die geld hê, maar nie die
dissipline om dit ooit hoef terug te betaal nie. Die lande wat besigheid en
die internasionale ekonomie ignoreer is ook dié wat deurlopend om hulp bedel
en/of hongersnoodbystand ontvang. Bestaansekonomieë val plat tydens droogtes
en natuurrampe, dan het jy 'n nywerheidsektor en beleggings nodig om te
oorleef.

Jy sê ek is te kapitalisties-gefokusd - ek dink weer jy is naief dat 'n land
welvaart kan opbou sonder 'n stewige dosis kapitalisme. Is daar in ons
wêreld sulke suksesverhale? Daar is heelwat kapitalistiese suksesmodelle...

Gloudina
sommige Wes-Afrikaanse state wat totaal staatmaak op die
produksie van cocoa ( wat is die Afrikaans nou weer.) Of
[kakao]
Nigerië met sy olie-produksie. Dink ook hoeveel verwoesting
die myn van diamante veral aan die weste van Afrika bring,
waar die onwettige produksie en smokkel van diamante
lokale oorloggies aan die gang hou. Dink hoe ver hierdie
ding al teruggaan - na die tyd van die slawehandel, toe die
mark vir slawe buite Afrika 'n lokale slawevangery en
handel laat ontstaan het.

Rennie
Baie van hierdie aktiwiteite het geld en hulpbronne na Afrika gebring. Ek sê
nie dis alles goed en reg nie, maar daarsonder sou daar beswaarlik enige
infrastruktuur (paaie, telefone, ens.) in die lande gewees het. En meer
Afrika-lande wat internasionaal bedel.

Gloudina
Daar is dan ook nog die heerskappy van die World
Monetary Fund en die World Bank, wat soos 'n tweede
koloniale mag funksioneer. Dis 'n permanente tou om die
hals van baie Afrika-state. Hulle dink hulle is onafhanklik,
maar hulle is nie.

Rennie
'n Land het hierdie instellings net nodig as hy sy finansies so opgemors het
dat hy nie kan oorleef nie. Dus bedelaarstatus bereik het. En dan huil en
kla die armsalige bedelaars omdat die instansies aandring dat hulle gesonde
finansiële bestuur toepas sodat daar nie permanent geld in 'n bodemlose
korrupsieput gegooi word nie. Dus voor hulle nog mag leen.

Was daar maar meer fokus op kapitalisme en minder selfbelang en korrupsie
onder Afrika-leiers, dan sou hierdie sieklike geween oor 'n voorskriftelike
IMF en Wêreldbank nie nodig gewees het nie.

Gloudina
Nee! Dis eers wanneer die mense van Afrika hulle
grootliks losmaak van die finansiële bande wat hulle aan
die geldmagte oorsee bind dat hulle hul eie siel sal vind.
Dis die crux van die boodskap wat die African Renaissance-
beweging wil stuur. "Die Weste" se heerskappy moet tot
'n einde gebring word. En daar is alle tekens dat daar
selfs in die Weste 'n beweging in daardie rigting besig is
om te groei.

Rennie die kapitalistiese renoster:
Mooi ideale, Gloudina. Maar jy kan nie jou siel vind as jy nie kos vir jou
maag het nie. En ja, die Weste sal maar te graag van Afrika se finansiële
las ontslae wil wees. Maar ek reken sommige Afrikalande sal nooit die punt
op hulle eie kan bereik nie.

Dit enigste manier hoe Afrika as kontinent dit wel sal kan doen is deur
sterk ekonomiese groeipunte te hê waardeur welvaart (op die beproefde
kapitalistiese manier) deur die kontinent kan verprei. Dit is grootliks wat
Thabo Mbeki in gedagte het vir sy renaissance en dit is beslis haalbaar, wel
slegs oor 'n lang termyn. Op 'n Afrika-manier, sonder die Weste se
voorskrifte. Maar nie sonder kapitaal of kapitalisme nie.

Sosialiste en kommuniste skep nie welvaart nie, kapitaliste wel. Jy hoef nie
van kapitaliste te hou om te besef dat jy nie sonder hulle kan oorleef nie.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1834): [ «    868  869  870  871  872  873  874  875  876  877  878  879  880  881  882  883    »]
Tyd nou: Di. Mrt. 10 04:03:42 UTC 2026