Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

'n Renoster en varke

Sa., 01 September 2001 20:46

Wouter Plaasvark wrote:
> Het jy my ook gemis, Gloudina, of is dit net Danielle en Davie (ek
> hoor hy het aanhoudend na my geroep) wat na die plaasvarkie verlang het?

Gloudina
Jy moet jou vriende teen hierdie tyd ken, Plaasvark. Oppas vir Davie
Davis. Hy is mos die een wat vir jou geimpersonate het en gemaak het
dat jy af van die nuusgroep af is met baie oink oinks. Wat het vir jou
nou laat besluit om terug te kom?

Wouter
'n Voëltjie het vir my vertel hier is 'n renoster wat op dieselfde trant as
ek skryf, net meer arrogant. Toe kom loer ek, en ek sien die renoster is erg
onbeskof met sekere Hollanders en ander rassiste.

Toe skryf ek vir hom 'n kwaai brief by reno...@hotmail.com. Die renoster
is toe heel apologeties en verdedigend en noem toe ook dat Davie aanmekaar
na Wouter geroep het. Nou weet ek self nie van Davie nie, is hy dalk van
daardie jakkalse met 'n spesifieke strategiese dubbele anatomiese eienskap?

Hierdie plaasvarkie is maar 'n sensitiewe outjie, ek soek nie van baklei
nie. Maar my byt is baie erger as my blaf.....

Koeitjies & kalfies | 17 kommentare

Bosch-sage - wat nou?

Sa., 01 September 2001 17:40

Die mediese verslae na Tertius Bosch se beweerde vergiftiging moet tog nou
bekend wees. Wat gaat aan?

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Kapitalisme en Sosialisme

Sa., 01 September 2001 12:43

Rennie:
> Hulle is nie klassieke kapitaliste nie, maar het genoeg van die kapitalisme
> ingevoer om ekonomies te floreer.

Gloudina
Daar het jy dit nou. Mens hoef nie 'n klassiek-kapitalistiese staat te wees
om te floreer nie.

Rennie
Jy sal dalk verbaas wees dat ek saamstem, Gloudina. Sosiale voordele is
belangrik, wanneer dit bekostig kan word. 'n Suiwer kapitalistiese stelsel
is geen utopia nie.

Gloudina
'n Staat met 'n gesonde hoeveelheid sosialistiese kontrole oor die
toestand van sake is die ideaal. Noem my nou maar 'n pienk tannie.

Rennie
Aangesien jy so mooi vra, sal ek jou 'n pienk tannie noem :-)
Maar ek stem weer saam, alhoewel ek dit nie as kontrole sou beskryf nie,
pogings om te beheer het saam met die kommunisme oos van Europa gesterf.
Die probleem kom wanneer 'n staat sosiale voordele probeer gee wat hy nie
kan bekostig nie, veral as dit om die regering se politieke oorlewing gaan.
Dan kry jy choas en 'n gebedel by die Wêreldbank.

Gloudina:
Regerings se funksie is om om te sien na die stabiliteit en gesondheid van
die staatshuishoukunde.

Rennie
Jy bedoel staatshuishouding, huishoukunde gaan meer oor kos maak en beddens
opmaak. Die heel belangrikste huishoudingsfunksie is natuurlik om binne jou
finansiële vermoëns te lewe, soos 'n goeie kapitalis.

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Voor de ZA die in NL wonen

Sa., 01 September 2001 09:50

Subject: Pieter-Dirk uys

Komt in oktober naar Nederland en treed in oktober 2001 op in

wo 03 AMSTERDAM Nieuwe de la Mar 020-5305302
do 04 AMSTERDAM Nieuwe de la Mar 020-5305302
vr 05 AMSTERDAM Nieuwe de la Mar 020-5305302
za 06 AMSTERDAM Nieuwe de la Mar 020-5305302
zo 07 HAARLEM Stadsschouwburg 023-5121212
ma 08 EINDHOVEN Stadsschouwburg 040-2111122
di 09 GRONINGEN Stadsschouwburg 050-3125645
do 11 DEN HAAG Theater Aan Het Spui 070-3465272
vr 12 UTRECHT Stadsschouwburg 030-2302023

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Re: LUCAS MAREE IN NEDERLAND!!!

Sa., 01 September 2001 05:32

Eindelik is daar meer nuus:

http://home.planet.nl/~matth056/afrikaans.htm

Dit is 'n klein saaltjie. Die link kom volgende week vry op
www.ukkasie.com Maar die slimmes het dan al klaar bespreek...

Ek wil veral graag die Nederlanders op dié groep uitnooi om te kom
luister hoe Afrikaans klink.

Tot 7 november

Machiel

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

My man....

Vr., 31 Augustus 2001 20:49

En hier kom my man toe van Micha (kort vir Michael) se "going away" party
af - so dronk soos 'n tor. Nee dronker - want die sit toe in die bad
(terwyl ek sy kar gaan haal) en speel in die water soos 'n klein kindjie;
kan bly wees die man het nie versuip nie.
"Waar's my watertjies... waar's my watertjies?" sing hy terwyl ek die water
uit die bad tap om te keer dat hy verdrink. En hy vertel met 'n lag en sing
in sy stem hoe lief hy vir sy "vrou" is - dis nou hoekom hy nie aan een van
die "danseressies" gevat het nie.
Kaalgat val hy neer op die bed; en dit kos my hom optel en pajamas aantrek -
gelukkig slaap hy net in 'n broek. Nadat ek hom aangetrek het begin hy
bitterlik huil; "jy's nie lief vir my nie, want jy is kwaai" ween hy. Net
om weer te begin lag en te sê "sjjjjt, Elaine gaan met ons baklei as ons so
raas", net om weer te begin huil. Hoekom sal iemand hom so te pletter wil
suip? Ek gaan tog te lekker kry more wanneer hy met sy babbelas kop en
omgekrapte magie rondloop - more is hy op sy eie.
Uiteindelik raak hy aan die slaap en kan ek rustig kom sit; my rug is seer
en my arms gaan more hard praat - want ek moes hom nog uit die bad ook help
:) Maar dis okay - dis my man, en ek's lief vir hom.... al gaan hy more op
sy hel kry.

Elaine

Koeitjies & kalfies | 22 kommentare

Gesonde Rooi Wyn

Vr., 31 Augustus 2001 15:05

Ek lees vandag in die nuwe Rooi Rose dat mens ten minste 500ml rooiwyn per
dag moet drink om die aanvang van Alzheimers teen te werk.
Hulle praat ook van genoeg oefening - maar ek sal maar dubbel die
hoeveelheid rooiwyn drink om op te maak vir die oefening:)))
Annette
( wat kan sê dat alhoewel sy nie eintlik van Shiraz hou nie, 'n bottel 1984
Shiraz werklik vorentoe smaak!!)

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans - webwerf

Vr., 31 Augustus 2001 14:00

Wat het geword van die Stigting van Afrikaans? Hulle staan nou bekend as
die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans. Wat voer hulle in die mou?
Gaan loer gerus by die nuwe webwerf, te http://www.afrikaans.com/. Oop vir
kommentaar :)).

Afrikaans, ons taal | 6 kommentare

Re: DE CARAÏBEN IN HET NEDERLANDS

Do., 30 Augustus 2001 22:08

Leo Camerlynck schreef in berichtnieuws ...
> Informatie in het Nederlands vindt u op
>
> http://www.fortunecity.com/victorian/updike/456/id29.htm
>
> wat SURINAME betreft
>
> http://www.fortunecity.com/victorian/updike/456/id28.htm
>
> wat DE NEDERLANDS ANTILLEN betreft
>
> http://www.fortunecity.com/victorian/updike/456/id27.htm
>
> wat ARUBA betreft.
>
> Maar bijkomende informatie over het gebied in het Nederlands is steeds
> welkom op het e-mail-adres
>
> ora...@hotmail.com
>
> Leo Camerlynck
>

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Nunavut

Do., 30 Augustus 2001 16:24

Gloudina
Thys, ek sien nou jy het Kanada op die brein, die "lekker"
Kanada. Die onderwerp wat jy probeer help bespreek,
is Zimbabwe en grondsoewereintiteit. Ek dink nie jy besef
dat Kanada, amper soos die ou Sowjet Unie, in die proses
van "opbreek" is nie. Groot dele van Kanada, wat 'n eeu
of so gelede gesien is as deel van ou-wit-omie Kanada, word
nou teruggegee in die hande van hulle oorspronklike bewoners.

Sakkie
....wat as my geskiedenis my nie in die steek laat nie eintlik aan die
Indiane behoort. Net soos die res van Noord-Amerika en Suid-Amerika. As 'n
ou nou vér genoeg wil teruggaan, mag niemand nêrens wees nie want dit is
altyd van iemand/iets anders afgevat. Dit is deel van die mensdom se
geskiedenis. Kyk nou net hoe verontskuldig ek myself. Gelukkig weet almal
al dat ek 'n ou wit omie is en ons sê sulke dinge om ons aksies te
regverdig.

Rennie
Gloudina, vertel ons van Nunavut en julle nuwe tuislandbeleid.
Hoe meer dinge verander........ gie gie gie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    867  868  869  870  871  872  873  874  875  876  877  878  879  880  881  882    »]
Tyd nou: Do. Des. 25 04:22:25 UTC 2025