Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

alweer raasisme antie

Di., 04 September 2001 18:32

hellou my antie

het antie gesien hoe lekker hou ons antieraasisme konvourensie hier in
durbs. ma dit smaak my die lot is nou nog kwater vir mekaar as voor hille
hie aangekom het antie.

my pa wil hom vrek lag oor 'n klomp affroujamerikaners wat hie aangekom het
en vergoeding ys vir slaaferny antie. hille noem hilleself nogal die
durban300 antie. skiem antie hille is in durban gevang voor hille oor die
water gevat is. ma' ek weet nie hoekom hille so moun nie want hille is mos
nou trug in durban wat beterder as jammerika is.

my pa sê wat hom lat lag is lat hille geld ys vir traansatlantiese slaaferny
antie ma' nie vir slaaferny in jeropa en arabiese lande nie. my pa sê ok hy
virstaan glad nie hoekom koning dawid se mense wil weghol van die
konvourensie af nie want hille kan baije geld maak yt die slaaferny storie
yt. hy sê hille was mos hoeka vir lank slawe in jegipte en die arabiese
farous en sjeiks sal met 'n smaail petaal vir die ongeregtigheid antie.

my pa sê hy verwag self 'n geldjie yt die slaaferny storie yt want sy
oorooroumagrootjie was 'n slaaf yt malysië yt antie en ons moet al daai
riksdaalders ok trugkry waamee my oorooroupagrootjie haar met die vryery
gekoop het. ma' assit nie vir die slaaferny was nie het ek dalk vandag in
malysië gebly antie. dink antie dis lekkerder as in afrika.

die groot nies is lat sanien nou 'n vrye raasisme arieja verklaar is antie.
laasweek het die statsraat baije spietse gemaak wat sê lat raasisme nou hie
by ons dood virklaar is en toe het hille vakkels brand gemaak om die
raasisme yt te brand. oralster is nou pousters op wat sê sanien is raasisme
vry. oom hansie vannie pênnelbieters sê die statsraat weet vakkel ôl hille
moes kom kyk het hoe raasisme vry hy is toe al vier sy kar se wiele
laasnaweek afgesteel is. my pa sê die statsraat skiem hoeners gat jemel toe.

koebaai antie (my pa sê as ons die slaaferny geld kry gaan ons
traansatlanties kyer om te sien hoe sleg dit da' is)

Koeitjies & kalfies | 29 kommentare

alweer raasisme antie

Di., 04 September 2001 18:32

hellou my antie

het antie gesien hoe lekker hou ons antieraasisme konvourensie hier in
durbs. ma dit smaak my die lot is nou nog kwater vir mekaar as voor hille
hie aangekom het antie.

my pa wil hom vrek lag oor 'n klomp affroujamerikaners wat hie aangekom het
en vergoeding ys vir slaaferny antie. hille noem hilleself nogal die
durban300 antie. skiem antie hille is in durban gevang voor hille oor die
water gevat is. ma' ek weet nie hoekom hille so moun nie want hille is mos
nou trug in durban wat beterder as jammerika is.

my pa sê wat hom lat lag is lat hille geld ys vir traansatlantiese slaaferny
antie ma' nie vir slaaferny in jeropa en arabiese lande nie. my pa sê ok hy
virstaan glad nie hoekom koning dawid se mense wil weghol van die
konvourensie af nie want hille kan baije geld maak yt die slaaferny storie
yt. hy sê hille was mos hoeka vir lank slawe in jegipte en die arabiese
farous en sjeiks sal met 'n smaail petaal vir die ongeregtigheid antie.

my pa sê hy verwag self 'n geldjie yt die slaaferny storie yt want sy
oorooroumagrootjie was 'n slaaf yt malysië yt antie en ons moet al daai
riksdaalders ok trugkry waamee my oorooroupagrootjie haar met die vryery
gekoop het. ma' assit nie vir die slaaferny was nie het ek dalk vandag in
malysië gebly antie. dink antie dis lekkerder as in afrika.

die groot nies is lat sanien nou 'n vrye raasisme arieja verklaar is antie.
laasweek het die statsraat baije spietse gemaak wat sê lat raasisme nou hie
by ons dood virklaar is en toe het hille vakkels brand gemaak om die
raasisme yt te brand. oralster is nou pousters op wat sê sanien is raasisme
vry. oom hansie vannie pênnelbieters sê die statsraat weet vakkel ôl hille
moes kom kyk het hoe raasisme vry hy is toe al vier sy kar se wiele
laasnaweek afgesteel is. my pa sê die statsraat skiem hoeners gat jemel toe.

koebaai antie (my pa sê as ons die slaaferny geld kry gaan ons
traansatlanties kyer om te sien hoe sleg dit da' is)

Koeitjies & kalfies | 22 kommentare

konferensie in Durb's

Di., 04 September 2001 18:02

Is dit die regsgesintgeit of die realisme in my
want my onder die indruk bring
dat die veelbesproke
(en veelgesproke natuurlik!)
konferensie oor rassisme in Durban
steeds slegs neig na 'n poging om
geld uit die wittes te kry?

"betaling hoef nie in die vorm
van geld te wees nie, dit kan
ook in die vorm van beleggings wees"
ROL!!!

(is dit nie die soort redenasie wat
hulle het waar hulle is nie?)

DD

Koeitjies & kalfies | 17 kommentare

Hoekom4

Di., 04 September 2001 17:06

Hoekom staan daar 17 blondines voor 'n drankwinkel?

Omdat hulle wag om 18 te word.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Geliefkoosde onderwerp???

Di., 04 September 2001 13:17

My geliefkoosde onderwerp(e) is natuurlik seks, onthou jy dit nog Dina, en
lekker eet en gesels saam met iemand wat ook lekker kan eet en gesels, en om
my kinders se doen en late dop te hou, hoe hulle besig is om te ontpop in
ongelooflike persoonlikhede.  Dit laat 'n ou besef dat jy iewers iets reg
gedoen het.  Die lys van my geliefkoosde onderwerpe is heeltemal te lank om
julle hier mee te vermaak.

Hoe Dina Rykheer haar eie geluk prysgegee het om iets na te streef waarvoor
sy nooit bedank sou word nie, ammuséér my nie eens nie.  As sy nou op haar
ouderdom nog in ons land was, was sy nou een van die "sagte" teikens wat
daagliks aangeval en vermoor word deur dieselfde mense wat sy so hard voor
geveg en letterlik alles voor opgeoffer het.  Ek wonder of die bedank
gedeelte nie dalk die wortel van die kwaad is nie.

Geliefkoosde onderwerp???  Ek wonder watse persoon probeer sy/haar bes om
die geliefkoosde onderwerp van bespreking te wees van iemand wat derduisende
kilometers vér sit en hom/haar nie eens ken nie.  Dit klink vir my effe
skeef.  Dis ook nie die eerste keer wat ek dit sien nie.  Ek dink Frikkie,
dit is mos Frikkie wat vir ons geskiedenis gegee het, het dit ook gehoor, en
Danielle op 'n stadium.  Ek sien 'n patroon hier, maar ek is nie 'n
sielkundige nie so ek hou maar my opinie vir myself.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Zim Top of the Pops

Di., 04 September 2001 09:20

Afrikaans nogal.:
Staan Poppie Staan.

Hulle sing net die koor:
Dis nie myne nie,
Dis nie joune nie,
Dis ander man se goed wat ons oor stry:)))
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Oesters

Di., 04 September 2001 07:17

"Danielle" skryf in boodskap news:khs8pt44arl8g1bum8c1riubsdinnvtfo0@4ax.com...
> On Tue, 4 Sep 2001 08:07:55 +0200, "Sakkie"
> wrote:
>
>> Ek wonder daaroor ook. Die meeste mense gooi dit dood met Tabasco sous.
>> Wat bly dan van die oester se smaak oor.
>
> Ek het vergeet om netnou te sê dat jy dit moet probeer met
> suurlemoensap. Net bietjie suurlemoensap oor die oester - dis al.
> Met 'n heerlike glas koue wit wyn...yummie!!! :-)
> Tabasco sous neem sommer al die sensualiteit van die hele oester
> ervaring weg - en kos kan mos baie sensueel wees...:-)

Jy's reg, maar dit hang af van saam met wie jy eet. Die verkeerde geselskap
kan enige maal beneuk.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Big Brother Broederbond

Ma., 03 September 2001 19:49

Ek sit nou sommer so hier en kyk na die screentjie hier voor my en wonder
waar gaan ons ou Volkie natoe. Sonder om nou Boetman se gatvolliteit hier te
kom na-aap wil ek darem ook graag 'n wind of wat los oor die verlede en die
hede.

Dat die Broederbond much alive is, is 'n feit soos 'n koei. Dat hulle soos
altyd dêm geslepe is, is ook so. Vat nou maar vir M-web. Eers gooi hulle
(dis nou big brother se gewaande dooie broer) die deure wawyd oop en lok
selfs vir Breyten Breytenbach in hulle web. Kry 'n lekker gesels deur en oor
Arikaans aan die gang en dan..... wham! Toe is die deur. Die aas is geplant.
Die Afrikaner "elite" en sommer nog so 'n klomp aangenaaide lappe is binne.
Al wat oorbly is om die sleutel van die deur te standardiseer en besit
daarvan eksklusief te maak. As jy die sleutel het - subscriber van m-web
is - is jy in. Anners is jy uit soos in uit.

Fok man, ek kan nie eers Stellenbosch se Eikestadnuus op die net lees nie!
Behalwe Rapport, Die Burger en die ander groot Afrikaanse koerante is die
Vaal Weekblad (wat dit ook al mag wees) wragtag ook in hulle kloue is. In
kort kom dit daarop neer dat jy moet betaal om 'n Afrikaner te wees. En nie
vir enigeen betaal nie. Nee, jy moet die Broederbond se werpsel betaal.

Toe die "leiers" hier vroeg in die 90's snot en trane op TV gehuil het voor
hulle nuwe heersers en die voetvolk van die Bond oormekaar geval het om
lidmaatskap te ontken, het ek so opreg gehoop dat ons Afrikaners net een
ding geleer het. Om te kan saamstaan moet jy ALMAL wat jou doelstellings
huldig DEURLOPEND INSLUIT en nie net gebruik wanneer jy hulle wil laat JA
stem nie. Die hoop het egter beskaam. Die geknoei is weer in die binnekamers
aan die gang.

Asseblief mense! Die Afrikanervolk bestaan ook uit eenvoudige mense, arm
mense, lelike mense, noem op wat jy wil. Die Afrikaner is NIE NET naskools
gekwalifiseerde mense wat in ryk blanke buurtes van ons land woon en
verkieslik by "groot Afrikaanse ondernemings" werk, aan die NG kerk behoort
en nie geskei is nie!!!

Hou op om te vra wie is die Afrikaner en in filosofiese hoogdrawendheid om
te gaan met wat maak 'n mens 'n Afrikaner. Kyk om jou rond na die mense wat
die Taal praat en bereid is op te offer vir die voortbestaan daarvan. Hou op
om Afrikanerskap eksklusief te maak en sien hoe kom die ware Afrikanervolk
tot sy reg.

Aldus "Afrikaner" in roekeloos.co.za

Tof zeg! :-)

Koeitjies & kalfies | 23 kommentare

In Memoriam

Ma., 03 September 2001 17:53

Goeiste maar 2 September 2001 was 'n slegte dag! Chris Barnard is dood.

Meer belangrik vir my - my ouma is dood en my rep foeter van 'n perd af,
word getrap en lê in Intensiewe sorg met bloeding op die brein, 'n ander
"online' vriendin sterf in 'n kop aan kop botsing.
Hierdie mense het nie voorblad nuus gemaak nie, want hulle is nie belangrik
genoeg gewees nie; maar vir ons wat agterbly was julle belangrik. Ons dink
aan julle wat ons verlaat het, en weet julle is aan na 'n beter plek.

Groete

Elaine

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Re: Sostienen encuentro Fidel y Nelson Mandela Meeting between Mandela and Kastro

Ma., 03 September 2001 15:49

CON TODOS MIS RESPETOS PARA MANDELA...LO UNICO QUE YO LE SUGIERO AL SR.
MANDELA ES QUE SE APAREZCA DE INCOGNITO...O SIN SER UN INVITADO DEL REY
FEUDAL DE DEL GULAG...Y ASI TENDRA ' UNA MAGNIFICA OPORTUNIDAD DE SABOREAR
LA [/color]
> Por Isidro Betancourt Silva (Especial para la AIN)
>
> Johannesburgo (2 sep) El Comandante en Jefe Fidel Castro no quiso
> concluir su visita a Sud�frica, sin antes visitar en esta ciudad a su
> hermano, Nelson Mandela, expresidente del pa�s y lêder anti-apartheid.
>
> ''Es un gran momento para nosotros estar aqu� con Fidel, porque lo que
> ál ha hecho por nosotros es dif�cil describirlo con palabras. En la
> lucha contra el apartheid no titube� en darnos toda la ayuda, y ahora
> que somos libres, tenemos muchos m�dicos cubanos trabajando aqu�,
> ayud�ndonos en �reas rurales, donde no hay pr�cticamente ning'n
> medico", expresê Mandela.
>
> Un grupo de 400 m�dicos cubanos presta servicio internacionalista en
> este pa�s desde hace m�s de un lustro, como parte de la cooperaci�n
> global en materia de salud p�blica respaldada por el gobierno de la
> Isla.
>
> Dijo Mandela que ha tenido la ocasi�n de darle las gracias a Fidel por
> ese apoyo que está dando al pueblo sudafricano, y apunt� el lêder
> antiaprtheid que desea ir a Cuba antes de finales de este a�o.
>
> Por su parte, el Presidente cubano afirm� que �sta fue una de las
> tardes m�s felices de su vida, porque -explic�- ��primero, encuentro a
> mi querido hermano mejor que nunca, segundo, con el mismo entusiasmo
> que tuvo toda la vida, y tercero, porque pronto nos va a visitar��.
>
> Adem�s, se�al�, Mandela está en plena actividad e informado de todos
> los problemas del mundo, y muy ansioso de participar en las
> conferencias internacionales.
>
> Son motivos m�s que suficientes para sentirme feliz, privilegiado y
> honrado, reiter� Fidel.
>
> Un fuerte abrazo sello el emotivo encuentro.

---
Outgoing mail is certified Virus Free.
Checked by AVG anti-virus system (http://www.grisoft.com).
Version: 6.0.268 / Virus Database: 140 - Release Date: 8/8/01

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1835): [ «    865  866  867  868  869  870  871  872  873  874  875  876  877  878  879  880    »]
Tyd nou: Wo. Des. 24 22:26:49 UTC 2025