1pk pynappeljellie
2 k kookwater of pynappelstroop
1 blik ingelegde pynappels of 1 k gaar pynaplestukkies.
wit van 2 or 3 eiers
1 k kondensmelk
Los jellie in kookwater of gekookte pynapplestroop op en laat taamlik goed
afkoel.
Roer pynapplestukkies in
Voeg kondensmelk by en roer tot dit dik word.
Klits wit van eiers styf en vou in net voordat mengsel begin stol.
Laat afkoel.
Bedien met room en oorskiet pynappelstukkies.
670g maalvleis
2 dik snye brood, in melk geweek
1/2 t peper
1/2 k asyn
2 aartappels, gerasper
3 piesangs
11/2 t borrie
1 t sout
1 ui
1 e kerrie
1/2 k appelkooskonfyt
1 eier
Meng vleis met speserye
Voeg gerasperde ui en aartappels by
Plaas in 'n gesmeerde bakskottel
Bak vir 30 min .
Plaas appelkooskonfyt & piesangskywe bo-op
Bak nog 30 minute.
&&@@##!!! Tipies Namakwalandse vrouens - kan nie eers 'n resep in 'n boek
reg plaas nie!!
OK - Hier is die REGTE metode - volgens my.
Braai gerasperde ui in pan met olie tot effens bruin
Meng borrie, asyn en kerrie, en voeg by uie en laat dit net opkook.
Druk melk uit brood en krummel dit by vleis.
Voeg vleismengsel by uiemengsel en meng goed.
Plaas in gesmeerde bakskottel.
Bak 30 minute by 180% of tot vleis gaar is.
Plaas appelkooskonfyt en skywe piesang op en bak nog 30 minute.
Klits eier met uitgedrukte melk ( 1 koppie) - ek sal sommer nog 'n eier
bysit vir die lekkerte - en gooi oor vleismengsel .
Plaas terug in oond en bak totdat eiermengsel ligbruin is.
Bedien saam met rys en ander lekker goed, soos perskeblatjang, klapper en
mayonaise.
"Danielle" skryf in boodskap news:aokbptg8njde7fdub8hg2h66ev04cf86o7@4ax.com...
'Skies tog, ek het nie die vorige pos gekry nie - sal maar nou moet reageer.
Fosters is eintlik nie vreeslik gewild hier nie - meer vir uitvoer. Die
gewildste bier hier is VB (Victoria Bitter) maar as Queenslander drink ek
net XXXX (dis nou ons eie bier gemaak hier so 6 km van my af!).
En as ek jy is, sal ek ook nou ophou sukkel met my boobies - het julle dalk
raad vir boobie bounce? Niks werk op die oomblik nie...
Miskien kan ons maar nog 'n plan maak met die vakansie - jy het darem lank
uitgehou. Gister so lekker gelag - die magpies hier moet 'n sin vir humor
he. Hulle het my kat so geterg hier van die swembadheining af - laat haar
net dink sy het hulle, en dan draai hulle op die laaste oomblik om, kyk haar
in die oe en spring weg! Vreeslik snaaks.
Haai, ek moet nou skool toe!
> Hier is so advertensie vir Foster bier..."what's australian for beer?"
> vra die Ozzie...en dan is die antwoord natuurlik: "Foster's"
> Nou wonner ek.......
> :-))))
>
Ek is nie 'n onderwyseres nie - en kinders kom soms met die snaakste vrae!!
As die mense van Duitsland Duitsers is,
en die mense van Poland Pole,
en die mense van Ierland Iere,
hoekom is die mense van Holland nie Holle nie?
"Danielle" skryf in boodskap news:05sdpt4j997k84ncvr1fqqie8pi9or0inv@4ax.com...
> On Wed, 5 Sep 2001 10:31:55 +0200, "Sakkie"
> wrote:
>
>>> Ek kan glo dat jou skoonma ook een hele goede ene het.. :))))
>
>> .....en nou praat jy seker van my skoonsus se man :-))))
>
> Juis!! :-))) Jy's nog altyd so lekker skerp, né! :-))
>
Selfs 'n blinde hoender pik so af en toe 'n mielie raak. Ons gepeupel
sukkel maar om by te hou :-))))
Op die nuus was Mbeki eergister so half vererg omdat die antieraasisme
konvourensie 'geskaak' is deur Israel se probleme en gisteraand skaak hulle
toe self die antieraasisme konvourensie deur "poverty and aids" in te gooi.
Toe hulle die woorde uiter, lag ek toe maar net vir hulle en verander van
kanaal.
Ek skaam my werklik vir van ons politici en ys wat die buiteland van hulle
moet dink. Hulle sit en verwyt almal, smeek altyd vir geld en kom nooit
sover om self iets te probeer doen nie.
Danielle skryf in boodskap news:gdtdpt8a9jupbs33u9m9n3rgmlm7vpcqse@4ax.com...
> On Wed, 5 Sep 2001 11:22:16 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Hennerietjie, my paaapie seg dat noudat al die raasiste daar in Durbs
>> bymekaar is, ons ander nou darem lekker rustig leef jong:)))
>
> :-)))))
> So, dis waarom Amerika en Israel onttrek het. Hulle het net nie mooi
> ingepas tussen al die ander raasiste nie? Ek het gewonner...:-)))
>
ZA mag met recht trots zijn op deze man.....
Het ging als een aardschok door de wereld het meest onwaarschijnlijke was
gebeurd.
men dacht dat dit ethisch ( het hart was de ziel van de mens ) en technisch
niet kon.
Hij was op een slag wereldberoemd en ook het Groote Schuurziekenhuis.
ZA hoorde medisch in een klap bij de top van de wereld.
Meer eer mag men dan wel verwachten voor dit genie ...
Het Groote Schuurziekenhuis moest eigenlijk zijn naam gaan dragen..om hem te
eren.
grt emmy
Profeet in eie land nie geëer
Die volksmond het gelyk: 'n Profeet word nie in sy eie land geëer nie.
Suid-Afrika het een van sy briljantste en kleurvolste boorlinge verloor.
Chris Barnard is in ons land hoofsaaklik geken vir sy flambojante leefstyl
en rokjagtery. Tydskrifartikels, koerantberigte en televisie-insetsels was
altyd gereed om Barnard se liefdeslewe op sensasionele wyse bloot te lê.
Volgens hom was dit hierdie voortdurende negatiewe publisiteit wat
uiteindelik daarvoor verantwoordelik was dat hy na Oostenryk verhuis het.
Beheptheid met roem, publisiteit en seks was sekerlik deel van Barnard se
lewe. So ook egter was genialiteit, deursettingsvermoë, nederigheid,
opregtheid en naasteliefde.
In Europa is 'n aantal hartklinieke en mediese eenhede na Barnard genoem.
Minstens 3 400 internetbladsye in tientalle wêreldtale skryf oor Christiaan
Barnard. In Suid-Afrika is nooit 'n enkele hospitaal (of kliniek selfs) na
hom genoem nie.
Asof die mense wat name uitdeel aan hierdie instansies nooit self na 'n
mooi vrou kyk nie.
Chris Barnard het nooit sy foute ontken nie en sy soms pynlike eerlikheid
was sekerlik een van die mooiste eksponente van sy sterk integriteit as
persoon. Dit is net jammer dat die negatiewe kleure altyd noukeurig
uitgesoek is uit die skitterende palet wat sy lewe geskilder het.
Mag ons nageslag die totale beeld met trots onthou.
Gloudina
Ek wil vir jou ook daarop attent maak - meeste van die tyd
reageer ek net op ander se aanvalle op my.
Meeste van die tyd. Gister kon ek myself nie help toe
Annette vir die soveelste keer hoi poloi verkeerd gebruik nie.
Ek moet die Griekse taal beskerm teen die hoi poloi.
Wouter
Gloudina, Gloudina, Gloudina, as jy die tale wil beskerm moet jy hulle darem
ook reg spel en gebruik. Die term is hoipolloi, een woord en met 'n dubelle
"l". En dis 'n goeie Afrikaanse woord, daar is niks Grieks aan die gebruik
daarvan nie.
En oor jou opmerking vroeër:
"hoi poloi" beteken "die man in die straat", "jan rap en sy maat", die
gewone mense, nie die hoë lui nie. As jy Grieks wil praat, praat dit tog ten
minste korrek.
Dis ook nie lekker nie, want die hoipolloi is die gepeupel, uitvaagsels, of
dan die laagste vlak van die gemeenskap, beslis nie "die man in die straat
nie" of gewone mense nie.
Het julle opgemerk hoeveel keer ek aan Emmy gevra het wat is die kleur
van haar skoonseun(uit SA - of ìn SA) - presies net soveel keer as
wat sy geweier het om te antwoord.