Gisteraand het Safari vir die eerste keer, na twee lang weke, in 'n spieel
gekyk en sy nuwe gesig gesien. Net 6 jaar oud, alleen (net 'n oom by hom)
in 'n wildvreemde land ver van Mammie en Pappie af, en ongeveer 8/9
operasies wag vir hom - nommer een is agter die rug. Die groot glimlag op
sy veranderde gesiggie, en die duim in die lug opgesteek het die hele storie
vertel, en die dokters en verpleegsters het niks verder nodig gehad om vir
hulle te laat weet dat alles die moeite werd was nie. Ons het maar so
skuinsweg die trane weggevee, en saam met die mediese personeel drukkies en
soentjies geplant op die steeds effens misvormde gesiggie. Safari kon toe
die hospitaal tydelik verlaat, net om weer later terug te keer vir operasie
nommer twee.
Safari is een van die gelukkiges - deur Lions/Rotary gekies om mediese hulp
hier te kry. Daar is natuurlik duisende meer. Safari is in 'n huisbrand in
Kenia vermink: sy gesiggie was so verbrand dat daar geen onderskeid was
tussen gesig en nek nie, en sy mondjie was hier onder teen sy nek, en sy een
oog onder sy wangbeen. Heeltemal misvorm - hulle moes vel van sy dye neem
om sy nek en gesig te skei. Sy hand is 'n bal, vingers is net stompies -
dit sal in die volgende operasie hopelik reggestel word.
Sowat van dapperheid het ons lanklaas gesien, en so 'n stralende glimlag wat
harte laat smelt, loop mens min raak. Ons kan so baie van hom leer - hoe
min het ons werklik om oor te kla.
Elk geval - aangesien elke nuusgroep sy eie een het, kan ons maar net sowel
ons eie unieke een opstel.
Ons moet net seker maak dat die volgende punte gemeld word:
1) Deelnemers kan beswadder word.
2) Deelnemers kan gevloek en uitgeskel word.
3) Daar is geen beperking op die vlak van vloekery en bewaddering nie.
4) Growwe rassisme word toegelaat.
5)Uitgediende politieke sienings moet met geduld gelees word, ongeag hoeveel
keer dit herhaal word, en geen kommentaar daarop is aanvaarbaar nie.
6) Sekere deelnemers mag spekuleer oor die geslag van 'n nuwe deelnemer, en
die nuwe deelnemer se woord of verklaring word nie aanvaar nie.
7) Woorde en sinne mag verdraai word- en dan vir die waarheid verkondig
word. Die oorspronklike deelnemer se besware word nie aanvaar nie.
8) Deelnemers mag nie uit vrye wil verskoning vra vir 'n ondeurdagte glips
nie - dit moet vereis word en daarop aangedring word uit Kanada.
9) Onder geen omstandighede mag daar ooit 'n webwerf opgestel word waar
deelnemers se verjaarsdae, fotos of ander interessante besonderhede bekend
gemaak mag word nie.
10) Waardering of kommentaar op interessante bydraes of snaakse grappe of
insette moet tot die minimum beperk word.
11) Behalwe vir gedigte en bydraes deur Hennerietjie en Reisiger, moet nuwe
onderwerpe tot die minimum beperk word. - ellelange drade, al word die
onderwerp van bespreking verander, is een van die hoofdoelstellings. Ons wil
die nuusgroep wees wat in The Guinness Book of Records gaan verskyn wat die
langste draad oor die langste periode laat voortgaan het.
12) Indien enige humor sou kop uitsteek, kan dit slegs in beperkte mate
toegelaat word - daarna word dit 'n ernstige saak, wat dadelik #1 - #5 in
werking stel.
13) Afrikaans is die voertaal van die groep. Deelnemers wat nie Afrikaans
magtig is nie, mag in hulle verkose taal skryf, maar antwoorde behoort
verkieslik in Afrikaans te wees.
14) Regstellings deur deelnemers i.v.m. taalgebruik en spelling word nie
aanvaar tensy dit nie met 'n paar vloekwoorde en beswaddering gepaard gaan
nie.
15) Enige poging van 'n deelnemer om op 'n redelike en vriendelike manier 'n
ander deelnemer se sienswyse te ondersteun, sal terstond versoek word deur
iemand uit Kanada om die nuusgroep te verlaat.
16) Op geen manier sal daar by die punt van bespreking gebly word as 'n
redelike ernstige kwessie aangespreek word nie. Binne ten minste 2 antwoorde
moet een of alles wat in punt 1 - 5 genoem word, in werking gestel word.
17) Daar moet gepoog word, waar enige kruispos voorkom, om so gou as
moontlik #1 - #5 in werking te stel, sonder om die ander nuusgroepe bo-aan
te verwyder.
Ons wil die hele internetwêreld moet weet ons laat nie met ons speel nie.
18) Indien 'n deelnemer verklaar dat hy/sy 'n doodsklok aan iemand se
poswerk gehang het, mag die persoon onder geen omstandighede te kenne gee
dat die doodsklok verwyder is nie. Dit is 'n klap in die gesig van die
persoon wat doodsklokke bymekaarmaak.
Ons is tog 'n vriendelike, rustige geselsgroep, en ons wil nie iemand
ongelukkig maak nie.
19) Daar moet gepoog word om soveel nuus as moontlik wat ter plaatse gebeur
op die nuusgroep bekend te stel, sodat die mense ver weg wat huis toe
verlang gerusgestel word.
20) Daar mag nie van die Kapenaars verwag word om lighartig te wees as dit
reen nie.
Annette
Ek het so rukkie terug die boek gelees van Rebecca Brown "He came to set the
captives free".
In wese het ek nie regtig 'n probleem met die boek nie maar daar is wel een
deel wat ek gladnie verstaan nie en dit veroorsaak dat ek nou so bietjie
skepties is oor die boek.
Dit gaan oor die deel waar sy met 'n engel in gesprek is, en waar sy
toestemming het om die engel enige vraag te vra. My probleem daarmee is nie
soseer dit wat sy gevra het nie maar eerder dit wat sy NIE gevra het nie.
Gaan dink 'n bietjie oor die volgende (En ek is seker julle sal self
duisende "meer praktiese" vrae self ook hê)
a. Daar is baie tekeninge van mense wat voor Jesus geleef het maar daar
is geen tekening van Jesus nie. Nou wat ek dink is dat Satan alle moontlike
bewyse van Jesus se lewe op aarde probeer verwoes, so nou het die vrou 'n
uitstekende kans om uit te vind waar in Egipte of iewers daar gegrou kan
word vir sekere bewyse, maar sy vra nie die vraag nie.
b. Vra al die vra oor die dinge in die bybel wat so bietjie "vaag" is en
waaroor daar baie gestry word, soos Noag se ark groote, Jonas en die vis,
ens ens ......Maar sy doen dit nie
Laastens en dit is seker die deel wat my die meeste pla is dat sy sê sy het
antwoorde op vrae gekry maar sy is verbied om dit aan die mensdom oor te dra
..... Is dit nie 'n lekker "backdoor" nie ?
1 k bruismeel
2 k karringmelk
1 k suiker
3 k soetmelk
3 eiers
1 e botter/margarien
Smelt botter en klop eiers en suiker daarby.
Voeg bruismeel en melk beurtelings by.
Die mengsel moet slap wees, soos vla.
Bak in gesmeerde bak in 'n stadige oond ( 350F) vir 1/2 uur.
Bedien met enige soort stroop.
Gloudina:
Ek het natuurlik vergeet dat plaasvarke nie hoipolloi is nie. Was jy weg die
afgelope paar dae dat ons so min
van jou gehoor het?
Wouter
Ek is nog steeds weg, Gloudina. In Namibië om presies te wees, ek werk die
hele week hier. En ek kon tot gister nie die nuusgroepboodskappe hier
afgelaai kry nie, nou is ek nog so 300 boodskappe agter.
Skil 8 middelmatige of 16 klein uie
Kook in soutwater tot sag
Dreineer goed, plaas in groenteskottel of slaaibak en bedek met suursous.
Sit warm of koud voor.
Suursous:
3/4 k wit asyn
3/4 k water
1 groot of 2 klein eiers
2 - 3 e suiker
Brinf asyn en water tot kookpunt.
Klits die eiers goed en voeg die suiker by
Roer warm asynmengsel stadig by eiermengsel en roer totdat die suiker
opgelos is
Plaas terug op hitte en roer totdat die sous dik word.
Giet oor die gaar gedreineerde uie.
2k melk
3 eiers, geskei
4 e hoogvol mielieblom ( maizena)
1 k suiker
2-3 t fyn kaneel
6 e botter
1/2 t sout.
Maak vla van die melk, mielieblom en geklitste eiergele.
Die mielieblom moet goed deurgekook wees voordat dit by die eiergele gevoeg
word.
Plaas terug om warmplaat om goed dik te word
Verwyder van stoof en voeg die styfgeklopte eierwitte by
Skep nou kluitjies met 'n desertlepel wat elke keer in warm water gedoop
word
Rangskik dit netjies in rye in 'n vuurvaste oondskottel.
Sny klein stukkies botter en sit in elke hoekie tussen die kluitjies
Strooi die suiker en kaneel bo-oor, bedek met foelie.
Plaas in oond tot bedien word,
Annette
1 - 2 k meelblom ( koekmeel)
2 geklitste eiers
1 k melk met 1 t koeksoda
2 d botter
1 k appelkooskonfyt
1 d asyn of suurlemoensap
Vryf botter in meelblom, meng dan alles saam goed.
Bak in 'n matige oons tot gaar.
Sous:
2 k room
2 geklitste eiers
2 k suiker
Meng en giet oor nagereg wanneer koud
Bak dan vir 'n verdere 10 - 20 minute tot sous dik word.
Nota : Probeer eers 1 koppie meelblom, en as mengsel te slap is, voeg nog
meel bietjie vir bietjie by, anders is die poeding baie droog.
Dit is hoe dit in die @@##$$!!! boek verskyn!!
Hoe moet ek nou weet hoe slap die beslag moet wees?!!
Elk geval - ek het dit al ge-eet - dis vreeslik lekker.