Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Arthur in die water??

Do., 20 September 2001 18:10

Sies, nou het julle vir Arthur so gepla, hy lewe onder die seespieel!!!

Die gebied waar hy woon, is nou heeltemaal onder geloop, dit het daar so
lank gereen, dat daar meer as 5 cm water staan.
Dalk is Arthur sy rekenaar stukkend, en is sy huis ondergeloop.

Of is hy sy eie ark gaan bou???????

Gr.Rico

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

The 3rd Boer war

Do., 20 September 2001 10:16

Ek wonder of 'n ou ook uit die foto kan aflei dat Nelson 'n Nazi
ondersteuner is.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

TOEVALLIG, ONGELOOFLIK OF WAT??

Do., 20 September 2001 09:08

>>>> Did you know that a flight number from one of the planes that
>>>> hit one of the two towers was Q33NY.
>>>> In MS Word, type in that flight number.(UPPERCASE)
>>>> Enlarge the font size to 26
>>>> Change the font to Wingdings (Choose the first Windings font if
>>>> you have more than one option)
>
> Groetnis,
Frans

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Re: TOEVALLIG, ONGELOOFLIK OF WAT??

Do., 20 September 2001 08:39

'n Mens moet moerse vervelig wees as jy sulke goed sit en uitdink.Ek is nou
gat vol van Amerika en vliegtuie, was dit bloot toevallig dt 'n paar Moslems
besluit het om vliegtuie te steel en in geboue was gaan vlieg het nie. Wat
vir my net wonderlik is is dat die Moslems nou sê ons moenie alle Moslems
onder die selfde kam skeer nie. Kry vir julle voel hoe voel dit om 'n blanke
Suid-Afrikaner te wees wat elke dag van rassisme en apatheid beskuldig word.

Groete
Spook (wat ly aan gatvollietyd)

"fransd10" skryf in boodskap news:3baa319d_2@batman.vip-za.com...
>>>> >Did you know that a flight number from one of the planes that
>>>> >hit one of the two towers was Q33NY.
>>>> >In MS Word, type in that flight number.(UPPERCASE)
>>>> >Enlarge the font size to 26
>>>> >Change the font to Wingdings (Choose the first Windings font if
>>>> >you have more than one option)
>>
>> Groetnis,
> Frans
>

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Die nuwe SA

Do., 20 September 2001 07:32

>> Nou wat wil jy hê hulle moet doen Gloudina, toyi toyi dalk?
>> Pop ( wat nie in glo in n vakansiedag vir elke cause nie).

> Ek dink tog nie so nie Gloudina, dit hang af in watter kringe
> jy beweeg. Nie een van my vriende of familie
> het iets anders as respek vir mense van n ander ras nie.

Gloudina
Nou, wat moet ek dink as "Pop" self die bostaande opmerking
maak oor die toyi toyi - duidelik 'n smalende opmerking. Ek was
werklik geskok toe ek daardie opmerking van jou lees. Wanneer
sien ek weer een slag dat jy mense oor die vingers tik oor
duidelike rasssistiese poste - soos Annette se sogenaamde WAT
lys, wat smalend probeer praat oor hoe swart mense Engels praat.
Ek is sat van hierdie soort hooghartigheid. Wie dink sy is sy? Ek
daag jou uit om sulke gedrag goed te praat.

Wouter
Gloudina my skat, ek dink jy lees te veel hierin.
Draaksteek met dinge soos die vakbondvastrap (toyi-toyi) of swart
uitsprake is al amper net so aanvaarbaar soos om met blanke uitsprake
of boeremusiek te spot. Dit verskyn vry algemeen in die kwaliteit
Engelse media en word lank nie meer as taboe beskou nie.
It is part and parcel of the (new) South African way.
Op die regte tyd en plek, natuurlik.

Een van die mooi stories is die buitelandse toeris wat in SAA se
eersteklas tydens sy aandete 'n swart lugwaardin vir "black pepper" vra.
Toe bring sy vir hom The Sowetan ('n koerant met hoofsaaklik swart lesers).

Koeitjies & kalfies | 86 kommentare

Neukery

Do., 20 September 2001 05:58

Max skryf dat in Nederland die kinders nie geneuk kan word nie, maar op die
kont geskop word.
Gelukkig weet ons mense hier waar die kont sit en sal nie so iets wreeds aan
die tere bloedjies doen nie.
Miskien moet Max probeer om die mense daar te wys dat hulle anatomies
dwaal:)))
Annette

Koeitjies & kalfies | 18 kommentare

Niesberig: Daars iets aan't gebeur in PTA

Wo., 19 September 2001 14:14

Gehoor op die plaaslyn se riemtelegram:

Daar's groot probleme in petoorja:

Die AWB (Alles Wil Bliksem) is glo besig om die staatsgeboue met 'hang
gliders' aan te val.
Die hele stad is glo in rep en boer

want almal wil glo sien hoe ET se onderbroek
so ver uit die tronk uit kan rek.
En hierdie hele spul IS 'n lekker liegstorie
so uit my eie duim gesuig
Thsy oppie Bos

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Vouter jou stoute bakouter

Wo., 19 September 2001 14:09

gegegege Vouter het nou 'n ander naampie....

Vouter jou stoute bakouter
vaasplark die kwark
nou's almal
kwaad vir die touter

Thys oppie Bos

"xganon" skryf in boodskap news:a122e80ba62da48eb776454cb2da2f27@xganon.com...
> Re: Message-ID:
> Message-ID:
> plaa...@hotmail.com
>
> As our poofter/bounder Vouter Plaasvark merrily continues
> to spam multiple newsgroups with OT posts originating at
> mweb.co.za, he drippled over SCU, SCJ, SCP with the
> following spew and I quote;
>
>> Palldin (my typo)
>
>> Yeah mate. At least I can spell my own name
>> Wouter
>
> And this is your one, singular, accomplishment? Figures.
> You forgot the period at the end of your
>

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Duitsland: moets en moenies

Wo., 19 September 2001 10:56

My meisiekind is gekeur om Desember Januarie as uitruilstudent na Duitsland
te gaan. Sy is tans in St. 9.

Van watter moets en moenies moet sy weet. Sy bly by 'n gesin en gaan so 'n
week of wat saam na die hoërskole in die omgewing. Wat beskou die Duitsers
as onbeskof / slegte maniere?

Dankie

Shannon

Soos julle kan sien is ek nou ook "underground".

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Wat dink julle?

Wo., 19 September 2001 10:22

Ek het hierdie berig uit die burger gekry, wat dink julle, soek die VSA net
'n verskoning vir oorlog, want volgens die berig, al word Bin Laden
uitgelewer sal Amerika nogsteeds moontlike aanvalle loods.

Groete

Spook

Avert misunderstanding by calm, poise, and balance.

____________________________________________________________ _______
VSA en vennote beraam strategie
PIERRE STEYN
WASHINGTON. - Amerika sal nie sy beplande vergeldingsaanvalle op terroriste
laat vaar nie, al sou die Taliban vandag in Afganistan besluit om Osama bin
Laden aan die Amerikaners uit te lewer.

Die Taliban het 'n Moslemraad byeengeroep om die Amerikaanse eise te
oorweeg, maar daar is nie veel hoop dat hulle Bin Laden sal uitle wer nie.

Afganistan se minister van inligting, mnr. Koedtroetallah Jamal, het gesê sy
land sal hom nie by enigeen skaar wat vir die aanval verantwoordelik was
nie - "nóg Osama bin Laden nóg iemand anders".

Duisende Afgane vlug steeds na Pakistan voor 'n moontlike aanval. Hulle word
in haglike omstandighede in vlugtelingekampe gehuisves.

Pakistan se leier, genl. Pervez Musharraf, het gesê hy sal die volk vandag
oor televisie toespreek in die lig van die opbouende spanning in die streek
en vrese oor 'n moontlike aanval op die buurland Afganistan.

Die Saoedi-Arabiese multimiljoenêr Bin Laden, wat die afgelope drie jaar in
Afganistan skuil, word van verlede week se lugaanvalle op die World Trade
Center in New York en die Pentagon in Washington verdink.

Intussen het wêreldleiers in Amerika se hoofstad begin aankom om die land se
oorlog teen terrorisme, en hul eie lande se rol daarin, met pres. George W.
Bush te bespreek.

Mnr. Donald Rumsfeld, Amerika se minister van verdediging, het in die
Pentagon gesê die uitlewering van Bin Laden sal die eerste stap wees.

Maar die probleem van terrorisme is veel groter as net een mens, het hy
gesê.

Die terreurnetwerk Al-Qa'eda onder Bin Laden se leiding het selle in meer as
50 lande, waaronder Amerika. Rumsfeld het Amerikaners gewaarsku dat nog
terroriste-aanvalle in Amerika verwag kan word.

Die beste verdedigingstaktiek teen terrorisme is om aan te val, het hy gesê.

"Ons sal die moeras moet dreineer waarin hulle floreer."

Die Pentagon het die laaste paar dae geen inligting oor die mobilisering van
sy militêre magte, spesifiek sy spesiale magte, bekend gemaak nie.

Rumsfeld het gesê die Amerikaners sal nie bewyse van Bin Laden se
betrokkenheid by die aanvalle aan frontliniestate om Afganistan bekend maak
nie.

Hy wou hom nie uitlaat oor of Amerika al vasgestel het of spesifieke lande
die terroriste ondersteun het nie. Bush het ná die aanvalle bekend gemaak
dat lande wat 'n veilige hawe aan terroriste bied, nie gespaar sal word nie.

Op Wall Street het die markte ná eergister se skerp dalings gestabiliseer;
iets wat hier deur markontleders as die "stilte ná die storm" bestempel is.

Die kongres en die Bush-administrasie oorweeg veral hoe hulle Amerikaanse
lugdienste van bankrotskap kan red.

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Bladsye (1835): [ «    855  856  857  858  859  860  861  862  863  864  865  866  867  868  869  870    »]
Tyd nou: Vr. Des. 26 00:31:09 UTC 2025