Nee glad nie.
Op die 8-uur nuus was daar toe nie 'n dooie woord oor die erkenning van ons
dierbare regering oor gesondheids-sorg nie.
Die nuusskrywers het seker maar soos gewoonlik die verklaring verkeerd
gelees of verstaan.
Dit is mos die stok antwoord as hulle hul monde te wyd oopmaak en eers later
besin.
Vanoggend op die 7-uur nuus word ons toe gebombardeer met TWEE goed wat ons
regering die naweek besef het, en groots genoeg was om dit te erken ( vir 'n
wonder - en hoe edel).
1) Die regering erken dat die gesondheidsbeleid wat hulle ingestel en
toegepas het sedert die tyd wat hulle aan bewind gekom het, was verkeerd.
Ek het nou nie die verdere detail van hierdie verstommende berig nie, en sal
dus later uitbrei as daar nie iemand anders is wat ons solank verder kan
inlig nie.
Janee, nie alles wat die wit apartheidsvarke gedoen het was hopeloos
verkeerd nie. Onder Liewe Antie Zuma is mos alle argumente wat teen van
haar omstrede voorstelle ge-opper is, van die tafel afgevee en deur die
parlement gestoomroller.
2) Iemand wat bewus is van 'n (kinder?)verkragter se dade, is net so skuldig
as die dader as die persoon nie die dader aanmeld nie, en sal vervolg word.
Haai Oe !! Soos Liewe Heksie sou sê.
Wonder net waar al die moeders en vrouens en vriende en vriendinne aangehou
gaan word totdat hulle voor die hof sal verskyn en gestraf gaan word.
Ek meen nou maar - daardie weters ( ek bedoel soos mense wat weet - nie
wetters nie - maar dit ook) is mos nie nou veilig nie.
Annette
Wie sal 'n deugsame vrou vind? Want haar waarde is ver bo
korale. Die hart van haar man vertrou op haar, en aan wins sal
dit hom nie ontbreek nie. Sy doen aan hom goed, en nie kwaad nie,
al die dae van haar lewe. Sy sorg vir wol en vlas, en sy werk
met gewillige hande. Sy is soos die skepe van 'n handelaar - van
ver af bring sy haar brood in. En sy staan op as dit nog nag is
en gee voedsel aan haar huisgesin (en die bestemde deel aan haar
diensmeisies.) Sy dink na oor 'n stuk grond en koop dit, van die
vrug van haar hande plant sy 'n wingerd. Sy omgord haar lendene
met krag en hou haar arms stewig. Sy voel dat haar wins goed is,
in die nag gaan haar lamp nie dood nie. Sy steek haar hande uit
na die spinstok, en haar handpalms hou die spoel vas. Sy brei
haar handpalms uit na die ellendige, en sy steek haar hande uit
na die behoeftige. Sy is nie bevrees vir haar huisgesin vanweë
die sneeu nie, want haar hele huisgesin dra skarlaken stof. Sy
maak vir haarself dekens, haar tabberd is van fyn linne en
purper. Haar man is bekend in die poorte as hy saam met die
oudstes van die land sit. Sy maak hemde en verkoop dit, en
gordels lewer sy aan die handelaars. Sterkte en eer is haar
kleed, en sy lag oor die dag wat kom. Haar mond maak sy oop met
wysheid, en vriendelike onderrigting is op haar tong. Opmerksaam
gaan sy die werksaamhede van haar huis na, en die brood van
luiheid eet sy nie. Haar seuns tree op en noem haar gelukkig,
haar man ook, en hy prys haar: Baie dogters het hulle knap gedra,
maar jy oortref hulle almal. Die bevalligheid is bedrog, en die
skoonheid is nietigheid; 'n vrou wat die Here vrees, sy moet
geprys word. Gee haar van die vrug van haar hande, en laat haar
werke haar prys in die poorte.
**************
Die gedeelte tussen hakies was nooit van toepassing in my huis
gewees nie want 'n diensmeisie het ons nooit gehad nie.
Sy het nie wingerd gekoop nie, maar wel twee huise, een vir ons
en een vir haar moeder.
Dankie Here vir Elna. My deugsame vrou wat ook 12 jaar vir my
gebid het om gered te word.
Dankie Elna.
--
Wouter wonder of die Tant Hessie buitekant Kunduz dalk
familie van daardie wulpse Tant Hessie Koekemoer is? :-)
(Dis nou dié Tant Hessie met die humorsin)
Wie van julle het so pas die program 50 50 gekyk? Gesien hoe Gloudina
se swart helde met honde jag? Gesien hoe hulle die blêrrende bokkie se
kop tydsaam met 'n knopkierrie verbrysel? Terwyl die honde toutrek
aan die arme dier? Gehoor hoe hulle sê dat dit nie vir die kos is nie
maar dat dit soos voetbal speel is? Gehoor hoe swak hulle hul honde
behandel?
Heelnag boks gekyk. Die beste geveg vir my was die WBA Middelgewig geveg.
Beide teenstannders was baie goeie tegniese boksers. Joppy het gewen - maar
Eastman - met tekens van bles word van voor ( hy is dus 'n denker) en 'n vol
grys baard was net so goed.
( Na die geveg het die baard meer geel gelyk, maar dit het hom nog steeds
genoegsaam oud laat lyk)
Ek sou ook vreeslik verbaas gewees het as Lewis verloor het.
Lewis het in die 4de ronde met 'n uitklophou gewen.
Waardevolle inligting vir julle klomp slapers:))
Annette
So rukkie gelede het iemand genoem dat hy/sy van Riversdal af kom. Wie
was dit? Ons kom nogal gereeld daar en ek hou van die plek. Ken nie
genoeg mense om te weet of ek van hulle ook hou nie :))
Ons seun woon daar. In Huis Wallace Anderson. En vir die wat nou dalk
wonder... nee, dis nie 'n huis vir opkomende of rehabiliterende
rampokkers nie :))
Ek praat nou oor die wapenverslag.
Alle logiese, regdenkende mense het mos al met die aanstelling van die 4
kommissies wat die saak kwansuis sou ondersoek toentertyd, al voorspel dat
hulle nie fout met die nonsensspul sal kry nie.
Toe gebeur dit net so,.
Maar in plaas van dat ons bly is dat omtrent die hele land reg voorspel het,
nou is ons ongelukkig:)))))
G'n wonder die parlementariërs in ANC geledere is so konfoes nie. Sjeim.
Hulle probeer ons gelukkig hou deur vir ons te gee wat ons voorspel het wat
sal gebeur, en nou wil ons dit nie glo nie.
Wonder nou net wat is die volgende stap?
'n Openbare verskoning wat vereis word deur die lelieskoon knoeiers?
Hofsake teen privaatpersone, maar geen parlementslede word vervolg nie?
Ek voel so aan my broek se naat dit is nog nie die einde van die draak nie -
kyk maar wat het met dierbare, minlike Alan Boesak gebeur nadat hy ook deur
'n parlementêre ondersoek-kommissie vrygespreek is van enige kwaad.
Annette
As 'n kunsstuk genoem word:
Untitled ( Blue Placebo)
Dan het dit mos 'n titel, of hoe.
Het hierdie stukkie pretensievolle nonsens in die koerant gister gesien.
Bg stuk is glo vir 666 000 USD op 'n Christies veiling verkoop.
Die kunstenaar is Felix Gonzalez-Torros ( Annette se vertaling Kat Muis-Bul)
en die stuk self is 'n mat gemaak van 147kg blou selofaan toegedraaide
lekkers.