Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Waar kom dit vandaan?

Ma., 26 November 2001 19:11

Vanmiddag kom hier 'n pakkie aan wat gestuur is deur 'n niggie in
London. Sommer net so 'hallo, hoe gaan dit' pakkie.
Ek is nou besig om sjokolade te eet wat sy gestuur het.
"Koetjes Reep' (met 'n frieskoei op die etiket). Waarom ek dit so
interessant vind is omdat hier geen woord in Engels op is nie maar wel
Nederlands. 'met druivensuiker en calcium' ' 'koel en droog bewaren'
ens. En Frans.
Kom dit uit Nederland?

DD

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Blou Willem

Ma., 26 November 2001 09:09

Blou Willem gesels elke Maandag in Beeld soos volg:

Ek is so moeg om elke jaar voor Kersfees teen die Engelse te verloor! Nou
moet ekdie feesseisoen binnegaan met al hierie on-Christelike gevoelens oor
die bleekbene, Harry en goed tien van die vyftien kleinletter bokke.
En nou word hulle nogal beloon met hulle jaarlikse Kersuitstappie na Disney
Wêreld.
Dis nou wat jy kry as jy die heel jaar Mickey Muis-rugby gespeel het en
Goofy-dinge op die veld aangevang het.
Nee, die groot moeilikheid bly maar dat ons nie teen die Engelse n ekstra
bal op die veld geneem het nie.
Hoekom het ons gedink hulle gaan vir ons ook die bal gee om mee te speel?
En dan natuurlik die feit dat die kleinletter-bokke R30 000 betaal word as
hulle wen en net R30 000 as hulle verloor.
So goed ek betaal my tuinman R60 om my gras te sny en as hy vir my lelik wys
en dit nie sny nie, betaal ek hom ook R60. Maar laat ons eerder oor iets
aangenaam soos misdaad gesels.
Ek en my ou maters is nou heeltemal verward. Ons minister van onveiligheid
en onsekerheid, Steve Tshweterig, was die afgelope week omtrent in trane oor
die misdaadsituasie in ons land.
En dit net nadat onse President Thabo die vorige week vir ons in die
nasionale raad gsê het misdaad is nie n probleem nie en dat hulle baie meer
karre in Londen steel as in Suid-Afrika.
Ja en al steel die ouens nou by ons lyke uit doodskiste en verkrag nege
maande oue babtjies, peuter ons darem nie met krieketballe nie. Nee, nie
ons nie! Nooit!
Nadat ek onse president se gerusstelling gehoor het, het ek sommer dié week
die motorwagte wat my kar wou oppas weggejaag. Van daai wat vir jou n
kaartjie uitdeel van " Hands on Security" en dan's die ou se naam "
Confidence" of " Faitful" en dan weet jy nie hoekom jy so "worry" oor
jou motor as jy wegloop nie.
Nee, wat, al het ons landjie nou sy Chippies gehad, is ons hande leliewit.
En so van Chippie gepaat. Groot Paul sê hy hoor die twee Schaik-broers
Chippy en Shabir het nog drie broers in die buiteland. Die een broer is vol
gens Paul n melkboer in Saoedi Arabië, Milk Shaik, terwyl hulle ook n broer
het wat n muisikant in Londen is naamllik Hippy-Hippy Shaik en een wat n
oliebaron in Dubai is, naamlik Shaik Shaik.
Dis nie vir my n verrassing dat daar weer dié week n misdaadberaad gehou is
nie. Ons is mos van berade en konferensies aanmekaargesit. As dit nie n
wêreld- vigskonferensie is nie, is dit n wêreld- rassekonferensie of n
wêreldkonferensie oor die stand van die wêreld. Maar die jongste een dié
week is nou die kersie op dei koek of moet ek eerder sê die " cherry" op die
"lêwwie"?
Dit is naamlik die wêreldtoiletberaad wat in Singapoer gehou word met meer
as 200 afgevaardigdes van oor die hele aardbol. Dit terwyl die wêreld
gehurk gaan onder soveel ander probleme!
Ek kon nie agterkom of daar dalk n Suid-Afrikaanse "longdrop" -taakspan
gestuur is nie maar China stuur 20 afgevaardigdes wat moet kom leer voor die
Olimpiese Spele in 2008.
Die organiseerders van die twakkerige byeenkoms het aangekondig dat ons nou
jaarliks n wêreldtoiletdag gaan hê, dat alle lande sitting sal hê op die
beraad en dat hulle leuse " Druk saam vir wêreldvrede" gaan wees.
By n skou wat in Augustus hier in Johannesburg gehou is, was daar mos n
toilet van R7 000 te sien, kompleet met waterdigte telefoon, afstandbeheer
(hulle sê nie wat jy alles daarmee kan beheer en van watter afstand af nie),
musiek, verhitting en sproeiers wat, glo dit as jy wil, die ondermaanse kan
was, sjampoe en droogblaas.
Nes, n karwas. Jy sit net terug, sit die ou lyf in neutraal en laat die
dinge gebeur. Golf op golf soos n Mexikaanse "wave" . Oom Johnny sê soos
met daai vinnige, goedkoop wasse moet jy net self die kar se vensters blink
vryf.
En watse muskiek die lêwwie speel? Neef Theo sê hy hoor dis "Hoe ry die
Boere, sit-sit so", "Beautiful Brown Eyes" en " Hoor jy die magtige
dreuning".

Koeitjies & kalfies | 17 kommentare

Berig in De Aar se plaaslike koerant

Ma., 26 November 2001 06:18

'n Vriend my wat op De Aar woon het vir my die berig deur gefaks wat in die plaaslike koerant was. Ek moet dit net hier plaas om julle opinie oor die saak te hoor.

------------------------------------------------------------ --------------------

Steel Papsak
De Aar - Die polisie ondersoek 'n geval van roof in Barcelona. Die klaer is beroof van 'n papsak. Niemand is nog in verband met die voorval gearresteer nie.

------------------------------------------------------------ --------------------

Dis nou kort en kragtig.

Groete
Spook

"Only two things are infinite, the universe and the human stupidity, and I'am not sure about the former -- Albert Einstein "

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Re: Berig in De Aar se plaaslike koerant

So., 25 November 2001 20:50

"Ghost" schreef...
> 'n Vriend my wat op De Aar woon het vir my die berig deur gefaks
> wat in die plaaslike koerant was. Ek moet dit net hier plaas om
> julle opinie oor die saak te hoor.
>
> Steel Papsak
> De Aar - Die polisie ondersoek 'n geval van roof in Barcelona. Die
> klaer is beroof van 'n papsak. Niemand is nog in verband met die
> voorval gearresteer nie.
>
> Dis nou kort en kragtig.

Wat is 'n papsak eintlik? Wanneer hier in Holland 'n papsak verdwyn praat
ons van 'n ontvoering nie van roof nie :)

Groete,
Arthur

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Na die Land waar die Son nooit ondergaan

So., 25 November 2001 16:41

Na die Land waar die Son nooit ondergaan
uit 'Gedagtes Flitse en Gedigte' van Dave Du Plessis

Daar is mense wat gereeld op reis gaan
En mense wat nooit daardie pad baan
Maar soos die son kom en gaan
Is daar een reis wat nooit sal beskaam

Geen metgesel is daarby
Geen bagasie word saamgeneem
Geen kaart om die rigting te dui
Want al reis jy alleen
Ken jy lank reeds jou bestemming
en die pad daarheen

Hetsy dit nou is of later
Is dit die reis oor die groot water
Die reis oor die breë rivier
Die reis na die land van swier

En dan...
Staan jy terug te kyk
Van die Goue Strand na hierdie kant
En weet opeens alles het net geblyk
Want dit was slegs op die baan
Na die Land waar die Son nooit ondergaan...

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Verdere Feite:

So., 25 November 2001 06:16

Ivm met die 8 maanse oue baba se verkragting:
1) Sy kon nog nie praat nie
2) Sy het by haar ouers op die bed geslaap, en is van daar ontvoer sonder
dat hulle dit agtergekom het.
3) Sy is gevind 50m van haar huis, maar niemand het die kind hoor skree nie.
4) Haar moeder beweer sy het 11nm van die werk gekom, en hulle almal het
omtrent 'n uur later gaan slaap.
5)Die baba is om 3.40vm gevind en na die polisiekantoor geneem. Van daar is
sy na 'n sorgsentrum geneem, waar daar ontdek is dat sy verkrag is , en
vandaar is sy na Tygerberg geneem.
6) Die ouers is om 4.40vm ( 1 uur later as die koerant reg is) wakker gemaak
deur 'n buurman en is gevra of die kind wat in die straat gevind is, hulle
kind is.
Die omstandighede rondom hierdie saak lyk vir my nog steeds baie verdag.
Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Re: wat betekent "teke me les doe etre deci"

So., 25 November 2001 05:18

Sorry, Cannot.
Jammer - kan nie.
Dit klink na een van die tale van sommige van die Engelse nuuslesers, waar
ons Engelse byskrifte by die Engelse nuus kry.
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nuwe rekord?

So., 25 November 2001 05:15

Lyk my daar word nou gepoog om nuwe rekords in perversie op te stel.
Hierdie een is net so erg, en ek het bedenkinge.
'n Baba van agt maande is verkrag.
Die ouers beweer die baba is ontvoer.
Wat ek net wonder, as die baba dan ontvoer en verkrag sou gewees het, en toe
iewers net gelos was - ek neem so aan - ek kan nie sien dat die verkragter
die baba ewe netjies terug huistoe geneem het nie -
hoe het die ouers geweet dis hulle kind wat verkrag was, of hoe het die
hospitaal geweet watter ouers om te kontak?
Sal later weer berig as ek meer besonderhede het - maar die storie klink
maar verdag.
Net nog 'n opmerking - dit is al weer 'n kleurlingbaba wat verkrag is, en
"ontvoer" is uit 'n oorwegend kleurling-gebied.
Ons kan sonder sulke rekords in ons lewe klaarkom.
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

My liefste Moedertjie (Helena Steyn)

Sa., 24 November 2001 04:22

Ek skryf oor my Moedertjie want
Ek ruik
haar in die hoender en pampoen,
Ek proe
haar in die gemmer-gebak en appelkooskonfyt,
Ek hoor
haar in my kop en die musiek.
Ek sien haar
in my kamer teen die muur,
teen die spieel en teen my kas,
op die tafel langs my bed,
langs my rekenaar waar ek werk.
En snags
as ek gaan le, voel ek haar in my hart,
in die nat van my trane,
stil en saggies teen my wang...

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Ons Kooruitvoerings tot die einde van die jaar:

Vr., 23 November 2001 13:09

Reg - ons laaste uitvoerings hierdie jaar is:
Sondag 2 Desember - 9vm Bellville Uitsig NGK - Kersuitvoering
Sondag 2 Desember - 7 nm Groote Kerk - Kersuitvoering - en ons sluit af met
ons nuwe fav song:
Preghiera uit Maria Stuardo.

Donderdag 13 Desember - Groote Kerk: - 7nm

Simfonie - Mozart
Regina Coeli - Mozart

Pro Cantu Koor

Ons - apart en saam met hulle:
Once in David's Royal City
I was glad ( Parry)
Infant Holy
What Sweeter Music ( Rutter)
Met Middernag ( Adam)
While Shepherds
Hoor die Blye Englelied
Kom alle Getroues
Stille Nag in Duits, Frans/Italiaans, Afrikaans, Wallies, Xhosa.

Annette

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.

Musiek & liriek | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    820  821  822  823  824  825  826  827  828  829  830  831  832  833  834  835    »]
Tyd nou: Ma. Mrt. 09 18:12:11 UTC 2026