'n Vriend my wat op De Aar woon het vir my die berig deur gefaks wat in die plaaslike koerant was. Ek moet dit net hier plaas om julle opinie oor die saak te hoor.
Steel Papsak
De Aar - Die polisie ondersoek 'n geval van roof in Barcelona. Die klaer is beroof van 'n papsak. Niemand is nog in verband met die voorval gearresteer nie.
"Ghost" schreef...
> 'n Vriend my wat op De Aar woon het vir my die berig deur gefaks
> wat in die plaaslike koerant was. Ek moet dit net hier plaas om
> julle opinie oor die saak te hoor.
>
> Steel Papsak
> De Aar - Die polisie ondersoek 'n geval van roof in Barcelona. Die
> klaer is beroof van 'n papsak. Niemand is nog in verband met die
> voorval gearresteer nie.
>
> Dis nou kort en kragtig.
Wat is 'n papsak eintlik? Wanneer hier in Holland 'n papsak verdwyn praat
ons van 'n ontvoering nie van roof nie :)
Na die Land waar die Son nooit ondergaan
uit 'Gedagtes Flitse en Gedigte' van Dave Du Plessis
Daar is mense wat gereeld op reis gaan
En mense wat nooit daardie pad baan
Maar soos die son kom en gaan
Is daar een reis wat nooit sal beskaam
Geen metgesel is daarby
Geen bagasie word saamgeneem
Geen kaart om die rigting te dui
Want al reis jy alleen
Ken jy lank reeds jou bestemming
en die pad daarheen
Hetsy dit nou is of later
Is dit die reis oor die groot water
Die reis oor die breë rivier
Die reis na die land van swier
En dan...
Staan jy terug te kyk
Van die Goue Strand na hierdie kant
En weet opeens alles het net geblyk
Want dit was slegs op die baan
Na die Land waar die Son nooit ondergaan...
Ivm met die 8 maanse oue baba se verkragting:
1) Sy kon nog nie praat nie
2) Sy het by haar ouers op die bed geslaap, en is van daar ontvoer sonder
dat hulle dit agtergekom het.
3) Sy is gevind 50m van haar huis, maar niemand het die kind hoor skree nie.
4) Haar moeder beweer sy het 11nm van die werk gekom, en hulle almal het
omtrent 'n uur later gaan slaap.
5)Die baba is om 3.40vm gevind en na die polisiekantoor geneem. Van daar is
sy na 'n sorgsentrum geneem, waar daar ontdek is dat sy verkrag is , en
vandaar is sy na Tygerberg geneem.
6) Die ouers is om 4.40vm ( 1 uur later as die koerant reg is) wakker gemaak
deur 'n buurman en is gevra of die kind wat in die straat gevind is, hulle
kind is.
Die omstandighede rondom hierdie saak lyk vir my nog steeds baie verdag.
Annette
Sorry, Cannot.
Jammer - kan nie.
Dit klink na een van die tale van sommige van die Engelse nuuslesers, waar
ons Engelse byskrifte by die Engelse nuus kry.
Annette
Lyk my daar word nou gepoog om nuwe rekords in perversie op te stel.
Hierdie een is net so erg, en ek het bedenkinge.
'n Baba van agt maande is verkrag.
Die ouers beweer die baba is ontvoer.
Wat ek net wonder, as die baba dan ontvoer en verkrag sou gewees het, en toe
iewers net gelos was - ek neem so aan - ek kan nie sien dat die verkragter
die baba ewe netjies terug huistoe geneem het nie -
hoe het die ouers geweet dis hulle kind wat verkrag was, of hoe het die
hospitaal geweet watter ouers om te kontak?
Sal later weer berig as ek meer besonderhede het - maar die storie klink
maar verdag.
Net nog 'n opmerking - dit is al weer 'n kleurlingbaba wat verkrag is, en
"ontvoer" is uit 'n oorwegend kleurling-gebied.
Ons kan sonder sulke rekords in ons lewe klaarkom.
Annette
Ek skryf oor my Moedertjie want
Ek ruik
haar in die hoender en pampoen,
Ek proe
haar in die gemmer-gebak en appelkooskonfyt,
Ek hoor
haar in my kop en die musiek.
Ek sien haar
in my kamer teen die muur,
teen die spieel en teen my kas,
op die tafel langs my bed,
langs my rekenaar waar ek werk.
En snags
as ek gaan le, voel ek haar in my hart,
in die nat van my trane,
stil en saggies teen my wang...
Reg - ons laaste uitvoerings hierdie jaar is:
Sondag 2 Desember - 9vm Bellville Uitsig NGK - Kersuitvoering
Sondag 2 Desember - 7 nm Groote Kerk - Kersuitvoering - en ons sluit af met
ons nuwe fav song:
Preghiera uit Maria Stuardo.
Donderdag 13 Desember - Groote Kerk: - 7nm
Simfonie - Mozart
Regina Coeli - Mozart
Pro Cantu Koor
Ons - apart en saam met hulle:
Once in David's Royal City
I was glad ( Parry)
Infant Holy
What Sweeter Music ( Rutter)
Met Middernag ( Adam)
While Shepherds
Hoor die Blye Englelied
Kom alle Getroues
Stille Nag in Duits, Frans/Italiaans, Afrikaans, Wallies, Xhosa.
Annette
--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.
Dit was vanoggend 'n besonderse lekker oggend in Jongensfontien.
--
----------------------------------------------------
SMILE! it adds to your face value.
----------------------------------------------------
Skil 8 middelmatige of 16 klein uie
Kook in soutwater tot sag
Dreineer goed, plaas in slaaibak en bedek met suursous.
Kan warm of koud bedien word.
Suursous:
3/4 koppie water
3/4 koppie wit asyn
1 groot of 2 klein eiers
2 -3 eetlepels suiker
Bring die asyn en water tot kookpunt
Klits die eiers goed, voeg suiker by
Roer warm asynmengsel stadig by en roer totdat suiker opgelos is
Plaas terug op lae hitte en roer totdat sous dik word
Giet oor die gaar gedreineerde uie.
Annette