Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

waar was jy Kinky?

Di., 18 Desember 2001 05:47

Kinky,ek het verlede Vrydag tot amper middernag by Mugg en Bean gesit
en wag vir jou.
Waar was jy?

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

hêppie neeu jeer antie

Ma., 17 Desember 2001 10:03

hellou my antie

ai my antie nogge jaar lê alweer beendere innie lig. ennit wassie eers
'n baie goeie jaar nie antie want my pa is baie armir as wat hy kon
gewees.

antie weet mos hoe slim my pa is toe beland hy op
woe-wants-toe-bie-'n-millienêr en hy ken allie antwoorde tot by die
laaste vraag antie. toe vra hille vir hom wie issie premier vannie
weskaap antie. en nie eers die wesskaape het daai een geweet nie
antie.

nou is my pa die moer in virrie deepee en virrie enenpee en virrie
aensee en virrie peeasee antie. ma' hy sê hyt ma' net weer geleer wat
hy nog allietyd geweet het antie en dis lat alle pollietiesie
dieselfde is. maakie saak aan watter party hille behoort en wat die
oom vannie koerant sê nie. hoe virstaan antie lat oom pietertjie
vannie kaap hof toe gaan oorlat oom tounie sê hy issie meer die
burgemeester vannie kaap nie en toe die hof sê hy is toe sê hyself hy
issie.

mientaaim sê oom hoofseun vanskalkwyk oom jerald morkel issie meer
premier nie en toe maak oom tounie oom jerald burgemeester. ennie
aensee sê die enenpee issie meer die ennemie vannie piepel nie oom
pietertjie is nou premier. my pa sê sy kanse is beter om 'n miljoen
innie biekbradder hys te wen want hy kan beter vloek as witboesman
ferdinand rabie.

nou issie kaap okkie meer hollans nie antie en da is okkie 'n kans lat
hy volgende jaar driehonderdenvyftag jaar na jan vanriebeek weer
hollans gaan raak nie. want antie petrisia delilla vannie peeasee
fillistyne sê ons gannie weer vanriebeekdag vier nie antie. oom taboe
het hoeka mos gesê apartheid is jan vanriebeek se skuld oor hy die
amandelbome geplant het en antie petrisia sê hy is die yntlike enemie
vannie piepel want as hy nie al die pikkewyneiers op robbenyland
opgevreet het nie sou da' nie plek virre tronk gewees het nie. en as
hy die kaap gelos het soos hy was sou dit nie nog tweehonderdjaar
gevat het om 'n spoorlyn kiemberlie toe te bou en diamante te gaan
ytgrawe nie antie. en dan was oom pietertjie hoeka al premier en
burgemeester.

my pa sê ek moet vi' antie sê antie hoef nie te warrie lat hy kanada
toe sal kom nie. hy sê vanlat hille die arme rand by 'n vliegtyg
ytgegooi het lat hy in vryval is het hy nie eers geld vir petrol
simbabwie toe nie wat nog van 'n vliegtygkaartjie kanada toe. ma' oom
robbies makapie van simbabwie kla nie want hy sê hy soek nie my pa se
soort da' nie.

my pa sê strandloper herrie viljoen het hom nou finaal van rakbie
genees. hy sê sydafrika se rakbie is nou so trerig lat dit nie eers
sal help as hille vir herrie potter afrigter maak en ons op toorbesems
lat speel nie.

koebaai antie (merrie krismis en heppie neeu jeer)

hennerietjie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Krieket.

Ma., 17 Desember 2001 07:16

Die Aussies het te laat verklaar.
Hulle moes 'n meer realistiese teiken daar gestel het.
Ons ouens moet nou net 'n slaapdrankie drink dat hulle lekker relaxed en
rustig kan raak, en dan daar staan totdat die wedstryd oor is.
Ek is 'n optimis:)))
Ek voorspel 'n gelykop uitslag.
Annette

Sport & ontspanning | 13 kommentare

Dag van Versoening.

Ma., 17 Desember 2001 06:31

16 Desember.
Waar was jy gister, wat het jy gedoen en het jy enigsins gedink aan die
gebeure wat tot hierdie vakansiedag gelei het?
Annette

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Benodig prokureur/Centurion

So., 16 Desember 2001 20:30

Enige plek op die web waar ek 'n prokureur in Centurion/Pretoria kan kontak?

Dankie
Julie

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Nog hulp asseblief ...

So., 16 Desember 2001 16:50

Daar is klaarblyklik drie (3) Engelse woorde wat op "gry" eindig. Twee van
die drie woorde is "hungry" en "angry" - ek is op soek na die derde ene.
Help asseblief!

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Hulp Asseblief?

So., 16 Desember 2001 15:35

Ek soek die woorde van die liedjie Reflections
Dit word gesing deur Rory Rootenberg
Dit is gekomponeer deir Ian von Memerty.
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Krieket, Ntini en die ANC

So., 16 Desember 2001 13:17

Indien die media (TV & pers) geglo kan word, pas die ANC-regering dmv hulle
Minister van Sport (Balfour) druk toe op die SA Krieketraad om 'n minimum
getal Swart spelers in die nasionale span te hê.
Indien dit waar is ontstaan die vraag - wat doen die ICC in hierdie verband?
Nog 'n vragie - waarom het Suid-Afrika 'n Minister van Sport nodig. 'n
Minister (Nkondi Balfour) wat glad nie lyk of hy ooit aan sport deelgeneem
het nie - of ooit daaraan sal kan deelneem nie. Hoekom is daar nie eerder 'n
Minister van Vigs en Verwante Aangeleenthede nie? Die heer Balfour behoort
goed in daardie rol te pas - dis is sigbaar duidelik dat hy nie VIGS
onderlede het nie ....

Sport & ontspanning | 14 kommentare

4Afrikaans - Afrikaans goes worldwide

So., 16 Desember 2001 06:00

'n Werf omtrent die Afrikaanse taal.
Sluit die volgende in Taal Hulpmiddels, Interessante Skakels, Forum,
Gratis EPos, SoekMasjien en meer...
Geniet Dit.. In Afrikaans !!

Francois
www.4afrikaans.com

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Stille Nag, Heilige Nag

Sa., 15 Desember 2001 14:14

STILLE NAG

Stille nag, heilige nag.
Alles rus, eensaam wag
slegs Maria, geseënde vrou,
by haar kindjie met Josef so trou;
Soete, hemelse rus!
Soete, hemelse rus!

Stille nag, heilige nag.
Oor die veld, lief en sag,
klink die lied van die engelekoor,
eers deur herders, dan verder gehoor.
Juig die Redder is daar!
Juig die Redder is daar!

Stille nag, heilige nag.
Jesuskind, vriend'lik lag,
liefde teer uit u god'like mond;
tans daag heerlik die vrywordingstond:
Heer, gebore vir ons!
Heer, gebore vir ons!

Musiek & liriek | 30 kommentare

Bladsye (1834): [ «    811  812  813  814  815  816  817  818  819  820  821  822  823  824  825  826    »]
Tyd nou: Ma. Mrt. 09 17:15:24 UTC 2026