Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Krieket.

Ma., 17 Desember 2001 07:16

Die Aussies het te laat verklaar.
Hulle moes 'n meer realistiese teiken daar gestel het.
Ons ouens moet nou net 'n slaapdrankie drink dat hulle lekker relaxed en
rustig kan raak, en dan daar staan totdat die wedstryd oor is.
Ek is 'n optimis:)))
Ek voorspel 'n gelykop uitslag.
Annette

Sport & ontspanning | 13 kommentare

Dag van Versoening.

Ma., 17 Desember 2001 06:31

16 Desember.
Waar was jy gister, wat het jy gedoen en het jy enigsins gedink aan die
gebeure wat tot hierdie vakansiedag gelei het?
Annette

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Benodig prokureur/Centurion

So., 16 Desember 2001 20:30

Enige plek op die web waar ek 'n prokureur in Centurion/Pretoria kan kontak?

Dankie
Julie

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Nog hulp asseblief ...

So., 16 Desember 2001 16:50

Daar is klaarblyklik drie (3) Engelse woorde wat op "gry" eindig. Twee van
die drie woorde is "hungry" en "angry" - ek is op soek na die derde ene.
Help asseblief!

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Hulp Asseblief?

So., 16 Desember 2001 15:35

Ek soek die woorde van die liedjie Reflections
Dit word gesing deur Rory Rootenberg
Dit is gekomponeer deir Ian von Memerty.
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Krieket, Ntini en die ANC

So., 16 Desember 2001 13:17

Indien die media (TV & pers) geglo kan word, pas die ANC-regering dmv hulle
Minister van Sport (Balfour) druk toe op die SA Krieketraad om 'n minimum
getal Swart spelers in die nasionale span te hê.
Indien dit waar is ontstaan die vraag - wat doen die ICC in hierdie verband?
Nog 'n vragie - waarom het Suid-Afrika 'n Minister van Sport nodig. 'n
Minister (Nkondi Balfour) wat glad nie lyk of hy ooit aan sport deelgeneem
het nie - of ooit daaraan sal kan deelneem nie. Hoekom is daar nie eerder 'n
Minister van Vigs en Verwante Aangeleenthede nie? Die heer Balfour behoort
goed in daardie rol te pas - dis is sigbaar duidelik dat hy nie VIGS
onderlede het nie ....

Sport & ontspanning | 14 kommentare

4Afrikaans - Afrikaans goes worldwide

So., 16 Desember 2001 06:00

'n Werf omtrent die Afrikaanse taal.
Sluit die volgende in Taal Hulpmiddels, Interessante Skakels, Forum,
Gratis EPos, SoekMasjien en meer...
Geniet Dit.. In Afrikaans !!

Francois
www.4afrikaans.com

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Stille Nag, Heilige Nag

Sa., 15 Desember 2001 14:14

STILLE NAG

Stille nag, heilige nag.
Alles rus, eensaam wag
slegs Maria, geseënde vrou,
by haar kindjie met Josef so trou;
Soete, hemelse rus!
Soete, hemelse rus!

Stille nag, heilige nag.
Oor die veld, lief en sag,
klink die lied van die engelekoor,
eers deur herders, dan verder gehoor.
Juig die Redder is daar!
Juig die Redder is daar!

Stille nag, heilige nag.
Jesuskind, vriend'lik lag,
liefde teer uit u god'like mond;
tans daag heerlik die vrywordingstond:
Heer, gebore vir ons!
Heer, gebore vir ons!

Musiek & liriek | 30 kommentare

Randskok

Vr., 14 Desember 2001 10:36

Sent: Friday, December 14, 2001 9:46 AM
Subject: Rand-skok

> Rand-skok
> JACQUES DOMMISSE en THINUS FERREIRA
> KAAPSTAD. - Hoewel die rand gister tot nuwe rekordlaagtepunte van R11,60
> teenoor die dollar en R16,78 teenoor die pond verswak het, het mnr. Trevor
> Manuel, minister van finansies, by 'n gradeplegtigheidsonthaal op
> Stellenbosch gesê "ons het werklik rede om die land se sterk ekonomie te
> vier".
>
> Manuel se uitsprake staan in skrille kontras met dié van markontleders en
> ekonome wat gesê het die vryvalspiraal van die geldeenheid het so 'n
> krisisomvang aangeneem dat die regering se inflasieteikens vir aanstaande
> jaar hoegenaamd nie gehaal kan word nie.
>
> Me. Noelani King, ekonoom van PSG Beleggings, het gesê die vraag is nie meer
> óf die inflasieteikens (van tussen 3% en 6%) gehaal sal word nie.
>
> "Dit sal die kol met etlike persentasiepunte mis," het King gesê.
>
> Intussen het verskeie valutahandelaars aan Die Burger gesê die sentiment in
> die mark oor die geldeenheid is geheel en al negatief.
>
> Hulle het herbevestig dat handelaars die rand as 'n "eenrigtingweddenskap"
> beskou, veral omdat die regering en die Suid-Afrikaanse Reserwebank
> klaarblyklik niks doen om die geldeenheid te beskerm nie.
>
> 'n Handelaar van Standard Bank het gesê die Reserwebank kon vroeër dalk nog
> die geldeenheid probeer beskerm het, maar nou is dit in elk geval te laat.
>
> "Die rand het te ver geval," het die handelaar gesê.
>
> Dié handelaar en 'n handelaar van Deutsche Bank het gesê almal in die mark
> koop net dollar.
>
> Die vraag na oorsese beleggings is groot.
>
> Alle instellings, soos plaaslike finansiële groepe, handelsbanke, asook
> oorsese bankgroepe, plaas groot bestellings vir dollar om oorsese beleggings
> te doen.
>
> Ontleders het gesê in die lig van die kongres van Zimbabwe se Zanu-PF-party
> wat gister begin het, is die valutamark baie senuagtig en niemand in die
> plaaslike mark wil voor die naweek in 'n verkeerde randposisie betrap word
> nie.
>
> Die verwagting is dat die rand vandag die vlak van R11,80 teenoor die dollar
> kan toets en op swakker as R17 teenoor die pond kan verhandel.
>
> 'n Handelaar het gesê weens die skerp verswakking van gister is daar 'n
> moontlikheid dat die rand weens sy kwaai oorverkoopte posisie vandag effe
> veld kan wen, maar dit sal net gebeur as daar positiewe nuus vir Suid-Afrika
> is en negatiewe nuus - soos die krisis in Zimbabwe - tot die minimum beperk
> word.
>
> Gister se uitsprake van pres. Robert Mugabe - dat die land se amptelike
> opposisie terroriste is en dat Brittanje en die Verenigde State van Amerika
> net Zanu-PF wil verwoes - het die rand 'n verdere knou gegee, het handelaars
> gesê.
>
> Intussen het mnr. Dawie Roodt, ekonoom van PLJ Finansiële Dienste, gesê die
> Reserwebank moet teen dié tyd weet hy gaan nie sy inflasieteikens haal nie.
>
> "In die lig van die verswakkende rand is dit eenvoudig onmoontlik," het
> Roodt gesê. "Korttermyn-rentekoerse gaan styg en daar is geen kans dat die
> Reserwebank sy mikpunte gaan haal nie. Inflasie gaan definitief toeneem."
>
> Mnr. Mike Schüssler, ekonoom van Tradek.com, het gesê die swak rand het
> reeds langtermyn-rentekoerse opgestoot en Suid-Afrikaners voel reeds die
> onmiddellike uitwerking van die verswakkende geldeenheid.
>
> "Die Reserwebank gaan nie sy inflasieteikens haal nie. Dit gaan nader aan
> 10% wees.
>
> "Vergeet inflasieteikens vir minstens die volgende twee jaar.
>
> "Rentekoerse gaan nie help om die rand nou te stabiliseer nie," het
> Schüssler gesê.
>
> Hy het gesê indien rentekoerse binnekort verhoog word, sal die verbruiker
> twee keer gestraf word.
>
> Dit is nie Suid-Afrikaanse verbruikers se skuld dat die rand aanhou daal
> nie, het hy gesê.
>
> 'n Suid-Afrikaanse McDonald's-hamburger is vandag vier en 'n kwart keer
> goedkoper as 'n Switserse een en kos net 88 Amerikaanse sent.
>
> Intussen ondervind Suid-Afrika se grootste kleinhandelsbanke 'n toename in
> kliënte wat navraag doen oor die vaspen van hul huisverbandkoerse.
>
> "Daar is definitief 'n styging in die aantal kliënte wat hul koerse vaspen
> en dit hou verband met mense se siening van wat in die onmiddellike toekoms
> met rentekoerse gaan gebeur," het mnr. Clive Tasker, direkteur vir
> huislenings van Standard Bank, aan Die Burger gesê.
.

Ekonomie & geldsake | 13 kommentare

Devaluasie

Do., 13 Desember 2001 20:16

Hallo, elkeen,

Die Rand is in hierdie week al weer gedevalueer teenoor die dollar en
die Euro...
Wanneer gaan SA daar maatreëls teë gaan neem? Die land moet tog
verstaan dat die buitelandse geldskieters dit nie aangenaam vind nie
as die waarde van hulle SA obligasies skielik met tientalle persente
na onder toe sak? Dan dink hulle (en dis baie tereg):"Nou, dit was
goed vir een maal, maar ek kom nie meer terug nie!"
Is SA dan in so 'n gerieflike posisie dat hierdie land hom kan
permitteer die diefstal op vreemde kapitale aan te hou? As dit so
doorgaan dan sal SA gou 'n ernstig probleem kry!

Die groete van

Norbert (uit Vlaanderen)

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Bladsye (1835): [ «    811  812  813  814  815  816  817  818  819  820  821  822  823  824  825  826    »]
Tyd nou: So. Des. 28 16:33:45 UTC 2025